Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Briewe in Argus
Briewe in Argus [boodskap #90327] Vr, 13 Februarie 2004 08:49 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Na aanleiding van die mense wat by Mekka dood is, het 'n Moslem dame geskryf
dat sy nie meer in 'n God kan glo wat jaar na jaar by Mekka vir soveel
lyding sorg nie.
Dit het natuurlik 'n hewige reaksie uitgelok, nie net van Moslems nie.
'n Gereelde bydraer het die dame ondersteun in haar siening, en nou het die
visier van haar na hom verskuif.
Wat net opvallend is, is dat die vrae wat deur die dame gevra en Denis
herhaal word, net nooit beantwoord word nie.
Een skrywer sê reguit hy weet nie hoekom dit so is nie, maar dis die liefde
en vreugde wat hy elke dag aanskou wat van hom 'n gelowige maak.
Nou - ek is seker daar is enkele gevalle - maar by die oorgrote meerderheid
by dood weet ek net van mense wat huil en treur. Van lag en handeklap van
vreugde by die dood het ek self nog nooit ervaar nie.
--
Annette
Re: Briewe in Argus [boodskap #90332 is 'n antwoord op boodskap #90327] Vr, 13 Februarie 2004 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Ding wat my verstand te bowe gaan, is die getreurmare by 'n begrafnis.
Mense wat die persoon amper nie geken het nie, daag op by die begrafnis.
'n Praalgraf word gebou deur die agtergeblewenes en mens wonder of daai geld
nie veel beter aangewend kan word nie? Die ou wat geplant word weet mos
g'n niks van wat bo-op die grond aangaan nie! Ipv om die
begrafnisondernemers lekker ryk te maak, hoek kan die weduwee/wewenaar nie
die geld gebruik om iets lekkers te doen nie? Ek meen, sy kan vir 'n
lekker trippie bv Europa toe gaan of hy kan vir hom 'n lekker kar koop en
agterop haar naam verf...........??? Dink net aan die moontlikhede...vir
die eerste keer gaan sy gereeld gery word!

"Annette" skryf in boodskap news:c0i362$2d7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Na aanleiding van die mense wat by Mekka dood is, het 'n Moslem dame geskryf
> dat sy nie meer in 'n God kan glo wat jaar na jaar by Mekka vir soveel
> lyding sorg nie.
> Dit het natuurlik 'n hewige reaksie uitgelok, nie net van Moslems nie.
> 'n Gereelde bydraer het die dame ondersteun in haar siening, en nou het die
> visier van haar na hom verskuif.
> Wat net opvallend is, is dat die vrae wat deur die dame gevra en Denis
> herhaal word, net nooit beantwoord word nie.
> Een skrywer sê reguit hy weet nie hoekom dit so is nie, maar dis die liefde
> en vreugde wat hy elke dag aanskou wat van hom 'n gelowige maak.
> Nou - ek is seker daar is enkele gevalle - maar by die oorgrote meerderheid
> by dood weet ek net van mense wat huil en treur. Van lag en handeklap van
> vreugde by die dood het ek self nog nooit ervaar nie.
> --
> Annette
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90341 is 'n antwoord op boodskap #90332] Vr, 13 Februarie 2004 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Grafsteen is vir sentiment. Ja, die ou wat dood is gee nie om nie, maar
dis vir sy mense wat agterbly. Soms vat dit 'n mens lank om oor 'n geliefde
se dood te kom (dis amper 3 jaar later en ek sukkel nog steeds met my beste
vriend se ontydige dood), maar die graf is 'n troos. Ek het meer gesukkel
om my ouma, wat veras is te groet as my vriend wat begrawe is. Daar is iets
om voor "baai" te sê by graf. 'n Afsluiting - daai "afsluiting" is
heeltemal missing by die "herinneringsdiens" vir die oorledene wat veras
word. Buitendien dink ek 'n grafsteen is 'n stukkie geskiedenis, ietsie wat
sê "ek was darem ook hier gewees." Iets wat keer dat ek darem helemal
vergeet word.

Een van my gunsteling tydverdrywe as jong kind was om in stokou begrafplase
rond te loop en die grafstene te lees. Ons het gereeld 2 keer 'n jaar saam
met die Voortrekkers in Doornkloof by die Sarel Cilliers kamp gaan kamp en
die ou begrafplase daar het my eindeloos gefassineer. Jy kon amper die
dooies se stemme hoor as jy deur die tuine daar geloop het, want dis mos
Oompie Sarel se ou familieplaas gewees daai. Ons het in die nagte gaan
spoke jag in die begraafplaas en vir Oompie Sarel se slaaf sonder die kop
gesoek. Jare se grieselrige pret!

Ek onthou ook 'n kerkkamp in die Drakensberg, toe ons 'n klein begraafplasie
langs die pad gesien het, en 'n klomp van ons een aand besluit het om af te
sit na die begraafplaas toe. Ons wou 3 keer in een van die grafstene
"Candyman" gaan sê het om te kyk of die man opdaag om ons uit te wis. Ons
het ons misgis met die afstand en na 2 ure se loop, toe die Bobbejane ons
begin vaskeer, het ons maar teruggegaan kamp toe. Dink so daaraan, "if
nothing else" besorg 'n begraafplaas baie pret.

Elaine

"Suidwester" skryf in boodskap news:402c94ff.0@news1.mweb.co.za...
> 'n Ding wat my verstand te bowe gaan, is die getreurmare by 'n begrafnis.
> Mense wat die persoon amper nie geken het nie, daag op by die begrafnis.
> 'n Praalgraf word gebou deur die agtergeblewenes en mens wonder of daai geld
> nie veel beter aangewend kan word nie? Die ou wat geplant word weet mos
> g'n niks van wat bo-op die grond aangaan nie!
Re: Briewe in Argus [boodskap #90344 is 'n antwoord op boodskap #90341] Vr, 13 Februarie 2004 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy is duidelik baie sentimenteel! Nee wat, ek dink die lewe is soos 'n
emmer water.....druk jou vinger in die water en trek dit uit. Daar bly nie
'n gat in die water nie. As jy gekonk het, is dit ghoebaai. Moenie nog
vat van die lewendes ook nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:c0iehv$85j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Grafsteen is vir sentiment. Ja, die ou wat dood is gee nie om nie, maar
> dis vir sy mense wat agterbly. Soms vat dit 'n mens lank om oor 'n geliefde
> se dood te kom (dis amper 3 jaar later en ek sukkel nog steeds met my beste
> vriend se ontydige dood), maar die graf is 'n troos. Ek het meer gesukkel
> om my ouma, wat veras is te groet as my vriend wat begrawe is. Daar is iets
> om voor "baai" te sê by graf. 'n Afsluiting - daai "afsluiting" is
> heeltemal missing by die "herinneringsdiens" vir die oorledene wat veras
> word. Buitendien dink ek 'n grafsteen is 'n stukkie geskiedenis, ietsie wat
> sê "ek was darem ook hier gewees." Iets wat keer dat ek darem helemal
> vergeet word.
>
> Een van my gunsteling tydverdrywe as jong kind was om in stokou begrafplase
> rond te loop en die grafstene te lees. Ons het gereeld 2 keer 'n jaar saam
> met die Voortrekkers in Doornkloof by die Sarel Cilliers kamp gaan kamp en
> die ou begrafplase daar het my eindeloos gefassineer. Jy kon amper die
> dooies se stemme hoor as jy deur die tuine daar geloop het, want dis mos
> Oompie Sarel se ou familieplaas gewees daai. Ons het in die nagte gaan
> spoke jag in die begraafplaas en vir Oompie Sarel se slaaf sonder die kop
> gesoek. Jare se grieselrige pret!
>
> Ek onthou ook 'n kerkkamp in die Drakensberg, toe ons 'n klein begraafplasie
> langs die pad gesien het, en 'n klomp van ons een aand besluit het om af te
> sit na die begraafplaas toe. Ons wou 3 keer in een van die grafstene
> "Candyman" gaan sê het om te kyk of die man opdaag om ons uit te wis. Ons
> het ons misgis met die afstand en na 2 ure se loop, toe die Bobbejane ons
> begin vaskeer, het ons maar teruggegaan kamp toe. Dink so daaraan, "if
> nothing else" besorg 'n begraafplaas baie pret.
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:402c94ff.0@news1.mweb.co.za...
>> 'n Ding wat my verstand te bowe gaan, is die getreurmare by 'n begrafnis.
>> Mense wat die persoon amper nie geken het nie, daag op by die begrafnis.
>> 'n Praalgraf word gebou deur die agtergeblewenes en mens wonder of daai
> geld
>> nie veel beter aangewend kan word nie? Die ou wat geplant word weet mos
>> g'n niks van wat bo-op die grond aangaan nie!
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90345 is 'n antwoord op boodskap #90341] Vr, 13 Februarie 2004 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek was ook by Doornklaaf op 'n Voortrekkerkamp.
In die aand het ons lootjies getrek wie die volgende oggend "siek" is - die
"siekes" moes hulle hande warm hou om ons gesondes te help om die knope van
die uniforms vas te kry vir die vroegoggend parade

--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:c0iehv$85j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Grafsteen is vir sentiment. Ja, die ou wat dood is gee nie om nie, maar
> dis vir sy mense wat agterbly. Soms vat dit 'n mens lank om oor 'n geliefde
> se dood te kom (dis amper 3 jaar later en ek sukkel nog steeds met my beste
> vriend se ontydige dood), maar die graf is 'n troos. Ek het meer gesukkel
> om my ouma, wat veras is te groet as my vriend wat begrawe is. Daar is iets
> om voor "baai" te sê by graf. 'n Afsluiting - daai "afsluiting" is
> heeltemal missing by die "herinneringsdiens" vir die oorledene wat veras
> word. Buitendien dink ek 'n grafsteen is 'n stukkie geskiedenis, ietsie wat
> sê "ek was darem ook hier gewees." Iets wat keer dat ek darem helemal
> vergeet word.
>
> Een van my gunsteling tydverdrywe as jong kind was om in stokou begrafplase
> rond te loop en die grafstene te lees. Ons het gereeld 2 keer 'n jaar saam
> met die Voortrekkers in Doornkloof by die Sarel Cilliers kamp gaan kamp en
> die ou begrafplase daar het my eindeloos gefassineer. Jy kon amper die
> dooies se stemme hoor as jy deur die tuine daar geloop het, want dis mos
> Oompie Sarel se ou familieplaas gewees daai. Ons het in die nagte gaan
> spoke jag in die begraafplaas en vir Oompie Sarel se slaaf sonder die kop
> gesoek. Jare se grieselrige pret!
>
> Ek onthou ook 'n kerkkamp in die Drakensberg, toe ons 'n klein begraafplasie
> langs die pad gesien het, en 'n klomp van ons een aand besluit het om af te
> sit na die begraafplaas toe. Ons wou 3 keer in een van die grafstene
> "Candyman" gaan sê het om te kyk of die man opdaag om ons uit te wis. Ons
> het ons misgis met die afstand en na 2 ure se loop, toe die Bobbejane ons

> begin vaskeer, het ons maar teruggegaan kamp toe. Dink so daaraan, "if
> nothing else" besorg 'n begraafplaas baie pret.
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:402c94ff.0@news1.mweb.co.za...
>> 'n Ding wat my verstand te bowe gaan, is die getreurmare by 'n begrafnis.
>> Mense wat die persoon amper nie geken het nie, daag op by die begrafnis.
>> 'n Praalgraf word gebou deur die agtergeblewenes en mens wonder of daai
> geld
>> nie veel beter aangewend kan word nie? Die ou wat geplant word weet mos
>> g'n niks van wat bo-op die grond aangaan nie!
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90387 is 'n antwoord op boodskap #90344] Ma, 16 Februarie 2004 01:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, as ek doodgaan gee ek ook nie om nie. Maar die wat hier agterbly gee
dalk wel om. Sien dis die verskil

"Suidwester" skryf in boodskap news:402cbfd3.0@news1.mweb.co.za...
> Jy is duidelik baie sentimenteel! Nee wat, ek dink die lewe is soos 'n
> emmer water.....druk jou vinger in die water en trek dit uit. Daar bly nie
> 'n gat in die water nie. As jy gekonk het, is dit ghoebaai. Moenie nog
> vat van die lewendes ook nie.
Re: Briewe in Argus [boodskap #90388 is 'n antwoord op boodskap #90345] Ma, 16 Februarie 2004 01:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit kon darem maar vrek koud word daar! Ek moes een jaar op 'n "bed"
sonder 'n matras slaap, hel ek het hele week gebibber en so te sê niks
geslaap nie. Dis al wat ek van Voortrekkers mis - die kampe. Nagmars,
wagstaan (in die vreklike koue), spoke jag, middernagfeeste. Ai, dit sal
darem nooit weer dieselfde wees nie :))

E

"Annette" skryf in boodskap news:c0ihgq$9vj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek was ook by Doornklaaf op 'n Voortrekkerkamp.
> In die aand het ons lootjies getrek wie die volgende oggend "siek" is - die
> "siekes" moes hulle hande warm hou om ons gesondes te help om die knope van
> die uniforms vas te kry vir die vroegoggend parade
>
> --
> Annette
Re: Briewe in Argus [boodskap #90392 is 'n antwoord op boodskap #90387] Ma, 16 Februarie 2004 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As jy eers geplant is, wat maak dit saak wie gee om wat die wurms met jou
doen? Lewende mense het beter dinge om te doen as om te gaan sit en huil
oor die verlede....

"Elaine" skryf in boodskap news:c0p4tq$cjv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja, as ek doodgaan gee ek ook nie om nie. Maar die wat hier agterbly gee
> dalk wel om. Sien dis die verskil
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:402cbfd3.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy is duidelik baie sentimenteel! Nee wat, ek dink die lewe is soos 'n
>> emmer water.....druk jou vinger in die water en trek dit uit. Daar bly
> nie
>> 'n gat in die water nie. As jy gekonk het, is dit ghoebaai. Moenie nog
>> vat van die lewendes ook nie.
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90407 is 'n antwoord op boodskap #90392] Ma, 16 Februarie 2004 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy hoor nie wat ek vir jou sê nie. Die mense wat hier agterbly gee dalk wel
om - of die dooie omgee is vanselfsprekend, maar as die lewende sy geld wil
"mors" op 'n grafsteen is dit sy saak. Jou siening is anders as baie mense
s'n, en 'n graf help baie met die treurproses. Dis veral moeilik as die
persoon een dag nog daar was en sommer skielik weggeruk word van jou af -
glo my ek weet. Die graf is iets tasbaars, iets waarmee ek kan "praat"
sodat ek makliker kan afskeid neem. Persoonlik gee ek nie 'n flenter om
nie, maar die oorledene se vrou, ma, susters, broers, kinders gee dalk om.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:4030726c.0@news1.mweb.co.za...
> As jy eers geplant is, wat maak dit saak wie gee om wat die wurms met jou
> doen? Lewende mense het beter dinge om te doen as om te gaan sit en huil
> oor die verlede....
Re: Briewe in Argus [boodskap #90426 is 'n antwoord op boodskap #90407] Di, 17 Februarie 2004 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit hang van mens tot mens af. Ek sou dink dat ek my agtergeblewende
eerder 'n reis Australië of Amerika toe wou gee in plek daarvan om dit in
die grond te plant....vir wat?

"Elaine" skryf in boodskap news:c0qhc8$3n5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy hoor nie wat ek vir jou sê nie. Die mense wat hier agterbly gee dalk wel
> om - of die dooie omgee is vanselfsprekend, maar as die lewende sy geld wil
> "mors" op 'n grafsteen is dit sy saak. Jou siening is anders as baie mense
> s'n, en 'n graf help baie met die treurproses. Dis veral moeilik as die
> persoon een dag nog daar was en sommer skielik weggeruk word van jou af -
> glo my ek weet. Die graf is iets tasbaars, iets waarmee ek kan "praat"
> sodat ek makliker kan afskeid neem. Persoonlik gee ek nie 'n flenter om
> nie, maar die oorledene se vrou, ma, susters, broers, kinders gee dalk om.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:4030726c.0@news1.mweb.co.za...
>> As jy eers geplant is, wat maak dit saak wie gee om wat die wurms met jou
>> doen? Lewende mense het beter dinge om te doen as om te gaan sit en huil
>> oor die verlede....
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90427 is 'n antwoord op boodskap #90426] Di, 17 Februarie 2004 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien moet jy daardie keuse aan die agterblewende oorlaat - en jy mag
miskien verbaas wees oor die keuse.

--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:4031b004.0@news1.mweb.co.za...
> Dit hang van mens tot mens af. Ek sou dink dat ek my agtergeblewende
> eerder 'n reis Australië of Amerika toe wou gee in plek daarvan om dit in
> die grond te plant....vir wat?
> "Elaine" wrote in message
> news:c0qhc8$3n5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Jy hoor nie wat ek vir jou sê nie. Die mense wat hier agterbly gee dalk
> wel
>> om - of die dooie omgee is vanselfsprekend, maar as die lewende sy geld
> wil
>> "mors" op 'n grafsteen is dit sy saak. Jou siening is anders as baie
> mense
>> s'n, en 'n graf help baie met die treurproses. Dis veral moeilik as die
>> persoon een dag nog daar was en sommer skielik weggeruk word van jou af -
>> glo my ek weet. Die graf is iets tasbaars, iets waarmee ek kan "praat"
>> sodat ek makliker kan afskeid neem. Persoonlik gee ek nie 'n flenter om
>> nie, maar die oorledene se vrou, ma, susters, broers, kinders gee dalk om.
>>
>> E
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:4030726c.0@news1.mweb.co.za...
>>> As jy eers geplant is, wat maak dit saak wie gee om wat die wurms met
> jou
>>> doen? Lewende mense het beter dinge om te doen as om te gaan sit en
> huil
>>> oor die verlede....
>>
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90434 is 'n antwoord op boodskap #90427] Di, 17 Februarie 2004 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis natuurlik wat hulle vooruitbeplanning noem! Wat ek nie kan verstaan
nie, is dat julle eerder R20 000 in die grond in wil druk net om af en
toe.....en veel meer af as toe soos die tyd vorder, daar te kan besoek aflê.
Is daai grafte nie baie keer net 'n manier om 'n gewete te sus omdat die
oorledene dalk nie so goed behandel is in die lewe nie? Ek self sou veel
eerder sien dat die geld gespandeer word op enigiets positief anders om my
te plant onder die grond in 'n benoude gat. Dan eerder veras en gee die as
vir die wind sodat ek die kak uit julle kan kom spook!

"Annette" skryf in boodskap news:c0sfbq$afo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Miskien moet jy daardie keuse aan die agterblewende oorlaat - en jy mag
> miskien verbaas wees oor die keuse.
>
> --
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:4031b004.0@news1.mweb.co.za...
>> Dit hang van mens tot mens af. Ek sou dink dat ek my agtergeblewende
>> eerder 'n reis Australië of Amerika toe wou gee in plek daarvan om dit in
>> die grond te plant....vir wat?
>> "Elaine" wrote in message
>> news:c0qhc8$3n5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Jy hoor nie wat ek vir jou sê nie. Die mense wat hier agterbly gee
dalk
>> wel
>>> om - of die dooie omgee is vanselfsprekend, maar as die lewende sy
geld
>> wil
>>> "mors" op 'n grafsteen is dit sy saak. Jou siening is anders as baie
>> mense
>>> s'n, en 'n graf help baie met die treurproses. Dis veral moeilik as die
>>> persoon een dag nog daar was en sommer skielik weggeruk word van jou
> af -
>>> glo my ek weet. Die graf is iets tasbaars, iets waarmee ek kan "praat"
>>> sodat ek makliker kan afskeid neem. Persoonlik gee ek nie 'n flenter om
>>> nie, maar die oorledene se vrou, ma, susters, broers, kinders gee dalk
> om.
>>>
>>> E
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:4030726c.0@news1.mweb.co.za...
>>>> As jy eers geplant is, wat maak dit saak wie gee om wat die wurms
met
>> jou
>>>> doen? Lewende mense het beter dinge om te doen as om te gaan sit
en
>> huil
>>>> oor die verlede....
>>>
>>
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90445 is 'n antwoord op boodskap #90426] Di, 17 Februarie 2004 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, maar soos jy voorheen gesê het - jy's dood so jy gaan nie omgee nie gaan
jy? Op die einde van die dag is dit nie jou besluit nie, maar die
agtergeblewende se besluit en jy kan niks daaraan doen om dit te keer of te
beïnvloed nie.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:4031b004.0@news1.mweb.co.za...
> Dit hang van mens tot mens af. Ek sou dink dat ek my agtergeblewende
> eerder 'n reis Australië of Amerika toe wou gee in plek daarvan om dit in
> die grond te plant....vir wat?
Re: Briewe in Argus [boodskap #90450 is 'n antwoord op boodskap #90445] Di, 17 Februarie 2004 10:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Behalwe as ek vir hulle vertel jy erf X-bedrag minder as jy geld blaas op 'n
begrafnis? Wie luister nie vir geld nie?

"Elaine" skryf in boodskap news:c0sn0m$ds6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja, maar soos jy voorheen gesê het - jy's dood so jy gaan nie omgee nie gaan
> jy? Op die einde van die dag is dit nie jou besluit nie, maar die
> agtergeblewende se besluit en jy kan niks daaraan doen om dit te keer of te
> beïnvloed nie.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:4031b004.0@news1.mweb.co.za...
>> Dit hang van mens tot mens af. Ek sou dink dat ek my agtergeblewende
>> eerder 'n reis Australië of Amerika toe wou gee in plek daarvan om dit in
>> die grond te plant....vir wat?
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90464 is 'n antwoord op boodskap #90450] Wo, 18 Februarie 2004 00:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En wat is hulle veronderstel om met jou lyk te doen. Daar is wette jy weet?
Verassing of begrafnis altwee is duur. As jy regtig nie 'n las vir jou
naasbestaandes wil weesie, kry 'n ordentelike begrafnispolis sodat hulle nie
R5000 - R10 000 uit hulle eie sakke moet betaal vir jou verassing of
begrafnis nie.

"Suidwester" skryf in boodskap news:4031eaad.0@news1.mweb.co.za...
> Behalwe as ek vir hulle vertel jy erf X-bedrag minder as jy geld blaas op 'n
> begrafnis? Wie luister nie vir geld nie?
Re: Briewe in Argus [boodskap #90467 is 'n antwoord op boodskap #90464] Wo, 18 Februarie 2004 05:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons sukkel nie soos by julle nie. Orals is goedkoop kiste te koop, lê uit
en laai op die bakkie en vat self na die krematorium toe. Ver minder as
jou prys.....ek is nie 'n onderskrywer van 'dignity' na dood nie. Jy's
kaput, gekonk. Wat maak dit dan nog saak? Ordentlike begrafnispolis?
Duidelik lees jy nie die sakedele van die koerante nie? Orals is klagtes
van mense wat uitgebuit word. Ek trek eintlik maar net jou siel so 'n
bietjie uit. Ek sal nie van mense verwag om my uit te lê en vervoer nie,
maar wragtag nie om 'n graf te koop, 'n misberabele duur kis in die grond te
sit en 'n moerse duur grafsteen bo-op nie. Nee wat, goedkoop kis en
krematorium toe: kaiings!

"Elaine" skryf in boodskap news:c0ub9v$ano$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> En wat is hulle veronderstel om met jou lyk te doen. Daar is wette jy weet?
> Verassing of begrafnis altwee is duur. As jy regtig nie 'n las vir jou
> naasbestaandes wil weesie, kry 'n ordentelike begrafnispolis sodat hulle nie
> R5000 - R10 000 uit hulle eie sakke moet betaal vir jou verassing of
> begrafnis nie.
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:4031eaad.0@news1.mweb.co.za...
>> Behalwe as ek vir hulle vertel jy erf X-bedrag minder as jy geld blaas
op
> 'n
>> begrafnis? Wie luister nie vir geld nie?
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90471 is 'n antwoord op boodskap #90467] Wo, 18 Februarie 2004 08:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
El stem saam met die goedkoop kis en kaiings.
Dood is dood.
Gister praat hulle oor die kloning van mense, en verskeie inbellers is toe
bekommerd oor die siel van die gekloonde.

--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:403309ad.0@news1.mweb.co.za...
> Ons sukkel nie soos by julle nie. Orals is goedkoop kiste te koop, lê uit
> en laai op die bakkie en vat self na die krematorium toe. Ver minder as
> jou prys.....ek is nie 'n onderskrywer van 'dignity' na dood nie. Jy's
> kaput, gekonk. Wat maak dit dan nog saak? Ordentlike begrafnispolis?
> Duidelik lees jy nie die sakedele van die koerante nie? Orals is klagtes
> van mense wat uitgebuit word. Ek trek eintlik maar net jou siel so 'n
> bietjie uit. Ek sal nie van mense verwag om my uit te lê en vervoer nie,
> maar wragtag nie om 'n graf te koop, 'n misberabele duur kis in die grond te
> sit en 'n moerse duur grafsteen bo-op nie. Nee wat, goedkoop kis en
> krematorium toe: kaiings!
> "Elaine" wrote in message
> news:c0ub9v$ano$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> En wat is hulle veronderstel om met jou lyk te doen. Daar is wette jy
> weet?
>> Verassing of begrafnis altwee is duur. As jy regtig nie 'n las vir jou
>> naasbestaandes wil weesie, kry 'n ordentelike begrafnispolis sodat hulle
> nie
>> R5000 - R10 000 uit hulle eie sakke moet betaal vir jou verassing of
>> begrafnis nie.
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:4031eaad.0@news1.mweb.co.za...
>>> Behalwe as ek vir hulle vertel jy erf X-bedrag minder as jy geld blaas
> op
>> 'n
>>> begrafnis? Wie luister nie vir geld nie?
>>
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90476 is 'n antwoord op boodskap #90467] Wo, 18 Februarie 2004 09:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam oor die goedkoop kis deel, maar verassing is nog steeds duur!
Of jy nou 'n cheapie kis of 'n duur een het, dit kos nog steeds 'n hoop
geld. Vra maar net, my ma het tot einde verlede jaar nog by 'n
begrafnisondernemer gewerk. En waarvan jy praat plaas baie las op die
agtergeblewenes. 'n Begrafnisondernemer kan alles vir jou reël
(doodsertifikaat, vervoer, krematorium tyd en al daai dinge). Hierso werk
die krematorium net met die ondernemers - jy maggie jou ou privaat gaan
veras nie. Buitendien is daar altyd 'n magdom klein goedjies wat gereël
moet word (wetlike aspekte), waaraan jou gewone ou nie gaan dink nie.
Begrafnis is groot werk en lekker groot geld. As ek die "maag" daarvoor
gehad het sou ek in die besigheid in gegaan het, maar om heeldag deur dood
en kiste omring te wees is 'n bietjie te "grim" vir my.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:403309ad.0@news1.mweb.co.za...
> Ons sukkel nie soos by julle nie. Orals is goedkoop kiste te koop, lê uit
> en laai op die bakkie en vat self na die krematorium toe. Ver minder as
> jou prys.....ek is nie 'n onderskrywer van 'dignity' na dood nie. Jy's
> kaput, gekonk. Wat maak dit dan nog saak? Ordentlike begrafnispolis?
> Duidelik lees jy nie die sakedele van die koerante nie? Orals is klagtes
> van mense wat uitgebuit word. Ek trek eintlik maar net jou siel so 'n
> bietjie uit. Ek sal nie van mense verwag om my uit te lê en vervoer nie,
> maar wragtag nie om 'n graf te koop, 'n misberabele duur kis in die grond te
> sit en 'n moerse duur grafsteen bo-op nie. Nee wat, goedkoop kis en
> krematorium toe: kaiings!
Re: Briewe in Argus [boodskap #90478 is 'n antwoord op boodskap #90476] Wo, 18 Februarie 2004 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat sê die wet aangaande as jy iemand wat dood is in stukkies opsny en in 'n
klei- of keramiekoond verbrand by jou huis?
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:c0v9v0$oj2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek stem saam oor die goedkoop kis deel, maar verassing is nog steeds duur!
> Of jy nou 'n cheapie kis of 'n duur een het, dit kos nog steeds 'n hoop
> geld. Vra maar net, my ma het tot einde verlede jaar nog by 'n
> begrafnisondernemer gewerk. En waarvan jy praat plaas baie las op die
> agtergeblewenes. 'n Begrafnisondernemer kan alles vir jou reël
> (doodsertifikaat, vervoer, krematorium tyd en al daai dinge). Hierso werk
> die krematorium net met die ondernemers - jy maggie jou ou privaat gaan
> veras nie. Buitendien is daar altyd 'n magdom klein goedjies wat gereël
> moet word (wetlike aspekte), waaraan jou gewone ou nie gaan dink nie.
> Begrafnis is groot werk en lekker groot geld. As ek die "maag" daarvoor
> gehad het sou ek in die besigheid in gegaan het, maar om heeldag deur dood
> en kiste omring te wees is 'n bietjie te "grim" vir my.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:403309ad.0@news1.mweb.co.za...
>> Ons sukkel nie soos by julle nie. Orals is goedkoop kiste te koop, lê
> uit
>> en laai op die bakkie en vat self na die krematorium toe. Ver minder as
>> jou prys.....ek is nie 'n onderskrywer van 'dignity' na dood nie. Jy's
>> kaput, gekonk. Wat maak dit dan nog saak? Ordentlike begrafnispolis?
>> Duidelik lees jy nie die sakedele van die koerante nie? Orals is klagtes
>> van mense wat uitgebuit word. Ek trek eintlik maar net jou siel so 'n
>> bietjie uit. Ek sal nie van mense verwag om my uit te lê en vervoer nie,
>> maar wragtag nie om 'n graf te koop, 'n misberabele duur kis in die
grond
> te
>> sit en 'n moerse duur grafsteen bo-op nie. Nee wat, goedkoop kis en
>> krematorium toe: kaiings!
>
Re: Briewe in Argus [boodskap #90507 is 'n antwoord op boodskap #90478] Wo, 18 Februarie 2004 22:50 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee jy mag nou nie eintlik nie - dis 'n gesondheidsrisiko sien :)) Jy mag
jou mense in 'n familiebegrafplaas plant as jy al die wetlike stappe geneem
het.

Hier's die grim deel - geen keramiek/klei oond by die huis is warm genoeg om
die lyk heeltemal te veras nie. Jy sal tien teen een iets kry wat soos 'n
erg verbrande skaapboud lyk. Die oonde by die krematorium is nie eers warm
genoeg nie (so om en by 3600 C). Nadat dit wat as kan word as is, bly
meeste van jou bene en tande nog oor, wat die krematorium se mense dan
fynmaal en, as jou agtergeblewene gelukkig is, kry hy die as in 'n karton
boksie. Ander plekke sit dit sommer in 'n plestieksakkie.

E

"Annette" skryf in boodskap news:c0vb1u$p15$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat sê die wet aangaande as jy iemand wat dood is in stukkies opsny en in 'n
> klei- of keramiekoond verbrand by jou huis?
> --
> Annette
Vorige onderwerp: 1992 Referendum Vraag
Volgende onderwerp: Iets oppie net ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 21:03:08 MGT 2024