Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Stillewe met tee om 'n tafel " deur FERDI GREYLING
" Stillewe met tee om 'n tafel " deur FERDI GREYLING [boodskap #90223] Wo, 11 Februarie 2004 02:39 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
STILLEWE MET TEE OM 'N TAFEL

Tyd ruk die gordyne
voor die venster.
Pak aan teen die mure
van die huis.
Roer in die grein van die tafel.
Glim in elke woord.
Dwing 'n sin
tot 'n daad.

Ek en jy.
Seisoene wat soos die see om ons breek.
Tyd dwing ons
tot 'n tafel in die tuin.
Woorde om tee.
Jare word voltooi
in los gedagtes.

Ver agter teen die hemel
ruk die lug steeds oop.

Donderwolke galop soos perde deur die lug.

Tyd vleg ons hegter deur mekaar.
Ons woorde en ons dade
word ons eie seisoene.

Tyd laat ons in mekaar verweer.

Laatmiddag in die somer op die Hoëveld.
Tee in die tuin.
Die wind ruk in die takke.

Swart tee in 'n koppie
soos water van die niet.
Soms hoor 'n mens dit in die nag
teen alles klots.

Ek en jy.
Alles wat ons gesê het.
Alles wat ons gedoen het.

Ek en jy om 'n tafel.
Re: " Stillewe met tee om 'n tafel " deur FERDI GREYLING [boodskap #90233 is 'n antwoord op boodskap #90223] Wo, 11 Februarie 2004 08:46 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sorry, Ferdi, maar ek vind hierdie 'n tos gediggie!

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:WBgWb.7354$ha2.3040@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> STILLEWE MET TEE OM 'N TAFEL
>
>
> Tyd ruk die gordyne
> voor die venster.
> Pak aan teen die mure
> van die huis.
> Roer in die grein van die tafel.
> Glim in elke woord.
> Dwing 'n sin
> tot 'n daad.
>
> Ek en jy.
> Seisoene wat soos die see om ons breek.
> Tyd dwing ons
> tot 'n tafel in die tuin.
> Woorde om tee.
> Jare word voltooi
> in los gedagtes.
>
> Ver agter teen die hemel
> ruk die lug steeds oop.
>
> Donderwolke galop soos perde deur die lug.
>
> Tyd vleg ons hegter deur mekaar.
> Ons woorde en ons dade
> word ons eie seisoene.
>
> Tyd laat ons in mekaar verweer.
>
> Laatmiddag in die somer op die Hoëveld.
> Tee in die tuin.
> Die wind ruk in die takke.
>
> Swart tee in 'n koppie
> soos water van die niet.
> Soms hoor 'n mens dit in die nag
> teen alles klots.
>
> Ek en jy.
> Alles wat ons gesê het.
> Alles wat ons gedoen het.
>
> Ek en jy om 'n tafel.
>
Vorige onderwerp: " dees hunningkoek se soetsel " deur THOMAS DEACON
Volgende onderwerp: " Om boer te wees " deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:18:55 MGT 2024