Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Bafana Bafana op die lughawe verwelkom
Bafana Bafana op die lughawe verwelkom [boodskap #90089] Sa, 07 Februarie 2004 09:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Deur slegs 'n handjievol ondersteuners. Van wenners van die Afrika Beker,
was die daaropvolgende vertonings tweede, derde, vierde, kwarteindronde en
uitgeboender in die eerste ronde hierdie jaar.
Elke keer was dit onder 'n ander afrigter.
Die wenafrigter was Clive Barker. Die ander twee afrigters wat redelike
goeie sukses gehad het en ook , net soos Clive, deur politiek op 'n laakbare
manier van hul pligte onthef is, was Toussier, wat na sy SA ondervinding
Japan kon ontwikkel na 'n span wat wêreldwyd gesag afdwing, en Queros, wat
na sy SA ondervinding nou die afrigter van Real Madrid is - algemeen aanvaar
as die beste klubspan ter wêreld.
Ek kan nie onthou wie die afrigter by hierdie jaar se toernooi was nie. Dit
is 'n nuwe ( onbekende) een wat inderhaas gekies is terwyl die span al op
pad na Tunisië toe was.
Gordon Ingesund, algemeen aanvaar as die beste afrigter in SA , is nie
oorweeg nie.

--
Annette
Re: Bafana Bafana op die lughawe verwelkom [boodskap #90109 is 'n antwoord op boodskap #90089] So, 08 Februarie 2004 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"The dog" oftewel Barker was die enigste afrigter wat tot dusver iets
reggekry het met die spul.
Ek is bevrees dat alles wat hierdie ANC-geispireerde klompie aanpak in mis
verander. Dit ontaard bloot in 'n politiekery - sukses is 'n bysaak.
Re: Bafana Bafana op die lughawe verwelkom [boodskap #90111 is 'n antwoord op boodskap #90109] So, 08 Februarie 2004 06:34 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die mislukking van die sokker het die politici so geruk, dat Onse Prez dit
tot gemeld het in sy korterige toespraak.
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:c04emv$h5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "The dog" oftewel Barker was die enigste afrigter wat tot dusver iets
> reggekry het met die spul.
> Ek is bevrees dat alles wat hierdie ANC-geispireerde klompie aanpak in mis
> verander. Dit ontaard bloot in 'n politiekery - sukses is 'n bysaak.
>
Vorige onderwerp: Wie is die nuwe rugbykaptein?
Volgende onderwerp: Ons Nuwe Rugbyafrigter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 23:10:38 MGT 2024