Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Examinvlatirs - Kanada 'n Bybelse land
Examinvlatirs - Kanada 'n Bybelse land [boodskap #89930] Wo, 04 Februarie 2004 06:46
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van 'n ander kol:

EKSAMENVLATERS:
>
> Ou Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in hierdie
> griewe
geskryf. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die klimaat was sê erg
dat al die inwoners op ander plekke moes bly.
>
> Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle
> ongesuurde
brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is.
Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry. Hy is
dood toe hy nog nie eens by Kanada kon uitgekom het nie.
>
> Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd byekorwe gehad.
>
> Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons nie
> 'n
geskiedenis gehad het nie. Die Grieke het ook mites gehad. 'n Mite is 'n
motwyfie.
>
> Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat rondgeloop en mense raad
gegee het. Hy is dood aan 'n oordosis willekeur. Ná sy dood het sy
loopbaan dramaties agteruitgegaan.
>
> In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en
> disnis gegooi.
>
> Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië onderskryf. Die
> Ides
van Maart het hom vermoor omdat hulle gedink het hy gaan 'n koning
gemaak word. Toe hy doodgaan, het hy gesê: "En toe, boetie?"
>
> Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf.
>
> Koning Elizabeth was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was sy 'n
sukses. Sy het haar haar volk se probleme aangetrek en wanneer sy haar
so aangetrek het voor haar soldate, het hulle almal geskree: "Hoera!"

Ons lees mos in die koerante dat, ten spyte van die hoë slaagsyfer en die
magdom A-simbole, die kinders se IK laer is as die van 10 jaar gelede.

--
Annette
Vorige onderwerp: Re: Elections - Rigged - Nude Raider Ring Piece!
Volgende onderwerp: Re: Here We Go Again...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 18:35:29 MGT 2024