Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " salut d'amour " deur FANIE OLIVIER
" salut d'amour " deur FANIE OLIVIER [boodskap #89436] Di, 20 Januarie 2004 23:42
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Fanie Olivier

salut d'amour

langs die swembad het die palm blom gemaak
en in sy lang geel stringe oopgeval
nat en taai van nektar en van saad.
die vinke wat nesmaak teen die palmpunte
die duiwe in die groot kameelpoot
die mossies uit die geut moes almal padgee
toe die klein bruin bye aanstreep
en om die tros beginne draai
met hulle voetjies vastrap in die waterval.
nou sien die spreeus as hul verbyvlieg
hoe die knoppies swel
en niemand waag dit tussen die korwe
of naby die palm nie
maar kyk tjoepstil verwonderd
na die fyn berekenings in God se spel.
Vorige onderwerp: " Lady Anne op Tafelberg " deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: " Die wind in die baai " deur NP van Wyk LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 13:51:28 MGT 2024