Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » van biltong en droeewors....
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8873 is 'n antwoord op boodskap #8709] Ma, 24 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Mar 97 08:59:58, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

>

Van die anderkant af Lou: Jy en ou oom At stem nie saam met my nie.
Van dinge in goed lees gepraat, het jy my pos oor Deneys Reitz gesien?
Hmm?
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8874 is 'n antwoord op boodskap #8857] Ma, 24 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
skryf oor onse Koos:

> Een ding moet ek van jou kan sê, jy het 'n vrugbare vebeelding. Net jammer
> jy span dit so baie in om jou gedagtes in ander mense se koppe te lees.
> Hou op daarmee want dit is nie daar nie. Probeer liewers ontdek waarom jy
> dit wil doen.
>

Ahem. So dis nie net ek wat so dink ne, Koos?
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8875 is 'n antwoord op boodskap #8709] Ma, 24 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Izak Bouwer wrote in article ...
> In article , fe...@is.co.za says...
>>
>> On 22 Mar 1997 13:04:55 GMT, "AM de Lange"
>> wrote:
>
>
>
> Liewe At en Koos,
> Dit maak my effens hartseer om vir julle so te
> sien argumenteer. Ek dink dis meestal Koos se fout.
> Hy probeer dieselfde metodes toepas as wat hy met
> daardie meesters van die "hit and run" argument -
> Leendert en Lou - gebruik. Ek respekteer Koos se
> begeerte om die huidige SA in so goed 'n lig as
> moontlik te laat verskyn. Maar dis ook goed dat 'n
> mens van ander mense se standpunte hoor. Anders
> word die beeld eensydig, en mense soos ek kry nie
> die regte insig in wat in SA aangaan nie. Ek vind die
> bydraes van At op hierdie nuusgroep BAIE waardevol,
> en ook opwindend. So ek gaan hierdie "thread" nou
> "highjack."

Toemaar, ek is nie onder 'n hoender uitgebroei nie. Van Koos se groot
argument, naamlik dat ek ryk is en dat ek net woorde besig oor die armes,
het niks gekom nie. Daaroor bly hy tjoepstil - doen hy soos ander hom
telkens berispe het. Al wat hy gedoen het, is om nuew arumente te ontlok-
iets waaroor hy voorheen ook deur ander berispe is.

> At, my seun gaan gedurende sy Paasvakansie op
> 'n kanoe-trip op die Oranje-Rivier, wat blykbaar by
> Vioolsdrift begin.
Sjoe, ek hoop nie die lesers kry die indruk dat die Oranje by Vioolsdrif
begin nie. Die Oranje begin reeds ver in die ooste in Lesotho. Dit is seker
jou seun se kanovaart wat by Vioolsdrif begin. Dis jammer, want hulle moes
sommer net onder die Augrabies Valle begin het. Daar is 'n gedeelte, in die
omgewing van Onseepkaans waar die landskap soos 'n toneel op die maan lyk.

Wat wel by Vioolsdrif begin, is die groot boggel (Big Bend) wat die rivier
na Nabinie se kant toe maak. Dit is suid van hierdie boggel wat die
Richtersveld, 'n bergwoestyn l^e. Die berge hou aan tot by Sendelingsdrif
waar die Ochta myn gelee is. Dit is veel lekkerder om in hierdie berge
rond te dwaal as om al met die rivier langs na hulle te kyk.

> Ek was eers baie ontsteld, totdat hy
> vir my verseker het dis 'n pakket-toer, "with steak and
> shrimp every night," waaraan 20 van sy klasmaats ook
> gaan deelneem.

Hy gaan verras wees. Na een dag se hitte sal alle 'steaks' vrot wees.
Bedags in die somer kan die temperatuur langs die rivier tot bo 50 C styg.
Snags in die winter vries die murg in jou bene.

> Nou wil ek onder andere die volgende
> weet: hoe ver is dit tussen Kaapstad en Vioolsdrift?

Die Oranje loop van Vioolsdrif tot by Oranjemund/Alexanderbaai waar dit in
die see uitmond. Ek weet regting nie hoe lank dit rivierlangs is nie, mar
ek skat so ongeveer 250 km. Daar is 'n paar "versnellings" in die rivier,
maar niks om oor bekommerd te wees nie.

Maar sou hulle besluit om seelangs van Oranjemund tot by Kaapstad te vaar
in hulle kanos, moet hulle hul koppe laat lees. Die deinings en mis en
selfs storms is hoogs gevaarlik. Vra maar vir die ervare duikers wat langs
die see diamante uitduik. Verder, sou hulle langs die strand in nood
beland, sal hulle dikwels tot 50 km ver moet loop langs die strand om hulp
te kan kry. As jy kan, kry hierdie onbesonne idee uit jou seun se kop.

> Watter dinge kan hy op die pad sien - kokerbome,
> half-mensbome, driedorings?

Nie naby genoeg om kokerbome en halfmense te kan waardeer nie. Driedoring
sou hy nie eers raaksien nie. Nee wat, as hy hulle rivierlangs wil sien,
maak hy 'n groot fout.

> Hoe diep en gevaarlik
> is die Oranje by Vioolsdrift?

Behalwe met 'n vloed, is dit maar vlak - om en by die heupe op sy diepste.
Boonop is daar 'n laag slik van tussen 30 tot 60 cm waardeur 'n mens moet
worstel - nie te aangenaam nie. Ek merk op dat die Vanderkloof dam nou
sterk oorloop, die eerste keer in baie jare. Dis die laaste groot dam in
die rivier voor die see. Hierdie water sal sekerlik die rivier by
Vioolsdrif met ongeveer 'n meter laat styg. Die Augrabies sal dan 'n
brullende wonderwerk wees. Ek wens ek het die geld gehad om te gaan kyk.
Al die ander kere wat ek daar was, was dit net beloftes. Mense, gaan kyk.
Die wat die valle in vloed gesien het, is nie spyt nie.

> Vir iemand wat net met
> die Oranje bekend is daar tussen Upington en die Valle,
> klink dit asof ek bekommer behoort te wees? Ek het al
> vir hom gewaarsku van die koue in die nagte.

Weet ek nie. My oudste seun was 5 jaar oud toe ek hom die eerste keer in
die woestyn geneem het. Vandag het hy self 'n seun. Onlangs het hy vir my
gese dat as daar een ding is wat sy seun sal wil laat ervaar voordat hy
skool toe moet gaan, is dit die woestyn. In ieder geval, 15 November slaap
ons langs die rivier naby Upinton. Die dag was uiters warm, so 40C tot 42C.
Daardie nag moes hy naderhand by my in die slaapsak kom inkruip. Die
volgende oggend was dit spierwit van die ryp. Die ding gebeur nog makliker
in die groot boggel.

> Besef eers
> vandag ek moet hom waarsku dat hy sy skoene in die
> more moet uitskud om van die skerpioene ontslae te raak!
> Ek neem aan daar is pofadders in daardie deel van die
> wereld?

Ja. Die pofadders kruip by jou in op soek na 'n bietjie warmte. Gelukkig,
so sê hulle, snork 'n pofadder as hy slaap. Dus, as jou seun 'n gesnork
saam met hom in die slaapsak hoor, eers dan moet hy bekommerd wees! Ek
maak nie grappies nie, langs die rivier wemel dit van die slange in
vergelyking met diep in die woestyn want daa is baie meer kos. Hulle moet
maar versigtig wees.

> My seun geniet hom vreeslik daar in SA. Elke naweek
> boer hy in een of ander berg met die UCT Hiking Club.
> Hy gaan saam met ander mense einde April op 'n staptoer
> in die Langeberge. Wat sien 'n mens in die Langeberge?

Klippe en heideveld. Dis pragtig, maar daar is te min vetplante na my sin.

> Is dit nie die berge wat Volschenk altyd geskilder het nie?

Dit is beslis van die Kaapse berge. Maar daar is so baie bergreekse dat
ek nie met sekerheid kan sê nie.

> Ek wou jou ook nog gevra het wat die naam was van
> daardie baie harde swart hout wat hulle in Zimbabwe en
> Zambia nog kry en wat hulle sê in die ou dae ook in SA
> gegroei het. Ek sal dit later vra.

Ek dink dit is swart ivoor. Ek sal later daaroor meer vertel. Herinner my
net.

> Gloudina

Moenie oor jou seun bekommerd wees nie. Hy kaan oorleef - en dit is
avontuur. Of hy kan in die arms van 'n mooi nooi beland - wat sal jy
daarvan sê?

As my vrou en ma van ons kinders weet wat ek alles aangevang het, sou haar
hart gaan staan het. Een ding weet sy van omdat ek dit nie kon weg steek
nie. Ek was in die Naukluft berge in die suide van Namibië. 'n Ou oom was
saam met my. Hy het in die omgewing van die bakkie rond gewei terwyl ek die
berge in is. Ek was 8 km ver toe ek my enkel breek. Dit het my 8 ure oor
klippe geneem om tot by die bakkie te kruip. Die ou oom was rasend van
angs. Daar gaan so een keer in twee dae 'n motor verby. Die dag was daar
nog nie een verby by wie hy hulp kon vra nie. Hy moes maar vir my wag. Ek
heet eers na donker by die bakkie uitgekom.

Beste wense
At de Lange
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8884 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 25 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote in article
...

[sny]

> Cheers
> Lou
> * Lid van die orde van Hit en Run*

Beste Lou,

Jy het my dag gemaak. Baie dankie. Ek het my 'n papie gelag - die Tref en
Trap Orde (TTO). Wie van Ons was nie eenmaal lid gewees van een of ander
TTO nie?

Beste wense

At de Lange
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8885 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 25 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
amde...@gold.up.ac.za says...
>

At, dankie vir al die inligting! Ek dink die toer wat
my seun op na Vioolsdrift maak, is seker maar net
'n mak ding wat gereëlword vir toeriste. Hopelik
goed georganiseer. Hy sê egter dat hy 'n "re-entry
visa" moet kry, omdat hulle Namibia sal binnegaan.
Vir my is die belangrikste dat hy deur Namakwa-
land en Boesmanland sal ry, en daardie dele van die
wereld sien, wat hy nie op sy twee vorige besoeke
aan SA gesien het nie (toe hy vyf en twaalf jaar oud
was.) Ek het vir hom gesê as hy deur Springbok
gaan, moet hy aan sy oupa Andries dink. (Hy lyk en
tree net soos my pa op.) My pa het in Namakwaland
grootgeword. Toe ek klein was, het ek altyd gedink
my pa lieg vir my oor al die blomme waartussen die
hasies in sy kinderstories in Namakwaland gespeel
het. Ek het ook somtyds gewonder hoekom my pa dit
nodig vind om te lieg oor Namakwaland. Dis eers later
dat ek uitgevind het van die lenteblomme waar hy as
kind grootgeword het.
Hoekom ek vra van die swart harde hout: Ek lees
eenkeer 'n artikel wat praat van die soort swart hout
wat nog meer noord as SA groei, waarvan hulle net baie
kosbare musiekinstrumente maak en die swart klawers
van goeie klaviere, en dies meer (dus dink ek nie ons
praat van daardie hout wat hulle gebruik om die diere
uit te kerwe nie.) In die artikel sê hulle toe dat in die
ou dae hierdie bome ook wyd verspreid was in die binne-
land van SA, maar dat dit meestal verdwyn het.
Nou onthou ek 'n boom wat op die hoek van ons erf
op Perde-eiland gestaan het. Dit het gedien as pos vir die
doringdraad wat gespan is aan die kante van die pad
wat langs ons erf geloop het. (Dus 'n ou boom.) Aan die
een kant was die takke afgekap (sodat dit nie die uitsig
in die pad kon versper nie.) Ek dink die blare aan die
takke was nie baie welig nie. Ek kon sien dat, waar die
takke afgekap was, die hout swart en baie hard was. My
pa het ook altyd met groot eerbied van die boom gepraat.
Naderhand begin ek toe wonder of hierdie boom een van
daardie bome (jy noem dit "swart ivoor") was, wat nog
daar aan die lewe gebly het, net omdat hulle dit gebruik
het as 'n stut vir hulle draadheining. Snaaks hoe sulke
dinge in jou latere lewe vir jou belangrik word. As ek
ooit weer in daardie deel van die wereld kom (en die kanse
is maar skraal) sal ek dadelik gaan kyk of die boom nog
daar staan.

Gloudina
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8886 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 25 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Mar 97 09:01:55, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

>

Lou jy het geskryf:

vlugtende Boere alles verwyder het wat deur die Engelse tot hulle voordeel en[/color]
> teen die Boere aangewend kon word.
>
> Ek sien dieselfde woorde word gebruik deur die ES Y BIE SIE in terme van die
> rebelle inval in Kisingani - loot/plunder.
>
> ge-Loot - negatief
> Verwyder - positief>>>

Ek het geantwoord:
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8887 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 25 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> >
>
> Van die anderkant af Lou: Jy en ou oom At stem nie saam met my nie.
> Van dinge in goed lees gepraat, het jy my pos oor Deneys Reitz gesien?
> Hmm?

Jammer Koos, jy het my. Wie is Deneys Reitz?
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8888 is 'n antwoord op boodskap #8875] Di, 25 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Mar 1997 15:18:13 GMT, "AM de Lange" wrote:

>[/color]

Die "nuew arumente" wat hier ter sprake is, is waarskynlik die
beledigings wat jy na my gegooi het, of hoe?
Raak jy nou ook ontsteld as ek jou antwoord as jy my beledig?

N.S. Ek is bly vir jou part jy het "ander" gekry wat my ook "berispe".

Dit behoort jou kalmer te laat voel.
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8897 is 'n antwoord op boodskap #8875] Wo, 26 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , amde...@gold.up.ac.za says...

At, dankie vir al die inligting! Ek dink die toer wat
my seun op na Vioolsdrift maak, is seker maar net
'n mak ding wat gereëlword vir toeriste. Hopelik
goed georganiseer. Hy sê egter dat hy 'n "re-entry
visa" moet kry, omdat hulle Namibia sal binnegaan.
Vir my is die belangrikste dat hy deur Namakwa-
land en Boesmanland sal ry, en daardie dele van die
wereld sien, wat hy nie op sy twee vorige besoeke
aan SA gesien het nie (toe hy vyf en twaalf jaar oud
was.) Ek het vir hom gesê as hy deur Springbok
gaan, moet hy aan sy oupa Andries dink. (Hy lyk en
tree net soos my pa op.) My pa het in Namakwaland
grootgeword. Toe ek klein was, het ek altyd gedink
my pa lieg vir my oor al die blomme waartussen die
hasies in sy kinderstories in Namakwaland gespeel
het. Ek het ook somtyds gewonder hoekom my pa dit
nodig vind om te lieg oor Namakwaland. Dis eers later
dat ek uitgevind het van die lenteblomme waar hy as
kind grootgeword het.
Hoekom ek vra van die swart harde hout: Ek lees
eenkeer 'n artikel wat praat van die soort swart hout
wat nog meer noord as SA groei, waarvan hulle net baie
kosbare musiekinstrumente maak en die swart klawers
van goeie klaviere, en dies meer (dus dink ek nie ons
praat van daardie hout wat hulle gebruik om die diere
uit te kerwe nie.) In die artikel sê hulle toe dat in die
ou dae hierdie bome ook wyd verspreid was in die binne-
land van SA, maar dat dit meestal verdwyn het.
Nou onthou ek 'n boom wat op die hoek van ons erf
op Perde-eiland gestaan het. Dit het gedien as pos vir die
doringdraad wat gespan is aan die kante van die pad
wat langs ons erf geloop het. (Dus 'n ou boom.) Aan die
een kant was die takke afgekap (sodat dit nie die uitsig
in die pad kon versper nie.) Ek dink die blare aan die
takke was nie baie welig nie. Ek kon sien dat, waar die
takke afgekap was, die hout swart en baie hard was. My
pa het ook altyd met groot eerbied van die boom gepraat.
Naderhand begin ek toe wonder of hierdie boom een van
daardie bome (jy noem dit "swart ivoor") was, wat nog
daar aan die lewe gebly het, net omdat hulle dit gebruik
het as 'n stut vir hulle draadheining. Snaaks hoe sulke
dinge in jou latere lewe vir jou belangrik word. As ek
ooit weer in daardie deel van die wêreld kom (en die kanse
is maar skraal) sal ek dadelik gaan kyk of die boom nog
daar staan.

Gloudina
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8898 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 26 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> On Tue, 25 Mar 97 09:01:55, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>
> >
>
> Lou jy het geskryf:
>
> sê dat die
>> vlugtende Boere alles verwyder het wat deur die Engelse tot hulle voordeel en
>> teen die Boere aangewend kon word.
>>
>> Ek sien dieselfde woorde word gebruik deur die ES Y BIE SIE in terme van die
>> rebelle inval in Kisingani - loot/plunder.
>>
>> ge-Loot - negatief
>> Verwyder - positief>>>
>
> Ek het geantwoord:
>
>
> "As burghers now came galloping past , shouting that the English were
> entering by the road above the railway station, I hurried back on
> horse back to the centre of town, where I annexed a horse from among
> several standing before a shop that was being looted, and absconded
> with this remount for my brother."

Ok OK. Ek het nie die boek gelees nie. Maar as ek nou jou aanhaling 'ontleed'
sê dit loot, maar nie deur wie nie. Se^ my het Deneys Reitz sy oorlog aan
boere kant of Engelse kant klaar gemaak en is die boek 'n vertaling of het hy
dit direk in Engels geskryf? Net om sy verwysings raamwerk vas te stel.

>
> As dit nie inpas by hoe jy dinge in 1997 wil sien nie, hel, dan is dit
> toughies vir jou want dit is in 1902 geskryf. Reitz self is in die
> jare 30 oorlede (as ek reg onthou), so jy kan nie eers met hom gaan
> stry daaroor nie.

Dis 'n vry land, ek kan die kleur donkerbril dra wat ek wil. Myne is ten
minste nie PC soos joune nie.

>
>
> Hier is nog iets vir jou van Reitz: "Towards eleven in the morning
> Piet Joubert, the Commandant-General, and his staff rode up to address
> us. He started by scolding the men for having looted a farm close by,
> and got so worked up that he forgot to tell us what the real object of
> his visit had been."
>
>
> Plunder is gemeen aan alle oorloe. Maak nie saak wie dit doen nie.
> Soldate plunder in oorloe. End van prent.
> Aanvaar dit dat Boere ook soldat was en ook geplunder het.
> Dit maak hulle eenvoudig soos alle ander soldate.
> Lyk my die geskiedenis-klasse van die skool sit nog by jou.

Lyk my jy het alles verwerp wat die geskiedenis klasse in skool jou geleer
het. Dis jou reg. Maar dis my reg om van jou te verskil. Terloops ek het
geskiedenis die mees verveligste vak op skool gevind, en dit so gou moontlik
gestaak.

>
> Dit is ook gemeen aan die opvoeding wat ek in Afrikaanse skole gekry
> het dat ons NOOIT die negatiewe goed geleer is nie en gelaat is met
> die idee dat die Boere van daai oorlog rein, hoogs intelligente
> krygers van ontsettende eerlikheid en heldemoed was.

Standaard geskiedenis. Dink jy die 'nuwe' geskiedenis gaan die vryheid stryd
in in slegte lig stel? Die oorwinnaar skryf die geskiedenis, so moet jou nie
te veel daaraan steur nie. Elke mandjie lewer sy relatief hoe" :) persentasie
vrot appels op.

>
> My opmerking was ten volle daarop gerig.
>
> (Het jy byvoorbeeld geweet dat 'n relatief hoe" persentasie van die
> Boere wat die oorlog aan Boere-kant begin het, volgens geskiedkundiges
> aan Engelse kant geveg het aan die einde?

Reflekteer nie te wel op die ons ou nasie nie, ne! Was nog maar altyd 'n klomp
draadsitters gewees, reg om aan die regte kant af te val, om in die woorde wat
jy so haat, Politiek korrek te wees. Wat was die persentasie? 10%, 50%, 80%.
Relatief hoog kan enigiets beteken.

>
> Het jy geweet dat Christiaan de Wet se eie broer aan Boere kant begin
> het en teen die einde aan Engelse kant geveg het?)

Wat het hulle die ou spul genoem nou weer - Hans Kakies, veraaiers? In normale
oorloe word sulke ouens dood geskiet. Maar lyk my ons is beter Afrikane as ons
dink. Selfde ding het gebeur met MPLA/FAPLA, gebeur tans in Kinshasha, noem 'n
Afrika oorlog, en dit gebeur - oorlopers.

> Real is real, china, al strook jou PC van die dag nie daarmee nie.

Wat bedoel jy? Die ding het begin met jou wat oor loot en dinge gepraat het.
'Real is in the eye of the beholder' :) of so iets.

> N.S. Het jy geweet dat selfs soldate van die SAW in die jare tagtig in
> Suidwes en Angola ge-"loot" het?>>>
>
>>

Loot is jou woorde.

As jy my post gelees het, en laat ek nou weer verduidelik (ek tik stadig want
ek weet jy lees maar moeilik). Afhangend van watter kant van die draad jy
staan sal as dit die vyand is wat dinge verwyder - dan gebruik jy die woorde
loot of plunder. As dit jou eie mense is - dan gebruik jy die woord verwyder
sodat die vyand dit nie kan gebruik of nasionaliseer ens.. Interesante
gevolgtrekkings kan hieruit gemaak word.
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8909 is 'n antwoord op boodskap #8898] Do, 27 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Mar 97 08:31:16, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

sê dit loot, maar nie deur wie nie. Se^ my het Deneys Reitz sy oorlog aan[/color]
> boere kant of Engelse kant klaar gemaak en is die boek 'n vertaling of het hy
> dit direk in Engels geskryf? Net om sy verwysings raamwerk vas te stel.>>>

Deneys Reitz se pa was F.W. Reitz, predident van die OVS en later
staatsekretaris vir Paul Kruger.
D. Reitz en sy broers het aan Transvaal kant geveg in die Anglo
Boere-oorlog.
Hy was saam met die inval van Natal. Het toe 'n ruk saam met De la rey
baklei en toe Kaapland toe geloop/gery om hom diep in die Karoo by Jan
Smuts aan te sluit.
Die oorlog saam met Smuts se inval in Kaapland klaargemaak. Hulle was
baie diep in Kaapland.
Na die oorlog is hy en sy familie na Madagaskar.
Jan Smuts het hom oorreed om terug te kom.
Later was hy 'n minister onder Smuts (landbou dink ek).
Hy was 'n prokureur en sy maatskappy opereer nog in Johannesburg. Die
naam is ....Deneys Reitz, hoewel dit 'n Engelse firma deesdae is.

draadsitters gewees, reg om aan die regte kant af te val, om in die woorde wat[/color]
> jy so haat, Politiek korrek te wees. Wat was die persentasie? 10%, 50%, 80%.
> Relatief hoog kan enigiets beteken.>>>

Ek is nie meer seker nie, daarom die vae "ralatief" maar ek wil my
herinner dat Packenham in The Boer War skryf van 20 %.

'n Verdere interresantheid is natuurlik dat dekades later het meer
Afrikaners as Englse SA'ners in die Tweede Wereldoorlog aan Britse
kant baklei.

N.S. "loot" is Reitz se woord.
In elk geval as iemand 'n huis of winkel instorm in oorlogstyd en
begin vat wat hy wil he sonder dat dit aan hom aangebied word, noem ek
dit "loot".
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #9001 is 'n antwoord op boodskap #8709] Vr, 04 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> N.S. "loot" is Reitz se woord.
> In elk geval as iemand 'n huis of winkel instorm in oorlogstyd en
> begin vat wat hy wil he sonder dat dit aan hom aangebied word, noem ek
> dit "loot".
>
OK.
Vorige onderwerp: "Sien jy daai boom? - bring hom hier, ek wil hom rook"
Volgende onderwerp: ek wil nie narrowminded klink nie maar ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 21:07:03 MGT 2024