Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » baie dankies Norbert
baie dankies Norbert [boodskap #88713] Vr, 02 Januarie 2004 17:50 na volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Pragtige plaatjies Norbert - en nee, ons sien nooit
plaatjies by die beriggies in dese of andere NG's.
Ek het altyd gedink dis nie toegestaan
om plaatjies by mededelings te pos nie?
By ons het die sneeu nou totaal verdwyn
daar is nou swartys op die straat, baie gevaarlik
om nou die pad te gryp! Ons bly nou maar by die huis
en drink 'n warm wyntjie met limoen - baie lekker!
Patrick
Re: baie dankies Norbert [boodskap #88714 is 'n antwoord op boodskap #88713] Vr, 02 Januarie 2004 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 2 Jan 2004 17:50:10 +0000, loes&patrick
wrote:

> Pragtige plaatjies Norbert - en nee, ons sien nooit
> plaatjies by die beriggies in dese of andere NG's.
> Ek het altyd gedink dis nie toegestaan
> om plaatjies by mededelings te pos nie?
> By ons het die sneeu nou totaal verdwyn
> daar is nou swartys op die straat, baie gevaarlik
> om nou die pad te gryp! Ons bly nou maar by die huis
> en drink 'n warm wyntjie met limoen - baie lekker!
> Patrick

Hallo, Patrick,

Ek weet eintlik ook nie of plaatjies toegestaan is op hierdie
nuusgroep, Patrick. Ek het net nog eens in die handves geloer maar ek
vind die term "binary" of "binaries" daarin nie terug nie. Miskien is
jy wel reg, maar as daardie plaatjes maar klein is sal dit wel geen
probleem wees soos ek aanneem. Ook is hier geen moderasie van die
nuusgroep nie! Miskien is daar wel net geen enkel persoon van die
nuusverskaffers wat ooit na hierdie nuusgroep loer nie! :-) Hulle is
hierdie nuusgroep miskien al lank vergeet!! :-) Nou, ek weet ook nie
juis hoe dit almal gaan nie! Nou, so lank as ons maar geen probleme
kry nie, nè? :-)
Hier in Vlaandere is nog sneeu maar, inderdaad, soos by julle het die
sneeu al baie gesmelt verlede nag. Maar dit het nou die ganse dag al
gevries en is die sneeu hard. Dis wel baie koud. Vannag verwag ons -6
°C! Ek durf bykans nie buite kom nie; die koude kruip so direk in jou
klere en ek het al die ganse dag koue voete. Ofskoon die verwarming
aan is kan ek my eie opwarm nie! Dis tog merkwaardig hoe 'n mens sy
liggaam daarop reageer, nè? Maar ek het vanmiddag tog 'n bietjie agter
glas gesit en die son het me toe beskyn en dit het my toe sooooo 'n
salig gevoel gegee! Ek hoop dit vries nie te lank nie want dan kom
soos jy weet steeds probleme met die batterye van die motors en dan
vries waterleidinge stukkend.., almal miserie!
In my tuin kom nou voëlsoorte wat ek daar nog nooit gesien het nie! My
broer het die voederbakkie vir die sangvoëls terug moet byvul met
varse saadjies. Hulle het die bakkie in slegs één dag leeggeëet en
daar kom steeds meer van daardie voëls! Ek sou gewou het hulle bly
almal hier in my tuin want hulle is baie nuttig teen die insekte en
wurms maar as dit so verder gaan sal ek geen tuin meer hê nie maar 'n
swerm voëls wat my tuin heeltemal kaalpluk! :-) Kom, ek sal nou maar
ophou voordat al die lesers in Suid-Afrika van hierdie nuusgroep
vannag 'n verkoudheid kry.. :-)

Norbert (uit Vlaandere)

!En as jy uitasem terwyl jy buiteloop dan kom daar 'n wolk uit jou
mond!
Re: baie dankies Norbert [boodskap #88720 is 'n antwoord op boodskap #88714] Vr, 02 Januarie 2004 21:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" wrote

Ek durf bykans nie buite kom nie; die koude kruip so direk in jou
> klere en ek het al die ganse dag koue voete. Ofskoon die verwarming
> aan is kan ek my eie opwarm nie!

Dis tog 'n eienaardige verskynsel in die winter.
Hoe "warmer" dit is buite, hoe kouer kry jy in
die huis wat sentrale verhitting het. Hoe kouer
dit buite is, hoe meer gaan jou hitte aan en jy
kry somtyds te warm binne as dit baie koud buite
is, soos - 20 C of so. Dis daarom dat die ideale
temperatuur vir my hier in die winter - 10 C is,
met geen reën. Die afgelope week het ons baie
reën gekry, terwyl Vancouver die sneeu gekry
het.

Gloudina
Re: baie dankies Norbert [boodskap #88721 is 'n antwoord op boodskap #88720] Vr, 02 Januarie 2004 22:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 02 Jan 2004 21:49:33 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Sterrenkijker" wrote
>
> Ek durf bykans nie buite kom nie; die koude kruip so direk in jou
>> klere en ek het al die ganse dag koue voete. Ofskoon die verwarming
>> aan is kan ek my eie opwarm nie!
>
> Dis tog 'n eienaardige verskynsel in die winter.
> Hoe "warmer" dit is buite, hoe kouer kry jy in
> die huis wat sentrale verhitting het. Hoe kouer
> dit buite is, hoe meer gaan jou hitte aan en jy
> kry somtyds te warm binne as dit baie koud buite
> is, soos - 20 C of so. Dis daarom dat die ideale
> temperatuur vir my hier in die winter - 10 C is,
> met geen reën. Die afgelope week het ons baie
> reën gekry, terwyl Vancouver die sneeu gekry
> het.
>
> Gloudina
>

Dis net die vogtigheid van die lug wat ons parte speel, Gloudina.
Die vogtigheid en die snelheid van die lugstroom. Ook is nog ander,
mees psigologiese faktore verantwoordelik vir die onbehaaglikheid
wat ons soms voel as dit winter is. Dis nog nie alles verduidelik deur
die wetenskap nie. Wat jy daar skryf is inderdaad ook my eie
vasstelling. Dis almal net so 'n bietjie soos wat die mense in
Suid-Frankryk voel as die "Mistral" waai. Dan kry die meeste mense
daar hoofpyn!! Daar is nog steeds nie 'n wetenskap wat dit kan uitlê
nie. Daar is inderdaad nog meer onder die son as wat mense nou reeds
kan verstaan. Ofskoon mense hulle eie opsluit tussen mure van beton is
dit net of die natuur deurdring alles. Ek voel self ook ek kan nie veg
teen die natuur nie. Ek verloor steeds!!

Baie groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: baie dankies Norbert [boodskap #88729 is 'n antwoord op boodskap #88720] Sa, 03 Januarie 2004 06:27 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
As ek -10°C moet beleef, sal ek sekerlik vrek! Jy't my so pas totaal
afgesit van Kanada af. °C maak jy: Alt+167.
"@rogers.com" wrote in message
news:NHlJb.272127$ea%.271637@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Sterrenkijker" wrote
>
> Ek durf bykans nie buite kom nie; die koude kruip so direk in jou
>> klere en ek het al die ganse dag koue voete. Ofskoon die verwarming
>> aan is kan ek my eie opwarm nie!
>
> Dis tog 'n eienaardige verskynsel in die winter.
> Hoe "warmer" dit is buite, hoe kouer kry jy in
> die huis wat sentrale verhitting het. Hoe kouer
> dit buite is, hoe meer gaan jou hitte aan en jy
> kry somtyds te warm binne as dit baie koud buite
> is, soos - 20 C of so. Dis daarom dat die ideale
> temperatuur vir my hier in die winter - 10 C is,
> met geen reën. Die afgelope week het ons baie
> reën gekry, terwyl Vancouver die sneeu gekry
> het.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Inligtingtekort.
Volgende onderwerp: Stof tot nadenken
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 01:33:52 MGT 2024