Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Re: NUWE RSA - GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ???????
Re: NUWE RSA - GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ??????? [boodskap #8871] Ma, 24 Maart 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het julle briewe oor die Kerk geweldig interessant gevind,
baie dankie. Die indruk wat ek kry is dat die kerk wel 'n merk
op julle gelaat het en dat julle iets daaroor te sê het.

Ek vind ook dat Suid Afrikaanse tydskrifte (wat ek laat pos na
Australie) interessante artikels het soos in De Kat
(oor ons "Calvinisme") en Insig (oor "is daar net een God?") ens.

In vergelyking met RSA, is daar weinig artikels oor godsdiens in
Australie, en mense het oor die algemeen nie veel te sê daaroor
nie omdat hul eenvoudig nie belangstel nie.

Maar julle klink ook vir my 'n bietjie sinies oor die Kerk.
(Ek self was vir 'n lang ruk vreeslik die moer in vir die NG Kerk).
Maar ek vind die doen en late van die Kerk wel interessant,
die kerk het tog altyd iets te sê, op allerhande vlakke,
of dit nou op politiek, kultuur/taal of persoonlike vlak is.

Sonder sy reenboog van kultuur en godsdiens sal SA maar 'n vervelige
ou landjie wees. Verder is RSA dominees akademies die bes opgeleidste
in die wereld, en ek mis dit nogal hier. Dominees kan soms 'n kwessie
soos genadedood of so iets op 'n veel dieper manier bespreek as die
tipiese TV "fast-food" manier. (Genadedood is nou 'n groot kwessie
hier in Australie). Onthou al die dominees is nie oud en verstok nie,
party "surf" in die see en op die "net". En die bybel is ook op CD-ROM
beskikbaar, in Afrikaans (ou en nuwe vertaling).

My vriend het 'n groot boek met fotos in van al die kerke en dominees
in die ou dae in SA. Geweldig interessant, dis seker Africana.
Die Afrikaner en sy taal kom 'n lang pad met die kerk saam.
Ek het op Stellenbosch 'n student geken wat sy PhD in Teologie
besig was. Hy was geen Christen nie, maar het intens belanggestel
in teologie. Eintlik is die fondament van Westerse kultuur is gesetel
in die Kerk. Of jy daarvan hou of nie. (Dink maar terug aan die donker
middeleeue ens, ons filosofiese geskiedenis: Kant, Hegel, Marx ens).

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Vorige onderwerp: re NG Kerk verneder die Afrikaner
Volgende onderwerp: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ?????????
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 13:01:33 MGT 2024