Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat maak julle vir Kersfees/dag?
Wat maak julle vir Kersfees/dag? [boodskap #88553] Ma, 22 Desember 2003 12:42 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Gisteraand baie vriende oorgehad vir die tradisionele vleisbraai en kersboom
(met 'n vuurligvertoning - vuurwerke sonder knal) in die tuin gehou.

Ons maak geskenke oop die aand van die 24ste. Daar is al heelwat onder die
boom - groot en klein - hard en sag - en 'n paar vreemde vorms.

Hier is dit net pa, ma en dogter by die huis op Kersdag - rustige familiedag
(res van die familie is in die Weskaap en Amerika) - ma sal seker iets
njammies maak vir Kersmiddagete - ons eet al "mince pies" vir 'n paar dae -
maar die Kersmiddagmaal sluit altyd af met Kerspoeding en vla. Ons sal vir
Oupa en Ouma in Worcester bel en wag vir die volgende nag om met Phoenix,
Arizona te praat via die Internet.

Pa pas heeldag/nag rekenaars op - ander mense stuur e-pos en doen snaakse
dinge op die Internet vir Kersdag. (Het julle ook so min regte kaartjies
gekry via die Poskantoor? - Tye verander, maar 'n SMS is nie 'n kaartjie nie
alhoewel die e-pos tipe nogal heel oulik kan wees). Pa en dogter sal ook
saam tyd deurbring om al die nuwe "toys" (hoop dis wat dit is onder die
boom) uit te toets terwyl ma nog sloof in die kombuis.

Weerburo voorspel son en 26 grade C vir Gauteng - so ons sal seker ook 'n
tydjie (voor ete en heelwat later na middagete) by die swembad kan
deurbring.

'n Geseende Kersfees aan almal wat hier uithang (en goete laat uithang).

Dis al. Wat maak julle?

:-)

TJ
Re: Wat maak julle vir Kersfees/dag? [boodskap #88578 is 'n antwoord op boodskap #88553] Di, 23 Desember 2003 05:54 Na vorige boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier by ons is dit net geskenke waar jy kyk - dit le die hele sitkamervloer
vol. So tussen al die opgewondenheid, probeer ek almal vertel dat Kersfees
nie regtig net oor geskenke gaan nie. Kersdag gaan ons by die Engelse
fidamalie deurbring en seker weer te veel eet - nou nie juis my idee van
Kersfees nie.

Groete
Spencer
Vorige onderwerp: Gaan Frikkie P nie gesue word nie?
Volgende onderwerp: Waar van Toepassing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:50:17 MGT 2024