Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek kan brêg
Re: flash [boodskap #88491 is 'n antwoord op boodskap #88483] So, 21 Desember 2003 00:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, hy het Macromedia Shockwave op sy rekenaar nodig, maar I.E kom deesdae
sommer standaard daarmee uit. Die ou kan dit natuurlik ook op Macromedia se
web site (http://www.macromedia.com) gaan download, as jy die nuutste "flash
tegnologie" gebruik en sy sagteware is nie op datum nie kan hy die "updates"
op die site gaan download. Shockwave/flash player is albei gratis.
Sorry dat ek inchip :-))

Elaine

"Jonas" wrote:
moet die ou aan wie ek die
> ge-"Flashde"-produk stuur ook ander sagteware hê, of nie.
Re: Vanne [boodskap #88492 is 'n antwoord op boodskap #88481] So, 21 Desember 2003 00:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja - hulle doen dit uit eie vrye wil - maar dis nie offisieel nie, hulle
ID's en dokumente moet of hulle getroude van of hulle nooiensvan wys, hulle
mag net nie albei gebruik nie. Dis om verwarring te voorkom. Ek neem aan
hulle doen dit sodat ons weet wie hulle is :)) Maak maar soos die Hollywood
spul - werk onder jou nooiensvan en klaar.

"DD" wrote:

> En die vroue, waarvan sommoge bekendes,
> wat skielik 'n dubbeldoorvan gebruik?
> Net 'n vraag, waarvan ek ook nie die antwoord ken nie.
>
> DD
Re: Vanne [boodskap #88493 is 'n antwoord op boodskap #88480] So, 21 Desember 2003 00:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het al, toe ons nog saamgebly het, vir 'n vroumens by die bank probeer
verduidelik hoe ons situasie werk. Sy was seker baie oud, maar kon nie
verstaan hoe ek by 'n man kon bly as "getroude" nie maar nie sy van het nie.
En hoe ek in 'n huis kon bly, maar ek betaal nie huur nie en die huis is nie
op my naam nie. Dig of konserwatief? Ek sien tot vandag toe nog is daar
nie 'n opsie vir "saambly" paartjies nie. Hulle wil of weet of jy getroud,
enkel, geskei of weduwee/wewenaar is. Vir die arme saamblyers is daar nou
nog nie 'n opsie op aansoek vorms nie. En dis lankal nie meer so unieke
situasie dat dit deur instansies geïgnoreer kan word nie.

Mans neem nie vrouens se vanne aan nie - ek wonder hoekom nie? Tradisie?
Wet? Ek dink ek het êrens gelees dat vrouens mans se vanne mag aanneem maar
die wet laat nie toe dat 'n man sy vrou se van aanneem nie of so iets. Ek
vermoed dit was in die Huisgenoot

E

"DD" wrote:

> Of is dit steeds die marionette tipe vrou
> wat ook maar net saam met die stroom gaan
> en haar man se van aanneem?
> Omdat dit tradisie is?
> Vir my is tradisie baie selde 'n faktor.
> Ek kan nie sien hoe dit enige gesukkel by banke en winkels kan afgee
> anders as enkele woorde van verduideliking, nie, Elaine.
> Ek het egpaar kliënte wat verskillende vanne gebruik,
> en hulle het geen drama nie.
>
> DD
>
Re: Ek kan brêg [boodskap #88494 is 'n antwoord op boodskap #88480] So, 21 Desember 2003 00:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier by ons moet jy n middelnaam he, en as jy nie een het nie, maak hulle
vir jou jou nooiensvan se voorletter vat as middelnaam. n Vriendin van my
se naam is Jane Sinclair. So gebore en getoëe. Toe sy Amerika toe kom, het
hulle haar nooiensvan ( Joubert) gevat as middel letter, nou is sy Jane J
Sinclair. Dis seker vir uniformiteit.

Mens sien ook baie min (altans hier waar ek woon) dubbele vanne, meesal by
African American vroue.

E

"DD" skryf in boodskap news:72m8uvo0pbn52tve9u8000frvp7t0hfj5u@4ax.com...
> On Sat, 20 Dec 2003 14:17:54 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>> Nee, die wet is verander. Jy moet aktief jou van gaan verander. Maar as jy
>> binne gemeenskap van goedere trou word jy as "een" gesien - so dit maak die
>> maar net makliker en minder van 'n gesukkel by banke en winkels as jy jou
>> man se van aanneem.
>>
>> E
>
> Of is dit steeds die marionette tipe vrou
> wat ook maar net saam met die stroom gaan
> en haar man se van aanneem?
> Omdat dit tradisie is?
> Vir my is tradisie baie selde 'n faktor.
> Ek kan nie sien hoe dit enige gesukkel by banke en winkels kan afgee
> anders as enkele woorde van verduideliking, nie, Elaine.
> Ek het egpaar kliënte wat verskillende vanne gebruik,
> en hulle het geen drama nie.
>
> DD
>
Re: Vanne [boodskap #88497 is 'n antwoord op boodskap #88493] So, 21 Desember 2003 05:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 21 Dec 2003 02:30:17 +0200, "Elaine" wrote:

> Ek het al, toe ons nog saamgebly het, vir 'n vroumens by die bank probeer
> verduidelik hoe ons situasie werk. Sy was seker baie oud, maar kon nie
> verstaan hoe ek by 'n man kon bly as "getroude" nie maar nie sy van het nie.
> En hoe ek in 'n huis kon bly, maar ek betaal nie huur nie en die huis is nie
> op my naam nie. Dig of konserwatief? Ek sien tot vandag toe nog is daar
> nie 'n opsie vir "saambly" paartjies nie. Hulle wil of weet of jy getroud,
> enkel, geskei of weduwee/wewenaar is. Vir die arme saamblyers is daar nou
> nog nie 'n opsie op aansoek vorms nie. En dis lankal nie meer so unieke
> situasie dat dit deur instansies geïgnoreer kan word nie.
>
> Mans neem nie vrouens se vanne aan nie - ek wonder hoekom nie? Tradisie?
> Wet? Ek dink ek het êrens gelees dat vrouens mans se vanne mag aanneem maar
> die wet laat nie toe dat 'n man sy vrou se van aanneem nie of so iets. Ek
> vermoed dit was in die Huisgenoot
>
> E
>

Van saambly gepraat, Elaine, pluk vrouens dikwels 'n lat vir hul eie
gatte. Want, soos jy weet, is die voertui(e) dikwels op die man se
naam, die huis op die man se naam, en die pensioen op die man
se naam. Dan is hulle ook dikwels dom genoem om versekering
slegs op die man se naam uit te neem, met hulself as
begunstigdes. En dan klink alles hônkie dôrie,
totdat hul paaie uiteen gaan. Ek weet erens
was daar 'n toetssaak waar sy voordele
geeis het, en wat daarvan geword het,
weet ek nie. Steeds dink ek dat sy
sy dan maksimum 'n kindgedeelte
sal kan eis.

Interessant wat jy sê dat die dubbeldoor vanne
nie-amptelik is. Dit maak nogal sin.

DD
Re: Vanne [boodskap #88499 is 'n antwoord op boodskap #88497] So, 21 Desember 2003 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 21 Dec 2003 07:22:35 +0200, DD wrote:

> On Sun, 21 Dec 2003 02:30:17 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>> Ek het al, toe ons nog saamgebly het, vir 'n vroumens by die bank probeer
>> verduidelik hoe ons situasie werk. Sy was seker baie oud, maar kon nie
>> verstaan hoe ek by 'n man kon bly as "getroude" nie maar nie sy van het nie.
>> En hoe ek in 'n huis kon bly, maar ek betaal nie huur nie en die huis is nie
>> op my naam nie. Dig of konserwatief? Ek sien tot vandag toe nog is daar
>> nie 'n opsie vir "saambly" paartjies nie. Hulle wil of weet of jy getroud,
>> enkel, geskei of weduwee/wewenaar is. Vir die arme saamblyers is daar nou
>> nog nie 'n opsie op aansoek vorms nie. En dis lankal nie meer so unieke
>> situasie dat dit deur instansies geïgnoreer kan word nie.

>> Mans neem nie vrouens se vanne aan nie - ek wonder hoekom nie? Tradisie?
>> Wet? Ek dink ek het êrens gelees dat vrouens mans se vanne mag aanneem maar
>> die wet laat nie toe dat 'n man sy vrou se van aanneem nie of so iets. Ek
>> vermoed dit was in die Huisgenoot

>> E

>
> Van saambly gepraat, Elaine, pluk vrouens dikwels 'n lat vir hul eie
> gatte. Want, soos jy weet, is die voertui(e) dikwels op die man se
> naam, die huis op die man se naam, en die pensioen op die man
> se naam. Dan is hulle ook dikwels dom genoem om versekering
> slegs op die man se naam uit te neem, met hulself as
> begunstigdes. En dan klink alles hônkie dôrie,
> totdat hul paaie uiteen gaan.
>
> DD
>

Natuurlik geld dìt nie vir álle vroulike wesens nie:-)
Natuurlik is daar die wat slimmer is, en die muntstuk
kan andersom lê ook, Elaine:-) Maar, om een of
rede, is dit steeds in die minderheid.:-(

DD
Re: flash [boodskap #88513 is 'n antwoord op boodskap #88491] So, 21 Desember 2003 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - baie dankie.
Toemaar - jy tjip lekker.
Re: Vanne [boodskap #88531 is 'n antwoord op boodskap #88497] Ma, 22 Desember 2003 00:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nie meer nie, want die wet sê nou dat as julle langer as 2 jaar saambly is
julle getroud, en is die vrou geregtig op die helfde van alles - net soos
iemand wat binne gemeenskap van goedere getroud is. Die een wat op die
einde van die dag die lat pluk is die man, want die vrou kan met alles
wegloop as sy 'n slim prokureur kry :o))

E

"DD" wrote:

> Van saambly gepraat, Elaine, pluk vrouens dikwels 'n lat vir hul eie
> gatte.

> DD
>
Re: Vanne [boodskap #88532 is 'n antwoord op boodskap #88499] Ma, 22 Desember 2003 00:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Want ouer vrouens is so groot gemaak. Dis maar 'n onlangse ding dat vrouens
ook geregtig is op 'n lewe en nie alles vir hulle mans hoef te doen nie.
Tot so kort as 20 jaar terug was 'n "onafhanklike" vrou 'n ongehoorde ding.
Ek was 12 en op veldskool toe is daar vir my gepreek (deur mans en vrouens),
dat 'n vrou se plek en plig haar huis en gesin is, dat vrouens rokke dra en
lang hare het. As ek nie 'n sterk ma en goeie pa by die huis gehad het nie,
so ek nie kon omgee vir 'n loopbaan en 'n eie lewe nie, maar my lewe sou om
my man en gesin gedraai het - soos ek geleer is by die skool.

E

"DD" wrote:
> Natuurlik geld dít nie vir álle vroulike wesens nie:-)
> Natuurlik is daar die wat slimmer is, en die muntstuk
> kan andersom lê ook, Elaine:-) Maar, om een of
> rede, is dit steeds in die minderheid.:-(
>
> DD
>
Re: Vanne [boodskap #88537 is 'n antwoord op boodskap #88531] Ma, 22 Desember 2003 05:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Dec 2003 02:12:33 +0200, "Elaine" wrote:

>
> "DD" wrote:
>
>> Van saambly gepraat, Elaine, pluk vrouens dikwels 'n lat vir hul eie
>> gatte.
>
>> DD


> Nie meer nie, want die wet sê nou dat as julle langer as 2 jaar saambly is
> julle getroud, en is die vrou geregtig op die helfde van alles - net soos
> iemand wat binne gemeenskap van goedere getroud is. Die een wat op die
> einde van die dag die lat pluk is die man, want die vrou kan met alles
> wegloop as sy 'n slim prokureur kry :o))
>
> E

Ek weet dat daar so iets is soos spesifieke voordele
na 'n tyd van saamwoon, dit is ook waarom ek gesê
het dat daar 'n toetssaak was, wat dinge kon verander het.
Ek het dit nie dopgehou nie.

Dit kan egter nie presies so maklik wees soos jy sê nie, Elaine,
omdat selfs 'n vrou wat nie binne gemeenskap van goedere
getroud is nie, (selfs al ìs sy deur gemeenskap van goedere
getroud,) kan nie eens outomaties uitstap met die helfte van alles
nie. Hoeveel gronde dink jy is daar nie, soveel meer, in 'n geval van
saamwoon, oor hòe hulle sou trou, indien hulle getrou het.

Dat sy beslis gronde het vir 'n eis, ondersteun ek absoluut. Dat sy,
selfs met 'n slim prokureur, vir selfs die helfte kan baklei,
bevraagteken ek.

DD

ns.
Elaine, as die tannie selfs net die helfde van jou brief lees,
sien sy hoe skryf jy helfte:-)))
Re: Vanne [boodskap #88543 is 'n antwoord op boodskap #88537] Ma, 22 Desember 2003 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet nie van 2 jaar nie, maar weet vir 'n feit dat as 'n paar 5 jaar of
langer saamgewoon het, word daar gereken dat daar gemeenskaplike inkomste en
ondersteuning was., en daar wel wedersyde eise kan wees met die opbreek van
die verhouding.
Die probleem is dat die lot nog steeds nie besef dat daar nog steeds 'n
testament moet wees nie, want sonder 'n testament, kry die blymaat niks -
die geld gaan na die naaste familie.

--
Annette

"DD" skryf in boodskap news:a31duv05od4jop0d7t0h9mhoepenif8qfg@4ax.com...
> On Mon, 22 Dec 2003 02:12:33 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>
>>
>> "DD" wrote:
>>
>>> Van saambly gepraat, Elaine, pluk vrouens dikwels 'n lat vir hul eie
>>> gatte.
>>
>>> DD
>
>
>> Nie meer nie, want die wet sê nou dat as julle langer as 2 jaar saambly is
>> julle getroud, en is die vrou geregtig op die helfde van alles - net soos
>> iemand wat binne gemeenskap van goedere getroud is. Die een wat op die
>> einde van die dag die lat pluk is die man, want die vrou kan met alles
>> wegloop as sy 'n slim prokureur kry :o))
>>
>> E
>
> Ek weet dat daar so iets is soos spesifieke voordele
> na 'n tyd van saamwoon, dit is ook waarom ek gesê
> het dat daar 'n toetssaak was, wat dinge kon verander het.
> Ek het dit nie dopgehou nie.
>
> Dit kan egter nie presies so maklik wees soos jy sê nie, Elaine,
> omdat selfs 'n vrou wat nie binne gemeenskap van goedere
> getroud is nie, (selfs al ís sy deur gemeenskap van goedere
> getroud,) kan nie eens outomaties uitstap met die helfte van alles
> nie. Hoeveel gronde dink jy is daar nie, soveel meer, in 'n geval van
> saamwoon, oor hêe hulle sou trou, indien hulle getrou het.
>
> Dat sy beslis gronde het vir 'n eis, ondersteun ek absoluut. Dat sy,
> selfs met 'n slim prokureur, vir selfs die helfte kan baklei,
> bevraagteken ek.
>
> DD
>
> ns.
> Elaine, as die tannie selfs net die helfde van jou brief lees,
> sien sy hoe skryf jy helfte:-)))
>
Re: Vanne [boodskap #88550 is 'n antwoord op boodskap #88537] Ma, 22 Desember 2003 10:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja nee sy kan beslis vir die helfte (sien gafix) of meer baklei. Of hulle
sou trou, wanneer hulle sou trou as hulle sou trou maak nie meer saak nie.
Dit is nou al selfs so dat as jy vir langer as twee jaar saambly en jou
"man" is 'n burger van Amerika of Europa, kan jy aansoek doen vir verblyfreg
en werkspermitte.
My suster se nuwe aanhangsel het 3 jaar saam met 'n vrou gebly. Sy het nie
gewerk nie, en die man het vir haar gesorg. Daar is beslis dat sy die huis
en inhoud kon kry, omdat sy letterlik vir hom "gewerk" het (huis gehou,
gekook, skoongemaak, ens.). Shame hy het letterlik net met sy kar en klere
aan sy gat aan die anderkant uitgekom.
Die beste is om maar 'n kontrakkie te laat optrek voordat julle begin
saambly (net soos in 'n huwelik).

"DD" wrote:

> Ek weet dat daar so iets is soos spesifieke voordele
> na 'n tyd van saamwoon, dit is ook waarom ek gesê
> het dat daar 'n toetssaak was, wat dinge kon verander het.
> Ek het dit nie dopgehou nie.
>
> Dit kan egter nie presies so maklik wees soos jy sê nie, Elaine,
> omdat selfs 'n vrou wat nie binne gemeenskap van goedere
> getroud is nie, (selfs al ís sy deur gemeenskap van goedere
> getroud,) kan nie eens outomaties uitstap met die helfte van alles
> nie. Hoeveel gronde dink jy is daar nie, soveel meer, in 'n geval van
> saamwoon, oor hêe hulle sou trou, indien hulle getrou het.
>
> Dat sy beslis gronde het vir 'n eis, ondersteun ek absoluut. Dat sy,
> selfs met 'n slim prokureur, vir selfs die helfte kan baklei,
> bevraagteken ek.
>
> DD
Re: flash [boodskap #88557 is 'n antwoord op boodskap #88478] Ma, 22 Desember 2003 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die kritiek was goed bedoeld. Ek verstaan wat jy sê, maar nou ja, ek kan ook
nie sing nie, so ek moet seker nie verwag dat 'n sanger tegnies moet kan
dink nie.

Max____________________________

"Elaine" skryf in boodskap news:bs1fd2$l4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dankie Max - die site laai vinning op my PC en ek het ook 'n vinnige
> konneksie, maar ons sal daarna kyk. Ongelukkig is dit nou so dat jy moet
> werk met wat jy het, en met die kliënt se idees. Jy sal nogal verbaas wees
> waarmee sommige van hulle vorendag kom, en jy dan vat jy sy idees en maak
> dit "werkbaar" - dis presies wat ons gedoen het
> Ek sal jou kritiek aan ons flash developer oordra. Die Dawnay site is
> klaar, maar ons werk tans aan 'n ander een. Ek's seker hy sal dit behulpsaam
> vind :))
>
> Dankie en groete
> Elaine
>
> "Max" wrote:
>>
>> Kritiek op Elaine se site:
>> Die van julle wat nou al langer hier kuier, weet dat ek graag websites
>> kritiseer.
>>
>> Dis 'n mooi site Elaine. Daai dolla wat so lekker staan en swaai langs die
>> kant is ek seker ek het al êrens gesien... Miskien het die ontwerper net
>> toevallig dieselfde idee gehad, maar volgens my is hy êrens gesteel...
>>
>> Die Intro suig dik stukke!!! Ek het 'n vinnige Internet konneksie, maar moes
>> tog 'n minuut wag voor hy binne was en as hy dan begin... net mooi fokol! 'n
>> Paar foto'tjies (veels te veel) wat dit laat lyk of jy na 'n live optrede
>> kyk. Opsig wel 'n goeie idee, maar as hy nou dieselfde foto'tjies meerdere
>> kere gebruik, het hy dieselfde effek gehad, maar was die intro BAIE kleiner
>> om te download.
>>
>> Sit nog iets daarby wat mnens kan lees. Enigiets. Feite oor die sanger, of
>> so iets.
>>
>> Mense is geneig om die beste eienskap van Flash mis te kijken! As jy Flash
>> laat "flash" (dws sinnetjies laat verskyn/verdwyn) dwing jy die website
>> besoeker om (sonder dat hy dit besef) te LEES wat jy aan hom wil sê.
>>
>> Mens laat nie iemand wag op 'n intro nie! 'n Intro is daar om jou iets te
>> gee om te doen terwyl jy wag dat die website daaragter download... (Of snap
>> ek dit verkeerd?) Ek was wel beïndruk met hoe die intro, terwyl jy wag dat
>> hy download, vir jou sê hoe vinnig hy binnekom en hoe lank jy nog moet wag.
>> Ek sou self nie weet hoe ek so iets moet maak nie.
>>
>> Laat die intro begin as, sê maar 20% binne is. Sit dan êrens 'n "loop" wat
>> weer kyk of die volgende 20% binne is, anders sien jy weer iets anders of so
>> iets.
>>
>> Trek die kyker se aandag, nog voor hy die "skip intro" knop kan sien!
>>
>> As ek die klant was, sou ek baie bly gewees het met die look van die site,
>> maar daar stop dit so 'n bietjie...
>>
>> Max____________________________
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:brun24$a1d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Elaine - baie dankie vir jou moeites - dit los die probleem vir my op. Ook
>>> dankie vir die webadresse - ek is seker hulle sal nuttig wees - ek sal later
>>> na hulle gaan kyk.
>>> "Elaine" wrote in message
>>> news:brufo3$6t6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Ja jy kan flash gebruik as deel van jou email. Gaan leer hoe by hierdie web
>>>> site http://www.aysoft.com/aymail/howto/flash.htm Dit kan net een probleem
>>>> afgee en dit is dat mense nie altyd op die Internet is as hulle, hulle email
>>>> check nie (trek dit af en lees later), en dan kan hulle nie jou movie sien
>>>> nie. Ek is nie regtig vir of teen flash in email nie, maar dit kan lank vat
>>>> om te laai (veral in SA).
>>>> Flash kan nogal 'n "oefening" wees om te leer, die "basics" is maklik maar
>>>> dit kan 'n bietjie gekompliseerd raak. Moenie te veel worry nie enigiemand
>>>> kan Flash leer, so lank jy net jou fondasie goed lê. Gaan koop vir jou 'n
>>>> goeie boek by Exclusive Books of as regtig wil is daar 'n klomp sites waar
>>>> jy kan gaan leer. Die een het 'n hele lys van sites waar jy tutorials kan
>>>> kry http://www.flashkit.com/tutorials/
>>>>
>>>> E
>>>>
>>>> Ns. Moenie om verskoning vra vir onkunde nie asb. :o)) Ek is nie die antie
>>>> nie :-)
>>>>
>>>>
>>>> "Jonas" wrote in message
>>>> news:brtua8$rov$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > Elaine - tot watter mate kan ek "Flash"-funksies in my epos-reklame gebruik?
>>>> > Is dit moontlik - en wat beveel jy aan - is "Flash" 'n groot oefening om aan
>>>> > te leer? Verskoon die onkunde....
>>>>
>>>
>>
>
Re: flash [boodskap #88558 is 'n antwoord op boodskap #88483] Ma, 22 Desember 2003 16:51 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jonas, ek het 'n tyd gelede 'n advertensie gesien van 'n programmetjie
waarmee jy "flash-like" gif's kan maak. Dít sal jy saam met mails kan stuur.

Is jy 'n spammer?

Max____________________________

"Jonas" skryf in boodskap news:bs1pj3$71o$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Max - baie dki - ten besluite - moet die ou aan wie ek die
> ge-"Flashde"-produk stuur ook ander sagteware hê, of nie.
> (Ek stuur heelwat eposse aan 'n vaste reeks kliente - ek probeer dit
> gewoonlik so kort en interssant maak. Sou graag Flash wil gebruik, maar wil
> nie graag tyd inboet nie.)
>
Vorige onderwerp: aktiviste groep
Volgende onderwerp: Gaan Frikkie P nie gesue word nie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:20:11 MGT 2024