Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mag nie met media praat
Mag nie met media praat [boodskap #88373] Wo, 17 Desember 2003 18:44
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Mag nie met media praat

POLITIEKE onderstrominge onder ANC-raadslede in Dihlabeng die
afgelope jaar en langer het Maandag op 'n geslote vergadering skerp
wanklanke na vore gebring toe die raad glo eensydig en ongrondwetlik
besluit het raadslede mag glo nie meer met die media praat nie.

Net die burgemeester, mnr. David Lengoabala, mag glo van nou af met
die media praat.

Daar word glo reeds geruime tyd ondergronds geprobeer om van die
munisipale bestuurder, mnr. Motlatsi Molefe, ontslae te raak omdat hy
nie huiwer om die beweerde korrupsie en wangedrag van raadslede aan
die kaak te stel en te probeer uitroei nie. Hy is glo om dié rede
uiters ongewild onder sekere ANC-raadslede. Die optredes en pogings
om van Molefe ontslae te raak, het die afgelope maande klaarblyklik
ook in 'n heksejag ontaard.

Die Dihlabengse munisipaliteit was sedert die oorname van die nuwe
ANC-raad dikwels in die spervuur in Vrystaatse en Gautengse koerante.
Dié media het onder meer oor die volgende berig:

Die sigbare agteruitgang van Bethlehem, eens 'n munisipaliteit wat
landwyd hoog aangeslaan is, is skerp gekritiseer deur lede uit die
gemeenskap weens die beweerde onoordeelkundige finansiële bestuur
sedert die ANC die vyf dorpe (Bethlehem, Clarens, Fouriesburg,
Rosendal en Paul Roux) begin bestuur het.

Die beweerde bedrog deur drie ANC-raadslede, wat steeds nie deur die
polisie in hegtenis geneem is of deur die raad geskors is nie,
ondanks dokumentêre bewyse dat hulle wel moontlik skuldig kan wees,
is onaanvaarbaar vir belastingbetalers. Twee ander amptenare is
steeds geskors sonder enige skuldigbevindings in 'n openbare hof. Nog
een is met betaalde verlof. Hulle word steeds maandeliks deur die
munisipaliteit vergoed en daar word niks gedoen om hulle dissiplinêr
aan te kla nie.

Die beweerde persoonlike skuld van Lengoabala, asook sy beweerde
onvermoë tot goeie persoonlike finansiële bestuur. Sy beweerde
munisipale skuld van sowat R52 000 is glo op aandrang van sy
prokureur verdeel en na twee rekenings verskuif. Dié stap is volgens
regskenners teenstrydig met alle goeie munisipale beginsels.

Die raad se verdere eensydige opstelling van die begroting vir 2002-
'03 en inkonsekwente en hoë tariefverhogings het daartoe gelei dat
die Dihlabeng-inwonersvereniging besluit het om 'n trustrekening te
stig waarin erfbelasting eerder inbetaal kan word. Talle
belastingbetalers trek reeds die erfbelasting af wat te veel gevorder
is vir Julie en Augustus 2002. Daar is ook nog geen uitsluitsel oor
die vullisverwydering wat nie tydens die staking van munisipale
werkers verwyder is nie en deur belastingbetalers geweier word om te
betaal. Daar is 'n ooreenkoms tussen die munisipaliteit en
belastingbetaler om die vullis te verwyder teen betaling. Die dienste
is nie gelewer nie en geld mag volgens die DIV nie deur die
munisipaliteit gevorder word nie.

Vrystaat as 'n nie-rassistiese en nie-politieke gemeenskapskoerant
glo sterk in die vryheid van die pers en om vreesloos oor die
waarheid te berig in belang van Oos-Vrystaatse gemeenskappe. Vrystaat
sal derhalwe voortgaan om ware en billike feite aan die hele Oos-
Vrystaatse gemeenskap bekend te maak. Die deur van die koerant staan
oop vir al sy lesers.

http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Ar ticle_Text
_Template/0,,536_1259910~A,00.html
Vorige onderwerp: Nuwe poste is nie reg gehanteer
Volgende onderwerp: Shannon Ferreira
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 03:17:32 MGT 2024