Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Narrery" deur SARINA DONGES
"Narrery" deur SARINA DONGES [boodskap #8830] Di, 18 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
NARRERY
Sarina Dönges

vir daardie laaste
eenman-vertoning
het hy eiehandig
sy dekor aangedra
na die makabere
teater : Golgotha

te koddig met sy hoed
van duwweltjies
- daaronder rooierige dons -
het hy toertjies uitgehaal:
"menere, jy drink jou suurwyn
gulsig uit 'n spons"

en met sy delikate bou
het hy 'n strip-show
daar gehou. die skare jil:
"kyk so 'n komediant,
selfs sy purper jassie
laat hy nou verpand!"

maar gou was die
gepeupel verveeld
met die klein sirkus
hy: doodmoeg gespeel

bokant sy bar
hoof, die gravure:
die rol van hoofnar
is 'n vakature.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Vryheidsfront Webtuiste
Volgende onderwerp: Nuwe Vryheidsfront Webtuiste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 18:57:29 MGT 2024