Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oue - en iets wat manne nie sal verstaan nie:))
Oue - en iets wat manne nie sal verstaan nie:)) [boodskap #88047] Ma, 08 Desember 2003 08:46
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
GESOEK: 'n SWEMBROEK
(deur Jeanette)

Ek het pas die jaarlikse marteltog wat jou tot in die afgrond verneder,
agter die rug.
Ons praat hier van Swembroek Koop.
Toe ek 'n kind was, was baaibroeke vir grootmens-tannies spesiaal ontwerp
vir vroue met 'n volwasse lyf. Met al die baleine, ondersteuning en
versterking was dit eintlik meer ingenieurswonders as kleidingstukke. Hulle
moes als bymekaar hou en oplig, en dit het gewerk.

Vandag se swembroeke van rek-lap is eintlik bedoel vir meisiekinders wat nog
nie hul puberteit bereik het nie, en wie se lyfies lyk of dit fyntjies uit
marmer gebeitel is. Vroue met volwasse lywe het nie juis 'n keuse nie.
Hulle moet by die kraamklere-afdeling gaan toustaan en geblomde affêres met
rompe aanpas sodat hul kan lyk soos die seekoeie in Walt Disney se
"Fantasia".
So nie, moet hulle maar by die rakke met gewone swembroeke rondsnuffel en
kyk watter van die stukkies rubberrek in glimkleure hulle die minste sleg
pas.
Wat kon ek doen?
Ek het maar rondgesnuffel. Ek het een uitgekies en in die martelhokkie, ook
bekend as die aanpaskamer, verdwyn.

Wat my eerste oor die baaibroek opgeval het, was die ongelooflike
treksterkte van die rekmateriaal.
Ek dink die Lycra wat in swemklere gebruik word, is deur NASA ontwikkel om
klein vuurpyle met ketties te lanseer. Die bonus is dat as jy jou lyf in 'n
Lycra-baaibroek kan inwurm, dit sommer ook jou organe teen 'n haai-aanval
beskerm:
Enige haai wat dom genoeg is om aan jou middellyf te probeer hap se kakebeen
sal deur die terugspringaksie afgeruk word.

Ek het my in die eerste swembroek ingewurg, maar toe ek die laaste klein
skouerband oorhaak, skrik ek my boeglam.
My boesems was skoonveld!
Ek kry toe eindelik die een, onder my linkeramholte. Na 'n rukkie toe kom
ek ook op die ander een af:
Platgedruk teen my sewende ribbebeen.
Dis oor vandag se swembroeke nie 'n ingeboude bra het nie.
Die volwasse vrou is veronderstel om haar borste oor haar borskas uit te
sprei tot dit soos 'n spoedwal lyk.
Ek het my spoedwal gerangskik en weer in die spieel gekyk.
Die swembroek het gepas.
Maar ongelukkig het dit net die dele van my gepas wat bereid was om binne te
bly.
Die res van my het oral uitgepeul.
Ek het gelyk soos 'n stuk klei wat in 'n te klein vel kleefplastiek
toegedraai is.
Toe ek nog so staan en wonder waar al my ekstra dele dan vandaan kom, het
die verkoopvrou om die gordyn kom loer:
"O, daar's julle almal"
"Ja, dis almal ek," het ek geantwoord terwyl ek my ekstra dele so bekyk.
"Het julle nog iets wat ek kan aanpas?"
Ek het so 'n roomkleurige een van gekreukelde material aangepas.

Dit het my soos ontwerperskleefband laat lyk. 'n Geblomde tweestuk het my
soos 'n oorgroot servet in 'n servetring laat lyk.
In die luiperdpatroon-eenstuk met die valletjiesrand het ek gelyk soos
Tarzan wat met die verkeerde voet uit die bed geklim het.
Die deftige swart baaibroek met die middellyf van netmateriaal het my laat
lyk soos 'n jellievis wat rou.
En die pienke?
Sy bene was so hoog gesny dat ek my wenkbroue met was sou moes verwyder as
ek dit wou dra!
Uiteindelik het ek een gekry wat pas.
'n Tweestuk met 'n kortbroek -styl onderste en 'n halternektop.
Dit was goedkoop, gemaklik en het mooi gemaak met my knoppe en bulte.
Ek het dit gekoop.
By die huis het ek die etiket gelees:
"Materiaal kan deurskynend raak in water".
Maar dra gaan ek dit dra.
Ek moet net eers leer hoe om op droë grond borsslag te swem!
Vorige onderwerp: Re: Video: Mugabe: Australians are Genetically Modified
Volgende onderwerp: Vertel my daarvan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 13:15:33 MGT 2024