Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat nou gemaak blankes?
Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87969] Sa, 06 Desember 2003 10:15 na volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het al voorheen gewonder oor die geloofwaardigheid van die HNP koerant se
artikels. Ek sien egter geen rede om dit in twyfel te trek nie. 'n Paar jaar
terug was daar 'n artikel in "Die Afrikaner", waar hulle uittreksels van dit
wat voorspel was (deur regses) en dit wat toe waar geword het, aangehaal
het.
Meeste mense kraak die regses af, maar sal nooit erken dat hulle in 'n groot
mate die waarheid beet gehad het nie.
Die vet is in die vuur en kan daar iets aan gedoen word?

Spencer
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87970 is 'n antwoord op boodskap #87969] Sa, 06 Desember 2003 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat kan gedoen word?
Sit alle regses met baarde en wat skoene sonder sokkies dra in die tronk.
Sit alle ouers wat hul kinders wat oortree ondersteun in die tronk.
Sit almal wat 'n onpadwaardige voertuig bestuur of op die pad sit in die
tronk
Gee vir elkeen 'n blommetjie wat bly is dat ons deel kan wees van die nuwe
wêreld wat oor 'n honderd jaar die supermoondheid gaan wees.
Gee vir elkeen 'n soentjie wat vorentoe kyk in plaas van om in die verlede
te wil bly leef.
Gee vir elkeen 'n drukkie wat dink en weet Siener was sag in die kop.

Annette

"Spencer" skryf in boodskap news:LUhAb.20660$VV6.457624@news.xtra.co.nz...
> Ek het al voorheen gewonder oor die geloofwaardigheid van die HNP koerant se
> artikels. Ek sien egter geen rede om dit in twyfel te trek nie. 'n Paar jaar
> terug was daar 'n artikel in "Die Afrikaner", waar hulle uittreksels van dit
> wat voorspel was (deur regses) en dit wat toe waar geword het, aangehaal
> het.
> Meeste mense kraak die regses af, maar sal nooit erken dat hulle in 'n groot
> mate die waarheid beet gehad het nie.
> Die vet is in die vuur en kan daar iets aan gedoen word?
>
> Spencer
>
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87973 is 'n antwoord op boodskap #87970] Sa, 06 Desember 2003 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Spot maar lekker - totdat die ongeluk jou tref, Annette. Jy dink seker ek's
een van daardie wat alles met die roer wil regmaak. Indien jy so dink, dink
jy verkeerd. Ek vra net die vraag, wat kan daaraan gedoen word? Die antwoord
is natuurlik NIKS.
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87978 is 'n antwoord op boodskap #87973] Sa, 06 Desember 2003 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So wat se ongeluk het jou getref dat jy niks wil doen nie?
--
Annette

"Spencer" skryf in boodskap news:QojAb.20724$VV6.459664@news.xtra.co.nz...
> Spot maar lekker - totdat die ongeluk jou tref, Annette. Jy dink seker ek's
> een van daardie wat alles met die roer wil regmaak. Indien jy so dink, dink
> jy verkeerd. Ek vra net die vraag, wat kan daaraan gedoen word? Die antwoord
> is natuurlik NIKS.
>
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87983 is 'n antwoord op boodskap #87969] Sa, 06 Desember 2003 21:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IamwhatIam  is tans af-lyn  IamwhatIam
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 6 Dec 2003 23:15:52 +1300, "Spencer" wrote:

> Meeste mense kraak die regses af, maar sal nooit erken dat hulle in 'n groot
> mate die waarheid beet gehad het nie.
> Die vet is in die vuur en kan daar iets aan gedoen word?
>
> Spencer
>
Het die regses 'n ruk gelede ook gesê die Rand sal terug in waarde
styg soos wat dié nou doen?

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87984 is 'n antwoord op boodskap #87969] Sa, 06 Desember 2003 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Dec 2003 23:15:52 +1300, "Spencer" wrote:

> Meeste mense kraak die regses af, maar sal nooit erken dat hulle in 'n groot
> mate die waarheid beet gehad het nie.
> Die vet is in die vuur en kan daar iets aan gedoen word?
>
> Spencer
>
Het die regses 'n ruk gelede ook gesê die Rand sal terug in waarde
styg soos wat dié nou doen?

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87985 is 'n antwoord op boodskap #87984] So, 07 Desember 2003 02:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, noudat jy dit noem Norbert, Siener het gesê dat die rand gaan styg en ek
het dit ook so aan my bas gevoel (om eerlik te wees)
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87987 is 'n antwoord op boodskap #87985] So, 07 Desember 2003 03:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat die styging van die Rand met regs te doen?
Niemand (nie links of regs) kon sê waarom die Rand verswak of versterk het
nie.
Wil iemand "regs" beskryf of definieer?
My indruk van Europeers is dat hulle redelik regs is - wanneer ek na hulle
kulturele-behoudenheid kyk. En wat is daarmee verkeerd? Maar as ek as
Suid-Afrikaner/Afrikaner iets van my eie wil behou dan is ek regs? Moet ek
bloot in 'n maalpot van samesmelting en gesigloosheid spring - uit vrees dat
my strewe na eie wees "regs" en verkeerd is - en dat dit "eenwording" sal
kortwiek. Wat het van die "reenboognasie"-idee geword - of moet ons
"kleurloos" word om 'n nasie te word. Ek hoop regtig nie so nie.

"Spencer" skryf in boodskap news:ICwAb.21320$VV6.475390@news.xtra.co.nz...
> Ja, noudat jy dit noem Norbert, Siener het gesê dat die rand gaan styg en ek
> het dit ook so aan my bas gevoel (om eerlik te wees)
>
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87988 is 'n antwoord op boodskap #87987] So, 07 Desember 2003 04:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Niemand (nie links of regs) kon sê waarom die Rand verswak of versterk het
> nie.

Nee-wat, jy praat bietjie deur jou neus. Die versterking
of verswakking van geldeenhede van lande het duidelike
oorsake, wat gewoonlik tot in die fynste besonderhede
ontleed word deur 'n horde ekonomiste en ander soort
diere. Die huidige opgaan van die rand en ook die
Kanadese dollar en 'n hele klomp ander lande se
geld-eenhede, is duidelik die gevolg van die verswakking
van die Amerikaanse dollar. Ek neem aan die rand word
verder ook aangehelp deur die stygende goudprys.

Gloudina
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #88004 is 'n antwoord op boodskap #87973] So, 07 Desember 2003 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja so het die geagte mev. de klerk ook gedink en kyk wat het gebeur.
Lelik as die wiel draai ne ??????

On Sun, 7 Dec 2003 00:51:20 +1300, "Spencer" wrote:

> Spot maar lekker - totdat die ongeluk jou tref, Annette. Jy dink seker ek's
> een van daardie wat alles met die roer wil regmaak. Indien jy so dink, dink
> jy verkeerd. Ek vra net die vraag, wat kan daaraan gedoen word? Die antwoord
> is natuurlik NIKS.
>
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #88005 is 'n antwoord op boodskap #87983] So, 07 Desember 2003 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dis reg en die rentekoerse en brandstof sal ook nog daal.
So net voor die verkiesing jy weet ....

On Sat, 06 Dec 2003 22:40:05 +0100, IamwhatIam
wrote:

> On Sat, 6 Dec 2003 23:15:52 +1300, "Spencer"
> wrote:
>
>> Meeste mense kraak die regses af, maar sal nooit erken dat hulle in 'n groot
>> mate die waarheid beet gehad het nie.
>> Die vet is in die vuur en kan daar iets aan gedoen word?

>> Spencer

> Het die regses 'n ruk gelede ook gesê die Rand sal terug in waarde
> styg soos wat dié nou doen?
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #88030 is 'n antwoord op boodskap #87988] So, 07 Desember 2003 23:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 07 Dec 2003 04:21:13 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Nee-wat, jy praat bietjie deur jou neus. Die versterking
> of verswakking van geldeenhede van lande het duidelike
> oorsake, wat gewoonlik tot in die fynste besonderhede
> ontleed word deur 'n horde ekonomiste en ander soort
> diere. Die huidige opgaan van die rand en ook die
> Kanadese dollar en 'n hele klomp ander lande se
> geld-eenhede, is duidelik die gevolg van die verswakking
> van die Amerikaanse dollar. Ek neem aan die rand word
> verder ook aangehelp deur die stygende goudprys.
>
> Gloudina
>

Jy moet wel verstaan, Gloudina, dat ek die prys van die Rand nie meer
besien in verhouding tot die dollarprys nie. Ek is Europeër en ons het
nou al 'n paar jaar die Euro as toonaangewende munt en ons weet almal
die Euro is 'n sterke munt. Nou sien ek inderdaad dat die Dollar
waarde verloor het ten opsigte van die Euro en dis nog nie baie min
nie. Derhalwe sou ek wel verwag het dat die Rand sou styg ten opsigte
van die Dollar maar nie ten opsigte van die Euro nie maar tog is dit
nou net wat gebeur. Ek moet sê ek is baie verras daardeur. Of nou die
stygende goudprys daarvoor verantwoordelik is.., dit sal wel voor 'n
deel die waarheid wees. Langs die andere kant is dit ook 'n feit dat
die (seldsame) Afrikaanse aandeelmarkte in die laaste jare beter
gepresteer het as die Europese en die Amerikaanse aandeelmarkte.
Daar moet tog êrens 'n optimisme wees waaraan die wêreld se eie tog
nie verwag het nie!..

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #88031 is 'n antwoord op boodskap #88005] So, 07 Desember 2003 23:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 07 Dec 2003 14:14:38 +0200, Frikkie Potgieter
wrote:

> Ja, dis reg en die rentekoerse en brandstof sal ook nog daal.
> So net voor die verkiesing jy weet ....

Rentekoerse en brandstofpryse het niks met verkiesinge te maak nie,
Frikkie. Dis suiwer ekonomiese wetmatighede wat daar 'n hand in hê!
Vanselfsprekend sal elke regering daarvan probeer profiteer om daaruit
politieke munt te slaan as rentekoerse en brandstofpryse daal. Dit
gebeur hier in België net soos in Suid-Afrika. Dis soos onse regering
wat nou se eie populêr maak as hulle sê hulle gaan die belastings
verlaag.. Maar eintlik gee hulle ons maar 'n bietjie terug wat hulle
al jare vooraf van ons gesteel het. Ek weet nog van die tyd dat
belastings in België baie min was as wat hulle nou is. Ons is nou
eintlik ook nog so dom nie, Frikkie!

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #88032 is 'n antwoord op boodskap #87985] So, 07 Desember 2003 23:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Dec 2003 15:53:40 +1300, "Spencer" wrote:

> Ja, noudat jy dit noem Norbert, Siener het gesê dat die rand gaan styg en ek
> het dit ook so aan my bas gevoel (om eerlik te wees)

Moet altyd luister na jou bas, Spencer. Moet altyd luister...

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #88033 is 'n antwoord op boodskap #88030] Ma, 08 Desember 2003 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" wrote

Derhalwe sou ek wel verwag het dat die Rand sou styg ten opsigte
> van die Dollar maar nie ten opsigte van die Euro nie maar tog is dit
> nou net wat gebeur. Ek moet sê ek is baie verras daardeur.

Die rand het ook baie teenoor die Kanadese dollar versterk. Maar
ek dink dit het nogtans te doen met die swakkerwordend Amerikaanse
dollar. Die internasionale aankopers van munt is nou nie so vreeslik
meer geinteresseerd in die Amerikaanse dollar nie, en hulle koop ander
lande se geldeenhede aan as belegging. Dis dan dat dié so styg. Ek moet
sê dis bietjie snaaks om nou weer 'n redelike sterk Kanadese dollar
te hê, want net 'n jaar of twee gelede het ons s'n gedaal tot omtrent
62 US sent vir een Kanadese dollar, en nou is dit weer hier by
76 sent. Dis natuurlik goed vir toeriste en aankope in die VSA,
maar sleg vir ons uitvoerders wat steen en been kla. Ek is natuurlik
lank genoeg in Noord-Amerika dat ek die dae kan onthou toe
die Kanadese dollar meer was as die VSA se dollar. Ek kan ook
die tagtigerjare onthou toe die rand meer was as die Kanadese
dollar. Nou is dit omtrent so twintig Kanadese sente vir een rand.

Gloudina
Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #88034 is 'n antwoord op boodskap #87987] Ma, 08 Desember 2003 00:04 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Dec 2003 05:14:58 +0200, "Jonas" wrote:

> Wat die styging van die Rand met regs te doen?
> Niemand (nie links of regs) kon sê waarom die Rand verswak of versterk het
> nie.
> Wil iemand "regs" beskryf of definieer?
> My indruk van Europeers is dat hulle redelik regs is - wanneer ek na hulle
> kulturele-behoudenheid kyk. En wat is daarmee verkeerd? Maar as ek as
> Suid-Afrikaner/Afrikaner iets van my eie wil behou dan is ek regs? Moet ek
> bloot in 'n maalpot van samesmelting en gesigloosheid spring - uit vrees dat
> my strewe na eie wees "regs" en verkeerd is - en dat dit "eenwording" sal
> kortwiek. Wat het van die "reenboognasie"-idee geword - of moet ons
> "kleurloos" word om 'n nasie te word. Ek hoop regtig nie so nie.

Ek verstaan jou, Jonas, maar moet tog toegee: daardie tyd dat mense
hulle motors aangeswengel het met 'n pook is tog al lank verby, nè? Ek
wil maar sê: die tye verander steeds. 'n Mens moet met sy tyd meegaan.
Ek hoop maar vir me eie dat ek dit nog lank sal kan volhou.

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Vorige onderwerp: Die jagter ....... - P1000055.JPG (0/1)
Volgende onderwerp: Re: Video: Mugabe: Australians are Genetically Modified
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 04:19:40 MGT 2024