Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nou teiken ANC skoolname
Nou teiken ANC skoolname [boodskap #87945] Vr, 05 Desember 2003 10:19
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nou teiken ANC skoolname
(Deur Jakkie Basson)

NIE tevrede met die verandering van die name van dorpe en stede nie,
rig die kommunistiese ANC sy visier nou ook op skole wie se name
hulle nie aanstaan nie. Dit is hoofsaaklik Afrikaanse skole met
historiese name wat in die gedrang kom.

Voor in die linie staan skole wie se name verband hou met die dorpe
of stede waar hulle geleë is. So kom die name van skole soos die
Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Nylstroom
en Hoërskool Warmbad in die gedrang. Almal is in Noord-Transvaal
geleë waar die kommunistiese ANC die voortou geneem het om plekname
te verander. Volgens die ANC bestaan daardie plekname nie meer nie,
en is dit volgens hulle noodsaaklik dat daardie name moet verander.

In sommige gevalle het skole elders reeds sommer vanself besluit om
hul name te verander, in ooreenstemming met die beleid van die ANC.
So het die Hoërskool Verwoerdburg reeds geruime tyd al gelede sy naam
verander na Hoërskool Centurion. Ander het ook al gevolg. So het
die Laerskool Queenswood in Pretoria sy naam verander waar dit
voorheen die pragtige Afrikaanse naam, Volkshoop gehad het.

Die pleknaamkomitee in Noord-Transvaal het die voorbarige stap geneem
om aan burgemeesters (wat niks met skoolname te doen het nie) aan te
por om druk op sodanige skole uit te oefen om hulle name te
verander. Daar moet briewe aan hierdie instellings geskryf word
waarin geëis word dat hulle die name verander.

Hierdie eis word nie net beperk tot skole nie. Burgemeesters sal
gevra word om te eis dat die name van poskantore, polisiestasies,
lughawens, hospitale en andere hul name moet verander om dit in
ooreenstemming met die Nuwe Suid-Afrika te bring.

Die ANC het nou daarin geslaag om die name van dorpe en stede te
verander, heeltemal teen die sin van diegene wat daardie dorpe en
stede tot stand gebring en uitgebou het tot die monumente wat dit
vandag is, en nou gaan die eis verder dat ook ander instansies hul
name daarby moet aanpas.

Van burgemeesters in Noord-Transvaal word verwag dat hulle voor 30
November moet reageer. Die swart voorsitter van die plaaslike
pleknamekomitee voer aan dat die behoud van die name tot "verwarring"
lei, en dit mag nie toegelaat word nie. Name is nog in gebruik waar
plekname reeds verander het.

Intussen duur die ontevredenheid voort oor die willekeurige
verandering van plekname in Noord-Transvaal. Die historiese
agtergrond van die ontstaan van die dorpe wat in Noord-Transvaal tot
stand gekom het, is hoegenaamd nie in aanmerking geneem nie. Die
saak is ook nog glad nie afgehandel nie, en talle plekke waarvan die
name verander het, is besig om hofsake voor te berei teen die
willekeurige naamsveranderinge wat die ANC op inwoners afgedwing
het. Die skrywe aan burgemeesters om te eis dat ander name ook in
ooreenstemming met die nuwe dorpsname verander moet word, is
voortydig en voorbarig, maar tipies in ooreenstemming met die
aanmatiging van die ANC waarmee hulle alle sake benader om die
blankes te na te kom en te krenk.

Talle plekke neem ook die standpunt in dat name nie sommer
willekeurig verander kan word sonder 'n formele versoek deur die
stadsrade nie. Dit is grootliks in die lig hiervan dat die plaaslike
pleknaamkomitee nou druk op burgemeesters uitoefen om skriftelik by
die instansies daarop aan te dring dat hulle hul name moet verander.

Hoe arrogant die ANC is, blyk daaruit dat hulle nie 'n "uitgerekte
proses" sal duld nie, en dat hulle daarop sal aandring dat die name
so spoedig moontlik verander moet word. Daar word selfs verwys na 'n
uitgerekte konsultasieproses wat nie nodig sou wees nie. 'n
Kennisgewing in hierdie verband, is volgens die ANC voldoende.

Daar is nog talle skole in Suid-Afrika met pragtige name, soos
Voortrekkereeufees, Dirkie Uys, DF Malan en Hans Strijdom wie se name
getuig van die historiese erfenis van die Afrikaner, maar wat vir die
swartman "aanstoot" gee. Die talle swartes wat by hierdie skole
ingeskryf het wat die karakter van die skole alreeds sodanig aangetas
het dat hulle tans parallelmediumskole is, sal ook dit situasie in 'n
rigting druk. Weldra sal daar ook druk op hierdie skole uitgeoefen
word om hul name te verander om in lyn te kom met die Nuwe Suid-
Afrika met sy reënboognasie.

http://www.hnp.org.za
Vorige onderwerp: Nog n opskrif
Volgende onderwerp: 16 Desember 2003
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 04:09:14 MGT 2024