Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kuber-idioombundel: maandelikse aanmoediging
Kuber-idioombundel: maandelikse aanmoediging [boodskap #8794] Do, 13 Maart 1997 00:00
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
BEGIN-SELS vir 'n KUBER-IDIOOMBUNDEL

Indeks:
1. Inleiding en looflied
2. Voorgestelde Formaat of Ree"ls
3. Spangees

1. Idiome - is hulle nie wonderlik nie? Ultra-kort gediggies, as't ware,
behalwe dat hulle nie in boeke, maar in ons monde leef.

Ek sou graag 'n hele versameling van idiome op my hardeskyf wou he^, sodat
ek hulle een vir een kan uithaal en soos blokkies biltong 'n dag op 'n
slag kan kou.

2. Hoe nou gedaan om die uitruil en versamel van idiome maklik te maak?
Daar is natuurlik ook die probleem dat vele idiome verpolitiseer sal word.
Hoe gaan ons die kaf van die koring skei?

Met die bogenoemde in ag genome, stel ek volgende ree"ls voor:
2.1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
2.2. Begin die titel van die boodskap met "Idioom: " gevolg deur enige
woord uit die idioom. Dit sal verwarring voorkom, en maak alfabetiese
sorteer makliker. Dit bly dan aan jouself oorgelaat of jy al die response
op die nuusgroep ook wil vergader.
2.3. Begin die boodskap met die idioom
2.4. 'n Verduideliking in soveel tale as wat tot jou beskikking is, kan
die pittigheid Afrikaans vir meer mense toeganklik maak.
2.5. Gee een of twee voorbeelde, asook 'n klein storie, as verduideliking
van die betekenis of oorsprong saam.
2.6. Teken gerus met jou naam, of gee dan een of ander verwysing.
2.7. Vermy afjak en politiek.

Natuurlik is hierdie voorstelle, net soos enige ree"ls op die internet,
net so kragtig as wat die gebruikers dit maak.

Dus sal ek 'n voorbeeld gee:
Titel - Idioom: pap...

Idioom: Van die hand na die mond, val die pap op die grond
Verduideliking: dinge draai nie altyd so uit as wat beplan is nie.
(English: Things often do not turn out as planned. There is many a slip
twixt ? the cup and the lip.)
Voorbeeld: Ek wil graag 'n elektroniese idioompers op die been bring,
maar tussen die hand en die mond, val die pap op die grond.

3. Spanwerk sal die kanse van pap op die grond minder maak. Ek huiwer om
die idioom, of is dit 'n leuse, wat met "Eendrag" begin, te noem.
Na aanleiding van Gloudina se elektroniese gedigpers, wonder ek of daar
genoeg belangstelling is in hierdie nuusgroep vir 'n spanpoging tot 'n
idiomebundel?
Wat van die talle Afrikaans studente?
Daar is defnitief 'n behoefte aan bydraes.

Enige Webmeesters onder ons wat stoorplek op 'n Netblad vir die vergaarde
idiome beskikbaar sou stel, is natuurlik baie welkom om van hulle te laat
hoor.

O
/\/
O (Bedink en getik deur Stefan Harms)

--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Vorige onderwerp: Lieg-en-Bieg-Komissie...
Volgende onderwerp: Nuwe Woord: Netloer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 19:46:08 MGT 2024