Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ngcuka, Zuma kom tot vergelyk
Ngcuka, Zuma kom tot vergelyk [boodskap #87925] Do, 04 Desember 2003 18:00
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ngcuka, Zuma kom tot vergelyk
Nicolize Mulder

Ná al die kopstampery in die Pretoriase hooggereghof tussen adj.pres.
Jacob Zuma en adv. Bulelani Ngcuka, nasionale direkteur van openbare
vervolging, het dié twee gister hul hofsaak oor 'n Franse faks sonder
enige verdere regsargumente in die hof geskik.

Dit het Zuma en Ngcuka se regspanne etlike ure geneem om tot 'n
vergelyk te kom. Die skikkingsooreenkoms is kort ná middagete deur
regter Jerry Shongwe 'n bevel van die hof gemaak.

Ingevolge die ooreenkoms trek Zuma sy aansoek terug teen Ngcuka, die
Nasionale Vervolgingsgesag en die Skerpioene.

Die vervolgingshoof en sy Skerpioene moet op hul beurt vir Zuma volle
toegang tot die oorspronklike, handgeskrewe Franse faks in kodetaal
gee, maar nie voor mnr. Shabir Shaik dit gekry het vir sy verhoor in
die Durbanse hooggeregshof nie.

In dié faks word Zuma glo van korrupsie tydens die multimiljardrand -
wapenskandaal beskuldig.

Shaik, vroeër Zuma se finansiële raadgewer, verskyn in Februarie weer
in die hof, maar 'n verhoordatum sal na verwagting vir later bepaal
word. Hy word verdink van onder meer bedrog, alternatiewelik
korrupsie. Die faks is 'n bewysstuk in sy saak.

Ingevolge die ooreenkoms sal Zuma en Ngcuka elkeen vir hul eie
regskoste opdok en nie een van die partye sal in die openbaar oor die
skikking kommentaar lewer nie. Die ooreenkoms speel klaar met al die
geskille wat in Zuma se aansoek geopper is.

Die aansoek deur Zuma is aanvanklik in September op 'n dringende
basis gebring, maar Shongwe het destyds beslis dit is nie dringend
nie. Zuma, wat die aansoek in sy persoonlike hoedanigheid gebring
het, moes vir die eerste ronde se regskoste betaal en sy beurt op die
normale hofrol afwag.

Zuma het vroeër in die hof laat hoor dat hy met die aansoek sý kant
van die saak wil stel in die "hele drama" wat hom in die openbare
arena afgespeel het.

Zuma is saam met Shaik ondersoek, maar Ngcuka het gesê Zuma sal nie
vervolg word nie, al is daar prima facie bewyse teen hom.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1454545,00. html
Vorige onderwerp: Reg of nie?
Volgende onderwerp: Indigo mense
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:02:12 MGT 2024