Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is paaie saans net vir boewe, polisie?
Is paaie saans net vir boewe, polisie? [boodskap #87861] Di, 02 Desember 2003 18:32 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Is paaie saans net vir boewe, polisie?
Elmarie, Meyerton


Waarom moes die twee bejaardes en hul dogter doodgemaak word? Ek
verwys na die berig Vrou en haar ouers by Clarens vermoor (1
Desember). Wat kon hulle doen teen die aanvallers?

Twee ou mense en hul dogter se plan om 'n heerlike naweek by 'n
pragtige ou dorpie deur te bring het tragies geëindig.

Kry misdadigers punte van iemand of iewers om wittes dood te maak?

Ek is 57 en al jare lank 'n weduwee. Ek ry baie alleen rond, nie omdat
ek wil nie, maar omdat dit moeilik is om altyd iemand te kry om saam
te ry. Moet ek en ander mense soos ek nou maar tevrede wees om nie weg
te gaan vir 'n naweek of vakansie omdat ons nêrens meer
veilig is nie?

Verlede week moes my bure van ouer as 60 weens omstandighede laat in
die nag tussen Vereeniging en Sasolburg ry.

Die vrou het vertel 'n voertuig het aan die ander kant van die snelweg
gestaan. Nadat hul verbygery het, het die voertuig omgedraai en
kilometers ver agter hulle aangery.

Later is 'n blou lig aangeskakel en is aangedui dat hulle moet
stilhou. Eers wou hulle nie omdat hulle bang was dat dit nie werklik
die polisie is nie.

Twee swaar gewapende manne het uitgeklim en gesê hulle het gedink die
twee is smokkelaars.
Een van hulle het bygevoeg ou mense soos hulle behoort daardie tyd in
die bed te wees.

Is ons land se paaie saans dan nou net vir misdadigers en die polisie
oop?

Daar is deesdae veldtogte aan die gang teen misdaad, maar dit help
steeds niks.

http://www.news24.com/Beeld/Briewe/0,,3-73_1453441,00.html
Re: Is paaie saans net vir boewe, polisie? [boodskap #87864 is 'n antwoord op boodskap #87861] Di, 02 Desember 2003 18:38 Na vorige boodskap
gm  is tans af-lyn  gm
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Vandag weer een oude boer 75 jaar vermoord by Middelburg Transvaal. Saans
kan je niet buite, op die dag kan je niet buite en nie binnekant wees nie,
waar kan die ou (en jong) mense nog gaan ? Wat een land !!!!

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:bkmpsvcjsce2outr8tji22di9486db10i8@4ax.com...
> Is paaie saans net vir boewe, polisie?
> Elmarie, Meyerton
>
>
> Waarom moes die twee bejaardes en hul dogter doodgemaak word? Ek
> verwys na die berig Vrou en haar ouers by Clarens vermoor (1
> Desember). Wat kon hulle doen teen die aanvallers?
>
> Twee ou mense en hul dogter se plan om 'n heerlike naweek by 'n
> pragtige ou dorpie deur te bring het tragies geëindig.
>
> Kry misdadigers punte van iemand of iewers om wittes dood te maak?
>
> Ek is 57 en al jare lank 'n weduwee. Ek ry baie alleen rond, nie omdat
> ek wil nie, maar omdat dit moeilik is om altyd iemand te kry om saam
> te ry. Moet ek en ander mense soos ek nou maar tevrede wees om nie weg
> te gaan vir 'n naweek of vakansie omdat ons nêrens meer
> veilig is nie?
>
> Verlede week moes my bure van ouer as 60 weens omstandighede laat in
> die nag tussen Vereeniging en Sasolburg ry.
>
> Die vrou het vertel 'n voertuig het aan die ander kant van die snelweg
> gestaan. Nadat hul verbygery het, het die voertuig omgedraai en
> kilometers ver agter hulle aangery.
>
> Later is 'n blou lig aangeskakel en is aangedui dat hulle moet
> stilhou. Eers wou hulle nie omdat hulle bang was dat dit nie werklik
> die polisie is nie.
>
> Twee swaar gewapende manne het uitgeklim en gesê hulle het gedink die
> twee is smokkelaars.
> Een van hulle het bygevoeg ou mense soos hulle behoort daardie tyd in
> die bed te wees.
>
> Is ons land se paaie saans dan nou net vir misdadigers en die polisie
> oop?
>
> Daar is deesdae veldtogte aan die gang teen misdaad, maar dit help
> steeds niks.
>
> http://www.news24.com/Beeld/Briewe/0,,3-73_1453441,00.html
>
Vorige onderwerp: 1. Die volgende interessantheidshalwe:
Volgende onderwerp: Derde partye kan nou grondeise teen boere instel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 20:54:33 MGT 2024