Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mening oor SA
Mening oor SA [boodskap #87823] Ma, 01 Desember 2003 18:43 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bron: http://www.rebellie.org/menings_v1.htm

Te midde van elke denkbare poging wat deur die vyand aangewend word
om die Afrikanervolk se aandag af te lei van die realiteite in
hierdie land, waaronder die hou van die een sportbyeenkoms na die
ander, is die skrif aan die muur: Die situasie in Suid-Afrika het
drasties versleg en daar is geen kans dat dit onder die onbevoegde
Swart regime kan verbeter nie. Die kwynende geldeenheid en die steeds
groeiende misdaad verklap die feit dat hierdie land, tensy drastiese
optrede dit verhoed, die paadjie sal loop wat elke Afrikaland voor
hom geloop het. Was dit nie Huisgenoot met sy meer as `n miljoen
Afrikaanse lesers wat enkele jae gelede nog vertel het hoe voor die
wind dit gaan in Zimbabwe nie? Nou swyg dieselfde skinderblad in al
elf amptelike tale daaroor.

En terwyl die bewyse daar is dat die beleid van apartheid Swartes
bevoordeel het en Swartes vandag openlik erken dat hulle
lewenstandaarde beter was en wet en orde gehandhaaf was in hierdie
land tydens apartheid, kon die buitewêreld nie gou genoeg sanksies
teen Suid-Afrika instel nie. Terwyl honderdduisende Zimbawieërs
krepeer en in vrees leef, na Suid-Afrika vlug en `n toestand van
anargie in Zimbabwe heers, huiwer die buitewêreld om sanksies teen
Zimbabwe in te stel. Dit moet vir een en elk duidelik wees dat die
komende verkiesing daar `n klug gaan wees, tog sal ons in alle
waarskynlikheid hoor dat die verkiesing "free and fair" was.

In The Citizen van 15 Desember 2001 word berig dat 2,58 miljoen
misdrywe in `n twaalf maande tydperk aangeteken is deur die SA
Polisie, sowat 7 068 per dag. Daarvan het slegs 610 000 in die hof
beland en was daar net meer as 210 000 skuldigbevindings.
Owergesetsynde beteken dit dat 2,3 miljoen gerapporteerde misdrywe na
bewering gepleeg is terwyl die daders steeds op vrye voet is! Wanneer
gesê word dat misdaad hoogty vier in hierdie land, is dit nie
propaganda nie, maar `n onderbeklemtoning van die werklikheid. Dit is
nie `n bangmaakstorie dat Zimbabwe se toestande van vandag Suid-
Afrika s'n van more kan wees nie.

In `n boek wat onlangs verskyn het van Robert D. Kaplan The Coming
Anarchy maak die skrywer melding van die absolute chaos wat in
feitlik elke Afrikaland heers. Volgens hom het feitlik elke persoon
in Wes-Afrika die een of ander vorm van malaria. In die Ivoorkus
ontlas kinders in riviere wat verstop is met afval en varke en die
land dreig om weens misdaad inmekaar te stort. Nigerië staan volgens
hom op die rand van anargie weens oorbevolking en etniese geweld. In
Guinieë word `n hoofstad aangetref met winkels wat bestaan uit
geroeste skeepshouers, skrootmotors en stukke draad. Die strate
is "one long puddle of floating garbage" en die strande lê bestrooi
met dooie rotte en wrakke van motors.

Al wat vir mense oorbly in Afrika volgens Kaplan is geweld. Wanneer
grond beset (gesteel) is, winkels geplunder en alles verwoes is, bly
daar niks meer oor om te doen nie. Dan wend die Swartes van Afrika
hulle tot geweld. In Zimbabwe sien `n mens dieselfde patroon. In
Liberië het die guerillaleier Prince Johnson die president Samuel Doe
se ore afgesny en `n video daarvan gemaak en Doe dood gemartel. In
Sierra Leone is die samesweerders van `n mislukte staatsgreep se ore
eweneens afgekap voordat hulle vermoor is. In sulke state is daar nie
meer onderskeid te tref tussen oorlog en misdaad nie. Daarbenewens is
sekuriteitsmaatskappye baie meer doeltreffend as die polisie.

In Soedan het verkiesings gelei tot die brutaalste tirannie in die
land se geskiedenis met teregstellings, verkoop van kinders as slawe,
en hongersnood. In Rwanda is verkiesings in 1992 gehou en `n
veelpartysisteem op die been gebring. Dit was die direkte oorsaak vir
die daaropvolgende konflik en volksmoord van honderdduisende Tutsi's.
Volgens Kaplan is Suid-Afrika een van die gewelddadigste plekke in
die wêreld wat (nog) nie in 'n staat van oorlog is nie met `n
moordsyfer wat ses keer hoër is as die VSA s'n en waar daar tien
sekuriteitswagte is vir elke polisieman.

In die Demokratiese (!) Republiek van die Kongo woed `n oorlog, wat
Rapport van 20 Januarie 2002 as `n streekoorlog bestempel. Angola is
verwoes deur `n burgeroorlog wat sedert 1975 duur en reeds 500 000
mense se lewens gekos en vier miljoen dakloos gelaat het. Dit is
Arnold Toynbee wat reeds jare gelede opgemerk het: "The black
race ... have not contributed positively to any civilization yet". In
1961 het die British Association for the Advancement of Science
gestel: "No contribution to the arts of civilization has come from
Africa, which has produced nothing but destruction and ruthless
exploitatation of natural resources".

Die enigste afleiding wat mens kan maak, is dat die huidige bestel
met geweld in duie sal stort. Die basis vir so `n afleiding is die
aanskouingsles van Afrika. En om mense telkens te herinner hoe
Swartes hierdie land verwoes, het niks met "rassisme" te doen nie,
maar met die realiteite van Afrika. Nie hervorming nie maar
vervorming, nie `n herlewing nie maar ontlewing - dit is wat
plaasvind. As Blankes met `n sin vir vooruitgang en waardes behoort
hierdie toestand `n mens teen die bors te stuit. Maar daar word vir
ons gepredik om vrede te maak met ons situasie. En
hierdie "vredesduiwe" het ons nou in die posisie van die
spreekwoordelike padda in die beker verhittende water sodat ons later
(dalk reeds!) te lam (magteloos) is om iets aan ons verslegtende
situasie te doen. Daar is geen vrede in hierdie land nie, maar `n
toestand van oorlog! En hierdie sogenaamde demokrasie het die mees
geesteslose bestaan in die geskiedenis van die Afrikaner meegebring;
een van uitsiglose burgerskap en snelle agteruitgang!

Die Afrikaner is deur die verraad van die NP/NG-Kerk/Broederbond-
alliansie in knegskap gedompel. Maar knegskap is vir die vyand nie
genoeg nie. Hulle wil die Afrikaner uitwis in Afrika, "forever and
ever and ever" soos Milner voorspel het.

Wat staan ons te doen in hierdie krisistyd? Die eerste is om te besef
dat ons in `n krisis verkeer. Talle nasionaalgesinde Afrikaners besef
dit nog nie, om nie te praat van die res nie! Die tweede is om te
besef dat ons ons vryheid moet terugkry. Maar hoe? vra u dalk.
Laasgemelde vraag kan beantwoord word deur bloot terug te vra "Sien u
kans vir `n Zimbabwe-situasie?" As die antwoord nee is bly een van
twee opsies oor: Emigreer of veg terug vir u vryheid!

Vir die wat trek het die Afrikaner se roeping in hierdie land `n
veraf stem geword. Laat ons van hulle vergeet. Daar is diegene wat
beweer dat sommige blankes hoop die stelsel stort in duie omdat dit
hul posisie sou regverdig. Die meerderheid Blankes hoop nie die
bestel gaan in duie stort nie; hulle weet dit. Hulle neem kennis van
die realiteite van Afrika.

Generaal Ben Viljoen het tydens die Engelse Oorlog na die joiners
verwys as die "afval van die mensdom". Generaal De Wet het hulle "lae
uitvaagsels" genoem. En president MT Steyn het gesê dat geen eerlike
man sy hand na `n National Scout moet uitsteek nie en bygevoeg: "May
they be damned to the deepest hell". Daar bestaan hedendaagse
joiners, hensoppers en verraaiers wat steeds meewerk om die Afrikaner
oor die afgrond te trek. Verdien hulle `n beter benaming? Kan
enigiemand verkwalik word wat na die hedendaagse hensoppers, joiners,
soustreinryers en opportuniste in dieselfde terme verwys? Hierdie
bestel is in alle opsigte verwerplik, dog almal moet nou meewerk om
dit `n sukses te maak!

Die tyd vir sagte praatjies en eenheidspraatjies is verby. Zimbabwe
is ons voorland as ons nie drasties besin oor, en pro-aktief optree
in ons situasie nie. Die Afrikaner sal nie weer die mag binne die
grense van die Republiek van Suid-Afrika soos ons hom geken het, op
die gewone, dit wil sê die demokratiese wyse, terugkry nie. Die opsie
om deur middel van die stembus die politieke mag te verkry, is
gevolglik nie meer daar nie. En al werk VIGS ook hoe vernietigend
onder Swartes se getalle, sal die nimmereindigende invloei van
vreemdes (ook vreemde Blankes!) oor ons landsgrense, en die
vervreemding van sekere Blankes van die basis van
Afrikanernasionalisme binne ons grense, die demokratiese opsie vir
goed uitsluit.

Wat bly dan oor? Die ondemokratiese uitweg; die rewolusionêre pad.
Die mag sal derhalwe op `n radikale wyse bekom moet word. Dit is
groot woorde maar die woord rewolusie moet mense nie afskrik nie. Ons
land is immers sedert 2 Februarie 1990 in `n voortgaande rewolusie
gedompel. Die samelewingsorde is radikaal verander sedert 1990 en
veral sedert 1994. Die ANC se slagspreuk, te midde van die rewolusie
wat heers is, "Speed up Change" In `n rewolusie vind drastiese, dit
wil sê radikale verandering van die samelewingsorde plaas. In `n
kwessie van enkele jare lyk ons land drasties anders, dog sê die ANC
steeds "Speed up Change". Die land moet derhalwe verder verander en
vinniger verander! Dit is rewolusie! En om te dink jy kan `n
toeskouer van `n rewolusie wees is om aandadig aan jou eie dood te
wees. Dit is selfmoord. Daarom moet die rewolusie met `n
teenrewolusie beantwoord word.

Daar is verskeie moontlikhede. Die eerste is om `n staatsgreep uit te
voer. Dit is egter vreemd aan die aard van die Afrikaner en sal
waarskynlik beswaarlik oorweging geniet. Daarbenewens sal die
buiteland en veral die VSA waarskynlik ingryp om die staatsgreep teen
te werk en hulle pionne aan bewind te hou ten einde na hulle belange
om te sien; iets waartoe `n Afrikaner-regering nie bereid sal wees
nie. Dit is egter nie so vergesog as wat mense dink nie, maar sal
alleenlik gedoen kan word indien die situasie absoluut onhoudbaar is,
soos wanneer totale anargie heers.

Die tweede moontlikheid is om deur `n daad van sesessie in `n
bepaalde gebied af te skei van die res van Suid-Afrika. Dit kan
vreedsaam geskied, maar sal gegewe die realiteite van Afrika, en
veral die ontkenning daarvan dat die Afrikaner 'n reg op `n eie
gebied het, waarskynlik met geweld gepaard moet gaan. Soos reeds
in `n vroeëre artikel van my aangedui, sal die Afrikaner waarskynlik
nie bereid wees om homself in stryd op te offer vir `n gebied waaraan
hy geen historiese verknogtheid het nie.

Wat oorbly is `n burgeroorlog. In `n land waar Swartes Blankes beroof
en vermoor vir politieke redes (en sonder rede!) is `n burgeroorlog
reeds werklikheid. In die Mail & Guardian van 1 Februarie 2002 onder
die opskrif "Civil resistance is building again in South Africa" word
beskryf hoe daar `n algemene gevoel van ontevredenheid bestaan en
groei onder alle Suid-Afrikaanse burgers oor die verslegtende
misdaadsituasie, werkloosheid, stygende pryse, ANC-beloftes wat nie
nagekom word nie, ensovoorts. Daar is geen kans dat die toestand sal
verbeter nie. Blankes sal toenemend geteiken word deur die "have
nots" as die sondebokke, met gepaardgaande groeiende ongeduld onder
Swartes. Dit sal oorspoel in geweld. Daarom: Ek bepleit nie `n
burgeroorlog nie maar gee waarskynlik `n raak beskrywing vir wat ons
in die oë staar. `n Burgeroorlog word gedefinieer as gewapende
konflik en vyandelikheid tussen twee of meer groepe in `n staat.
Wanneer gewapende Swartes Blankes vermoor en Blankes kyk toe sonder
om te reageer vind `n volksmoord plaas. As dit met teenoptrede
begroet word is `n burgeroorlog werklikheid. Daarom moet mense nie
bevange word as hulle die woorde rewolusie en burgeroorlog hoor nie.
En waar rewolusie heers soos in Suid-Afrika en met die
misdaadsituasie wat kennelik nie deur die regering in bedwang gehou
kan (of wil) word nie, is die resep vir chaos op die tafel. As
Blankes dan hulpeloos toekyk hoe hulleself uitgemoor word, het hulle
hulle roeping in hierdie land versaak. Om telkens slagoffer te wees,
sal benewens `n "siestog!" niks vir die Afrikaner se heil beteken
nie.

Die Afrikaner het gevolglik `n keuse. Hy kan die volksmoord laat
voortwoed teen hom deur niks te doen nie of hy kan opstaan daarteen
deur in verset te kom. En dit sal `n verset moet wees wat deeglike
beplanning vereis en tot uitvoering gebring moet word. Dit sal
groeiende verset moet wees. Want dade van verset het `n manier om sy
eie voortgang te bewerkstellig. Daar kan eenvoudig nie vrede gemaak
word met hierdie bose bestel nie.

En laat ons besef: Dit is ydel om te dink en te hoop dat die Here ons
gaan gaan help as ons nie self in `n gees van verset gereedmaak vir
die stryd wat voorlê nie. Het Andries Pretorius dan nie tot in die
fynste besonderhede gereedgemaak vir die stryd teen die Zoeloes
voordat die Gelofte afgelê was nie? Die Afrikaner sal hom kollektief
tot God Drie-Enig kan aanroep slegs wanneer hy in die fynste
besonderhede menslik ook strydgereed is.

En vergeet van getalle en eenheid. Sal ons immers ooit genoeg wees en
genoeg verenig wees om tot stryd oor te gaan? Wie gaan besluit of ons
genoeg is? Waaroor moet eenheid verkry word? Die lyne is tog getrek.
Laat die aan wie dit opgedra is om leiding te neem, dit doen deur die
stryd met erns aan te pak. Die res is die massamense wat soos `n trop
skape rondploeter, die "micelike conformists", die speelbal van
gevoelens en emosies, die voorwerp van suggestie en
regeringspropaganda. Daar kan tog nie verwag word dat die geestelike
barbare van vandag die leiding moet neem nie! Organiseer u strydraad!
Neem die leiding in u gemeenskap! Steeds groeiende verset sal eenheid
van wil en handel bewerkstellig; iets wat baie meer beteken as die
kunsmatige pogings wat deurentyd aangewend word en op niks uitloop
behalwe opbouende frustrasie nie.

Dit is George Orwell wat gesê het:

"Who controls the present, controls the past, and who controls the
past controls the future".

As ons nie verstaan wat tans gebeur nie, is daar nie enige hoop dat
ons die toekoms sal verstaan nie, laat staan nog die verlede. Die
blitsverkoperboekie Who moved my cheese wil dit inprent by mense om
aanpasbaar te wees in veranderde situasies; in hulle werk en
wandel.Toegepas op die politieke situasie van vandag beteken dit dat
die Afrikaner `n geestelike trek uit sy huidige gemaksituasie moet
maak en beheer moet neem van sy eie toekoms. Indien toegelaat word
dat ander die Afrikaner se toekoms bepaal sal dit (op die beste) `n
toekoms buite die grense van hierdie land wees! Die reg op
selfbeskikking kom daardie volke toe wat self beskik oor hulle
politieke toekoms.

Ons is tans dalk in `n minderheid. Maar in 1902 het die minderheid
namens die ganse Afrikanerdom gesê "Gewond maar onoorwonne". Ons krag
is gesetel in moed en geloof van hulle wat in 1902 die Afrikaner se
heldedom verseker het deur tot die bitter einde te veg. Daar is `n
plus en surplus in hierdie volk wat die bewegingsmag moet word vir
die oplewing van Afrikaner-nasionalisme.

Ons leuse moet wees: Eenheid in verset. Vryheid deur verset!
Re: Mening oor SA [boodskap #87826 is 'n antwoord op boodskap #87823] Ma, 01 Desember 2003 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie Potgieter Wat bly dan oor>
Daarom moet die rewolusie met `n
> teenrewolusie beantwoord word.

Sien, ek sê mos altyd, Frikkie se talk
is ANC talk.

Penkop op kommando
Re: Mening oor SA [boodskap #87833 is 'n antwoord op boodskap #87826] Di, 02 Desember 2003 05:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
En is die "talk" dan nou suiwer Afrikaans - ons moet strewe om konsekwent te
wees en te bly Anti...
"@rogers.com" wrote in message
news:ErMyb.3961$YQG1.2127@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> Frikkie Potgieter Wat bly dan oor>
> Daarom moet die rewolusie met `n
>> teenrewolusie beantwoord word.
>
> Sien, ek sê mos altyd, Frikkie se talk
> is ANC talk.
>
> Penkop op kommando
>
Re: Mening oor SA [boodskap #87851 is 'n antwoord op boodskap #87826] Di, 02 Desember 2003 11:23 Na vorige boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Bollie Tante, jy praat bollie.

"@rogers.com" wrote in message
news:ErMyb.3961$YQG1.2127@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> Frikkie Potgieter Wat bly dan oor>
> Daarom moet die rewolusie met `n
>> teenrewolusie beantwoord word.
>
> Sien, ek sê mos altyd, Frikkie se talk
> is ANC talk.
>
> Penkop op kommando
>
Vorige onderwerp: Toets jou mensekennis
Volgende onderwerp: Guesthouse murder shocks town
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 07:20:34 MGT 2024