Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gru-moord op jong meisie
Gru-moord op jong meisie [boodskap #87695] Vr, 28 November 2003 13:57
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gru-moord op jong meisie
14-11-03

DIE wreedaardige moord op Desiré van Nietting (16) van Sir Lowry's
Pass het die plaaslike gemeenskap vir 'n tweede keer in die bestek van
net 'n week geruk, ná voorvalle van geweld verlede naweek die lewens
van twee jong mans op die dorp geëis het.

Desiré se liggaam is Saterdag omstreeks 14:00 in 'n sloot naby Hoofweg
deur 'n man gevind. Volgens inspekteur Hendrik Swart, die
ondersoekbeampte in die saak, is haar keel van oor tot oor afgesny en
sy het meer as 20 steekwonde gehad.

Die polisie vermoed dat sy ook verwurg is, en dat haar aanvallers haar
ook verkrag en gesodomiseer het. Daar was ook steekwonde aan haar
geslagsdele.

Inspekteur Swart sê hulle het 'n man ondervra wat saam met haar by 'n
smokkelhuis gesien is. Die man is glo lid van die 28's bende, maar is
na ondervraging weer laat gaan.

Inspekteur Swart sê hulle soek na 'n ander man in wie se geselskap
Desiré ook gesien is. Die man het 'n tweestuk blou oorpak aangehad en
is ongeveer 1,8 meter lank. Enige persoon met inligting, kan hom by
083 642 5588 bel.

http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Ar ticle_Text_Template/0,,303-307-308_1444825~E,00.html
Vorige onderwerp: Wat is rassisme eintlik en hoe word dit misbruik?
Volgende onderwerp: Regter erken plaasmoorde is nie roof - HNP koerantberug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 21:48:41 MGT 2024