Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pretoria: Slaan die ANC waar dit die seerste maak
Pretoria: Slaan die ANC waar dit die seerste maak [boodskap #87588] Wo, 26 November 2003 19:12
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Willie Marais maak stem dik:
Pretoria: Slaan die ANC waar dit die seerste maak
(Deur Jakkie Basson)

INWONERS en sakemanne van Pretoria moet die ANC die hardste slaan
waar dit die seerste maak as hulle die naam van Pretoria wil red -
hulle sal moet oorgaan tot die weerhouding van belastings. As die
ANC nie geld het vir die administrasie van die stad nie, sal hulle
gedwing word om twee keer te dink.

Dit was die skerp reaksie van mnr Willie Marais, leier van die HNP
oor die ANC se bose planne om die naam van Pretoria te verander. Hy
is vasbeslote om die stryd met die hulp van mede-Afrikaners wat ook
sterk voel oor die saak, aan te knoop om die ANC in sy voetspore te
stuit oor hierdie aangeleentheid.

Afrikaanse kultuurorganisasies en politieke partye wat buite die ANC-
bestel opereer, moet saamstaan om hierdie bedreiging af te wend, is
mnr Marais se onomwonde standpunt. Die ANC moet nie toegelaat word
om te maak wat hy wil, terwyl hy voortgaan om die blankes van die
stad te tap vir belastings nie terwyl hulle geen sê het oor die naam
van hul stad nie.

Organisasies soos die GHA, Praag en die Stigting vir Kulturele
Gelykheid het reeds te kenne gegee dat hulle ook voluit in die stryd
is, en het al talle persverklarings in hierdie verband uitgereik.
Petisieveldtogte en ander strydmiddels is reeds ingespan vir die
behoud van die naam van Pretoria.

Mnr Marais het daarop gewys dat Pretoria nie net die hoofstad van
Suid-Afrika is nie, maar ook die Stad van Paul Kruger. Die stad is
met Boerekrag opgebou as 'n simbool en sentrum van
Afrikanernasionalisme oor die jare. Nou kan die swartes van die ANC
nie net kom en die naam verander omdat hulle so voel nie. Die blanke
van Pretoria skuld die swart inwoners niks, en daar is geen wettige
of enige ander rede waarom die stad se naam nou skielik moet verander
nie.

Mnr Marais is vas daarvan oortuig dat die ANC deur
belastingweerhouding gedwing kan word om van sy planne af te sien.
Inwoners moet egter steeds voortgaan om vir hul dienste te betaal,
naamlik water en lig, riool en rommelverwydering. Maar belastings
moet weerhou word.

Wat baie belangrik in so 'n veldtog is, is dat dit moet berus op
massa-optrede. Soveel as moontlik Pretorianers moet daaraan
deelneem. As daar net 'n klein groepie betrokke raak, kan hulle
maklik vervolg word, en sal die gelag moet betaal sonder enige
welslae. Maar as Pretorianers in hul duisendtalle deelneem en nie
belastings betaal nie, sal die ANC-stadsraad baie gou op sy knieë
gedwing word, en verplig word om van hul dwase planne af te sien.

Nadat die kommunistiese ANC aanvanklik te kenne gegee het dat hulle
hul planne laat vaar het om die naam van Pretoria te verander, het
hulle skielik bekend gemaak dat hulle voortgaan daarmee - Pretoria se
naam moet verander. Die swart burgemeester het 'n fyn stukkie
taktiek gespeel, deur Pretorianers eers gerus te stel toe daar protes
teen die naamsverandering uitgebars het. Nadat die gemoedere kalmeer
het nadat die ANC te kenne gegee het dat hy "voorlopig" nie voortgaan
met sy planne nie, het baie mense berus. Op die regte tyd het
Smangaliso Mkhatshwa, die ANC se burgemeester egter aangekondig dat
hulle voortgaan met die planne. Hulle het ook die steun van die
sentrale regime, soos deur Jacob Zuma aan hulle toegesê Om nou weer
van vooraf Pretorianers te inspireer om in verset te kom, sal nie so
maklik soos die eerste keer wees nie, en is die teenstand daarteen al
tot 'n mate afgewater.

Die HNP en ander Afrikaanse organisasies kan egter nie toelaat dat
die saak daar gelaat word nie. Daarom sal daar hard gewerk moet word
aan 'n doeltreffende strategie om weerstand daarteen te bied.

Waar sakemanne wat teen die stap gekant is, hoofsaaklik finansiële
redes aanvoer, en wys op die onbetaalbare rekening om die stap in
werking te stel, neem die HNP 'n beginselstandpunt daaroor in.
Pretoria is 'n Voortrekkerdorp, die stad van Paul Kruger wat deur die
jare 'n simbool van Afrikanernasionalisme was. Dit is deel van die
Afrikaner-erfenis wat nie toegelaat mag word om sommer so deur
vreemdelinge wat niks meegehelp het om Pretoria op te bou, tot 'n
volksvreemde naam te vernoem nie. Toe die Voortrekkers hier ingetrek
het in 1855, was die wêreld besaai met doodsbeendere soos die swartes
deur die difaqane en Silkaats se Matebele-hordes uitgemoor is. Die
Voortrekkers het die dorp hier aangelê en dit vernoem na Andries en
sy seun, MW Pretorius. Dit het later die hoofstad van die ZAR
geword, en na Uniewording in 1910 die administratiewe hoofstad van
Suid-Afrika. Pretoria het 'n Afrikanervesting geword met Kerkplein
as sentrum waarheen na groot moeite die standbeeld van Paul Kruger
heen verskuif is. Talle en talle volksbyeenkomste het al rondom die
standbeeld plaasgevind, onder andere die feestelike uitroep van die
Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961.

Dit is die geskiedenis en die Afrikaner-erfenis waarop die Afrikaner
hom beroem in die stryd om die behoud van die naam van die stad,
Pretoria.

http://www.hnp.org.za/
Vorige onderwerp: Re: Killed for just R9
Volgende onderwerp: Wit strikkies vir die manne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 01:51:28 MGT 2024