Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » van biltong en droeewors....
van biltong en droeewors.... [boodskap #8709] Di, 04 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Soveel keer het ek hier in Los Angeles al gesit en terugverlang na daai
hompe biltong wat ek die eerste keer by die OK Bazaar gekoop en
oorgesmokkel het hierheen!
Hier is n duitser wat soort van n erzats biltong en boerewors maak, maar
niks kom by die 'real thing'
so, deel van wat mense my bang gatgeit noem oor ek hier sit, is ook daai
intense verlang na die egte afrikanergeit wat ALTYD maar baie diep in my
are sal loop!
Elf jaar in die buiteland, en nog steeds kry ek hoendervleis as ek n motor
met die Oranje Blanje Blou vlag op hulle bumper sien.(Ja, hier is n paar
wat "b_lls" genoeg het om dit te waag!
Ek besef maar net dat die SA waar ek na heimwee het, LANK gelede opgehou
bestaan het en dit net dit sal bly: n mooi herinnering!
Always question! Never simply accept and follow!
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8718 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 05 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 5 Mar 1997, Leendert van Oostrum wrote:

> In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
>
>> Ja, ou Blikkies, jy wat in die ou laertjie in SA gebly het,
>> daardie SA bestaan nie meer nie. Ook nie die SA waar die res
>> van jou landgenote in gruwelike omstandighede moes bly net
>> omdat jy en jou laermaats so lekker nes wou skop in 'n land
>> wat aan ander behoort het nie.
>> Ek neem aan daar in Los Angeles knip jy ook maar jou oe"
>> styf toe vir al die armoede en tragiek van die swartes en die
>> meksikane om jou. Trade nog op jou wit vel, neem ek aan. Maar
>> dit sal ook nie te lank meer duur nie. Aan die einde van die
>> 21ste eeu sal daardie deel waar jy nou bly heeltemal vermeksi-
>> kaans het. Het jy al begin Spaans leer?
>> Gloudina ( van die walle van die Ottawa-rivier, in die
>> Bouwer baie groter land as die VSA na die noorde,
>> groter in landsoppervlakte en morele
>> karakter. Lank lewe handel met Kuba!)
>>
>
> Nou nie om Blikkies se sentimente te verdedig nie, maar:
>
> Jy het tevore beweer jou enigste agenda is jou (lofwaardige) program van
> gedigte, Gloudina?
>
> Die tema hierbo is mos 'n leitmotief wat al dikwels tevore onder jou adres
> verskyn het.

Om maar my stuiwer in die armbeurs te werk, en 'n holrug-geryde perd
weer op te saal:

Verskonings tog as die onderwerp al tevore bespreek is (ek is seker dit
is):

Die Amerikaanse sielkundige, Donald Beck, wat Suid-Afrika al dikwels
besoek het, het 'n boekie met die titel "The Psychology of South Africa"
in die laat-tagtigerjare die lig laat sien. Daarin beweer Beck dat
apartheid eintlik baie maklik is om te begryp: Al wat mens moet doen, is
om op die maan te gaan sit en na die aardbol te kyk. Dan kom mens gou tot
die besef dat die hele wereld 'n apartheidssamelewing is: 20% van die
wereldbevolking verdien 80% van die inkomste. Hierdie 20% woon
hoofsaaklik in Wes-Europa, Noord-Amerika en 'n paar ander plekke
(Australie, ens.). En hierdie 20% probeer uiters hard om te verhoed dat
die ander 80% instroom om hul lewensgehalte op te voeter. Groen kaarte,
instromingsbeheer teen Meksikane en Haitiers, ens. Ten tye van Beck se
boek, het die Britse regering 'n "British Overseas National"-paspoort aan
sy onderdane in Hong Kong uitgereik. Met hierdie paspoort kon hulle nie
eens Brittanje binegaan nie. Krimp nou hierdie situasie af en plaas dit op
die suidpunt van Afrika en ... Siedaar! Apartheid. Dieselfde vrese,
beweegredes, ens.

Nou wonder ek maar net: Wie is die werklike rassiste, en wie is diegene
wat hulle met "die lot van swartmense" bemoei? Is dit die mense wat na
Kanada of Australie uitwyk, om daar in 'n "Europese kolonie" te gaan woon
waar die inboorlingbevolking grootliks as 'n "probleem" uitgeskakel is?
Of is dit die "regse" boere wat dieper in Afrika intrek, om daar 'n nuwe
lewe te begin, en waar daar feitlik geen blankes vir myle te siene is nie?
Ek weet nie - ek vra maar net.

Die teoloog en sendeling, Attie van Niekerk, skryf ook in sy boek, "Saam
in Afrika" (in Engels vertaal as "One Destiny - Our Common Future in
Africa"), oor die mense wat - met reg - apartheid veroordeel het, maar
wie nie werklik enige vlak van betrokkenheid met ons Suid-Afrikaanse
problematiek toon nie. Hy haal NP Van Wyk Louw aan, wat al in die
dertigerjare oor die "gemaklik liberale oplossinkies" geskryf het, of
woorde te dien effekte.

Die liberale ekonoom Don Caldwell het ook geskryf oor die verraderlike
rassisme van die westerse lande jeens Afrika. 'n Hele aantal westerse
regerings was die voorbokke in hul veroordeling van ons vorige regering se
rassistiese beleide en skendings van menseregte. Mooi so. Maar dieselfde
lande het terselfdertyd miljoene dollars in "hulp" aan sommige van Afrika
se aakligste diktatorskappe geskenk - direkte regering-tot-regering hulp
wat gehelp het om die booswigte is daardie lande aan bewind te hou. 'n
Goeie voorbeeld is Tanzanie, wat onder Nyerere se waansinnige
"Ujamaa"-beleid miljoene dollar van Kanada, Nederland en die Skandinawiese
lande ontvang het, terwyl dieselfde lande sanksies teen Suid-Afrika
gepreek het. Nyerere is opgehemel as 'n "groot staatsman", terwyl hy sy
eie bevolking onderdruk het, die ekonomie verwoes het, en honderde
politieke gevangenes aangehou en gemartel het. Ons praat nie eens van
Mosambiek, Zimbabwe, Zaire, en talle ander lande nie.

Die verligte boodskap? Ons eis van 'n blanke regering in Afrika dat hy
menseregte, vryheid van die pers en demokratiese waardes sal eerbiedig, en
as hy dit nie doen nie, sal ons sanksies toepas. Maar van 'n swart
regering verwag ons geen sulke dinge nie. Wat anders kan jy dan tog van
'n spul swartes verwag?

Ek praat ook nie Blikkies se sentimente goed nie, alhoewel ek sommige
miskien kan begryp. Ek vra maar dat diegene wat sake van 'n afstand
beskou, miskien nie te gemaklik moet wees met hul morele
meerderwaardigheidshouding nie. Daar is heelwat veranderinge in
"Dienuwesuidafrika" wat ek verwelkom. Daar is ook baie dinge waaroor mens
diep onrustig hoort te wees.

---
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8719 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 05 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina answered:

> Ja, ou Blikkies, jy wat in die ou laertjie in SA gebly het,
> daardie SA bestaan nie meer nie. Ook nie die SA waar die res
> van jou landgenote in gruwelike omstandighede moes bly net
> omdat jy en jou laermaats so lekker nes wou skop in 'n land
> wat aan ander behoort het nie.
> Ek neem aan daar in Los Angeles knip jy ook maar jou oe"
> styf toe vir al die armoede en tragiek van die swartes en die
> meksikane om jou. Trade nog op jou wit vel, neem ek aan. Maar
> dit sal ook nie te lank meer duur nie. Aan die einde van die
> 21ste eeu sal daardie deel waar jy nou bly heeltemal vermeksi-
> kaans het. Het jy al begin Spaans leer?
> Gloudina ( van die walle van die Ottawa-rivier, in die
>Bouwer baie groter land as die VSA na die noorde,
groter in landsoppervlakte en morele
karakter. Lank lewe handel met Kuba!)

ag shame gloudina!
wat n jammerte dat ek n suurpoesie moes optel op die net!!
Always question! Never simply accept and follow!
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8720 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 05 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:

> Ja, ou Blikkies, jy wat in die ou laertjie in SA gebly het,
> daardie SA bestaan nie meer nie. Ook nie die SA waar die res
> van jou landgenote in gruwelike omstandighede moes bly net
> omdat jy en jou laermaats so lekker nes wou skop in 'n land
> wat aan ander behoort het nie.
> Ek neem aan daar in Los Angeles knip jy ook maar jou oe"
> styf toe vir al die armoede en tragiek van die swartes en die
> meksikane om jou. Trade nog op jou wit vel, neem ek aan. Maar
> dit sal ook nie te lank meer duur nie. Aan die einde van die
> 21ste eeu sal daardie deel waar jy nou bly heeltemal vermeksi-
> kaans het. Het jy al begin Spaans leer?
> Gloudina ( van die walle van die Ottawa-rivier, in die
> Bouwer baie groter land as die VSA na die noorde,
> groter in landsoppervlakte en morele
> karakter. Lank lewe handel met Kuba!)
>

Nou nie om Blikkies se sentimente te verdedig nie, maar:

Jy het tevore beweer jou enigste agenda is jou (lofwaardige) program van
gedigte, Gloudina?

Die tema hierbo is mos 'n leitmotief wat al dikwels tevore onder jou adres
verskyn het.

Groete, Leendert
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8721 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 05 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> In article ,
> blik...@aol.com says...
>>
>
>
>> met die Oranje Blanje Blou vlag op hulle bumper sien.(Ja, hier is n paar
>> wat "b_lls" genoeg het om dit te waag!
>> Ek besef maar net dat die SA waar ek na heimwee het, LANK gelede opgehou
>> bestaan het en dit net dit sal bly: n mooi herinnering!
>
>
> Ja, ou Blikkies, jy wat in die ou laertjie in SA gebly het,
> daardie SA bestaan nie meer nie. Ook nie die SA waar die res
> van jou landgenote in gruwelike omstandighede moes bly net
> omdat jy en jou laermaats so lekker nes wou skop in 'n land
> wat aan ander behoort het nie.

Hiedie land behoort aan my, en aan die ander mense wat hier bly. Word wakker
ou Gloudina, ek het niemand se land probeer steel nie. Ek si hier gebore, my
voor geslagte is hier gebore, en hulle het hard gewerk in die land. Jy self
het jou ou goetertjies gevat en gewaai toe dinge bietjie erg geraak het, en
nou sit jy lekker in ander land en gal braak oor hoe ons die swarttes sou
onderdruk het. Jy het self van die vette van die land geleef, jou
universiteits opleiding gekry jou gat ingepak en gewaai. Jy is 'n mooi een om
te preek, jou seun is self besig om ten spyte van sy oorsese bande, besig om
aan 'n Suid Afrikaanse Universiteit op die koste van die SA belasting betaler
homself verder te bekwaan. Gaan hy hier bly? As ek na jou luister glo ek nie
so nie!

So wat sien jy Kanada as - is jy deel van daardie land of is jy nou 'n ewige
plakker op ander mans grond?

> Ek neem aan daar in Los Angeles knip jy ook maar jou oe"
> styf toe vir al die armoede en tragiek van die swartes en die
> meksikane om jou. Trade nog op jou wit vel, neem ek aan. Maar
> dit sal ook nie te lank meer duur nie. Aan die einde van die
> 21ste eeu sal daardie deel waar jy nou bly heeltemal vermeksi-
> kaans het. Het jy al begin Spaans leer?

As ons ons net moet bekommer oor die armes van die wereld sal ons permanent in
trane wees, sien nou weer die Tutsis wat al weer moet hardloop voor die
standaard Afrika manier van dinge doen - die geweer voor die stembus. (Breek
jou hart as jy klein kindertjies alleen sien aansukkel sonder ouers.) Maar wat
kan ons doen - dis deel van die Afrika dinamiek wat nie in ons leeftyd opgelos
sal word nie! En vra maar vir die klomp 'Aid Workers' - dit is soos poep teen
donderweer - more val die klomp Kongolese mekaar weer aan en dan begin die ou
hele ding van voor af.

Lekker om te praat van ander se wit vel, jy wat in 'n oorheersend wit land
bly. Moet seker moeilik wees vir jou ne, jy wat die ou wit velletjie waarmee
die lewe jou opgesaal het so haat! In elk geval Suid Afrika sal seker een van
die dae oorheersend Zoeloe wees aangesien hulle as die grootste groep ook dan
die vinnigste groei! In elk geval ek dink nie Blikkies hoef te worry oor die
spaans nie, hy sal dan lankal na beter oorde verhuis het!

Lou
Suid Afrikaner
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8722 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 05 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
blik...@aol.com says...
>

> met die Oranje Blanje Blou vlag op hulle bumper sien.(Ja, hier is n paar
> wat "b_lls" genoeg het om dit te waag!
> Ek besef maar net dat die SA waar ek na heimwee het, LANK gelede opgehou
> bestaan het en dit net dit sal bly: n mooi herinnering!

Ja, ou Blikkies, jy wat in die ou laertjie in SA gebly het,
daardie SA bestaan nie meer nie. Ook nie die SA waar die res
van jou landgenote in gruwelike omstandighede moes bly net
omdat jy en jou laermaats so lekker nes wou skop in 'n land
wat aan ander behoort het nie.
Ek neem aan daar in Los Angeles knip jy ook maar jou oe"
styf toe vir al die armoede en tragiek van die swartes en die
meksikane om jou. Trade nog op jou wit vel, neem ek aan. Maar
dit sal ook nie te lank meer duur nie. Aan die einde van die
21ste eeu sal daardie deel waar jy nou bly heeltemal vermeksi-
kaans het. Het jy al begin Spaans leer?
Gloudina ( van die walle van die Ottawa-rivier, in die
Bouwer baie groter land as die VSA na die noorde,
groter in landsoppervlakte en morele
karakter. Lank lewe handel met Kuba!)
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8723 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 05 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ja, ou Blikkies, jy wat in die ou laertjie in SA gebly het,
> daardie SA bestaan nie meer nie. Ook nie die SA waar die res
> van jou landgenote in gruwelike omstandighede moes bly net
> omdat jy en jou laermaats so lekker nes wou skop in 'n land
> wat aan ander behoort het nie.
> Ek neem aan daar in Los Angeles knip jy ook maar jou oe"
> styf toe vir al die armoede en tragiek van die swartes en die
> meksikane om jou. Trade nog op jou wit vel, neem ek aan. Maar
> dit sal ook nie te lank meer duur nie. Aan die einde van die
> 21ste eeu sal daardie deel waar jy nou bly heeltemal vermeksi-
> kaans het. Het jy al begin Spaans leer?
> Gloudina ( van die walle van die Ottawa-rivier, in die
> Bouwer baie groter land as die VSA na die noorde,
> groter in landsoppervlakte en morele
> karakter. Lank lewe handel met Kuba!)

Gloudina, ek voel diep beswaard. Rassisme is om na iemand se velkleur
te kyk om so jou optrede te bepaal. Wanneer ek 'n mens in sy armoede
wil help, kyk ek na sy armoede en nie na sy velkleur nie. Om iemand
wat armoedig is te sien, maak my baie beswaard, maar nie so beswaard
as om iemand wat rassisties is te sien nie.

Is dit verkeerd om 'n voorsprong op ander mense te h^e. Nee. Dit is
alleen verkeerd om ander mense van 'n voorsprong te weerhou of ht
voorsprong te vergroot ten koste van ander mense. Wat gee 'n mens
die voorsprong?
Jou velkleur? Nee.
Jou godsdiens? Nee.
Jou politiek? Nee.
Jou volkskap? Nee.
Jou materiele besttings? Nee.
Jou woonplek? Nee.
Alleenlik maar jou kreatiwiteit wat 'n genade van God is.

Kreatiwiteit het nie 'n velkleur nie.
Kreatiwiteit het nie 'n kerk nie.
Kreatiwiteit is nie 'n politieke speelbal nie.
Kreatiwiteit volg nie 'n geslagregister nie.
Kreatiwiteit kan nie gekoop word nie.
Kreatiwiteit kan nie vasgepen word deur kaart-en-transport nie.
Kreatieiteit word alleenlik maar geleer, nog 'n genade van God.
Is dit nie wat jy met jou gedigte probeer leer nie?

Beste wense
At de Lange
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8732 is 'n antwoord op boodskap #8709] Do, 06 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
OK mense, moet nie almal gelyk op my spring
nie. En wat het ek nou so verkeerd gedoen? Ek
het vir iemand in die VSA gesê om op te hou
koning kraai omdat hy nou so slim gewees het
om uit SA te gaan. Dan praat hy van die ou SA
wat so lekker gewees het. Watter ou SA was so
lekker? Dit sou dieselfde gewees het as ek sit
en koning kraai omdat ek hier in die lieflike
land Kanada sit. In hierdie lieflike land waar die
wit Franse en die wit Engelse met mekaar stry
oor wie nou baas is, terwyl die eerste nasies moet
smeek vir aandag.
Al wat ek kan sien waarvoor ek betig kon word,
is om vir die ou daar in Los Angeles te sê Kanada
is op die morele hoëer grond wanneer dit kom by die
kwessie van Kuba. Kanadese is siek daarvan om deur
die Amerikaners gesê te word waar hulle kan handel
en waar nie. Net omdat Clinton bang is vir die stem-
krag van die Kubaanse ekspatriate, moet almal nou
die Helms-Burton wet gehoorsaam. Die Europese Unie
weier, Kanada weier. Lank leef Kuba (met of sonder
kommunisme.)
Maar ek dink sommige van julle het julle private
agenda gehad deur vir my oor die kole te probeer haal.
Julle wou uitwys dat ekspatriate tog maar hulle mond
moet hou oor Afrikaanse sake. Ek sien nie hoekom nie.
Ek het 'n belangrike en kosbare deel van my lewe in
SA deurgebring, en het nog familie en vriende in 'n
altyd nouer-saamgebinde kuber-SA. Een van my kinders
is op die oomblik in SA. Ek het die reg om te praat. Te
praat van �die ou Suid-Afrika� en ek het die reg om te
praat van �die nuwe Suid-Afrika.� En ek weet die nuwe
bedeling is nie altyd perfek nie. Maar daar is 'n hele klomp
meer kans vir oopheid en regverdigheid en groei as in
daardie dae toe ons verstik het en erens heen moes gaan
om weg te kom. Daardie dae was daar 'n duiwel los, en
enigiemand wat dit nie wil weet nie, doen sy Afrikaner-
skap oneer aan. Dit was nie Afrikaners wat sulke dinge
gedoen het nie. Dit was skorre-morries. Die enigste ding
wat Afrikaners verkeerd gedoen het, was om vir hulle te
laat terroriseer deur lede van daardie bendes.
Nou lees ek vandag in Januarie se De Kat ( wat ek
twee maande laat per seepos ontvang) van die eerste
nie-wit vrou wat 'n boek in Afrikaans publiseer. So
Afrikaans gaan dit tog maak!

Gloudina
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8733 is 'n antwoord op boodskap #8709] Do, 06 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
>In elk geval ek dink nie Blikkies hoef te worry oor die
> spaans nie, hy sal dan lankal na beter oorde verhuis het!

Lou
Suid Afrikaner

Nee wat Lou, ek leer wel spaans, want in my werk is meeste van my kliente
spaans.
Sover dit tant Goudina aangaan, ek het n paar van haar (soos hulle is
Yiddish dit so goed se:) 'verkackte' gediggies gelees.
Wel, as mens moet land uit vlug sodat jy daai tipe van drek op die net
uitkots, dan is dit seker maar beter dat sy land uit is!
Ek veronderstel dat daar n diep gevoel van neid teen n 'landsman' in n
ander land is, jammer tog, want ons vloek tog maar dieselfde vloeke as ons
ons duime met n hamer raakslaan!!
Always question! Never simply accept and follow!
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8739 is 'n antwoord op boodskap #8709] Vr, 07 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf,

> ............................ En ek is nie so seker dat
> 'n klomp van die huidige intriges nie gevuur word
> deur Franse en Belgiese belange in daardie deel
> van die wereld nie. So kom ons los nou maar
> Sentraal Afrika uit.

Ek is nie so seker dat Suid Afrika nie gevrywaar is van dieselfde
intriges nie. Dit het reeds voorheen gebeur met byvoorbeeld die
Tweede Vryheidsoorlog. Daarom is dit goed dat ons die oog op die
res van Afrika hou om seker te maak wat aan die gang is.

> (3) Ja, somtyds is ek skaam vir my wit vel, of skaam
> dat ek aan 'n groep behoort wat soveel skade aan
> die wereld gedoen het in hulle arrogansie, reg van
> die sewentiende eeu af tot aan die einde van hierdie
> eeu. Dit maak my somtyds letterlik siek op my maag.

Dit is veel erger met my as met jou. Ek is dikwels skaam dat ek
'n mens is wanneer ek besef hoeveel skade mense aan mekaar en aan
hierdie ou aardse woning van ons gedoen het. Deur wyd genoeg te
lees, kom 'n mens onder die besef dat 'n mens se gene nie 'n
waarborg is dat 'n mens so laag kan daal nie. Van die ooste tot die
weste an van die noorde tot die suide maak mense hulle skuldig aan
beskadiging. DIT GEBEUR ONGEAG HULLE HERKOMS. As ons dan hierdie
proses van beskadiging wil omkeer, moet ons nie dink dat herkoms die
oorsaak is nie. Sou ons dit wel doen, sal ons niks regkry nie, maar
selfs meedoen aan die beskadiging.

> Ons kyk nou die dag na die series �Rhodes.� Daar
> wys hulle hoe Jameson (die een van die �Jameson
> Raids�), 'n dokter, vir Lobengula aan morfine verslaaf
> gemaak het, toe Lobengula nie die minerale regte aan
> die Engelse in Matabeleland wou gee nie. Ek wonder
> of die Romeine so gewetenloos gewees het met ons
> voorouers daar in Europa, toe hulle baas was en die
> Germaanse stamme

Hulle was, gaan lees maar. Net romeinse burgers is as mense behandel
en nie as diere nie. Maar die wiel het ook vir hulle gedraai met die
opkoms van die Vandale.

> ........................... nog rondgehardloop het met blou
> klei op hulle mae.

Snaaks hoe hierdie storie (oorspronklik gerig teen die Vandale)
van kaalbas, kleibesmeerde germane wat in gate gewoon het, bly
voortbestaan het ten spyte van al die opstapelende argeolgiese
gegewens. Kan dit dalk wees dat daar steeds iewers mense met 'n
geheime agenda is?

> ..................... Al wat verander het, is dat die veld
> nou 'n bietjie gelyker is vir al die inwoners van die
> land, en dat daar nie meer moord en doodslag en onreg
> nou plaasvind in SA as toe hy uit die land uit is nie.
> SA, sover ek kan sien, is ook nie besig om in 'n swart
> donga in te val nie.

Jy kan beslis nie sien nie. Eerstens, gaan lees die syfers oor
misdaad soos roof, verkragting, moord oor die afgelope dertig
jaar. Tweedens gaan lees die syfers oor die ekonomiese toestand
van die land oor die dertig jaar. Derdens, gaan lees die syfers
oor die gesondheid van die land oor die afgelope dertig jaar.
Vierdens, gaan lees die syfers oor godsdiens oor die afgelope
dertig jaar. Vyfdens, gaan lees die syfers oor emigrasie/immigrasie
die afgelope dertig jaar.

Miskien lieg al hierdie syfers. Miskien is dit nie so erg nie.
Miskien is dit erger. Daarom, kom terug na die daaglikse lewe in
die land en vind uit wat aangaan. Ry op ons paaie of spoorwee en
beleef die verval. Dis nog net op die snelwee wat diere nog nie
rondloop nie. Gaan gee onderwys in ons skole en beleef die verval.
In party skole gaan daar niks goeds meer aan nie. Gaan vir
behandeling in ons hospitale en klinieke en beleef die verval.
Gaan kyk wat op ons plase, myne en industriee aangaan. Gaan loop
langs Krokodil agter Messina of die Gariep onderkant die Augrabies
en kyk wat daar opstapel. Gaan loop langs bo-op die kranse by die
eens skone Kowynspas en word so naar dat jy kots.

Die mees belangrikste, moet niks vir soetkoek opvreet nie, selfs
nie wat ek hierbo geskryf het nie. Wat kos waarheid - die prys van
'n koerant of 'n tydskrif? Die waarheid is dat die waarheid nie
gekoop kan word nie. Die waarheid moet ervaar word omdat die
Waarheid die Lewe is. As ons wil loskom van hierdie verval in ons
land, moet ons weet wat die waarheid is omdat net die waarheid ons
kan vrymaak.

> ......................... Nie volgens ons familie en vriende
> wat in SA bly nie. Definitief nie volgens De Kat, wat
> ek nou gereeld lees nie.

Iewers is daar 'n groot skroef los! Is dit dalk 'n sameswering
teen jou? Is dit dalk my geestesgesondheid? Wat is die rede vir
jou en my uiteenlopende indrukke van wat in die land gebeur?

Wees van een ding verseker.
Punt B: Ek wil graag he dat Suid Afrika die beste land in die
wereld moet wees om in te woon vir elkeen van sy inwoners.
Ek spits my werk daarop.
Maar om by punt B uit te kan kom, moet jy weet waar jou vertrekpunt
A is. Waar is punt A?

Beste wense
At de Lange
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8740 is 'n antwoord op boodskap #8709] Vr, 07 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina ( van die walle van die Ottawa-rivier, in die
> Bouwer baie groter land as die VSA na die noorde,
> groter in landsoppervlakte en morele
> karakter. Lank lewe handel met Kuba!)
>
>

Ja, ek hou van Kuba, Vok die Amerikaners. Hulle wil gedurig
voorskryf wat ander lande moet doen. Hulle blou Moere.

Fidel Castro is my goeie vriend. Clinton is 'n poephol.
Ek en Fidel het al lekker gesels en sigaar gerook.
Hy is 'n waardige ou man wat baie vir sy land gedoen het.

Vriendelike Groete
Re: van biltong en droeewors... [boodskap #8741 is 'n antwoord op boodskap #8709] Vr, 07 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina skryf o.a:

[knip]

> Al wat ek kan sien waarvoor ek betig kon word,
> is om vir die ou daar in Los Angeles te sê Kanada
> is op die morele ho=94er grond wanneer dit kom by die
> kwessie van Kuba. Kanadese is siek daarvan om deur
> die Amerikaners gesê te word waar hulle kan handel
> en waar nie. Net omdat Clinton bang is vir die stem-
> krag van die Kubaanse ekspatriate, moet almal nou
> die Helms-Burton wet gehoorsaam. Die Europese Unie
> weier, Kanada weier. Lank leef Kuba (met of sonder
> kommunisme.)

Met die Kuba-storie kan ek nogal saamstem. My swaer doen heelwat sake in
Kuba, en van wat hy my vertel, is die Amerikaanse beleid ook sinneloos.
Soos sanksies teen Suid-Afrika destyds.

Maar die storie van Kanada synde op morele ho"er grond laat my dink aan
iets wat 'n vriend eenmaal gesê het (en wat strook met my eie kort
ervaring van Kanada):

"The Canadians are a nation which suffer from terminal self-righteousness"

:-)

Dit gebeur seker as mens in die wêreld se tweede grootste land woon,
met 'n bevolking so groot soos Suid-Afrika s'n (waarvan 90% binne
100 myl van die Amerikaanse grens woon), en wat feitlik grenslose
natuurlike hulpbronne het.

> Maar ek dink sommige van julle het julle private
> agenda gehad deur vir my oor die kole te probeer haal.

Miskien probeer sommige van ons net uitvind wat jou private agenda is.

> Julle wou uitwys dat ekspatriate tog maar hulle mond
> moet hou oor Afrikaanse sake. Ek sien nie hoekom nie.

Daar is wel redes waarom dit wel goed is om maar versigtig te wees
as mens uit 'n afstand vir mense in Suid-Afrika kritiseer.
(Let wel: Ek sê "versigtig" - dit beteken nie dat jy *niks* kan
sê nie - mens moet net 'n bietjie begrip aan die dag l^e).

As jy nou wel na 'n ander land in Afrika verhuis het, sou jou
kritiek miskien meer geloofwaardigheid gehad het. Die ou Afrikaanse
spreekwoord, "Die beste stuurman staan aan wal", is hier van toepassing.
Mag ek voorstel dat jy Attie van Niekerk se "Saam in Afrika" (Tafelberg,
1992, dink ek) in die hande kry en lees. Dit is deur iemand geskryf wat
hom sterk met die anti-apartheidsbeweging ge"identifiseer het. Nie dat ek
met alles saamstem wat hy skryf nie, maar hy laat mens tog 'n bietjie
dink.

> Nou lees ek vandag in Januarie se De Kat ( wat ek
> twee maande laat per seepos ontvang) van die eerste
> nie-wit vrou wat =91n boek in Afrikaans publiseer. So
> Afrikaans gaan dit tog maak!=20

Wel, oor De Kat sal ek nou liewers nie te veel sê nie .....
---
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8742 is 'n antwoord op boodskap #8709] Vr, 07 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
lo...@hotmail.s_p_a_m.com says...

Lou, ja, ek het gewag vir die ander skoen om te val!

(1) Ek merk op die verwysing na die Sentraal
Afrikaanse tragedie - en ek weet ek moet dit
lees "die swartmense kan hulself nie regeer
nie." Jy praat van "die geweer voor die stem-
bus" as die "standaard Afrika manier." Ja,
ou Lou, veral in suidelike Afrika. Onthou hul
het eers stembusse in 1994 in SA ingevoer.
(Voor die tyd was daar net sulke "fake" verkiesings
vir die amusering van die wittes.) Vergeet ook nie
dat die tragedie wat hom nou in Sentraal Afrika
afspeel, 'n direkte gevolg is van die gewetenlose
manipulering van daardie streek deur veral die
Belge en die Franse nie. En ek is nie so seker dat
'n klomp van die huidige intriges nie gevuur word
deur Franse en Belgiese belange in daardie deel
van die wêreld nie. So kom ons los nou maar
Sentraal Afrika uit.
(2) Oor my seun wat op "regeringsonkoste" by UCT
studeer: Jy weet seker nie dat byna alle een-jaar
MBA kursusse in die westerse wêreld besigheids-
ondernemings is wat vir hulleself moet betaal nie.
Dit vertaal in baie hoë studentegelde. My seun
moes ook 'n $2000 deposito maak net om 'n visa
vir studeer in SA te kry. So moet tog nie vir jou
bekommer dat jy vir hom betaal nie. Hy bring vir
jou dollars in die land in. Ek hoop jy is bly daaroor.
(3) Ja, somtyds is ek skaam vir my wit vel, of skaam
dat ek aan 'n groep behoort wat soveel skade aan
die wereld gedoen het in hulle arrogansie, reg van
die sewentiende eeu af tot aan die einde van hierdie
eeu. Dit maak my somtyds letterlik siek op my maag.
Ons kyk nou die dag na die series "Rhodes." Daar
wys hulle hoe Jameson (die een van die "Jameson
Raids"), 'n dokter, vir Lobengula aan morfine verslaaf
gemaak het, toe Lobengula nie die minerale regte aan
die Engelse in Matabeleland wou gee nie. Ek wonder
of die Romeine so gewetenloos gewees het met ons
voorouers daar in Europa, toe hulle baas was en die
Germaanse stamme nog rondgehardloop het met blou
klei op hulle mae.
(4) Oor die omie daar in Los Angeles. Hy vertel jou maar
nie dat hulle ook meerendeels agter ystertralies moet
lewe net soos die mense daar in SA deesdae nie. En
as hy so praat van die SA wat hy geken het wat nou
verdwyn het, vertel vir hom die ver verlate vlaktes is
nog net so mooi soos toe hy daar weg is, die mense is
nog net so gasvry. Al wat verander het, is dat die veld
nou 'n bietjie gelyker is vir al die inwoners van die
land, en dat daar nie meer moord en doodslag en onreg
nou plaasvind in SA as toe hy uit die land uit is nie.
SA, sover ek kan sien, is ook nie besig om in 'n swart
donga in te val nie. Nie volgens ons familie en vriende
wat in SA bly nie. Definitief nie volgens De Kat, wat
ek nou gereeld lees nie. Vra vir die omie of hy weet
dat die hawe-ontwikkeling daar by die Breekwater
in Kaapstad baie beter is as "Fisherman's Wharf" daar
in San Fransisco. (Dit laat my wonder, Lou. Weet jy
my seun word daar by die Breakwater Campus gehuis-
ves in 'n tronk, kompleet met martel-kamers, de lot.)

Gloudina
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8750 is 'n antwoord op boodskap #8709] So, 09 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Andre Els  is tans af-lyn  Andre Els
Boodskappe: 4
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Fidel Castro is my goeie vriend. Clinton is 'n poephol.
> Ek en Fidel het al lekker gesels en sigaar gerook.
> Hy is 'n waardige ou man wat baie vir sy land gedoen het.

Soos wat, Hmmm?
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8754 is 'n antwoord op boodskap #8709] Ma, 10 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Daar bestaan 'n neiging onder somminge mense om hulle eie sienings
te verhef tot die absolute en dan wyd en syd kritiek te saai
teen diegene wat nie daarvolgens lewe nie. Die moderne
neiging van politieke korrektheid is 'n simtoom daarvan.

Gloudina skryf:

> (1) Ek merk op die verwysing na die Sentraal
> Afrikaanse tragedie - en ek weet ek moet dit
> lees die swartmense kan hulself nie regeer
> nie. Jy praat van die geweer voor die stem-
> bus as die standaard Afrika manier. Ja,
> ou Lou, veral in suidelike Afrika. Onthou hul
> het eers stembusse in 1994 in SA ingevoer.
> (Voor die tyd was daar net sulke fake verkiesings
> vir die amusering van die wittes.)

Verkiesings is 'n pot strooi! Onlangs was hier 'n referendum
in Toronto gehou waarin die inwoners moes stem of hulle wil
he dat toronto met sy omliggende stadrade moet saamsmelt om
een groot Mega-stad te word. Die resultaat daarvan was dat
die meesderheid van die inwoners teen die samesmelting gekant
is. Ten spyte daarvan gaan die premier van Ontario voort met
sy besluit om die samesmelting deur te voer. Waar is die
demokasie dan nou? Is dit dan nie Kanada hierdie nie?

Die klomp Noord Amerikaners dink omdat ten minste een keer
elke vier jaar kan stem het hulle demokrasie. Maar dis twak. Die
woord 'demokasie' beteken dat die volk regeer. Die volk is dus
veronderstel om in beheer te wees van hoe 'n land regeer word.
Dis egter nie die geval nie. Mens kan nie 'n kar bestuur deur net
een keer elke vier minute vlugtig aan 'n stuurwiel te raak nie.

Nou word hierdie sogenaamde `demokrasie' opgehemel asof dit heilig
is. Die westerse wereld druk dit in almal se kele af. Dis ironies dat
onder al die dinge wat die westerlinge in Afrika ingebring het, hierdie
sogenaamde `demokrasie' ook een is. En net soos met die ander goed
is dit ook in die arme mense se kele afgeforseer. Lande word gestraf
as hulle dit nie implementeer nie. In die Afrika lande waar hierdie
sogenaamde demokrasie geimplementeer is gaan dit gladnie noodwendig
baie goed nie. Hierdie bestuursvorm was nooit deel van hulle kultuur nie.
Maar die westerlinge is so arrogant om vir die mense in Afrika voor te
skryf wat hulle kultuur moet wees. Vir wat? Op grond waarvan kan
een kultuur 'n ander oordeel?

Hierdie klomp Kanadese is oningelig en steek hulle neuse by plekke in
waar dit nie hoor nie.

> (3) Ja, somtyds is ek skaam vir my wit vel, of skaam
> dat ek aan n groep behoort wat soveel skade aan
> die wereld gedoen het in hulle arrogansie, reg van
> die sewentiende eeu af tot aan die einde van hierdie
> eeu. Dit maak my somtyds letterlik siek op my maag.
> Ons kyk nou die dag na die series Rhodes. Daar
> wys hulle hoe Jameson (die een van die Jameson
> Raids), n dokter, vir Lobengula aan morfine verslaaf
> gemaak het, toe Lobengula nie die minerale regte aan
> die Engelse in Matabeleland wou gee nie. Ek wonder
> of die Romeine so gewetenloos gewees het met ons
> voorouers daar in Europa, toe hulle baas was en die
> Germaanse stamme nog rondgehardloop het met blou
> klei op hulle mae.

Net soos mens nie een kultuur vanuit 'n ander kultuur kan
veroordeel nie kan mens ook nie die sienings van een tydperk
opgrond van die sienings van 'n ander tydperk veroordeel nie.
Ons het beslis nie op hierdie stadium alle kennis in pag nie. Dus
kan ons nie sê ons huidige sienings is absoluut korrek nie. Dit
is slegs gelding vir hierdie tyd waarin ons lewe. Om mense van
'n ander tyd te veroordeel op grond van hoe ons nou oor dinge
dink is sinneloos. Dit geld selfs vir 3 tot 4 dekades terug toe die
mense apartheid goedgepraat het.

Groete
Stef
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8755 is 'n antwoord op boodskap #8739] Ma, 10 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Attie, vir jou wil ek net een ding vra:
Wat is die ergste:

Dat jy lekker en veilig en bevoordeeld in jou knus enklave leef,
terwyl die res van die land moet toekyk en krepeer? of
Dat mens maar af en toe op 'n stamperige pad ry, 'n bietjie van die
(kollektiewe?) skuld afbetaal met belasting en maar 'n alarm in jou
huis installeer?

Hoewel laaste opsie geensins as ideaal beskou kan word nie, het dit
darem een voordeel bo die eerste: gebrekkig soos die stelsel wel is,
hou dit ten minste die skrale moontlikheid dat dinge uiteindelik kan
regkom.

kakkies
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8756 is 'n antwoord op boodskap #8709] Ma, 10 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gluodina skryf.

> Beste At de Lange,
> Dankie vir die antwoord op my opmerkings.
> Jy kan nie besef hoe ek dit waardeer om jou oor
> dinge te hoor praat nie.
Ons noet oor hierdie dinge praat (dialoog voer). Daar is veral
vier maniere oor hoe ons meer oor die lewe te wete kom:
* 'n dialoog te voer,
* 'n spel op te speel
* 'n eksemplaar te bestudeer en
* 'n probleem op te los.

> Jy is, lyk dit vir my, baie kundig oor plekke en plante.
> (Sal nogal nie omgee om te hoor in watter veld jy navorsing
> doen nie!)

Elke stukkie wereld waar daar vetplante is. Vetplante is
wonderlike eksemplare om meer van die lewe te wete te kom. Om hulle
te kan groei sodat hulle net soos hulle broers in die veld aard, is
'n omvangryke probleem om op te los.

> Weet dus dat wat ek sê, ek met die grootste eerbied wil sê. So het ek jou getakseer.
> En ek mag in baie gevalle net bloot verkeerd wees. Maar
> (1) Sien julle nie nou maar net die gesig van Afrika
> wat in die apartheidsjare teruggedwing is in
> stamlande en "lokasies" en agterbuurtes nie?
> Dit wil sê: was 'n bietjie van wat jy nou ervaar
> nie maar altyd die lot van 90 persent van jou
> landgenote nie?
Ja en nee.

Ja, as gevolg van die wet van omgekeerde luste. Die lus om te
ONTLUIK soos om te leer en te skep, is omgekeerd eweredig aan
die lus om te VERVAL soos om te verguis en te verniel. Die wet
geld nie net vir die 'nonwhites' gedurende die apartheidsjare
nie. Die lus om te ontluik (emerge) het nou selfs onder baie
'whites' afgeneem sodat die lus om te verval (immerge) onder
hulle toe geneem het.

Nee, dit het nie so droewig onder die 'nonwhites' gegaan as nou
nie. Die lus om te SELF te ontluik het verder afgeneem en daarmee
saam het die lus toegeneem om te vat wat wat nie self deur jou
ontluik het nie.

> ..... Het die Afrikaner maar nie net
> vir te lank in 'n soort "cloud cuckoo land" gebly
> nie?

Ja. In die sin van dr Rupert. Hy het gese dat 'n mens nie rustig
kan slaap as jou buurman honger gaan slaap nie.

> ..... En was die apartheidsbeleide nie 'n impedi-
> ment vir die ontwikkeling van 'n oper, eerliker en
> veiliger sosiale struktuur vir almal nie?

Die voorstanders van apartheid het openheid verpes. Maar
ongelukkig praat baie van die huidige voorstanders van
openheid een ding, maar doen hulle 'n ander ding. Openheid is
een van sewe dinge wat kreatiwiteit bevorder. Openheid is dus
'n essensie. Elkeen van hierdie essensies moet onvoorwaardelik
bevorder word. Dit help nie as jy een van die sewe essensies
bevorder nie, maar die ander ses nalaat nie. Dit help nie as jy
al sewe bevorder, maar elkeen van hulle voorwaardelik nie. So
byvoorbeeld word openheid vandag selektief toegepas en nie
onvoorwaardelik nie.

> (2) Wanneer jy van die syfers oor byvoorbeeld verkragting
> en gesondheid praat, is deel van die hoëer getalle nie
> ook as gevolg van beter rapportering nie? Omdat die
> klimaat in SA nou baie meer simpatiek is vir vroue-
> belange, sal baie meer vroue begin om te rapporteer
> wat vir hulle onaanneemlik is.

Ek is baie gevoelig vir statistiek. Alhoewel dit oorspronklik
bedoel was om verkeerde persepsies te verhoed, word dit meestal
gebruik om bestaande persepsies te versterk. Dit is sekerlik so
dat die statistiek vir verkragting veel betroubaarder is as
vroeer om die redes wat jy aangegee het. Dit kan self vir ander
vorme van misdaad so wees om ander redes. Daarom het ek na ander
statisitek as net die' vas misdaad verwys. Dit is om die geheel
in die prent te kan sien.

> (3) Ek het regtig moeilikheid met te glo dat spesifiek die
> wit Afrikaner so geweldig ly in die huidige toestande.

Dit hang af waar jy woon en met wie jy omgaan wat jou persepsies
is - ook hoe ver jy van lyding af is en of jy nie alreeds daarmee
bekend geraak het nie. Rykdom en emigrasie verleen beskerming, maar
net tot 'n punt. Daarna help dit selfs nie meer nie.

> Vanoggend nog kry ons 'n brief van iemand wat sê
> dat sy die nuwe SA te opwindend vind om te dink
> aan emigreer. Ons familie reis doodgewoon op die
> paaie, so ek het al opgehou om tien dode te sterf elke
> keer as iemand sê hy gaan hierheen of daarheen.

As 'n mens nie met valko"e bestuur nie, het jy weinig hoop.

> Vriende lyk dit my het genoeg geld om telkens oorsee
> te reis: die Verre Ooste, Rusland, Skandinawiëe. ( Ek
> kry die indruk Afrikaners reis meer as die deursnee
> Kanadees.) Wat gaan aan?

Ek persoonlik beskou reise na die vreemde as uiters belangrik.
Dit verbreed jou insigte. Maar om dit te kan doen, moet ek ander
luukshede beperk. Miskien begin ander dit ook doen.

> ..... My suster stuur vir ons nou
> die dag 'n uittreksel uit die Afrikaanse e-pos lys. Daar-
> in sê "Antonie" dat daar gladnie so baie geweld in
> die Kaap is nie en dat die nie-blanke armes meer onder
> die geweld ly as die wittes, wat hulle daarteen beskerm.

Dit is waar. Maar wat veral waar is dat almal al hoe meer onder
geweld lei. Of die skaal vir jou van 7 na 4 toe of van 4 na 1 toe
geval het, die verandering van -3 is die essensie van die saak.
Wat geweld en die rykes betref, soos hierbo sê ek weer dat geld
ook by geweld nie meer reg kan maak wat krom is nie.

> Sulke informasie kom van die e-poslys. Wie moet ek
> glo? Johannesburg was altyd 'n gevaarlike plek. Ek
> weet daar is baie kapings. Maar skiet hulle sommer
> so vir mekaar op die snelweëe net vir die lekkerte, soos
> hulle in Los Angeles doen?

Ja. En sommer nou ook in die eens wit rustige voorstede. Dit het
Saterdagnag een blok van my huis af gebeur.

> Ek voel intuitief aan dat jy die land en al sy inwoners diep
> liefhet, en ek weet dit is mense soos jy wat nie moet moed-
> opgee nie, maar moet werk vir 'n beter dag.

Dit is so. Ek is 'n patriot. Maar ek het ook die insig dat slegs
'n verhoging van ons almal se kreatiwiteit die verslegtende toestand
sal kan omswaai. En dit kan net met God se genade gebeur wat almal
oor die hele wereld se samewerking insluit.

> Vir jou stuur
> ek hierdie stukkie William Blake, die digter wat ek beskou
> as my geestelike leermeester.

> "What is the price of Experience? do men buy it for a song?
> Or wisdom for a dance in the street? No, it is bought with the
>
> price
> Of all that a man hath, his house, his wife, his children.
> Wisdom is sold in the desolate market where none come to buy,
> And in the wither'd field where the farmer plows for bread in
>
> vain.
> It is an easy thing to triumph in the summer's sun
> And in the vintage & to sing on the waggon loaded with corn.
> It is an easy thing to talk of patience to the afflicted,
> To speak the laws of prudence to the houseless wanderer,
> To listen to the hungry raven's cry in wintry season
> When the red blood is fill'd with wine & the marrow of lambs.
> .....
> It is an easy thing to rejoice in the tents of prosperity:
> Thus could I sing & thus rejoice: but it is not so with me."
> (The Four
> Zoas)

Baie dankie. Dis baie waar. Wysheid kan nie gekoop word nie. Dit
kan net vanuit die innerlike ontluik. Alhoewel voorspoed ons almal
se ideaal moet wees, kan ons nooit swaarkry vermy nie. Egtheid kom
alleen deur swaarkry.

Weet jy waar ervaar ek hierdie waarhede die meeste? Deur my kontak
met die mense van die barre wêrelde soos Boesmanland en die Kalahari.
En laat dit vir jou 'n troos wees. Dit is nie net by witmense wat
ek dit ervaar nie, maar ook by die bruinmense.

Beste wense
At de Lange
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8757 is 'n antwoord op boodskap #8709] Ma, 10 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ja, ou Gloudina, jou gediggies-obsessie sal my altyd laat wonder, maar
met jou relaas in hierdie bespreking dink ek nou effe anders oor jou.
Jy het nou baie meer respek gewen.

groete

kakkies
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8766 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
In article blik...@aol.com (Blikkies) writes:
> From: blik...@aol.com (Blikkies)
> Subject: Re: van biltong en droeewors....
> Date: 11 Mar 1997 09:31:20 GMT

> mense, ek sou NOOIT geskryf het oor hoe ek biltong mis, as ek geweet het
> dat daar soveel mense op die wa sou spring nie!
> anyway, my verwysing na Gloudina as n suurpoesie- ek het nie die
> kappietjies op die plek gesit waar dit moes wees, en n vriend in Frankryk
> het my net lelik uitgetrap daaroor. Ek het haar blykbaar, volgens hom,
> lelik sleg gese! the word i was trying to use, is the afrikaans for
> poetry!! nie die vrou se hoesenaam nie!!
> Sorry Gloudina, as jy dit ook so gelees het!

Blikkies, dis nou die skoenlapper effek op sy beste. Die skoenlapper effek
verwys na onomkeerbare selforganisasie wat dikwels 'n klein begin het.

Die lug krul.
Die verhoog is reg.
Ons wag op die drama.
'n Skoenlapper fladder verby.
Doer op 'n ander plek steek die storm op.
Uiteindelik oorweldig dit selfs ons.

Beste wense
At de Lange
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8767 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Mar 1997 18:05:38 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za
(kakkies) wrote:

[/color]
> Dat jy lekker en veilig en bevoordeeld in jou knus enklave leef,
> terwyl die res van die land moet toekyk en krepeer? of
> Dat mens maar af en toe op 'n stamperige pad ry, 'n bietjie van die
> (kollektiewe?) skuld afbetaal met belasting en maar 'n alarm in jou
> huis installeer?>>>

What a question....

(Het die enklave cable TV?)
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8768 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
writes:

> Attie, vir jou wil ek net een ding vra:
> Wat is die ergste:
>
> Dat jy lekker en veilig en bevoordeeld in jou knus enklave leef,
> terwyl die res van die land moet toekyk en krepeer? of
> Dat mens maar af en toe op 'n stamperige pad ry, 'n bietjie van die
> (kollektiewe?) skuld afbetaal met belasting en maar 'n alarm in jou
> huis installeer?

Nou wil jy die sogenaamde kollektiewe skuld 'afbetaal' met 'n bietjie geld?
Jy wil jou 'kollektiewe gewete' nou stil deur 'n paar rand te spandeer. As dit
is hoe ver jou gewete gaan is jy maar net soos die res van ons. Die feit is
dit daar altyd mense sal wees wat goed leef en sommige wat sal krepeer - kyk
selfs in die US of A. Daar het jy ook maar mense wat onder die broodlyn leef.
So as jy nou vir die man by die robot 'n twee rand in die hand stop dan kan jy
weer smul aan die T-Bone by die huis sonder dat die gewete pla?

Cheers
Lou
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8769 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Blikkies wrote:
>

> Sover dit tant Goudina aangaan, ek het n paar van haar (soos hulle is
> Yiddish dit so goed se:) 'verkackte' gediggies gelees.
> Wel, as mens moet land uit vlug sodat jy daai tipe van drek op die net
> uitkots, dan is dit seker maar beter dat sy land uit is!

Wel, wat my betref doen 'tant' Gloudina meer vir Afrikaans as
meeste mense op hierdie groep. Hou so aan Gloudina.

Etienne
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8770 is 'n antwoord op boodskap #8756] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Mar 1997 16:20:18 GMT, amde...@gold.up.ac.za wrote:

>>[/color]

Ek het talle "nonwhites" gehoor wat hiermee verskil.

> vir te lank in 'n soort "cloud cuckoo land" gebly[/color]
>> nie?
>
> Ja. In die sin van dr Rupert. Hy het gese dat 'n mens nie rustig
> kan slaap as jou buurman honger gaan slaap nie.>>>

Ek reken wit SA was deur die meeste apartheidsjare beskerm teen die
werklikheid wat in swart woongebiede geheers het. Die beskerming was
een van die redes waarom mense vir die NP gestem het.

onvoorwaardelik nie.>>>[/color]

Dit vra verduideliking.
Wat is die ander ses en wat is die selektiwiteit?

is - ook hoe ver jy van lyding af is en of jy nie alreeds daarmee[/color]
> bekend geraak het nie. Rykdom en emigrasie verleen beskerming, maar
> net tot 'n punt. Daarna help dit selfs nie meer nie.>>>

Die Afrikaner van vandag is 'n kapitalis en het die sosialisme van die
vorige geslag afgegooi.
Dit is een van die grootste redes waarom jy Waterkloof en Sandton kry
en die arm witmense.
At, as jy die witmense se rykdom wil sien, gaan ry en loop bietjie
deur daai gebiede. Die mense is ryker as ooit tevore.
Maar hulle voel minder vir "hul" armes as ooit tevore.

luukshede beperk. Miskien begin ander dit ook doen.>>>[/color]

Wat is vir jou belangriker: Die reise of die arm witmense sonder werk?

geweld lei. Of die skaal vir jou van 7 na 4 toe of van 4 na 1 toe[/color]
> geval het, die verandering van -3 is die essensie van die saak.
> Wat geweld en die rykes betref, soos hierbo sê ek weer dat geld
> ook by geweld nie meer reg kan maak wat krom is nie. >>>

Die geweld vind plaas in die mees traumatiese verandering wat die land
ooit deurgemaak het.
Die tydperk is ons "burgeroorlog" wat so baie vir ons voorspel het.
Dis ons weergawe van "Bosnie".
En van die stuk of agt jaar van anargistiese geweld wat in Zimbabwe
geheers het na onafhanklikheid.
Dis ons dekade na onafhanklikheid wat Mosambiek gehad het.

Ek dink dit gaan goed met ons, gesien in konteks.

>>[/color]

Middel tagtigs het dit ook 'n blok of wat van my huis gebeur. Helder
oordag. Dit blyk nou dit was polisiemanne aan diens en "in opdrag" wat
dit gedoen het. Dit was toe Webster geskiet was.
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8771 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> On Mon, 10 Mar 97 10:35:43, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>
>
> >
>> Maar ek stem saam - Clinton is 'n poepol>>>
>
> Lou, het jy geweet dat die Mafia (Lucky Luciano, dink ek) effektief
> Kuba regeer het voor Castro oorgeneem het?
> Weet jy van die Amerikaanse blokkade teen Kuba?
> Dat selfs nie eers medisyne na die land toe mag gaan nie?
> Dat enige maaatskappy wat met Kuba kontak het nie met 'n Amerikaanse
> maatskappy mag handel dryf nie?
> Dat vliegtuie nie eers reguit van die VSA na Kuba mag vlieg nie?
>
>

So? Ek lees ook so nou en dan koerant weet jy. (Nie die beeld nie mind you :)
) Ek stem saam dat die imperialisme van Amerika heel naarmakend is. Maar omdat
julle nou vir Amerika kwaad is, vir Castro 'n Engeltjie te maak is sommer
onsin. Die feit dat Kuba sonder Russiese hulp kniediep in die Kakiebos is, is
seker nie Amerika se skuld nie. Hulle beleid van sosialisme het 'n hele spul
daarmee te doen. Dit help nie om van die beste vry mediese stelsels in die
wereld te he^, terwyl jou mense vrek van die honger nie.

As jy 50 kg weeg en jy wil op jou 120 kg buurman se voorstoep kak, moet jy
maar vat wat kom. Waarom dink jy hou die Kubane vlot vaarte na die VSA, vir
die lekker, of omdat die stelsel hulle vasdruk? Hule het geen sê in wat met
hul land gebeur nie!

Vryheid vir Kuba, af met Castro! (sigaar en al!)

Cheers
Lou
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8772 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Mar 97 10:35:43, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

[/color]
> Maar ek stem saam - Clinton is 'n poepol>>>

Lou, het jy geweet dat die Mafia (Lucky Luciano, dink ek) effektief
Kuba regeer het voor Castro oorgeneem het?
Weet jy van die Amerikaanse blokkade teen Kuba?
Dat selfs nie eers medisyne na die land toe mag gaan nie?
Dat enige maaatskappy wat met Kuba kontak het nie met 'n Amerikaanse
maatskappy mag handel dryf nie?
Dat vliegtuie nie eers reguit van die VSA na Kuba mag vlieg nie?
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8773 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Subj: Sjoe!
Well everybody, of all the reactions I got from my posting, this one,
-from a friend in France that ALSO left for greener pastures- is the most
severe and unloving! I post the whole letter for your reading pleasure!
Deon in Los Angeles.

Date: 97-03-10 05:17:18 EST
From: ALtter
To: Blikkies

10 Maart 1997, 10h10

Liewe Deon

Ja, ek weet nou nie eintlik wat om te se nie. Dit lyk nogal asof jy nie
van kritiek hou nie, te oordeel aan jou snydende antwoorde aan Gloudina in
die eerste Newsgroup waarvan jy my die adres gestuur het. Maar ek gaan
probeer om dit reguit maar sag te se.

Deon, vir watter waarde jy daaraan heg, ek is jou broer (of ek 'n jy wil
of nie), en jou vriend (omdat ék wil---ek weet nie meer so goed van jou
nie). Daarom moet ek die volgende vermaning aan jou stuur, want, unlike
what Cain said, "we ARE our brothers keepers".

Net dit: ek dink die manier hoe jy met daardie (ouer) vrou, Gloudina,
gepraat het oor die Internet is nie die hoee roeping wat jy en ek in Jesus
ontvang het waardig nie. Inteendeel, ek kan nie sien hoe jy nie die Here
bedroef het nie, jou Vader en jou God.

Woorde soos "suurpoesie" (ek ken nie 'n growwer vloekwoord in Afrikaans as
die Hollandse woord vir 'kat' nie), "verkackte", "drek op die Internet
kots" en oor die algemeen jou 'prickly pear' reaksie op haar kritiek mag
mos nie in 'n gelowige se mond kom nie, en is nie ons normale manier van
reageer nie. Kyk maar wat se Jakobus oor die mond: ons mag nie brak water
en soet water by dieselfde fontein/mond laat uitkom nie. Se ook die tong
is 'n vuur wat uit die hel aangesteek word. Ek het nog nie sulke snydende
woorde op die Internet gelees soos joune nie, en jy weet self die ouens
draai nie doekies om so in die anonimiteit van die Internet nie! Bo en
behalwe jou onordentlikheid, was dit ook glad nie baie braaf van jou om
haar so sleg te se oor die Internet nie. En dat so 'n reaksie nou van
iemand moet kom wat Jesus en sy reinigende genade terdee al ervaar het.

Ek wonder of dit nie tyd is dat jy jouself in ernstige oeenskou moet neem
en vra of jy dan nog vir God diensbaar is en Hom daadwerklik dien as 'n
mens sommer so maklik sulke woorde en so 'n reaksie uitbring nie. Het dit
dan tweede natuur by jou geword?

Hoe dit ook al sy, dit lyk asof jy die basiese beginsels van 'decency'
vergeet het, 'never mind' 'n skoon gewete voor God!

Wat's fout?

Broederlike groete in Jesus
Always question! Never simply accept and follow!
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8774 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
mense, ek sou NOOIT geskryf het oor hoe ek biltong mis, as ek geweet het
dat daar soveel mense op die wa sou spring nie!
anyway, my verwysing na Gloudina as n suurpoesie- ek het nie die
kappietjies op die plek gesit waar dit moes wees, en n vriend in Frankryk
het my net lelik uitgetrap daaroor. Ek het haar blykbaar, volgens hom,
lelik sleg gese! the word i was trying to use, is the afrikaans for
poetry!! nie die vrou se hoesenaam nie!!
Sorry Gloudina, as jy dit ook so gelees het!

Always question! Never simply accept and follow!
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8775 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
aeikkks ('n anagram) skryf,

> Attie, vir jou wil ek net een ding vra:
> Wat is die ergste:

> Dat jy lekker en veilig en bevoordeeld in jou knus enklave leef,
> terwyl die res van die land moet toekyk en krepeer? of
> Dat mens maar af en toe op 'n stamperige pad ry, 'n bietjie van die
> (kollektiewe?) skuld afbetaal met belasting en maar 'n alarm in jou
> huis installeer?

Wat is die ergste?

Vrae met meervoudige antwoorde waaruit ek een moet kies. Dit is
wat my altyd teen die mure laat uitklim. Ek moet na die pype
dans van die vraagsteller. Hy mag kreatief wees, maar ek moet die
slaaf wees. Dis die ergste.

> Hoewel laaste opsie geensins as ideaal beskou kan word nie, het dit
> darem een voordeel bo die eerste: gebrekkig soos die stelsel wel is,
> hou dit ten minste die skrale moontlikheid dat dinge uiteindelik kan
> regkom.

Jy klink nie juis seker van jou saak nie (geen ideaal, gebrekkig,
skrale moontlikheid). Of is dit jou manier om 'n groot waarheid
sagkens te stel? Tog klink jy so seker dat sekere mense wat jy as
'jy' aanspreek knus in hulle hoekies leef en dat die meeste ander
toekyk en krepeer. Of is dit jou manier om 'n groot leun so luidkeels
te probeer verberg? As ek so vrot is in my pogings was om persepsies
te skep, sou ek liewer my skoolgeld terugvra.

Laat ek dit vir jou duidelik stel.
1 Ek probeer om die voorspoed van alle mense in ons land te
bevorder.
2 Ek probeer om die waarheid te bevorder waar ek ookal beland.
Byvoorbeeld, jy suggereer subtiel dat ons nog skuld het wat
nie klaar afbetaal is nie. My antwoord is:
Al offer ek my as slagdier, selfs met 'n rykdom soos die van
Bill Gates, sal dit niemand voorspoed besorg nie. Dis tyd dat
hierdie bedrog van die 'priesters' op die lappe kom.
Verder suggereer jy ook subtiel dat ons op die nuwe leierskap
moet vertrou. My antwoord is:
Die mens wat op konings en prinse vertrou om vir voorspoed te
sorg, sal bedro"e daarvan afkom. Die mens is, soos alle ander
vorms van lewe, self-organiserend. Hierby moet ons begin. Maar
daar is 'n kwaliteit wat maak dat nie alle 'n self-organmiserende
wesens mense is nie: diensbaarheid aan die ganse skepping.

Laastens, neem nou die woordjie 'lekker' wat jy so ewe onskuldig
op sy plekkie plaas. Miskien moet jy tog nie jou skoolgeld terug
vra nie. My antwoord daarop is:
3 Ek put genot daaruit om skeppend te kan wees. Maar deur al die
eeue was daar nog altyd mense gewees wat of nie kon verdra dat
ander mense hulle kan geniet nie, of wat hedonies genot najaag.
Genot is 'n gawe van God - dis drank vir die siel.

Beste wense
At de Lange
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8776 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
writes:

> anyway, my verwysing na Gloudina as n suurpoesie- ek het nie die
> kappietjies op die plek gesit waar dit moes wees, en n vriend in Frankryk
> het my net lelik uitgetrap daaroor.

Hmm, dit klink vir my maar na 'n hollerige verskoning. :)

Lou
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8777 is 'n antwoord op boodskap #8709] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Mar 1997 17:50:56 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za
(kakkies) wrote:

met jou relaas in hierdie bespreking dink ek nou effe anders oor jou.[/color]
> Jy het nou baie meer respek gewen.>>>

Wow! Gloudina gaan sekerlik uiteet vanaand.
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8787 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 12 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Vrae met meervoudige antwoorde waaruit ek een moet kies. Dit is
> wat my altyd teen die mure laat uitklim. Ek moet na die pype
> dans van die vraagsteller. Hy mag kreatief wees, maar ek moet die
> slaaf wees. Dis die ergste.
dit was my antwoorde. jy kan mos jou eies gee

> Jy klink nie juis seker van jou saak nie (geen ideaal, gebrekkig,
> skrale moontlikheid). Of is dit jou manier om 'n groot waarheid
> sagkens te stel? Tog klink jy so seker dat sekere mense wat jy as
> 'jy' aanspreek knus in hulle hoekies leef en dat die meeste ander
> toekyk en krepeer. Of is dit jou manier om 'n groot leun so luidkeels
> te probeer verberg? As ek so vrot is in my pogings was om persepsies
> te skep, sou ek liewer my skoolgeld terugvra.
groot waarheid of te nie. dit het 'n beter kans as apartheid. as wat
ek gese het, 'n groot leuen is, vertel my die waarheid. skep asb vir
ons die "regte" persepsie

> Al offer ek my as slagdier, selfs met 'n rykdom soos die van
> Bill Gates, sal dit niemand voorspoed besorg nie. Dis tyd dat
> hierdie bedrog van die 'priesters' op die lappe kom.
skuld vereffen beteken nie net om geld te gee nie. Maar nou ja, as jy
wil redeneer soos hierbo, beteken dit jy voel nie skuldig nie, en ook
nie dat jy darem 'n verantwoordelikheid het vir dit wat ons vorige
geslagte gepleeg het nie en wat ons nou nog bevoordeel nie..

> Verder suggereer jy ook subtiel dat ons op die nuwe leierskap
> moet vertrou. My antwoord is:
> Die mens wat op konings en prinse vertrou om vir voorspoed te
> sorg, sal bedro"e daarvan afkom. Die mens is, soos alle ander
> vorms van lewe, self-organiserend. Hierby moet ons begin. Maar
> daar is 'n kwaliteit wat maak dat nie alle 'n self-organmiserende
> wesens mense is nie: diensbaarheid aan die ganse skepping.
daar is so fanaties vertrou op die leiers van die vorige bedeling, dat
ons nou met sulke groot patats sit. Ja, die geskiedenis staaf jou
stelling.

groete

kakkies
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8788 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 12 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Mar 97 12:42:08, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8789 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 12 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Mar 97 12:52:42, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8790 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 12 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Wel, Blikkies,
Ek dink ek sal jou verskoning aanvaar. Maar
ek doen dit net omdat jy so 'n wonderlike vriend
daar in Parys het. Ek wens hy wil ook vir ons op
die nuusgroep skryf - sommer net vertel van dele
van Parys (daar waar hulle 'n straat het wat genoem
word "Le Chat qui Peche" - hoop my spelling is reg.)
Maar ek is nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie.
Daardie floue verskonings maak dinge nog net erger.
Terloops, jy spel nie "poësie" met 'n kappie nie.
En ek wil net weer vir jou sê : ek haat Afrikaners
in die buiteland wat sit en koning kraai. Ek voel baie
teer oor die Afrikaners wat in SA bly. Ek voel ook baie
teer oor daardie oud-volksgenote van my wat vir meer
as drie eeue uitgesluit was en nou hulle eerste treë gee
in 'n nuwe era in.
Wat die gedigte betref: daar is iets verkeerd met jou
as jy nie van die gedigte hou op die nuusgroep nie. Hulle
kom nie net uit die Groot Verseboek uit nie, maar ook
van mense in SA wat die tyd neem om vir my moderne
Afrikaanse gedigte te stuur waarvan hulle hou. Ek kry
ander uit letterkundige tydskrifte ens. Ek weet hulle word
gretig gelees deur beide Afrikaanse en Engelse mense in
die buiteland. Die liedere en die stukkies geskiedenis
skryf ek vir diegene buite SA wat Afrikaans leer. Ek het
begin om dit privaat te doen vir 'n meisie in Budapest, en
toe besluit dat die beste plek daarvoor op die nuusgroep is.
Ek herhaal net weer - jy hoef hulle mos nie te lees nie.

Gloudina Bouwer
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8791 is 'n antwoord op boodskap #8709] Wo, 12 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:

> Dit verbreed jou insigte. Maar om dit te kan doen, moet ek ander
>> luukshede beperk. Miskien begin ander dit ook doen.>>>

> Wat is vir jou belangriker: Die reise of die arm witmense sonder werk?

Tog nie weer een van daardie meervoudige keuse vrae nie! Die
vraer mag kreatief optree deur verskillende antwoorde te skep,
maar die beantwoorder moet net kies. Dis hoe die politiek
werk: al die koukusse skep, maar die mens op straat mag net kies.

Dit is hoogs interessant om die moontlike antwoorde wat jy
voorgele het, te ontleed en vas te stel watter perspesies deur
hulle bevorder word. Ek gaan dit nie self doen nie omdat ander
mense dit ook kan doen.

Dit is vir my die belangrikste dat mense sal weet hoe om skeppend
te lewe en so die Skepper se doel met die skepping te ontdek. 'n
Skeppende mens hoef nie te wag op werk nie, maar skep self werk.
'n Skeppende mens kan heelwat op reise deur die wereld spaar deur
te lees, maar kan nie totaal sonder sulke reise klaarkom nie.

Armoede het baie meer oorsake as net werkloosheid of velkleur.
Selfs kreatiwiteit kan 'n oorsaak vir armoede wees. Party skeppende
mense is arm omdat hulle nie op die regte plek en tyd gelewe het
nie. Ander van hulle is arm omdat hulle geen erg aan materi"ele
skeppings het nie.

Terloops, daar is 'n gesegde wat sê dat jou linkerhand nie moet
weet wat jou regterhand doen wanneer dit om armmoede gaan nie.
Dit is 'n goeie gesegde omdat dit baie waar is en 'n praktyk
onderhou.

Beste wense
At de Lange
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8820 is 'n antwoord op boodskap #8709] Ma, 17 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 12 Mar 1997 06:57:52 GMT, amde...@gold.up.ac.za wrote:

> > Dit verbreed jou insigte. Maar om dit te kan doen, moet ek ander[/color]
>>> luukshede beperk. Miskien begin ander dit ook doen.>>>
>
>> Wat is vir jou belangriker: Die reise of die arm witmense sonder werk?
>
> Tog nie weer een van daardie meervoudige keuse vrae nie! >>>

OK Straight: Jy kla geweldig aan die een kant oor arm witmense wat jy
teekom.
Aan die ander kant lyk dit my jy se jy kan gereeld oorsee reis, is van
plan om voort te gaan om dit te doen en reken dis baie belangrik.

Dit plaas jou dan in die kategorie: Ryk Suid-Afrikaner wat gereeld
oorsee kan reis.

Tog is jy heel desperaat oor die armes.

Dus: Of jy doen geweldig baie vir hulle en is so ryk dat jy dit kan
volhou en oorsee kan gaan reis.
Of jy het gekies: Jy wil jou geld self geniet en jou omgee oor die
armes is bloot woorde.

En dan lyk dit of jy se die regering moet vir die wit armes sorg
anders veroordeel jy hulle, maar jyself, jy sal nie want dis vir jou
belangriker om jou geld op jouself uit te gee.

Jy sien At, jy het nie genoeg inligting gegee om die goed te weet nie,
maar jy weier ook klaarblyklik om vrae te beantwoord wat 'n mens
inligting kan gee om jou stellings te beoordeel.
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8856 is 'n antwoord op boodskap #8709] Sa, 22 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Mar 1997 13:04:55 GMT, "AM de Lange" wrote:

At,
Jy se dinge. Dan vra ek vrae. Dan hardloop jy herwaarts en
derwaarts en antwoord nie die vrae nie en vertel van hoe onregverdig
dit is as iemand vrae aan jou vrae.
Dan se ek: OK. Dis wat ek aflei. Dit is die logika wat ek uit
jou stellings haal - se my of ek reg is.
Dan kom jy terug, stel my eerstens in jou antwoord as 'n "dom
onlogiese mens" op en skiet dan daardie pop af wat jy opgestel het.
Dis swak denke en swak argumente.
Jy besef waarskynlik nie dat jy dinge gese en gesuggureer het
in die openbaar (die NG) oor wat in SA "aangaan" en wat die toestand
van die hedendaagse nuwe staatsbestel is nie.
En jy besef waarskynlik nie dat wanneer jy dit se, kan mense
wat met jou daaroor verskil aan jou vrae vra nie. En jouself kritiseer
nie.
Maar dankie vir die antwoord. Ek begin jou nou ken.
Jou opmerkings oor die "toestand" in SA het ook nou 'n
konteks.
Jy hou van subtiel kritiseer en dinge suggureer, maar jy raak
baie kwaad as 'n mens detail en reguit seggenskap uit jou wil kry oor
wat jy se.
En jy raak nog meer kwaad as mens jou kritiseer.

doen het, uit die kop borrel.>>>[/color]

Jy laat my ook aan mense dink.
Sien, hier se jy eenvoudig wat ek jou vra is 'n onlogiese
geborrel. Maar nie een keer se jy WAT onlogies is nie.
Weet jy wat dit is? Dis iemand met 'n pak klere aan wat skreeu
"Jy praat k*** man!!!"

geskepte meervoudige keuse antwoorde te beantwoord. >>>[/color]

Waarop ek toe gese het: OK, dis wat my afleidings is.... toe begin jy
spoeg en proes.

>>[/color]

Wat het my werk hiermee te doen?
(Ek skryf nie oor politiek nie At! Nie naastenby nie!)

Dink jy werklik dat net mense wat in die media werk vrae vra?!

Dat net hulle reageer as suggesties oor hulle land gemaak word waarmee
hulle nie saamstem nie??!!!

Hoe kan jy - nadat jy so vroom en hoogheilig hier bo gereageer het -
aan my se: 1. Die rede hoekom ek vrae vra is omdat en in die pers werk
en dan sommer se jy ook dis omdat en "meningdrywing" wil doen (wat de
hel is dit in elk geval!?) 2. Dat ek dit nie mag doen nie. Met ander
woorde jy beveel my nou hier dat ek moet ophou om goed wat jy
suggureer en sê te bevraagteken!!???

Dream on, china, dream on...

om die onbesonne gedagtes in jou kop te laat uitborrel. Jy soek inligting[/color]
> om mense mee te probeer aankla. Jy soek inligting om jou bygelowe te
> begrond. Jy soek inligting om jou slegte gewoontes mee te demonstreer. Dit
> is tyd dat iemand dit sê sadat jy kopelik tot besinning sal kom.>>>

Kyk nou, At:
Jy se aan my wat ek dink!!!

En jy gooi dit as 'n doodsonde vroeer in jou antwoord!!!

En wat jy verder doen, jy demoniseer sommer my aksie van vrae vra
ook!!

Nadat jy dit vroeer hierbo aanbeveel.

N.S. Probeer die gewoonte aanleer om reguit te praat en dinge helder
en duidelik te sê. Jy klink meeste van die tyd soos 'n karikatuur van
'n Oosterse swami wat in raaisels praat.
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8857 is 'n antwoord op boodskap #8709] Sa, 22 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
> On Wed, 12 Mar 1997 06:57:52 GMT, amde...@gold.up.ac.za wrote:
>
> >
>>> >> Dit verbreed jou insigte. Maar om dit te kan doen, moet ek ander
>>>> luukshede beperk. Miskien begin ander dit ook doen.>>>
>>
>>> Wat is vir jou belangriker: Die reise of die arm witmense sonder werk?
>>
>> Tog nie weer een van daardie meervoudige keuse vrae nie! >>>
>
> OK Straight: Jy kla geweldig aan die een kant oor arm witmense wat jy
> teekom.
Koos,

Jy laat my baie dink aan 'n persoon genaamd Archimedes Plutonium wat die
wetenskap se nuusgroepe verpes het (hopelik!). Iets wat iemand skryf
veroorsaak dat 'n klomp onlogiese gedagtes wat vaagweg met die 'iets' te
doen het, uit die kop borrel.

Ek stel dit weer aan jou, die lot van alle arm mense, naak nie saak hulle
velkleur nie, ontstel my.

> Aan die ander kant lyk dit my jy se jy kan gereeld oorsee reis, is van
> plan om voort te gaan om dit te doen en reken dis baie belangrik.

Natuurlik reken ek dit is belangrik dat mense sal reis om so tot ander
insigte te kom as dit wat net hulle klein wêreldjie aan hulle bied. Dit is
belangrik dat 'n mens in jou eie land sal rondreis, van Venda tot by die
Kaapse vlaktes en van die Ricthersveld tot in Zoeloeland. Dit is belangrik
dat 'n mens in Afrika sal rondereis. Maar so ook die ooste, die weste en
die noorde. Die meeste van my reise in ons kontinent is geborg deur my
oorsese vriende. In ruil daarvoor het ek as gids opgetree.

Natuurlik het 'n mens nie die geld om rond te reis waar 'n mens wil nie.
Maar dan moet 'n mens ten minste boeke lees wat sulke reise in die gees
moontlik maak.

Jy is verkeerd. Ek was nog net drie keer in my lewe oorsee - een keer na
Suid Amerika en twee keer na Noord-Europa. Ek het altesaam 11 jaar aan
dardie reise gespaar en afbetaal. Gelukkig het ek baie vriende oorsee sodat
hulle my daar met die onkostes gehelp het.

Een ding moet ek van jou kan sê, jy het 'n vrugbare vebeelding. Net jammer
jy span dit so baie in om jou gedagtes in ander mense se koppe te lees.
Hou op daarmee want dit is nie daar nie. Probeer liewers ontdek waarom jy
dit wil doen.

> Dit plaas jou dan in die kategorie: Ryk Suid-Afrikaner wat gereeld
> oorsee kan reis.

Met die prys van een klein motortjie kan ek 10 keer Europa toe gaan. Is ek
'n ryk Suid-Afrikaner as ek 'n klein motortjie besit? Ek het nog maar drie
bakkies en 'n motor (Nissan 1600cc) in my lang lewe besit. Plaas dit my in
die kategorie van die rykes?

Koos, hou liewer op om snert te skryf! Die enigste rede waarom ek jou tot
dusver terug geantwoord het, is uit beleefdheid. Maar as jy weer sulke
onbesonne dinge kwytraak teenoor my. sal ek nie weer terug antwoord nie.
Daarvan kan jy verseker wees.

> Tog is jy heel desperaat oor die armes.

Ek is, veral oor die wat nie wil moor, roof en steel om aan die lewe te bly
nie. Waar ek kan, gee ek aan so 'n mens is vis sonder om weer daaroor na
te dink. Intussen doen ek alles wat ek kan om hulle te leer hoe om elke dag
visse vang.

> Dus: Of jy doen geweldig baie vir hulle en is so ryk dat jy dit kan
> volhou en oorsee kan gaan reis.
> Of jy het gekies: Jy wil jou geld self geniet en jou omgee oor die
> armes is bloot woorde.

Jy verwag seker dat ek hier voor almal moet kom vertel wat ek doen om so
jou onbesonne redenasie te kan weerl^e. Ek is nie daardie soort mens nie,
net so min as wat ek iemand is wat ander mense gereeld aankla nie.

> En dan lyk dit of jy se die regering moet vir die wit armes sorg
> anders veroordeel jy hulle, maar jyself, jy sal nie want dis vir jou
> belangriker om jou geld op jouself uit te gee.

Koos, kry jy nie skaam vir wat dit wat jy hierbo geskryf het nie. Gelukkig
vir jou het jy darem nog 'n gewetetjie om die woordjie 'lyk' in te laat
glip. Ek het intussen 'n paar sommetjies gaan maak net om seker te maak dat
ek nie droom nie. Dit van wat ek verdien en wat ek op myself uitgee, is
maar 'n paar persentasiepunte.

> Jy sien At, jy het nie genoeg inligting gegee om die goed te weet nie,

Sodat jy, meneer die aanklaer, nog meer stories uit jou duim kan suig en
vir die waarheid opdis? Daar is belangriker inligting oor die lewe wat ons
almal se aandag geniet as my persoonlike inligting.

> maar jy weier ook klaarblyklik om vrae te beantwoord

Ek se dit vir die tweede en laaste keer: ek weier om jou soort vrae met jou
geskepte meervoudige keuse antwoorde te beantwoord. Gelukkig is ek nie die
enigste wat keelvol is vir die meningdrywing van die persmense nie. Hou
dit vir joub werk en moet dit nie op hierdie nuusgroep kom uithaal nie.

> wat 'n mens inligting kan gee om jou stellings te beoordeel.

Moenie ons laat lag nie. Jy soek nie inligting om dit sodoende met ander
inligting te vergelyk en dan tot 'n slotsom te kom nie. Jy soek inligting
om die onbesonne gedagtes in jou kop te laat uitborrel. Jy soek inligting
om mense mee te probeer aankla. Jy soek inligting om jou bygelowe te
begrond. Jy soek inligting om jou slegte gewoontes mee te demonstreer. Dit
is tyd dat iemand dit sê sadat jy kopelik tot besinning sal kom.

At de Lange
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8858 is 'n antwoord op boodskap #8856] Sa, 22 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , fe...@is.co.za says...
>
> On 22 Mar 1997 13:04:55 GMT, "AM de Lange"
> wrote:

Liewe At en Koos,
Dit maak my effens hartseer om vir julle so te
sien argumenteer. Ek dink dis meestal Koos se fout.
Hy probeer dieselfde metodes toepas as wat hy met
daardie meesters van die "hit and run" argument -
Leendert en Lou - gebruik. Ek respekteer Koos se
begeerte om die huidige SA in so goed 'n lig as
moontlik te laat verskyn. Maar dis ook goed dat 'n
mens van ander mense se standpunte hoor. Anders
word die beeld eensydig, en mense soos ek kry nie
die regte insig in wat in SA aangaan nie. Ek vind die
bydraes van At op hierdie nuusgroep BAIE waardevol,
en ook opwindend. So ek gaan hierdie "thread" nou
"highjack."
At, my seun gaan gedurende sy Paasvakansie op
'n kanoe-trip op die Oranje-Rivier, wat blykbaar by
Vioolsdrift begin. Ek was eers baie ontsteld, totdat hy
vir my verseker het dis 'n pakket-toer, "with steak and
shrimp every night," waaraan 20 van sy klasmaats ook
gaan deelneem. Nou wil ek onder andere die volgende
weet: hoe ver is dit tussen Kaapstad en Vioolsdrift?
Watter dinge kan hy op die pad sien - kokerbome,
half-mensbome, driedorings? Hoe diep en gevaarlik
is die Oranje by Vioolsdrift? Vir iemand wat net met
die Oranje bekend is daar tussen Upington en die Valle,
klink dit asof ek bekommer behoort te wees? Ek het al
vir hom gewaarsku van die koue in die nagte. Besef eers
vandag ek moet hom waarsku dat hy sy skoene in die
more moet uitskud om van die skerpioene ontslae te raak!
Ek neem aan daar is pofadders in daardie deel van die
wêreld?
My seun geniet hom vreeslik daar in SA. Elke naweek
boer hy in een of ander berg met die UCT Hiking Club.
Hy gaan saam met ander mense einde April op 'n staptoer
in die Langeberge. Wat sien 'n mens in die Langeberge?
Is dit nie die berge wat Volschenk altyd geskilder het nie?
Ek wou jou ook nog gevra het wat die naam was van
daardie baie harde swart hout wat hulle in Zimbabwe en
Zambia nog kry en wat hulle sê in die ou dae ook in SA
gegroei het. Ek sal dit later vra.
Gloudina
Re: van biltong en droeewors.... [boodskap #8872 is 'n antwoord op boodskap #8709] Ma, 24 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

>
>
> Liewe At en Koos,
> Dit maak my effens hartseer om vir julle so te
> sien argumenteer. Ek dink dis meestal Koos se fout.
> Hy probeer dieselfde metodes toepas as wat hy met
> daardie meesters van die "hit and run" argument -
> Leendert en Lou - gebruik.

As uitvinder van die enkel antwoord in 'n thread is dit nogal heel leuk om jou
van ander as tref en trap meester te hoor praat. (Hoe's daai vir tref en
trap).

Koos het so manier om bietjie meer in ander mense se posts te sien as wat hul
nou eintlik bedoel het - seker maar sy joernalis agtergrond, jy weet :). Ek is
ook seker dat Koos effens hartseer voel oor jy hom nie ook in die tref en trap
kategorie sien nie - dit is eintlik sy forte.

> Ek wou jou ook nog gevra het wat die naam was van
> daardie baie harde swart hout wat hulle in Zimbabwe en
> Zambia nog kry en wat hulle sê in die ou dae ook in SA
> gegroei het. Ek sal dit later vra.

Die hout word genoem Ebony (Afrikaans is ek nou nie seker van nie). So uit
Stevie Wonder en Paul Mcartney se liedjie 'Ebony en Ivory'. Dit sal seker ook
nie veel langer in die res van Afrika groei nie aangesien dit een van die hoof
soorte hout is waarmee toeriste Kurios gemaak word. In lande soos Malawi word
die inheemse bome jonk jonk uitgekap - vir die maak van beeldjies en dinge.
Nogal snaaks die manier waarop ander hout soorte swart gesmeer word met skoen
waks, wat later bietjie uitbleik op die rak, om die toeriste te verneuk.

Cheers
Lou
* Lid van die orde van Hit en Run*
Vorige onderwerp: "Sien jy daai boom? - bring hom hier, ek wil hom rook"
Volgende onderwerp: ek wil nie narrowminded klink nie maar ....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 04:10:15 MGT 2024