Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Waarvoor skerm Viljoen?
Die Afrikaner: Waarvoor skerm Viljoen? [boodskap #8737] Vr, 07 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner, die mondstuk van die Herstigte
nasionale Party is nou by

http://www.hnp.org.za/afrikaner/

bekikbaar.

************************************************************ **********

                           Hoofartikel

                        Waarvoor skerm hy?

DIE rol wat genl. Constand Viljoen die afgelope tyd speel, laat inderdaad
die wenkbroue lig. Hy is
op 'n kampanje uit om mense te probeer oortuig dat hy ernstig was om
geweld te pleeg voor die
1994 algemene verkiesing.

Eers het hy aangebied om daarvoor amnestie te vra by die Tutu- kommissie.
Nou wil hy die
Tebbutt-kommissie ook probeer oortuig dat hy ernstig was om oorlog te
maak, ten spyte daarvan
dat hy die BKA Bophuthatswana ingelei het sonder wapens.

En met die doel om die inval te laat misluk sodat hy met goeie verskoning
by die stembus kon
uitkom.

Omdat hy die indruk kry dat die mense hom nie meer wil glo wanneer hy
probeer insinueer dat hy
geweld wou stig nie, wend hy hom al meer na ander argumente. Die nuutste
is dat die AWB
geïnfiltreer was deur veiligheidsagente van die NP, en dat hulle
verantwoordelik was vir die optrede
van die AWB.

Dit val uiters vreemd op dat genl. Viljoen, met sy rekord van verraad
teen sy volk, in opdrag van die
"Nasionale" Party, ander mense kan kom beskuldig dat hulle deur spioene
geïnfiltreer is. Dit, terwyl
almal weet dat hy en genl. George Meiring tydens die Bop-inval noue
kontak met mekaar gehad het,
en dat hulle selfs saam in 'n helikopter oor die gebied gevlieg het!

Genl. Meiring het direk aan mnr. FW de Klerk gerapporteer. So, wat is
genl. Viljoen se verskoning
vir dié omstandighede?

Daar kan nie aan die gedagte ontsnap word dat genl. Viljoen krampagtige
pogings aanwend om aan
die skuld vir die fiasko in Bophuthatswana te probeer ontsnap nie. Dat hy
dit doen, is een ding, maar
die groot vraag bly nog steeds waarom hy die publiek probeer mislei met
die indruk dat hy geweld
wou pleeg, terwyl dit tog al redelik algemeen aanvaar word dat hy geen
sodanige planne gehad het
nie.

Ook die ander twee sake wat hy aanroer, het sy rol geopenbaar.

Hy beweer dat die AWB die verrigtinge by Kemptonpark ontwrig het toe
hulle die
Wêreldhandelsentrum bestorm het. Sy rol by daardie geleentheid was net so
bedenklik. Hy het met
'n megafoon agteruitgeloop om die AWB en ander te probeer verhoed om die
gebou binne te gaan.
Waarom?

Dit laat die vraag ontstaan: wat was sy agenda?

En sy optrede by die Skouterrein op 29 Januarie. Hy probeer die AWB
beskuldig van
spioenasie-in-eie kring, maar by daardie geleentheid het hy die skare
probeer oorhaal om aan die
verkiesing deel te neem. En die skare het hom op allerduidelikste wyse te
kenne gegee dat hy uit pas
is. As militaris sal hy weet wat dit beteken. En dit was nie net die AWB
wat hom doodgeskree het
nie!

Maar die werklike vraag wat hy moet beantwoord: Wie was die spioen met
die geheime agenda?
Die een wat nie wou gaan stem nie, of die een wat skielik sy agenda wou
verander en wou gaan
stem?

Genl. Constand Viljoen se geheime agendas is steeds besig om hom stukkie
vir stukkie in te haal.
Daar is egter 'n nuwe faset wat nou na vore tree, nie net van genl.
Viljoen nie, maar van sy party as
geheel. Dit is dat daar begin word met 'n stelselmatige veldtog van
disinformasie. Veral gemik teen
die HNP.

En almal weet wie is die kundige in sy geledere wat 'n kenner is op
hierdie terrein.

Maar soos met alle skemas wat binne die Vryheidsfront beplan word, sal
hierdie
disinformasieveldtog ook stuk-vir-stuk ontmasker word - weer deur die
HNP.
Re: Die Afrikaner: Waarvoor skerm Viljoen? [boodskap #8751 is 'n antwoord op boodskap #8737] Ma, 10 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
you  is tans af-lyn  you
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
In article , afri...@hnp.org.za says...

> Hoofartikel
>
> Waarvoor skerm hy?
>
> DIE rol wat genl. Constand Viljoen die afgelope tyd speel, laat inderdaad
> die wenkbroue lig............EN VERDERE TWAK

Dit is waarskynlik nou die enigste uitweg wat h/d party het om nog steeds
polities relevant te probeer wees, naamlik om Genl Viljoen van allerlei
verdagte optrede te beskuldig. Hy is egter die enigste Afrikaner wat die volk
se belange op die hart dra in 'n nuwe Suid Afrika en h/d belange tot dusver
suksesvol verkondig het onder die nuwe bedeling. Ek dink die HNP moet nou wys
hulle is iets werd en positiewe bydraes maak of STILBLY en vergaan.
Re: Die Afrikaner: Waarvoor skerm Viljoen? [boodskap #8762 is 'n antwoord op boodskap #8737] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Mar 1997 11:37:28 GMT, "Gavin" wrote:

baie belangrik dat almal in hierdie land kans kry om hulle standpunt te[/color]
> verkondig. Die HNP het nog altyd 'n minderheid verteenwoordig maar dit
> maak nie hulle irrelevant nie. Inteendeel. Net omdat min mense in iets
> glo maak dit nie verkeerd nie.>>>

Heeltemal reg.
En nie een van die twee verteenwoordig die meeste Afrikaners nie.
Behalwe wanneer hulle die definisie van "Afrikaner" herskryf om hulle
mindere gevolg alleen te omsluit.
Re: Die Afrikaner: Waarvoor skerm Viljoen? [boodskap #8763 is 'n antwoord op boodskap #8737] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gavin  is tans af-lyn  Gavin
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die HNP het net soveel bestaansreg as die Afrikaner Volksfront. Dit is
baie belangrik dat almal in hierdie land kans kry om hulle standpunt te
verkondig. Die HNP het nog altyd 'n minderheid verteenwoordig maar dit
maak nie hulle irrelevant nie. Inteendeel. Net omdat min mense in iets
glo maak dit nie verkeerd nie.

Steenkamp wrote in article
...
> In article , afri...@hnp.org.za says...
>
>> Hoofartikel
>>
>> Waarvoor skerm hy?
>>
>> DIE rol wat genl. Constand Viljoen die afgelope tyd speel, laat inderdaad
>> die wenkbroue lig............EN VERDERE TWAK
>
> Dit is waarskynlik nou die enigste uitweg wat h/d party het om nog steeds

> polities relevant te probeer wees, naamlik om Genl Viljoen van allerlei
> verdagte optrede te beskuldig. Hy is egter die enigste Afrikaner wat die volk
> se belange op die hart dra in 'n nuwe Suid Afrika en h/d belange tot dusver
> suksesvol verkondig het onder die nuwe bedeling. Ek dink die HNP moet nou wys
> hulle is iets werd en positiewe bydraes maak of STILBLY en vergaan.
>
Re: Die Afrikaner: Waarvoor skerm Viljoen? [boodskap #8808 is 'n antwoord op boodskap #8737] Sa, 15 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 15 Mar 1997 18:40:06 GMT, uni...@igubu.saix.net (Unicorn) wrote:

<<<>In die huidige politieke bestaan is die NET die Vryheidsfront wat vir
>die Afrikaner kan praat>..>>>

We china, ek is Afrikaans en hulle praat beslis NIE vir my nie.
Re: Die Afrikaner: Waarvoor skerm Viljoen? [boodskap #8809 is 'n antwoord op boodskap #8737] Sa, 15 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Unicorn[2]  is tans af-lyn  Unicorn[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
"Gavin" wrote:

> Die HNP het net soveel bestaansreg as die Afrikaner Volksfront. Dit is
> baie belangrik dat almal in hierdie land kans kry om hulle standpunt te
> verkondig. Die HNP het nog altyd 'n minderheid verteenwoordig maar dit
> maak nie hulle irrelevant nie. Inteendeel. Net omdat min mense in iets
> glo maak dit nie verkeerd nie.

Ek wil nou nie lelik wees nie, maar sal graag wil vra "Watter HNP"?

As n mens kyk na die laaste paar verkiesings, beide in die ou bedeling
en die nuwe, het die HNP jare laas enige iets noemenswaardig gedoen.
Behalwe vir die Arrogansie van hul leiere, is daar nie veel te se nie.
Nie eers hulle "Wegblystem" in die laaste verkiesing het enige party
se eetlus laat verdwyn van bekommernis nie. Hulle is te klein om
relevant te wees in n politieke klimaat waar die meerderheid altyd die
se sal he.

Hulle het nie die verteenwoordiging van die meerderheid afrikaners van
enige definisie nie, want dan sou hulle meer as die misrabele een of
so setel teen die KP se baie gekry het in die laaste verkiesing in die
ou bedeling. Die algemene opinie van die ANC en INKATA met
betrekking Jaap Marias en sy party is een van amusante giggels.

Indien my statistiek reg is (Ek sal dit nagaan) het Genl VIljoen beter
gedoen in sy eerste verkiesing, wat hy met die teenstand en geskinner
van die KP en HNP moes doen, as wat die HNP nog ooit gedoen het, selfs
toe die ou sisteem hulle nog goed gesind was.

Is hulle regtig relevant? Hulle kan nie eers n SPCA wet om Brakkies
se regte te beskerm deur enige komitee kry nie. Dit geld van
Parliment tot Munisipaal.

Jammer as ek lelik is, maar ek wonder maar net hoe lank Jaap Marias
nog wil aangaan om sy naam, die van sy gewese party, en die van sy
lede belaglik te maak met aansprake wat nie eers die groot partye wat
die reg het om lawaai te maak nie, maak.

In die huidige politieke bestaan is die NET die Vryheidsfront wat vir
die Afrikaner kan praat aangesien die ander partye die verkiesing tot
hulle eie verlies bebooikot het. Hulle het seker nie gedink die ANC
gee om vir hulle paar stemme wat nie daar was nie.

Niemand hier of in die buiteland het eers omgegee oor hulle wegbly
nie. Wie het hulle nou eintlik gedink hulle spite ? Die regering -
Ag nee. Net hulle eie lede wat na hulle stupid idees geluister het.
Nou verwag die selfde partye weer dat die mense moet in n ander
rigting hardloop saam met hulle?

Ek vra maar net
Re: Die Afrikaner: Waarvoor skerm Viljoen? [boodskap #8814 is 'n antwoord op boodskap #8737] So, 16 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Unicorn[2]  is tans af-lyn  Unicorn[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> We china, ek is Afrikaans en hulle praat beslis NIE vir my nie.

Ek het nie gepraat van individue nie, maar van die statistieke en die
algemene manier wat die sterkte van enige party of sogenaamde party
deur die demokratiese wereld geoordeel word.

As jy ondersteuning het, bewys dit met die stembrief. Lafaarde wat
nie seker is van hulle bestaansreg nie, maak aanspraak op hierdie
groot getalle mense wat hulle ondersteun, maar kan dit geensins op
papier bewys in n oop verkiesing nie. Sulke partye moet stil bly tot
hulle hulle self in n oop verkiesing kan bewys.

Dominic
Vorige onderwerp: Nuwe Woord: Netloer
Volgende onderwerp: Vryheidsfront Webtuiste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 16:47:29 MGT 2024