Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is Afrikaner-wees sonder historiese bagasie moontlik?
Is Afrikaner-wees sonder historiese bagasie moontlik? [boodskap #8700] Ma, 03 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
Frans van Zyl  is tans af-lyn  Frans van Zyl
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek praat oor die politiek-historiese bagasie van ons lot wat ons self
"Afrikaners" noem (of is die benaming op sigself al 'n stukkie historiese
angst?) Julle sien, ek wil nie "skuldig" wees nie. Net besonders. Julle
weet: Wes-Europees, met 'n ligterige vel, liefhebber van Beethoven en
Mozart, en die eksistensie-filosofie. En lief vir my kleinseun wat van al
daai nonsens soos skuldgevoelens niks weet nie omdat hy gewoon nog te jonk
is (agtien maande). Ek speel elke oggend vir hom barok musiek en ek wys na
hom en sê: " Jy praat Afrikaans, Oupa praat Afrikaans, Ouma praat
Afrikaans, 'n Pa 'n Ma." Hy kyk vol belangstelling na my en sê "Dah"!
(maar met gevoel!).

Dalk is my kleinseun die enigste wyse ou wat ek tans ken.

Wat dink julle daar buite op die kibervlaktes?
--
Frans van Zyl
fra...@ilink.nis.za
Re: Is Afrikaner-wees sonder historiese bagasie moontlik? [boodskap #8717 is 'n antwoord op boodskap #8700] Wo, 05 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Frans van Zyl skryf:

> Ek praat oor die politiek-historiese bagasie van ons lot wat ons self
> "Afrikaners" noem (of is die benaming op sigself al 'n stukkie historiese
> angst?) Julle sien, ek wil nie "skuldig" wees nie. Net besonders. Julle
> weet: Wes-Europees, met 'n ligterige vel, liefhebber van Beethoven en
> Mozart, en die eksistensie-filosofie. En lief vir my kleinseun wat van al
> daai nonsens soos skuldgevoelens niks weet nie omdat hy gewoon nog te jonk
> is (agtien maande). Ek speel elke oggend vir hom barok musiek en ek wys na
> hom en sê: " Jy praat Afrikaans, Oupa praat Afrikaans, Ouma praat
> Afrikaans, 'n Pa 'n Ma." Hy kyk vol belangstelling na my en sê "Dah"!
> (maar met gevoel!).

> Dalk is my kleinseun die enigste wyse ou wat ek tans ken.

> Wat dink julle daar buite op die kibervlaktes?

Jy skrywery laat my dink aan my kleindogter. Sy is nou 4 jaar oud.
Hoe speel sy nie met die Afrikaans nie! Ek probeer haar kreatiwiteit
sover as moontlik bevorder. Ek het daarin geslaag om haar te laat
besef dat sy haar eie gedagte wêreld skep an dat sy hierdie wêreld
aan ander kan toon deur haar taal. Alles wat sy kan dink moet sy kan
sê. Sy maak nou jag op woorde om haar gedagtes vas te gryp. Dikwels,
as sy nie 'n woord ken nie, sê sy: "Oupa, my skroewe is nou los". Dan
moet ek help om die skroewe weer vas te draai.

Frans, ons kan nie eksisteer sonder om te ontluik ('emerge') nie.
Ontluiking self geskied nie in die niets nie. Dit vloei voort uit die
toenemende chaos van 'n ou bedeling. Daarna moet die ontluiking tot
volwassenheid kom. Die uiteinde is 'n meer komplekse en dus unieke
(besondere) orde. Die Afrikaner as volk het reeds ontluik, maar is
nog gans nie volwasse nie. Om reeds ontluik te wees maar nog nie
volwasse te wees nie, is geen misdaad of skuld nie. Skuld ontstaan
slegs wanneer 'n mens iets verkeerd (misdaad) gedoen het of nagelaat
het om iets goeds (niksdaad) te doen.

Hopelik het die Afrikaner finaal die les geleer dat volkshoogmoed en
volkselfsug tot 'n groot val lei. Nederigheid en diensbaarheid is nie
maar vanself nie, maar moet self ontluik. Hopelik sal dit die kenmerk
word van die volgende stadium in die Afrikaner se geskiedenis.

Best wense
At de Lange
Vorige onderwerp: Wat 'n pak
Volgende onderwerp: Om Afrikaans te wees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 20:12:39 MGT 2024