Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ongeluk siklusse
Ongeluk siklusse [boodskap #87087] Do, 13 November 2003 06:02 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die afgelope twee weke was daar by elke gru-ongeluk waaroor daar berig is,
vragmotors by betrokke.
Hoop nou net nie die Impala-ongeluk van gister begin nou weer 'n klomp
vliegongelukke nie.
Dit is ook die eerste keer wat ek hoor dat beide insittendes uitskietstoele
gebruik het, en beide ook dood is.
--
Annette
Re: Ongeluk siklusse [boodskap #87088 is 'n antwoord op boodskap #87087] Do, 13 November 2003 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Daar was ook 'n vragmotor betrokke by hierdie vliegongeluk.

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:bov6t5$kk6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die afgelope twee weke was daar by elke gru-ongeluk waaroor daar berig is,
> vragmotors by betrokke.
> Hoop nou net nie die Impala-ongeluk van gister begin nou weer 'n klomp
> vliegongelukke nie.
> Dit is ook die eerste keer wat ek hoor dat beide insittendes uitskietstoele
> gebruik het, en beide ook dood is.
> --
> Annette
>
Re: Ongeluk siklusse [boodskap #87089 is 'n antwoord op boodskap #87087] Do, 13 November 2003 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
Annette wrote:

> Die afgelope twee weke was daar by elke
> gru-ongeluk waaroor daar berig is, vragmotors by
> betrokke. Hoop nou net nie die Impala-ongeluk
> van gister begin nou weer 'n klomp
> vliegongelukke nie. Dit is ook die eerste keer
> wat ek hoor dat beide insittendes uitskietstoele
> gebruik het, en beide ook dood is. --
> Annette
Hier is die artikel uit Beeld deur Erika Gibson.

-- 'N Vlieginstrukteur en 'n jong vegvlieënier het
in 'n oënskynlik verbete poging om 'n
Impala-vegvliegtuig op 'n hoofweg te land, 'n
aaklige dood gesterf toe hulle hul uitskietstoele
te laat geaktiveer het.

Een van hulle is deur 'n bewegende vragmotor
getref en het met uitskietstoel en al in die
vragruim beland. Die ander het 'n ent verder hom
te pletter geval tussen 'n klomp klippe langs die
pad.

Beide lt. Derek Duvenhage en lt. Andy Martin is op
slag dood.

Martin, 'n instrukteur by die lugmag se 85
Gevegvliegskool (85 GVS) by die
Hoedspruit-lugmagbasis, en Duvenhage, sy student
by dieselfde skool, was buite Nelspruit op 'n
laevlak- taktiese navigasie-uitvlug toe die
vliegtuig vermoedelik meganiese probleme
ontwikkel het.

Dié probleme kon deur 'n botsing met 'n voël
veroorsaak gewees het, wat 'n enjinstolling tot
gevolg kon hê, is aan Beeld gesê.

Volgens 'n kollega, wat anoniem wil bly, is die
enigste verklaring waarom die twee nie
onmiddellik op 'n veilige hoogte uitgeskiet en só
sou bly lewe het nie, dat hulle die vliegtuig met
'n noodlanding probeer spaar het.

Die Impala was inderdaad laag oor die N4-hoofweg
deur die Krokodilrivierpoort toe dit vermoedelik
vir die aankomende verkeer uitgeswenk het.

Een van die twee vlieëniers het die vragmotor van
mnr. Enoch Nkosi getref. Nkosi het aan African
Eye News Service gesê hy het 'n vlammebol na hom
toe sien aankom.

Die volgende oomblik het iets die dak getref. Hy
het dadelik gestop en die gru-vonds in die
vragruim gedoen. Hy het eers later besef daar was
'n vliegongeluk. Die vlammebol was volgens
kenners vermoedelik die vuurpyle wat die
uitskietstoele geaktiveer het.

Ná die aktivering duur dit minder as 1 s voordat
die stoel van die vlieënier wegval.

Normaalweg het die uitskietstoel selfs in 'n
stilstaande posisie genoeg krag om 'n vlieënier
veilig weg te skiet en met sy valskerm te laat
neerdaal.

Wanneer 'n vliegtuig egter vinnig hoogte verloor
óf wanneer dit die vlieënier in 'n skuins posisie
uitskiet - veral só naby die grond - sal dit nie
so doeltreffend wees nie.

Martin het in Mei 2000 sy vlieëniersvlerkies by
die Sentrale Vliegskool Langebaanweg verwerf en
Duvenhage syne in Desember verlede jaar.

Beide was in hul twintigerjare.

EINDE

Hulle kon nie juis anders as om altwee hulle
uitskietstoele te gebruik nie.

Chris
Re: Ongeluk siklusse [boodskap #87090 is 'n antwoord op boodskap #87089] Do, 13 November 2003 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Okei - daar was toe 'n vragmotor by betrokke - maar sjeim- klink of dit heel
onskuldig op die verkeerde plek op die verkeerde oomblik was.

Wat die uitskietstoele betref - ek het nie 'n probleem dat dit gebruik is
nie - ek het gesê mens hoor nie eintlik dat albei mense wat die
uitskietstoele gebruik het dood is nie.

Nou kom ons natuurlik by 'n ander storie - is dit wettig om laevlug
oefeninge oor 'n openbare vervoerweg te hou sonder om die gebruikers vooraf
in kennis te stel?
Ek het juis verlede Saterdag met die lugskou hier gesien hoe die mense wat
op die N1 gery het, gekoes het toe die Buccaneers so laag oor die pad
inkom - ek self het gewonder of hul hoog genoeg was was om veilig oor die
draad te kom.

Ons sal seker maar later hoor wat presies met die vliegtuig verkeerd gegaan
het.
--
Annette

"Chris" skryf in boodskap news:bovau0$5lp$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Annette wrote:
>
>> Die afgelope twee weke was daar by elke
>> gru-ongeluk waaroor daar berig is, vragmotors by
>> betrokke. Hoop nou net nie die Impala-ongeluk
>> van gister begin nou weer 'n klomp
>> vliegongelukke nie. Dit is ook die eerste keer
>> wat ek hoor dat beide insittendes uitskietstoele
>> gebruik het, en beide ook dood is. --
>> Annette
> Hier is die artikel uit Beeld deur Erika Gibson.
>
> -- 'N Vlieginstrukteur en 'n jong vegvlieënier het
> in 'n oënskynlik verbete poging om 'n
> Impala-vegvliegtuig op 'n hoofweg te land, 'n
> aaklige dood gesterf toe hulle hul uitskietstoele
> te laat geaktiveer het.
>
> Een van hulle is deur 'n bewegende vragmotor
> getref en het met uitskietstoel en al in die
> vragruim beland. Die ander het 'n ent verder hom
> te pletter geval tussen 'n klomp klippe langs die
> pad.
>
> Beide lt. Derek Duvenhage en lt. Andy Martin is op
> slag dood.
>
> Martin, 'n instrukteur by die lugmag se 85
> Gevegvliegskool (85 GVS) by die
> Hoedspruit-lugmagbasis, en Duvenhage, sy student
> by dieselfde skool, was buite Nelspruit op 'n
> laevlak- taktiese navigasie-uitvlug toe die
> vliegtuig vermoedelik meganiese probleme
> ontwikkel het.
>
> Dié probleme kon deur 'n botsing met 'n voël
> veroorsaak gewees het, wat 'n enjinstolling tot
> gevolg kon hê, is aan Beeld gesê.
>
> Volgens 'n kollega, wat anoniem wil bly, is die
> enigste verklaring waarom die twee nie
> onmiddellik op 'n veilige hoogte uitgeskiet en sê
> sou bly lewe het nie, dat hulle die vliegtuig met
> 'n noodlanding probeer spaar het.
>
> Die Impala was inderdaad laag oor die N4-hoofweg
> deur die Krokodilrivierpoort toe dit vermoedelik
> vir die aankomende verkeer uitgeswenk het.
>
> Een van die twee vlieëniers het die vragmotor van
> mnr. Enoch Nkosi getref. Nkosi het aan African
> Eye News Service gesê hy het 'n vlammebol na hom
> toe sien aankom.
>
> Die volgende oomblik het iets die dak getref. Hy
> het dadelik gestop en die gru-vonds in die
> vragruim gedoen. Hy het eers later besef daar was
> 'n vliegongeluk. Die vlammebol was volgens
> kenners vermoedelik die vuurpyle wat die
> uitskietstoele geaktiveer het.
>
> Ná die aktivering duur dit minder as 1 s voordat
> die stoel van die vlieënier wegval.
>
> Normaalweg het die uitskietstoel selfs in 'n
> stilstaande posisie genoeg krag om 'n vlieënier
> veilig weg te skiet en met sy valskerm te laat
> neerdaal.
>
> Wanneer 'n vliegtuig egter vinnig hoogte verloor
> óf wanneer dit die vlieënier in 'n skuins posisie
> uitskiet - veral sê naby die grond - sal dit nie
> so doeltreffend wees nie.
>
> Martin het in Mei 2000 sy vlieëniersvlerkies by
> die Sentrale Vliegskool Langebaanweg verwerf en
> Duvenhage syne in Desember verlede jaar.
>
> Beide was in hul twintigerjare.
>
> EINDE
>
> Hulle kon nie juis anders as om altwee hulle
> uitskietstoele te gebruik nie.
>
>
> Chris
Re: Ongeluk siklusse [boodskap #87162 is 'n antwoord op boodskap #87090] Sa, 15 November 2003 12:23 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
En hoeveel miljoen briefies wil jy vir elke inwoner van die land stuur
om te sê kyk net bo jou kop asseblief ????
Dit nou te sê as jy per toeval daar gaan wees waar die ou `n
noodlanding probeer uitvoer......

Stupid Groete
Frikkie

On Thu, 13 Nov 2003 09:52:08 +0200, "Annette" wrote:

> Nou kom ons natuurlik by 'n ander storie - is dit wettig om laevlug
> oefeninge oor 'n openbare vervoerweg te hou sonder om die gebruikers vooraf
> in kennis te stel?
Vorige onderwerp: Afrika, o Afrika!
Volgende onderwerp: Afrikaanses
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 11:07:38 MGT 2024