Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Profete en Profyte
Profete en Profyte [boodskap #86960] So, 09 November 2003 18:02 na volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie sê:
> Siener van Rensburg was weer in die nuus sedert 1992. Hy was 'n
> moderne profeet wat aan die begin van die vorige eeu geleef het Spencer reageer êrens langs die pad sò:
> Toemaar, ek dink ook dis 'n bogstorie. Maar mense glo dit regtig en rig
> hulle lewens daarvolgens in.

en heelwat meer dinge is gesê waaronder die loutere kaf is.
Vir my bly dit ironies dat mense kan sê dat die tannie onder
in die laaste huis in hulle straat het in die teeblare gesien dat...
en Siener van Rensburg het 'n eeu gelede gesê...
ÉN,... daai's nog niks! Descartus het in 1630 al gesê...!
Selfs Kahlil Gibran word dit nie gespaar nie.

Maar hoe gereeld hoor jy dat Josua, Samuel, Jeremia, Esegiël of enig
ander van die groot profete van twee en selfs drie duisend jaar gelede
gesê het dat... ?

Wat sou die rede hiervoor wees? Indien dit slegs Siener van Rensburg
was wat die kollig gesteel het, sou ons kon redeneer dat hy spesifiek
van ons land se toekoms gepraat het. Maar waarom wil mense graag
dat die res in die gehoor weet dat jy David Hume se ' An Enquiry
Concerning Human Understanding' gelees het en dat John Stuart Mill se
lewensverhaal in jou boekrak is. Dat die Duitse Jood, Spinoza die
volgende op die lys is en dat jy weet wie Immanuel Kant is.

Tog hoor jy nie so gereeld aanhaling uit die monde van profete wat
eeue voor die (blykblaar meer populêre) 'profete' geprofeteer het nie.
Waarom sou dit wees?

I Think...
Therefore I Am
Rene Descartus

DD
Re: Profete en Profyte [boodskap #86961 is 'n antwoord op boodskap #86960] So, 09 November 2003 18:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wil jy nou te kenne gee dat Siener Plagiaat uit die Bybel gepleeg het? So 'n
ou skelm!:)))
--
Annette

"DD" skryf in boodskap news:63qsqvo8cr4i9h78gmnpc4ebhkd96dfqde@4ax.com...
>
> Frikkie sê:
>> Siener van Rensburg was weer in die nuus sedert 1992. Hy was 'n
>> moderne profeet wat aan die begin van die vorige eeu geleef het
> Spencer reageer êrens langs die pad sê:
>> Toemaar, ek dink ook dis 'n bogstorie. Maar mense glo dit regtig en rig
>> hulle lewens daarvolgens in.
>
> en heelwat meer dinge is gesê waaronder die loutere kaf is.
> Vir my bly dit ironies dat mense kan sê dat die tannie onder
> in die laaste huis in hulle straat het in die teeblare gesien dat...
> en Siener van Rensburg het 'n eeu gelede gesê...
> ÉN,... daai's nog niks! Descartus het in 1630 al gesê...!
> Selfs Kahlil Gibran word dit nie gespaar nie.
>
> Maar hoe gereeld hoor jy dat Josua, Samuel, Jeremia, Esegiël of enig
> ander van die groot profete van twee en selfs drie duisend jaar gelede
> gesê het dat... ?
>
> Wat sou die rede hiervoor wees? Indien dit slegs Siener van Rensburg
> was wat die kollig gesteel het, sou ons kon redeneer dat hy spesifiek
> van ons land se toekoms gepraat het. Maar waarom wil mense graag
> dat die res in die gehoor weet dat jy David Hume se ' An Enquiry
> Concerning Human Understanding' gelees het en dat John Stuart Mill se
> lewensverhaal in jou boekrak is. Dat die Duitse Jood, Spinoza die
> volgende op die lys is en dat jy weet wie Immanuel Kant is.
>
> Tog hoor jy nie so gereeld aanhaling uit die monde van profete wat
> eeue voor die (blykblaar meer populêre) 'profete' geprofeteer het nie.
> Waarom sou dit wees?
>
>
> I Think...
> Therefore I Am
> Rene Descartus
>
>
> DD
Re: Profete en Profyte [boodskap #86964 is 'n antwoord op boodskap #86961] So, 09 November 2003 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 9 Nov 2003 20:14:47 +0200, "Annette" wrote:

> Wil jy nou te kenne gee dat Siener Plagiaat uit die Bybel gepleeg het? So 'n
> ou skelm!:)))

LOL...!!!! nooit gesien nie Annette, (met al ons vegtery bly jou sin
vir humor 'n ligpunt:-) en as al die mense die waarheid praat oor wat
hy gesê het, was hy verseker talentvol, maar ek vind dit net snaaks
dat mense nou se vliegtuie bewonder en verlang na die Concorde,
maar skoon vergeet van Arthur en Wilbur Wright:-)

DD
Re: Profete en Profyte [boodskap #86965 is 'n antwoord op boodskap #86961] So, 09 November 2003 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 9 Nov 2003 20:14:47 +0200, "Annette" wrote:

> Wil jy nou te kenne gee dat Siener Plagiaat uit die Bybel gepleeg het? So 'n
> ou skelm!:)))

Waaroor dit gaan is of die verkeerde profete nie die profyte kry
nie:-)

DD
Re: Profete en Profyte [boodskap #87047 is 'n antwoord op boodskap #86960] Di, 11 November 2003 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:63qsqvo8cr4i9h78gmnpc4ebhkd96dfqde@4ax.com...

> ÉN,... daai's nog niks! Descartus het in 1630 al
gesê...!

......

> I Think...
> Therefore I Am
> Rene Descartus
>
>
> DD

Toe ek hierdie stukkie lees wou ek 'n limirick probeer
skryf. Ek is egter maar vrot met rympies skryf en kom
nie verder as die eerste twee reëltjie nie (met
apologieë aan DD vir die spelling):

'n Man met die naam van Descartus
Het eens gesê: ek dink, so ek is dus
.......
.......
.......

Wie kan my help om dit te voltooi?

Swart Simon
Re: Profete en Profyte [boodskap #87049 is 'n antwoord op boodskap #87047] Di, 11 November 2003 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf in boodskap news:3fb12cda.0@news1.mweb.co.za...
> "DD" wrote in message
> news:63qsqvo8cr4i9h78gmnpc4ebhkd96dfqde@4ax.com...
>
>> ÉN,... daai's nog niks! Descartus het in 1630 al
> gesê...!

>> I Think...
>> Therefore I Am
>> Rene Descartus
>> DD

> Toe ek hierdie stukkie lees wou ek 'n limirick probeer
> skryf. Ek is egter maar vrot met rympies skryf en kom
> nie verder as die eerste twee reëltjie nie (met
> apologieë aan DD vir die spelling):
>
> 'n Man met die naam van Descartus
> Het eens gesê: ek dink, so ek is
Dit is mijn leven dus
Wat verder is
Staat in Genesis

Grt emmy ;-))

> .......
> .......
> .......
>
> Wie kan my help om dit te voltooi?
>
> Swart Simon
>
Re: Profete en Profyte [boodskap #87050 is 'n antwoord op boodskap #87047] Di, 11 November 2003 19:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Nov 2003 20:42:36 +0200, "Swart Simon" wrote:
> "DD" wrote in message
> news:63qsqvo8cr4i9h78gmnpc4ebhkd96dfqde@4ax.com...
>
>> ÉN,... daai's nog niks! Descartus het in 1630 al gesê...!
> ......
>
>> I Think...
>> Therefore I Am
>> Rene Descartus

>> DD
>
>
> Toe ek hierdie stukkie lees wou ek 'n limirick probeer
> skryf. Ek is egter maar vrot met rympies skryf en kom
> nie verder as die eerste twee reëltjie nie (met
> apologieë aan DD vir die spelling):
>
> 'n Man met die naam van Descartus
> Het eens gesê: ek dink, so ek is dus
> .......
> .......
> .......
>
> Wie kan my help om dit te voltooi?
>
> Swart Simon
>

'n Man met die naam van Descartus
Het eens gesê: ek dink, so dus is ek
besig om alle filosofieë in flardus...
en absoluut nie geval op my bek
maar sê tog by profete en profyte
alle filosofieë is nie aan my te wyte

Ek dink jy het heel iets anders in gedagte Swart Simon:-)
Hierdie een is so 90 sekondes poging
Hoe lyk joune?

DD
Descartes of Descartus [boodskap #87051 is 'n antwoord op boodskap #87047] Di, 11 November 2003 19:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> 'n Man met die naam van Descartus

Newwermaaind die limeriek. Wat ek baie oor wonder is die ding om
mense se vanne en name te verander. Ek meen as Descartes nou
Descartus word, wat doen julle met name soos Voltaire en andere? Of
gaan ek dalk nog iewers lees van Voltaren? Ek ys as ek dink aan die
moontlike afrikaanse/nederlandse vorme van Marquis de Vauvenargues en
Madame de Pompadour veral.
Word Socrates ook Socratus, of waarom dan nie sommer Sokratus nie?
;-)
Re: Profete en Profyte [boodskap #87052 is 'n antwoord op boodskap #87049] Di, 11 November 2003 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Emmy" wrote:

>> 'n Man met die naam van Descartus
>> Het eens gesê: ek dink, so ek is
> Dit is mijn leven dus
> Wat verder is
> Staat in Genesis
>
> Grt emmy ;-))

Oulik, Emmy!! :-))
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87053 is 'n antwoord op boodskap #87051] Di, 11 November 2003 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:

SS: 'n Man met die naam van Descartus

Danielle: Ons spreek dit ook gewoonlik uit as "day cart". Ek neem
aan julle spreek dit uit soos julle dit spel? Des-kar-tus?

Wat sal "Cartesian" in Afrikaans wees? Word dit Kartusiaans of
Kartesiaans of iets heel anders?
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87054 is 'n antwoord op boodskap #87053] Di, 11 November 2003 21:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Nov 2003 15:08:15 -0500, Katryn wrote:

> Katryn wrote:
>
> SS: 'n Man met die naam van Descartus
>
> Danielle: Ons spreek dit ook gewoonlik uit as "day cart". Ek neem
> aan julle spreek dit uit soos julle dit spel? Des-kar-tus?
>
> Wat sal "Cartesian" in Afrikaans wees? Word dit Kartusiaans of
> Kartesiaans of iets heel anders?

Geen van beide nie, Danielle. Moet sê: Cartesies. Want Afrikaans is
nog 'n baie noue afleiding van die Nederlands en daarin praat ons van
"Cartesisch". Ek dink jy het in die matesis nog wel hoor praat oor
"Cartesiese koördinate"?

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87055 is 'n antwoord op boodskap #87051] Di, 11 November 2003 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Nov 2003 14:48:25 -0500, Katryn wrote:

>
>> 'n Man met die naam van Descartus
>
> Newwermaaind die limeriek. Wat ek baie oor wonder is die ding om
> mense se vanne en name te verander. Ek meen as Descartes nou
> Descartus word, wat doen julle met name soos Voltaire en andere? Of
> gaan ek dalk nog iewers lees van Voltaren? Ek ys as ek dink aan die
> moontlike afrikaanse/nederlandse vorme van Marquis de Vauvenargues en
> Madame de Pompadour veral.
> Word Socrates ook Socratus, of waarom dan nie sommer Sokratus nie?
> ;-)

As ek so na Voltaire sy gesig loer dan dink ek hy het sekerlik
Voltaren nodig gehad.

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87056 is 'n antwoord op boodskap #87055] Di, 11 November 2003 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote:

> As ek so na Voltaire sy gesig loer dan dink ek hy het sekerlik
> Voltaren nodig gehad.

LOL!!
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87057 is 'n antwoord op boodskap #87054] Di, 11 November 2003 22:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote:

>> Katryn wrote:

>> Wat sal "Cartesian" in Afrikaans wees? Word dit Kartusiaans of
>> Kartesiaans of iets heel anders?
>
> Geen van beide nie, Danielle. Moet sê: Cartesies. Want Afrikaans is
> nog 'n baie noue afleiding van die Nederlands en daarin praat ons van
> "Cartesisch". Ek dink jy het in die matesis nog wel hoor praat oor
> "Cartesiese koördinate"?

Dankie, Norbert.
So, julle sou nie praat van Renate van de Kaart nie?
;-)
Dit "voel" altyd vir my asof die C moet verander na 'n K in afrikaans.
Kartesies klink half beter as Cartesies bv.
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87058 is 'n antwoord op boodskap #87054] Di, 11 November 2003 22:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Nov 2003 22:59:20 +0100, Sterrenkijker
wrote:

> Geen van beide nie, Danielle. Moet sê: Cartesies. Want Afrikaans is
> nog 'n baie noue afleiding van die Nederlands en daarin praat ons van
> "Cartesisch". Ek dink jy het in die matesis nog wel hoor praat oor
> "Cartesiese koördinate"?
>
> Groete,
>
> Norbert (uit Vlaandere)

Ek het ondertussen eens geloer in die 'Afrikaanse Woordelys en
Spelreëls" van Tafelberg en daar staan twee moontlikhede:
-Cartesiaans
of
-Cartesies, -e

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87059 is 'n antwoord op boodskap #87058] Di, 11 November 2003 22:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote:

> Ek het ondertussen eens geloer in die 'Afrikaanse Woordelys en
> Spelreëls" van Tafelberg en daar staan twee moontlikhede:
> -Cartesiaans
> of
> -Cartesies, -e

Baie dankie vir jou moeite, Norbert. Ja, ek het ongelukkig nie
Afrikaanse woordeboeke nie. Daarom waardeer ek die hulp sommer baie.
Ek reken ek sal Cartesiaans gebruik, want dit klink net half beter.
Nou sal ek vir DD 'n tesis kan skryf as antwoord op sy vorige berig!
;-)
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87060 is 'n antwoord op boodskap #87057] Di, 11 November 2003 22:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Nov 2003 17:20:07 -0500, Katryn wrote:

> Dankie, Norbert.
> So, julle sou nie praat van Renate van de Kaart nie?
> ;-)

Tog! Renate woon om die hoek van my straat. As sy teveel gedrink het
sê ons: "Renate is van de kaart.."

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Profete en Profyte [boodskap #87063 is 'n antwoord op boodskap #87047] Wo, 12 November 2003 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
'n Man met die naam van Descartus
was vreeslik teen alles wat swartus.
Hy plaas toe 'n brief
om te kla oor sy grief
dat kleure hier nie meer apartus.

"Swart Simon" skryf in boodskap news:3fb12cda.0@news1.mweb.co.za...
> "DD" wrote in message
> news:63qsqvo8cr4i9h78gmnpc4ebhkd96dfqde@4ax.com...
>
>> ÉN,... daai's nog niks! Descartus het in 1630 al gesê...!
> ......
>
>> I Think...
>> Therefore I Am
>> Rene Descartus
>>
>>
>> DD
>
>
> Toe ek hierdie stukkie lees wou ek 'n limirick probeer
> skryf. Ek is egter maar vrot met rympies skryf en kom
> nie verder as die eerste twee reëltjie nie (met
> apologieë aan DD vir die spelling):
>
> 'n Man met die naam van Descartus
> Het eens gesê: ek dink, so ek is dus
> .......
> .......
> .......
>
> Wie kan my help om dit te voltooi?
>
> Swart Simon
>
Re: Profete en Profyte [boodskap #87076 is 'n antwoord op boodskap #87063] Wo, 12 November 2003 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 12 Nov 2003 08:33:45 +0200, "Koot"
wrote:

> 'n Man met die naam van Descartus
> was vreeslik teen alles wat swartus.
> Hy plaas toe 'n brief
> om te kla oor sy grief
> dat kleure hier nie meer apartus.
>

Hè-hè-hè! Ha-ha-ha!!! :-))

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87085 is 'n antwoord op boodskap #87053] Wo, 12 November 2003 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:14g2rvgl5b2gcfkl2gk0v3g3nfc5954n7m@4ax.com...
> Katryn wrote:
>
> SS: 'n Man met die naam van Descartus
>
> Danielle: Ons spreek dit ook gewoonlik uit as "day cart". Ek neem
> aan julle spreek dit uit soos julle dit spel?
Des-kar-tus?

Zje ne say paah. Jy sal vir DD moet vra. Dis sy baby.
Ek het maar aangeneem hy spreek dit uit soos hy dit
spel.

Swart Simon
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87086 is 'n antwoord op boodskap #87085] Wo, 12 November 2003 23:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" wrote:

> Zje ne say paah.

C'est évident. :-)

> Jy sal vir DD moet vra. Dis sy baby.

Ja, maar hy's iewers besig om Russies te leer.
Re: Descartes of Descartus [boodskap #87104 is 'n antwoord op boodskap #87086] Do, 13 November 2003 22:20 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:g5h5rv8lov91dfg6n57jlrsv2q254b6qs8@4ax.com...
>
> Ja, maar hy's iewers besig om Russies te leer.
>

Sit seker ook in parke rond. In 'n dik jas met 'n opgeslaande kraag en lees
die "Times".

Lorinda
Vorige onderwerp: Amptelike oorhandiging
Volgende onderwerp: Currie Beker Skeidsregter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 04:54:41 MGT 2024