Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KAAPSE FRAGMENTE
KAAPSE FRAGMENTE [boodskap #8702] Ma, 03 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
KAAPSE FRAGMENTE

onder my voete
raak strandlopertjiespore
weg in die nat sand

omgekeerde skuit -
die suidooster waai
oor die sandduine

teen die berghange
swartgebrande suikerbos -
'n groen blaar loop uit

mooie suikerbos
met jou nektar van trane
en blomme van bloed

misdaad van die dag -
bedwelm en oorrompel
deur 'n selonsroos

net die silwerboom
en die reën - dit val aaneen
op die blink blare

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Is Afrikaner-wees sonder historiese bagasie moontlik?
Volgende onderwerp: "April " deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 04:29:33 MGT 2024