Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oepsie
Oepsie [boodskap #86793] Do, 06 November 2003 05:31 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Onse Prez ry in koetse rond en kuier lekker in Kanada. Dit terwyl hy eintlik
vandag hier moes gewees het om 'n voorafgereelde afvaardiging van Brasilië
moes ontmoet.
Brasilië, saam met Sjina, Rusland en Indië word gereken as die blok waarvan
die sterk ekonomië van die toekoms sal kom
--
Annette
Re: Oepsie [boodskap #86844 is 'n antwoord op boodskap #86793] Do, 06 November 2003 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote

> Onse Prez ry in koetse rond en kuier lekker in Kanada. Dit terwyl hy eintlik
> vandag hier moes gewees het om 'n voorafgereelde afvaardiging van Brasilië
> moes ontmoet.

Die arme Mbeki het die slegste slegste weer hier
in Ottawa gehad. Donker reënerige en sneeuerige
weer. Ek is seker hy sou liewer in 'n sonnige SA
wou gewees het. Hy en Chretien het ooreenkomste
onderteken, en ook oor Aids-hulp gepraat. Kanada
gaan nou wetgewing deurloods wat dit moontlik maak
om in sekere spesifieke gevalle, Aids-drugs goedkoop
aan Afrika-lande te lewer. Dit word gestoot deur
Kanadees Stephen Lewis, wat die VVO se Aids-
tsar is. Die joernaliste het Chretien ook gepeper
met vrae oor watter maatreëls Mbeki neem omtrent
die toestand in Zimbabwe, en Chretien het mooi
diplomaties geantwoord.

Gloudina
Re: Oepsie [boodskap #86847 is 'n antwoord op boodskap #86793] Do, 06 November 2003 14:23 Na vorige boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Klink my hy's erger as Nujoma wat ook met sy R90m vliegtuig die wêreld
voltoer.......meestal bedelsessies en om die 'high life' te geniet
natuurlik. Kan hulle seker nie kwalik neem nie? Tydens die vryheidstryd
was ou Sam in luukse en in styl onderhou deur die buiteland en die arme
donners op die grond moes vrek vir sy stories. Nou kan die land nie eers
sy inkomste betaal nie en moet hy gaan bakhand staan en verder bedel.
Party mense het mos eenvoudig nie trots nie!

"Annette" skryf in boodskap news:bocmqq$qd1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Onse Prez ry in koetse rond en kuier lekker in Kanada. Dit terwyl hy eintlik
> vandag hier moes gewees het om 'n voorafgereelde afvaardiging van Brasilië
> moes ontmoet.
> Brasilië, saam met Sjina, Rusland en Indië word gereken as die blok waarvan
> die sterk ekonomië van die toekoms sal kom
> --
> Annette
>
Vorige onderwerp: rooibos thee
Volgende onderwerp: Asking for a little favor...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 07:19:47 MGT 2024