Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jingoe
Jingoe [boodskap #8669] Do, 27 Februarie 1997 00:00
Etienne Marais[2]  is tans af-lyn  Etienne Marais[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
My vader werk in Engeland en het 'n paar weke terug
die woord Jingoe op TV gehoor, en 'n paar dae later
met 'n Brit gesels wat ook vertroud is met die woord
(maar niks ZA'se agtergrond het nie). Ek was onder
die indruk dat dit 'n Afrikaans skelnaam vir
Afrikaanse anglomaniake (ie JC Smuts en "Ohm Paul
Kruger" se seun) was (is). Die woord was baie
gebruik tydens die vryheids oorloe. Weet iemand meer,
bv waar die woord vandaan kom ?

Etienne
Re: Jingoe [boodskap #8670 is 'n antwoord op boodskap #8669] Do, 27 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , eti...@jupiter.up.ac.za says...
>
>
> My vader werk in Engeland en het 'n paar weke terug
> die woord Jingoe op TV gehoor, en 'n paar dae later
> met 'n Brit gesels wat ook vertroud is met die woord
> (maar niks ZA'se agtergrond het nie). Ek was onder
> die indruk dat dit 'n Afrikaans skelnaam vir
> Afrikaanse anglomaniake (ie JC Smuts en "Ohm Paul
> Kruger" se seun) was (is). Die woord was baie
> gebruik tydens die vryheids oorloe. Weet iemand meer,
> bv waar die woord vandaan kom ?
>
> Etienne

Die volgende verklaring van die woord
JINGO kom uit die American Heritage
Dictionary:
"One who vociferously supports his
country, especially one who supports
a belligerent foreign policy; a blatant
patriot; chauvinist... Also used to
express surprise or for emphasis.
(From the refrain of a music-hall song sung
by those in England ready to fight Russia
in 1878: 'We don't want to fight, yet by
Jingo! if we do/ weëve got the ships, weëve
got the men, and got the money too.')
Origin unknown.

n Mens moet aanneem dat hierdie woord ook as
deel van die Afrikaanse woordeskat gereken moet
word. Dit het heelwaarskynlik nou in Afrikaans
'n effens veranderde betekenis. Dit het meer van
'n skelwoord geword. Ek vra my byvoorbeeld af
of 'n hardgebakte NP persoon uit die vroeëe jare
van apartheid ook as 'n jingo bestempel kon word?

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Sensuur van hierdie nuusgroep
Volgende onderwerp: die sjarme van kakkies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:59:14 MGT 2024