Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons lees dit daeliks
Ons lees dit daeliks [boodskap #86392] Ma, 27 Oktober 2003 16:28
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
VS-boer sterf in kapingsdrama
Uit Volksblad


BOTHAVILLE. - 'n Boer is hier koelbloedig doodgeskiet toe hy op 'n
plaaspad 'n paar kilometer van sy huis af vermoedelik gestop het om
hulp aan te bied en hy in die middel van 'n kapingsdrama beland het.

'n Ander boer wat kort tevore by 'n brandstofdepot in die dorp
gekaap is, is gewond toe die kapers hom langs die pad afgelaai,
aangesê het om te hardloop en daarna op hom begin skiet het.

Dit is moontlik dié skietery op mnr. Leonard Scholtz (36) wat mnr.
Gerhard van den Berg (45) laat stilhou het. Hy is deur die groep van
vermoedelik ses mans oorval en in die maag en arm, en in die kop
geskiet.

Scholtz, wat in die skietery op hom in die enkel gewond is en in
die veld geval het, het nadat die kapers in Van den Berg se bakkie en
hul eie motor weggery het, na die hoofpad aangesukkel waar hy deur
mnr. Toks Liebenberg opgelaai is.

Liebenberg se ouers is 'n paar jaar gelede op hul plaas nie ver
daarvandaan nie vermoor.

Scholtz, van die plaas Doornhoek, is in die hospitaal opgeneem,
waarna hy na 'n hospitaal in Klerksdorp oorgeplaas en geopereer is.

Sy vriendin, me. Esrie Venter, sê die operasie het goed afgeloop.

Insp. Stephen Thakeng van die polisie sê Scholtz is omstreeks 07:30
deur twee mans by die brandstofdepot oorval toe hy sy dieselwaentjie
wou volmaak. Hulle het met sy bakkie in die rigting van Kroonstad
gery, waarna nog mans in 'n wit Nissan Sentra bygekom het.

Die dieselwaentjie is van Scholtz se bakkie afgehaak en hy is in
die Sentra se bagasieruim gedwing. Sy bakkie het nie ver daarvandaan
nie sonder brandstof gaan staan. Al die mans het in die Sentra geklim,
waarna hulle op 'n grondpad naby die plaas Uitkyk afgedraai het.

'n Entjie van die hoofpad af het hulle Scholtz uit die bagasieruim
gehaal en laat hardloop. Hulle het op hom begin skiet nadat hy deur 'n
draadheining geklim het.

Van den Berg, wat by sy vee was en op pad terug na sy huis op die
plaas Klippan was, het stilgehou. Hy is oorval en geskiet.

Sy lyk is langs die pad gelaat, waarna die mans met hul motor en sy
bakkie, 'n wit Ford Ranger met registrasienommer CPH 630 FS, weggejaag
het.

Van den Berg word oorleef deur sy vrou, Annalize, en twee kinders,
Izelda, 'n student in Bloemfontein, en Gerhard (13).

'n Beloning van R20 000 vir inligting wat tot die opsporing en
skuldigbevinding van die moordenaars sal lei, word aangebied.
Enigiemand met inligting word gevra om kapt. Wouter Jerling by
082-455-6063 te bel.
Vorige onderwerp: uitzonderlijk ;-))
Volgende onderwerp: Hekse, besems, HP en Halloween
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 10:09:48 MGT 2024