Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KAKKIES IS TERUG
KAKKIES IS TERUG [boodskap #8578] Di, 18 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jis julle narre!

Ek is terug na twee weke van rus. Die ontstellende ding is dat, noudat
ek weer vir die eerste keer in 'n langerige ruk na hierdie nuusgroep
kyk, dit voel asof ek net uit was vir ete. Niks het verander nie.
Dieselfde ou geneul of wensdenkery.

Koos probeer steeds by elke gesprekkie 'n eiertjie lê met sy
kwasi-intellektuele opmerkings. Hou jou maar by die rugby.

En jy Izak (gediggie) Bouwer. Het jy en Gloudina werklik 'n
stimulerende lewe?

En Leendert: wat wil jy nou eintlik sê? Is jy en Koos nie maar net een
en dieselfde nie?

So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.

Groete

kakkies
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8579 is 'n antwoord op boodskap #8578] Di, 18 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Feb 1997 21:57:41 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za (kakkies) wrote:
<<Ek is terug na twee weke van rus. >>>

Gaan fokken slaap weer.
Jy's 'n pyn in die gat.

(By the way jy is nie snaaks nie, kry dit nie reg om werklik snydend
te wees nie en dit lyk boonop of jy sukkel met die kop ook.

N.S. Gaan kyk bietjie daar by die alt.binaries rond. Jy behoort jou
soort nuusgroep daar te vind.)
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8580 is 'n antwoord op boodskap #8578] Di, 18 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norman Darlington  is tans af-lyn  Norman Darlington
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Welkom terug, Kakkie. Ek is hier nieuw, dus ken ek jou nie, maar jy klink
tog vers.
--
Groete uit Ierland,
Lion
- Let them say!

kakkies wrote in article
...
> Jis julle narre!
>
> Ek is terug na twee weke van rus. Die ontstellende ding is dat, noudat
> ek weer vir die eerste keer in 'n langerige ruk na hierdie nuusgroep
> kyk, dit voel asof ek net uit was vir ete. Niks het verander nie.
> Dieselfde ou geneul of wensdenkery.
>
> Groete
>
>
> kakkies
>
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8591 is 'n antwoord op boodskap #8578] Wo, 19 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
cvb...@burger.naspers.co.za says...
>
> Jis julle narre!
>
> Ek is terug na twee weke van rus. Die ontstellende ding is dat, noudat
> ek weer vir die eerste keer in 'n langerige ruk na hierdie nuusgroep
> kyk, dit voel asof ek net uit was vir ete. Niks het verander nie.
> Dieselfde ou geneul of wensdenkery.
>
> Koos probeer steeds by elke gesprekkie 'n eiertjie lê met sy
> kwasi-intellektuele opmerkings. Hou jou maar by die rugby.
>
> En jy Izak (gediggie) Bouwer. Het jy en Gloudina werklik 'n
> stimulerende lewe?
>

Koos k.....s,
Jy is terug! Kon nie wag om jouself aan te
kondig nie, ne`? Het jy gedink ons sou nie sonder
jou insiggewende opmerkings en opinies oor die
staat van alles en nog wat kon klaarkom nie?
Ek wil net vir jou een ding vertel. Los vir
Izak uit. Izak lees nie die nuusgroep nie. Izak sê
nuusgroepe is vir sissies. Izak was op sy dag 'n
kampioen bokser. Al is daar nou duisende van
kilometers water tussen jou en Izak, moenie te
veilig voel nie. Een van die mooi dae vind jy jou
fout uit.
Hoekom vertel jy nie vir ons waar jy vakansie
gehou het nie. Be a good boy.
Gloudina
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8604 is 'n antwoord op boodskap #8578] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Soos Kakkies so diskreet gesê het.
> Jis julle narre!
>
Ja nou-toe - so uit die hond se bek (natuurlik net 'n idioom ;^} )

> Ek is terug na twee weke van rus. Die ontstellende ding is dat, noudat
> ek weer vir die eerste keer in 'n langerige ruk na hierdie nuusgroep
> kyk, dit voel asof ek net uit was vir ete. Niks het verander nie.
> Dieselfde ou geneul of wensdenkery.
>
Hoe dan nou anders? Party dinge bly altyd dieselfde - selfs dieselfde
argumente. Ek was vir 'n jaar weg en toe ek terugkom was dit nog steeds
dieselfde tipe "diep gesprekke". Net die gesigte verander. Behalwe vir ou Ferdi
daat van P-town af)

> Koos probeer steeds by elke gesprekkie 'n eiertjie lê met sy
> kwasi-intellektuele opmerkings. Hou jou maar by die rugby.
>
Ek vind Koos se bydrae nogal waardevol, al gee dit my dalk net iets om van te
verskil ;)

> En jy Izak (gediggie) Bouwer. Het jy en Gloudina werklik 'n
> stimulerende lewe?
>
Hmm - oor hulle sekslewe kan ek nie kommentaar lewer nie, maar ek hou van
Gloudina se bydraes - iets anders as net die gewone dinge oor "is ons nou
regtig jammer dat ons Afrikaners is" en so aan.

> En Leendert: wat wil jy nou eintlik sê? Is jy en Koos nie maar net een
> en dieselfde nie?
>
Hmmm..... dalk 'n alternatiewe persoonlikheid van Koos .... Ek dink as jy die
hele Bengu/Verwoerd gesprekvoering dopgehou het sal jy weet dat twee sulke
persoonlikhede nie in dieselfde liggaam kan saamlewe nie ;^)

>
> So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
> net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
> dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
> julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.
>
Hmmm .... nou weet ek waat jou naam vandaan kom :?}

-Gideon-
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8605 is 'n antwoord op boodskap #8578] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Shym. As ek so 'n naam gehad het was ek ook depressief. Se net as ek vir
> jou 'n bietjie prozac moet pos...

Wat's in 'n naam? Hou maar jou prozac. Ja, die Afrikaner se doen en
late is maar depressiewe stof. Verlang mos net terug na die verlede.
Want wat kan die toekoms dan nou inhou? Die swartes is dan in beheer.

groete

kakkies
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8606 is 'n antwoord op boodskap #8578] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
>
>> Koos probeer steeds by elke gesprekkie 'n eiertjie lê met sy
>> kwasi-intellektuele opmerkings. Hou jou maar by die rugby.
>>
> Ek vind Koos se bydrae nogal waardevol, al gee dit my dalk net iets om van te
> verskil ;)

ja jy's reg. wat is daar nuuts of insiggewend wat hy al gesê het? jy
kan baie van daai argumente self in Beeld lees. sy insette is reeds al
soveel keer gehoor. hy en Freek Robinson sal nogal lekker pelle kan
wees.
>> En jy Izak (gediggie) Bouwer. Het jy en Gloudina werklik 'n
>> stimulerende lewe?
>>
> Hmm - oor hulle sekslewe kan ek nie kommentaar lewer nie, maar ek hou van
> Gloudina se bydraes - iets anders as net die gewone dinge oor "is ons nou
> regtig jammer dat ons Afrikaners is" en so aan.
wat is die ergste? om dinge te betreur of om so vasgevang te wees dat
jy niks anders kan of wil sien nie? gloudina verpersoonlik alles in
die Afrikaner wat my afstoot.
>> En Leendert: wat wil jy nou eintlik sê? Is jy en Koos nie maar net een
>> en dieselfde nie?
>>
> Hmmm..... dalk 'n alternatiewe persoonlikheid van Koos .... Ek dink as jy die
> hele Bengu/Verwoerd gesprekvoering dopgehou het sal jy weet dat twee sulke
> persoonlikhede nie in dieselfde liggaam kan saamlewe nie ;^)
dis darem duidelik dat dit net 'n tergery was

groete

kakkies
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8607 is 'n antwoord op boodskap #8578] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 20 Feb 1997 17:43:52 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za (kakkies) wrote:

<<>ja jy's reg. wat is daar nuuts of insiggewend wat hy al gesê het?
>>>

Wel ou pel, dis ek wat veroorsaak het dat jy vir jouself 'n naam
gegee het wat jou baie goed opsom.

Dis BAIE insiggewend.
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8608 is 'n antwoord op boodskap #8578] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Ag nee ou Kakkies. Hierdie is jou tipe nuusgroep. Jy kla en neul dan net
> so baie.
>

op 'n weird manier kan jy argumenteer dat daar 'n postiewe element is
as jy kla en moun oor mense wat kla en moun. ek het al ander
voorstelle op hierdie nuusgroep gemaak. die stiltes daarop dawer nou
nog hierdeur. dis jammer dat hierdie die enigste nuusgroep is waarop
mens werklik op afrikaans kan gesprek voer. maar almal dink dis 'n
plek waar ons (soos op hoerskool) sentimentele gediggies kan uitruil
of die Afrikaner (wat is dit?) kan besing. nie almal wat afrikaans
praat is sogenaamde afrikaners nie. maar nou ja, afrikaans is so
verpolitiseer dat geneen van hierdie gebreinspoeldes kan agterkom dat
dit bloot 'n kommunikasiemiddel is nie.

groete

kakkies
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8609 is 'n antwoord op boodskap #8578] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article<330c8bef...@ct-news.iafrica.com>,
>
> ja jy's reg. wat is daar nuuts of insiggewend wat hy al gesę het? jy
> kan baie van daai argumente self in Beeld lees. sy insette is reeds al
> soveel keer gehoor. hy en Freek Robinson sal nogal lekker pelle kan
> wees.

Het toevalig vir ou Freek robertson gisteraand op ES YY BIE CIE dopgehou (daar
was niks anders op nie - en ek meen NIKS! en ek het klaar die week se
huisgenoot gelees :D ). Snaaks hoe party mense so saam met die wind swaai.
Maar die seker 'n kwessie van Wie se brood jy eet, sy woord jy spreek - ne'.

Cheers
Lou
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8610 is 'n antwoord op boodskap #8578] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W Louw  is tans af-lyn  W Louw
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
?
Shym. As ek so 'n naam gehad het was ek ook depressief. Se net as ek vir
jou 'n bietjie prozac moet pos...
?
kakkies wrote:
> ?
> Jis julle narre!
> ?
> Ek is terug na twee weke van rus. Die ontstellende ding is dat, noudat
> ek weer vir die eerste keer in 'n langerige ruk na hierdie nuusgroep
> kyk, dit voel asof ek net uit was vir ete. Niks het verander nie.
> Dieselfde ou geneul of wensdenkery.
> ?
> Koos probeer steeds by elke gesprekkie 'n eiertjie l? met sy
> kwasi-intellektuele opmerkings. Hou jou maar by die rugby.
> ?
> En jy Izak (gediggie) Bouwer. Het jy en Gloudina werklik 'n
> stimulerende lewe?
> ?
> En Leendert: wat wil jy nou eintlik s?? Is jy en Koos nie maar net een
> en dieselfde nie?
> ?
> So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
> net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
> dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
> julle knus en sagte kussings. Om julle is die w?reld aan die verander.
> ?
> Groete
> ?
> kakkies
?
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8611 is 'n antwoord op boodskap #8578] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , fe...@is.co.za (Koos)
wrote:
>
> N.S. Gaan kyk bietjie daar by die alt.binaries rond. Jy behoort jou
> soort nuusgroep daar te vind.)
>
Ag nee sies Koos. Ek is teleurgesteld in jou. Wil jy vir my sê jy weet
wat in alt.binaries is?

--
Jonnie
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8612 is 'n antwoord op boodskap #8578] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 20 Feb 97 06:25:29 GMT, jon...@anon.ac.za (Jonnie) wrote:
<<>Ag nee sies Koos. Ek is teleurgesteld in jou. Wil jy vir my sę jy weet
>wat in alt.binaries is?>>

Of course ja.
Ek neem aan jy weet nie, daarom vra jy....?

Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8613 is 'n antwoord op boodskap #8578] Do, 20 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article cvb...@burger.naspers.co.za (kakkies) writes:

Ou Skattatjia (Grieks = "kakkies" :-) skryf

> afrikaans is so
> verpolitiseer dat geneen van hierdie gebreinspoeldes kan agterkom dat
> dit bloot 'n kommunikasiemiddel is nie.

Ek weet van _geen_ taal wat nie verplotitiseer is nie en bloot 'n
kommunikasiemiddel is nie - nie eens Esparanto nie, nie Basic, Logo of Pascal
nie. (Lees maar die nuusgroepe en poslyste oor hierdie tale.)

Groete, Leendert
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8621 is 'n antwoord op boodskap #8578] Vr, 21 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
cvb...@burger.naspers.co.za says...

gloudina verpersoonlik alles in
> die Afrikaner wat my afstoot.

Koos die Nar(e),
Hoeveel keer moet ek verduidelik: Ek is nie
'n Afrikaner nie. Ek is 'n Kanadees, al vir 23 jaar.
Ek gebruik al vir 20 jaar nie meer Afrikaans as my
huistaal nie.
Oor die "gediggies" en die liedere: Niks wat jy
sê sal my laat ophou nie. Ek doen dit hoofsaaklik
vir mense buite Suid-Afrika : oud-Suidafrikaners,
beide van Afrikaanse en Engelse herkoms; mense
in Vlaandere en Nederland; mense wat om een of
ander rede Afrikaans wil bestudeer, ensovoorts. Ek
weet. Ek kry hulle briewe. Ook van binne Suid-
Afrika. Jy hoef hulle mos nie te lees nie.
As jou geklaery sy oorsprong het in 'n behoefte
om oor dinge van die dag te praat, neem die voortou.
Hier is ondertussen drie dinge waarop ek antwoorde
sou waardeer:
(1) Wat dink jy van die komposisies van
Hans Roosenschoon?
(2) Wat weet jy van die seksuele predileksies
van Johannes Kerkorrel?
(3) Is die volgende gevolgtrekking reg: Dat
"Die Burger" anti-de Klerk is en "Beeld"
pro-de Klerk? En as hierdie stelling reg
is, is dit as gevolg van 'n besluit van die
Nasionale Pers om albei kante van die veld
te speel, om sodoende die hoogs moontlike
aantal lesers te kry? Of is dit 'n teken van 'n
skeuring in die magsstruktuur van Nasionale
Pers self?

Gloudina Bouwer
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8641 is 'n antwoord op boodskap #8578] Ma, 24 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> (1) Wat dink jy van die komposisies van
> Hans Roosenschoon?

Ja, 'n stuk wat hy geskryf het, is nogal van betrekking op jou. Die
geraas in jou kop pla my.

> (2) Wat weet jy van die seksuele predileksies
> van Johannes Kerkorrel?

Hy was eens getroud, met 'n kind of kinders. Nou slaan hy toe aan
weerskante van die geslagsdraad. (hoekom stimuleer hierdie soort
onderwerp jou?)

> (3) Is die volgende gevolgtrekking reg: Dat
> "Die Burger" anti-de Klerk is en "Beeld"
> pro-de Klerk? En as hierdie stelling reg
> is, is dit as gevolg van 'n besluit van die
> Nasionale Pers om albei kante van die veld
> te speel, om sodoende die hoogs moontlike
> aantal lesers te kry? Of is dit 'n teken van 'n
> skeuring in die magsstruktuur van Nasionale
> Pers self?

Beeld se dinge ken ek nie goed nie. Die Burger bly nog pro-NP. Onthou
darem net, wat jy oor poltiek in die koerante lees (enige koerant), is
maar die mening van individue. Die Burger, of Beeld, is maar net
stukke papier met kopie daarop. Dit het nie 'n eie mening nie, hoewel
daar sommiges is wat so wil voorgee. .
Nog 'n ding: koerante lok nie lesers deur politieke beriggewing nie,
altans nie in Suid-Afrika nie. Kyk maar hoe vaar Huisgenoot teenoor
sogenaamde insiggewende publikasies. Ten opsigte van woelinge in
die Nasionale Party: who cares? in die bree Suid-Afrika het enige
party (buiten die ANC) so min steun dat dit gevaarlik naby aan
irrelevant is.
Ten opsigte van moontlike skeurings in Nasionale Pers se
magstruktuur: hoe de hel moet ek weet? Ek sit nie op die direksie nie.

Iets bekommer my: wat het die vrae in punt 3 te doen met die
belangstellings of saak van enige normale mens? Wat enige van daardie
mense ookal doen en dink, het tog geen wesenlike invloed op die
normale gang van sake nie?

groete
kakkies
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8660 is 'n antwoord op boodskap #8578] Wo, 26 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
kakkies (cvb...@burger.naspers.co.za) wrote:
: Jis julle narre!

[knip 'n klomp gemors]

: So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
: net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
: dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
: julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.

Nou maar wat soek jy dan hier? Vat jou dinkie-toys en gaan speel in die
straat!

Groete

Teuns
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8676 is 'n antwoord op boodskap #8578] Vr, 28 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> : So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
> : net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
> : dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
> : julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.

> Nou maar wat soek jy dan hier? Vat jou dinkie-toys en gaan speel in die
> straat!

Net die soort knee jerk reaksie wat verwag kan word. Heeltemal
onverdraagsaam: soos in die trant van: as julle enige vorm van kritiek
het, vlieg dan in julle moere! maar nouja, ken ons die Afrikaner nie
so nie?

Groete

kakkies
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8687 is 'n antwoord op boodskap #8578] So, 02 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pigfarmr/vark...  is tans af-lyn  pigfarmr/vark...
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
vriend kakkies skryf -

>> : So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
>> : net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
>> : dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
>> : julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.
>
>> Nou maar wat soek jy dan hier? Vat jou dinkie-toys en gaan speel in die
>> straat!
>
> Net die soort knee jerk reaksie wat verwag kan word. Heeltemal
> onverdraagsaam: soos in die trant van: as julle enige vorm van kritiek
> het, vlieg dan in julle moere! maar nouja, ken ons die Afrikaner nie
> so nie?
>
> Groete
>
> kakkies
>
hei kakman

het jy nie 'n ruk terug ge-impliseer dat daar nie so iets soos 'n afrikaner is
nie. ek kan nie die presiese teks onthou nie maar dit was iets soos ...
bla-bla-bla en die afrikaner (wie dit ookal mag wees) bla-bla-bla ...

so as die afrikaner nie bestaan, hoe kan ons hom ken om in enige manier op te
tree soos wat jy terdeë hierbo stel?

groete,

varkboer
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8697 is 'n antwoord op boodskap #8578] Ma, 03 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
kakkies (cvb...@burger.naspers.co.za) wrote:

: >: So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
: >: net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
: >: dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
: >: julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.

: >Nou maar wat soek jy dan hier? Vat jou dinkie-toys en gaan speel in die
: >straat!

: Net die soort knee jerk reaksie wat verwag kan word. Heeltemal
: onverdraagsaam: soos in die trant van: as julle enige vorm van kritiek
: het, vlieg dan in julle moere! maar nouja, ken ons die Afrikaner nie
: so nie?

Gladnie. As jy dink die Afrikaner maak nie saak, wil ek eerlik weet: wat
maak jy hier? (en by die Burger nogal?) En van onverdraagsaam gepraat - lyk
my jy is dan 'n ware Afrikaner...

Groete

T
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8698 is 'n antwoord op boodskap #8578] Ma, 03 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
kakkies (cvb...@burger.naspers.co.za) wrote:

: >: So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
: >: net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
: >: dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
: >: julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.

: >Nou maar wat soek jy dan hier? Vat jou dinkie-toys en gaan speel in die
: >straat!

: Net die soort knee jerk reaksie wat verwag kan word. Heeltemal
: onverdraagsaam: soos in die trant van: as julle enige vorm van kritiek
: het, vlieg dan in julle moere! maar nouja, ken ons die Afrikaner nie
: so nie?

: Groete

: kakkies

wieweet, miskien werk ilink vanaand...
Vorige onderwerp: Re: Information about Afrikaans educational material in North America
Volgende onderwerp: Is Afrikaner-wees sonder historiese bagasie moontlik?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 08:43:21 MGT 2024