Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sarel Myburgh
Sarel Myburgh [boodskap #85848] Ma, 20 Oktober 2003 19:41
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het so bietjie in die argiewe gaan krap
oor wat alles hier gebeur het tydens my
afwesigheid. En ek sien dat jy 'n aanmerking
gemaak het oor Sarel se dood, Annette.

Ek wou dit eers net laat verbygaan
maar voel dat ek dit tog behoort te noem
dat ons vir dekades vriende was.
Sarel, wat een jaar ouer as ek was,
en ek, was vanaf graad 1 vir die res
van ons laerskoolloopbaan in een klas
en op hoërskool het ons veskillende rigtings
gevolg, wat ons in verskillende klasse gehad
het. So het ons, ons hoërskoolloopbaan ook
saam voltooi. 'n Ander vriend wat dieselfde pad
saam geloop het, vanaf graad 1 regdeur laer en
hoërskoolloopbaan, is Dirk Lauffs, 'n prediker
wat relatief dikwels oor die radiosenders preek.

Somtyds het ons vir lang tye mekaar nie gesien nie,
en dan weer 'n reunie gehad, en lekker oor laaankal
geskinder. Dirk se woorde die laaste wat ons saam
gekuier het, was "lyk ek dan ook soos julle?"
"Hoe lyk ons dan Dirk?"
"Julle het ouer geword:-)"

DD
Vorige onderwerp: Tranlating the Mozilla browser into Afrikaans
Volgende onderwerp: Mis discussie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 12:31:39 MGT 2024