Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: KAKKIES IS TERUG
Re: KAKKIES IS TERUG [boodskap #8577] Di, 18 Februarie 1997 00:00
Arina Pieterse  is tans af-lyn  Arina Pieterse
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ag nee ou Kakkies. Hierdie is jou tipe nuusgroep. Jy kla en neul dan net
so baie.

kakkies wrote in article
...
> Jis julle narre!
>
> Ek is terug na twee weke van rus. Die ontstellende ding is dat, noudat
> ek weer vir die eerste keer in 'n langerige ruk na hierdie nuusgroep
> kyk, dit voel asof ek net uit was vir ete. Niks het verander nie.
> Dieselfde ou geneul of wensdenkery.
>
> Koos probeer steeds by elke gesprekkie 'n eiertjie lê met sy
> kwasi-intellektuele opmerkings. Hou jou maar by die rugby.
>
> En jy Izak (gediggie) Bouwer. Het jy en Gloudina werklik 'n
> stimulerende lewe?
>
> En Leendert: wat wil jy nou eintlik sê? Is jy en Koos nie maar net een
> en dieselfde nie?
>
>
> So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
> net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
> dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
> julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.
>
>
>
> Groete
>
>
> kakkies
>
Vorige onderwerp: Re: Weermag en pille (Waarskynlikhede)
Volgende onderwerp: Re: Die gevaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:19:12 MGT 2024