Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die kleur van rassisme?
Die kleur van rassisme? [boodskap #85668] Do, 16 Oktober 2003 19:36 na volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Aanhaling uit die lokale koerant van verlede week:

Carletonville Herald -- 10 Oktober 2003

UIT MY LEUNSTOEL - Hans Du Plessis

'As jy nie Engels praat nie, sal die ambulans haar nie kom haal nie.'
Net so het de vrou van die ambulansdiens gesê. En sy was beslis nie
vriendelik nie.
Jy sien, dit was halfeen in die nag, en soos dit maar gaan met
babatjies, kan niemand kies wanneer dié wonderwerkies hul verskyning
maak nie. Babas het mos hul eie tyd. Vra nie.
En op die plase gaan dit mos maar so:
Klop die plaasbaas op - dis ook al jare lank so. En die boer hoor mos,
want dis sy eie mense wat in die moeilikheid is. Dan help 'n mens -
dit was nog altyd so. Die werkers se babatjies is ook de boer se
verantwoordelikheid want menslikheid was nog altyd deel van die boer -
plaaswerker - verhouding. Niemand het daaroor nog ooit gevra nie - dis
deel van die boer.
Maar deesdae kom boere mos net in die koerant as hulle op plase
vermoor word of as die kwessie van minimumlone ter sprake kom en een
of ander koerantmens berigte kan skryf oor die onmenslikheid van
boere.
Ek weet nie van jou nie, maar my plaasfamilie en hul plaasmense het
hoeka al goed klaargekom. Menslike verhoudings gehad lank voor daar 'n
wet was. Natuurlik nie almal nie, maar is alle staatamptenare nou
korrup omdat een perd die staat besteel?
Ewenwel: sy het geweier om 'n ambulans uit te stuur as hy dit nie
op Engels vra nie.
'n Saak kan absurd ook raak. Onthou jy nog die dae toe Nieu-Seeland
die Suid-Afrikaanse renperd toegang tot die land geweier het?
Apartheidsperde kon nie aan wedrenne deelneem nie.
Afrikaans het 'n apartheidsperd geword.
Hy vra toe maar 'n Engelse ambulans ter wille van die vrou wat in
die middel van 'n Sondagnag in kraam is.
Self kan g'n Christenmens dit op die grondpaaie dorp toe waag nie.
Jy sien in die heldere dag skaars die beeste se ore bokant die
slaggate uitsteek.
Netnou ry jy oor 'n koei in 'n nasionale slaggat.
Toe kom die Engelse ambulans uiteindelik. Die barende moedertjie se
ma wil saam om te help. Sy moet agter haar kind kyk wat moeilikheid
het met die geboorte.
Die ambulansassistent boender ma en dogter agter in. "Jy kan agter
jou eie kind en die baby kyk."
Tot naby die hospitaal, dan klim die assistent agter in sodat hulle
kan dink sy was heeltyd maar agter besig om te assisteer.
As die ma opgeneem is, moet ouma loop, sy kan nie heelnag in die
hospitaal se stoel sit nie.
"Ek het nie geld om ander plek te gaan bly nie, ons kom ver van die
plaas af."
"Dis jou probleem."
"Kan ek dan net bel, asseblief?"
"Bel self, julle het mos almal deesdae selfone. Ons bel nie.
Policy."
Twee dae later word die jong ma ontslaan, sewe-uur die oggend al.
Toe die plaasmense middag se kant bel om te hoor, toe sê hulle, ja,
maar die vrou is vanoggend al ontslaan ...
Die hospitaal bel nie meer nie - policy, sien. En dit omdat die
eerste vraag in Afrikaans was?
Of is dit maar die hedendaagse mediese dienste?
Die dorp? Potchefstroom.
O ja, en die hospitaal?
Potchefstroom se staatshospitaal.
Natuurlik sal hulle stry.
Oor mediese sorg kan ons deesdae regtig nie kla nie, want daar is
nie sorg nie.
Rassisme in hierdie land het ook nie meer 'n kleur nie ...

**********************
(Professor Du Plessis doen weekliks 'n bydrae)
**********************
Re: Die kleur van rassisme? [boodskap #85685 is 'n antwoord op boodskap #85668] Vr, 17 Oktober 2003 09:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het ook 'n debat met myself - is dit net my kleurbewuste historiese
afkoms, of is daar ook duidelike rasverwante aspekte in die Hefer-ondersoek?
Die faksie van Maduna en Ngcuka is oorwegend swart, terwyl die Mo Shaik,
Maharaj- en selfs die betrokke verslaggeefster almal Indiërs is.

As dit so is, kan dit in 'n lelike ding ontaard wat ek niemand toewens nie.

Koot

"Didi" skryf in boodskap news:qtltov4p813jvogt26fhj41ubi8jnvad18@4ax.com...
>
> Aanhaling uit die lokale koerant van verlede week:
>
> Carletonville Herald -- 10 Oktober 2003
>
> UIT MY LEUNSTOEL - Hans Du Plessis
>
> 'As jy nie Engels praat nie, sal die ambulans haar nie kom haal nie.'
> Net so het de vrou van die ambulansdiens gesê. En sy was beslis nie
> vriendelik nie.
> Jy sien, dit was halfeen in die nag, en soos dit maar gaan met
> babatjies, kan niemand kies wanneer dié wonderwerkies hul verskyning
> maak nie. Babas het mos hul eie tyd. Vra nie.
> En op die plase gaan dit mos maar so:
> Klop die plaasbaas op - dis ook al jare lank so. En die boer hoor mos,
> want dis sy eie mense wat in die moeilikheid is. Dan help 'n mens -
> dit was nog altyd so. Die werkers se babatjies is ook de boer se
> verantwoordelikheid want menslikheid was nog altyd deel van die boer -
> plaaswerker - verhouding. Niemand het daaroor nog ooit gevra nie - dis
> deel van die boer.
> Maar deesdae kom boere mos net in die koerant as hulle op plase
> vermoor word of as die kwessie van minimumlone ter sprake kom en een
> of ander koerantmens berigte kan skryf oor die onmenslikheid van
> boere.
> Ek weet nie van jou nie, maar my plaasfamilie en hul plaasmense het
> hoeka al goed klaargekom. Menslike verhoudings gehad lank voor daar 'n
> wet was. Natuurlik nie almal nie, maar is alle staatamptenare nou
> korrup omdat een perd die staat besteel?
> Ewenwel: sy het geweier om 'n ambulans uit te stuur as hy dit nie
> op Engels vra nie.
> 'n Saak kan absurd ook raak. Onthou jy nog die dae toe Nieu-Seeland
> die Suid-Afrikaanse renperd toegang tot die land geweier het?
> Apartheidsperde kon nie aan wedrenne deelneem nie.
> Afrikaans het 'n apartheidsperd geword.
> Hy vra toe maar 'n Engelse ambulans ter wille van die vrou wat in
> die middel van 'n Sondagnag in kraam is.
> Self kan g'n Christenmens dit op die grondpaaie dorp toe waag nie.
> Jy sien in die heldere dag skaars die beeste se ore bokant die
> slaggate uitsteek.
> Netnou ry jy oor 'n koei in 'n nasionale slaggat.
> Toe kom die Engelse ambulans uiteindelik. Die barende moedertjie se
> ma wil saam om te help. Sy moet agter haar kind kyk wat moeilikheid
> het met die geboorte.
> Die ambulansassistent boender ma en dogter agter in. "Jy kan agter
> jou eie kind en die baby kyk."
> Tot naby die hospitaal, dan klim die assistent agter in sodat hulle
> kan dink sy was heeltyd maar agter besig om te assisteer.
> As die ma opgeneem is, moet ouma loop, sy kan nie heelnag in die
> hospitaal se stoel sit nie.
> "Ek het nie geld om ander plek te gaan bly nie, ons kom ver van die
> plaas af."
> "Dis jou probleem."
> "Kan ek dan net bel, asseblief?"
> "Bel self, julle het mos almal deesdae selfone. Ons bel nie.
> Policy."
> Twee dae later word die jong ma ontslaan, sewe-uur die oggend al.
> Toe die plaasmense middag se kant bel om te hoor, toe sê hulle, ja,
> maar die vrou is vanoggend al ontslaan ...
> Die hospitaal bel nie meer nie - policy, sien. En dit omdat die
> eerste vraag in Afrikaans was?
> Of is dit maar die hedendaagse mediese dienste?
> Die dorp? Potchefstroom.
> O ja, en die hospitaal?
> Potchefstroom se staatshospitaal.
> Natuurlik sal hulle stry.
> Oor mediese sorg kan ons deesdae regtig nie kla nie, want daar is
> nie sorg nie.
> Rassisme in hierdie land het ook nie meer 'n kleur nie ...
>
>
> **********************
> (Professor Du Plessis doen weekliks 'n bydrae)
> **********************
>
Re: Die kleur van rassisme? [boodskap #85692 is 'n antwoord op boodskap #85685] Vr, 17 Oktober 2003 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Koot - jy mis die punt ietwat. Hulle is nie Indiers nie - hulle is Muslims.
Wat baie interessant is, is hou die groep hulself binne die ANC-hierargie
geposisioneer het. Ek het al opmerkings gehoor met die strekking dant
hierdie land tans deur Muslims regeer word.
Persoonlik glo ek dat die huidige debakel die direkte gevolg van 'n gebrek
aan vertroue in die leierskap van Thabo is. Daar dan - daar is min manne wat
hierdie tier sal kan ry.
Wat die spioenasie-beskuldigings betref - ek weet nie waar die
beskuldenaars (Maharaj, Zuma en Shaik) voldoende getuienis gaan kry nie. En,
al word dit van êrens bymekaar gekrap, wat beteken dit. Ngcuka sou steeds
nie 'n wet oortree het nie.

"Koot" skryf in boodskap news:bmod6g$eas$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het ook 'n debat met myself - is dit net my kleurbewuste historiese
> afkoms, of is daar ook duidelike rasverwante aspekte in die Hefer-ondersoek?
> Die faksie van Maduna en Ngcuka is oorwegend swart, terwyl die Mo Shaik,
> Maharaj- en selfs die betrokke verslaggeefster almal Indiërs is.
>
> As dit so is, kan dit in 'n lelike ding ontaard wat ek niemand toewens nie.
>
> Koot
>
> "Didi" wrote in message
> news:qtltov4p813jvogt26fhj41ubi8jnvad18@4ax.com...
>>
>> Aanhaling uit die lokale koerant van verlede week:
>>
>> Carletonville Herald -- 10 Oktober 2003
>>
>> UIT MY LEUNSTOEL - Hans Du Plessis
>>
>> 'As jy nie Engels praat nie, sal die ambulans haar nie kom haal nie.'
>> Net so het de vrou van die ambulansdiens gesê. En sy was beslis nie
>> vriendelik nie.
>> Jy sien, dit was halfeen in die nag, en soos dit maar gaan met
>> babatjies, kan niemand kies wanneer dié wonderwerkies hul verskyning
>> maak nie. Babas het mos hul eie tyd. Vra nie.
>> En op die plase gaan dit mos maar so:
>> Klop die plaasbaas op - dis ook al jare lank so. En die boer hoor mos,
>> want dis sy eie mense wat in die moeilikheid is. Dan help 'n mens -
>> dit was nog altyd so. Die werkers se babatjies is ook de boer se
>> verantwoordelikheid want menslikheid was nog altyd deel van die boer -
>> plaaswerker - verhouding. Niemand het daaroor nog ooit gevra nie - dis
>> deel van die boer.
>> Maar deesdae kom boere mos net in die koerant as hulle op plase
>> vermoor word of as die kwessie van minimumlone ter sprake kom en een
>> of ander koerantmens berigte kan skryf oor die onmenslikheid van
>> boere.
>> Ek weet nie van jou nie, maar my plaasfamilie en hul plaasmense het
>> hoeka al goed klaargekom. Menslike verhoudings gehad lank voor daar 'n
>> wet was. Natuurlik nie almal nie, maar is alle staatamptenare nou
>> korrup omdat een perd die staat besteel?
>> Ewenwel: sy het geweier om 'n ambulans uit te stuur as hy dit nie
>> op Engels vra nie.
>> 'n Saak kan absurd ook raak. Onthou jy nog die dae toe Nieu-Seeland
>> die Suid-Afrikaanse renperd toegang tot die land geweier het?
>> Apartheidsperde kon nie aan wedrenne deelneem nie.
>> Afrikaans het 'n apartheidsperd geword.
>> Hy vra toe maar 'n Engelse ambulans ter wille van die vrou wat in
>> die middel van 'n Sondagnag in kraam is.
>> Self kan g'n Christenmens dit op die grondpaaie dorp toe waag nie.
>> Jy sien in die heldere dag skaars die beeste se ore bokant die
>> slaggate uitsteek.
>> Netnou ry jy oor 'n koei in 'n nasionale slaggat.
>> Toe kom die Engelse ambulans uiteindelik. Die barende moedertjie se
>> ma wil saam om te help. Sy moet agter haar kind kyk wat moeilikheid
>> het met die geboorte.
>> Die ambulansassistent boender ma en dogter agter in. "Jy kan agter
>> jou eie kind en die baby kyk."
>> Tot naby die hospitaal, dan klim die assistent agter in sodat hulle
>> kan dink sy was heeltyd maar agter besig om te assisteer.
>> As die ma opgeneem is, moet ouma loop, sy kan nie heelnag in die
>> hospitaal se stoel sit nie.
>> "Ek het nie geld om ander plek te gaan bly nie, ons kom ver van die
>> plaas af."
>> "Dis jou probleem."
>> "Kan ek dan net bel, asseblief?"
>> "Bel self, julle het mos almal deesdae selfone. Ons bel nie.
>> Policy."
>> Twee dae later word die jong ma ontslaan, sewe-uur die oggend al.
>> Toe die plaasmense middag se kant bel om te hoor, toe sê hulle, ja,
>> maar die vrou is vanoggend al ontslaan ...
>> Die hospitaal bel nie meer nie - policy, sien. En dit omdat die
>> eerste vraag in Afrikaans was?
>> Of is dit maar die hedendaagse mediese dienste?
>> Die dorp? Potchefstroom.
>> O ja, en die hospitaal?
>> Potchefstroom se staatshospitaal.
>> Natuurlik sal hulle stry.
>> Oor mediese sorg kan ons deesdae regtig nie kla nie, want daar is
>> nie sorg nie.
>> Rassisme in hierdie land het ook nie meer 'n kleur nie ...
>>
>>
>> **********************
>> (Professor Du Plessis doen weekliks 'n bydrae)
>> **********************
>>
>
Re: Die kleur van rassisme? [boodskap #85702 is 'n antwoord op boodskap #85692] Vr, 17 Oktober 2003 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Oukei, dis 'n interessante hoek. Miskien het hulle gedink die hitte sal
afgedraai word as hulle die bron van die hiite verdag kan maak. Maar, soos
jy sê, ek weet nie of daar genoeg hitte bymekaar is om die saak deur te voer
nie.

Dit bly 'n fassinerende skouspel.

"Jonas" skryf in boodskap news:bmokal$hif$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Koot - jy mis die punt ietwat. Hulle is nie Indiers nie - hulle is Muslims.
> Wat baie interessant is, is hou die groep hulself binne die ANC-hierargie
> geposisioneer het. Ek het al opmerkings gehoor met die strekking dant
> hierdie land tans deur Muslims regeer word.
> Persoonlik glo ek dat die huidige debakel die direkte gevolg van 'n gebrek
> aan vertroue in die leierskap van Thabo is. Daar dan - daar is min manne wat
> hierdie tier sal kan ry.
> Wat die spioenasie-beskuldigings betref - ek weet nie waar die
> beskuldenaars (Maharaj, Zuma en Shaik) voldoende getuienis gaan kry nie. En,
> al word dit van êrens bymekaar gekrap, wat beteken dit. Ngcuka sou steeds
> nie 'n wet oortree het nie.
>
> "Koot" wrote in message
> news:bmod6g$eas$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het ook 'n debat met myself - is dit net my kleurbewuste historiese
>> afkoms, of is daar ook duidelike rasverwante aspekte in die
> Hefer-ondersoek?
>> Die faksie van Maduna en Ngcuka is oorwegend swart, terwyl die Mo Shaik,
>> Maharaj- en selfs die betrokke verslaggeefster almal Indiërs is.
>>
>> As dit so is, kan dit in 'n lelike ding ontaard wat ek niemand toewens
> nie.
>>
>> Koot
>>
>> "Didi" wrote in message
>> news:qtltov4p813jvogt26fhj41ubi8jnvad18@4ax.com...
>>>
>>> Aanhaling uit die lokale koerant van verlede week:
>>>
>>> Carletonville Herald -- 10 Oktober 2003
>>>
>>> UIT MY LEUNSTOEL - Hans Du Plessis
>>>
>>> 'As jy nie Engels praat nie, sal die ambulans haar nie kom haal nie.'
>>> Net so het de vrou van die ambulansdiens gesê. En sy was beslis nie
>>> vriendelik nie.
>>> Jy sien, dit was halfeen in die nag, en soos dit maar gaan met
>>> babatjies, kan niemand kies wanneer dié wonderwerkies hul verskyning
>>> maak nie. Babas het mos hul eie tyd. Vra nie.
>>> En op die plase gaan dit mos maar so:
>>> Klop die plaasbaas op - dis ook al jare lank so. En die boer hoor mos,
>>> want dis sy eie mense wat in die moeilikheid is. Dan help 'n mens -
>>> dit was nog altyd so. Die werkers se babatjies is ook de boer se
>>> verantwoordelikheid want menslikheid was nog altyd deel van die boer -
>>> plaaswerker - verhouding. Niemand het daaroor nog ooit gevra nie - dis
>>> deel van die boer.
>>> Maar deesdae kom boere mos net in die koerant as hulle op plase
>>> vermoor word of as die kwessie van minimumlone ter sprake kom en een
>>> of ander koerantmens berigte kan skryf oor die onmenslikheid van
>>> boere.
>>> Ek weet nie van jou nie, maar my plaasfamilie en hul plaasmense het
>>> hoeka al goed klaargekom. Menslike verhoudings gehad lank voor daar 'n
>>> wet was. Natuurlik nie almal nie, maar is alle staatamptenare nou
>>> korrup omdat een perd die staat besteel?
>>> Ewenwel: sy het geweier om 'n ambulans uit te stuur as hy dit nie
>>> op Engels vra nie.
>>> 'n Saak kan absurd ook raak. Onthou jy nog die dae toe Nieu-Seeland
>>> die Suid-Afrikaanse renperd toegang tot die land geweier het?
>>> Apartheidsperde kon nie aan wedrenne deelneem nie.
>>> Afrikaans het 'n apartheidsperd geword.
>>> Hy vra toe maar 'n Engelse ambulans ter wille van die vrou wat in
>>> die middel van 'n Sondagnag in kraam is.
>>> Self kan g'n Christenmens dit op die grondpaaie dorp toe waag nie.
>>> Jy sien in die heldere dag skaars die beeste se ore bokant die
>>> slaggate uitsteek.
>>> Netnou ry jy oor 'n koei in 'n nasionale slaggat.
>>> Toe kom die Engelse ambulans uiteindelik. Die barende moedertjie se
>>> ma wil saam om te help. Sy moet agter haar kind kyk wat moeilikheid
>>> het met die geboorte.
>>> Die ambulansassistent boender ma en dogter agter in. "Jy kan agter
>>> jou eie kind en die baby kyk."
>>> Tot naby die hospitaal, dan klim die assistent agter in sodat hulle
>>> kan dink sy was heeltyd maar agter besig om te assisteer.
>>> As die ma opgeneem is, moet ouma loop, sy kan nie heelnag in die
>>> hospitaal se stoel sit nie.
>>> "Ek het nie geld om ander plek te gaan bly nie, ons kom ver van die
>>> plaas af."
>>> "Dis jou probleem."
>>> "Kan ek dan net bel, asseblief?"
>>> "Bel self, julle het mos almal deesdae selfone. Ons bel nie.
>>> Policy."
>>> Twee dae later word die jong ma ontslaan, sewe-uur die oggend al.
>>> Toe die plaasmense middag se kant bel om te hoor, toe sê hulle, ja,
>>> maar die vrou is vanoggend al ontslaan ...
>>> Die hospitaal bel nie meer nie - policy, sien. En dit omdat die
>>> eerste vraag in Afrikaans was?
>>> Of is dit maar die hedendaagse mediese dienste?
>>> Die dorp? Potchefstroom.
>>> O ja, en die hospitaal?
>>> Potchefstroom se staatshospitaal.
>>> Natuurlik sal hulle stry.
>>> Oor mediese sorg kan ons deesdae regtig nie kla nie, want daar is
>>> nie sorg nie.
>>> Rassisme in hierdie land het ook nie meer 'n kleur nie ...
>>>
>>>
>>> **********************
>>> (Professor Du Plessis doen weekliks 'n bydrae)
>>> **********************
>>>
>>
>
Re: Die kleur van rassisme? [boodskap #85708 is 'n antwoord op boodskap #85702] Vr, 17 Oktober 2003 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Oct 2003 15:47:07 +0200, "Koot"
wrote:

> Oukei, dis 'n interessante hoek. Miskien het hulle gedink die hitte sal
> afgedraai word as hulle die bron van die hiite verdag kan maak. Maar, soos
> jy sê, ek weet nie of daar genoeg hitte bymekaar is om die saak deur te voer
> nie.
>
> Dit bly 'n fassinerende skouspel.
>

Interessante manier waarop jy daarna kyk, Koot:-)
Onthou wat het Jonas baie onlangs kwytgeraak?
Kan nie sy presiese woorde onthou nie, maar dit
het beteken dat pouse verby is en die drama
nou die hoogtepunt nader. Hy het iets gesê soos:
Nou vreet die ANC mekaar op. Sit, kyk en geniet dit.
Of iets in dier voege:-) (Weet nou nog nie wie gaan
vir die kaartjies betaal nie, Jonas:-))).

Betreffende my skielike wegraak hier - ek was baie
op die pad. Moes loodgieterswerk in Durb's laat doen,
sowel as curtain rails (gordynspore?).

Ek het in Durban een of twee keer via Google na die
nuusgroep gekyk, want die server wat ek op my Notebook
gebruik, ondersteun nie nuusgroepe nie.

Toe ek een naweek (verlede naweek) in Roodepoort
by 'n winkelgroep was, het ek een van die geselsers
op die groep gevra om groete oor te dra en dit te
verduidelik wat ek nou gesê het. In die pakkie was ook
groete aan Jonas, 'n drukkie aan Annette, 'n stukkie panfluit
musiek aan Koot, 'n knipoog aan Gloudina en 'n fokjou aan Ferdi.
Aan Lorinda en Katryn was daar rose met soentjies
gestuur. En die res van die name wat ek genoem het, kan
ek nie onthou nie, ook nie die volgorde nie:-)))

Moerfie het notas van alles gemaak wat ek gesê het, en as
ek die argiewe deursoek, was hy nog nooit weer hier nie:-)

DD
Dankie vir die pragtige rose, DD! :-) [boodskap #85724 is 'n antwoord op boodskap #85708] Sa, 18 Oktober 2003 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
En die soentjies ook (maar dit kon ek mos nou nie in die onderwerp
plaas nie?
Dis goed om jou weer hier te "sien".
Re: Dankie vir die pragtige rose, DD! :-) [boodskap #85725 is 'n antwoord op boodskap #85724] Sa, 18 Oktober 2003 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Oct 2003 10:02:21 -0400, Katryn wrote:

> En die soentjies ook (maar dit kon ek mos nou nie in die onderwerp
> plaas nie?
> Dis goed om jou weer hier te "sien".

Met liefde gestuur, Katryn. Die Katryn roos wat heel bo gelê het,
is nou in die Bloemfonetinse roosskou na jou vernoem. (Jy sal oplet
dat dit meer dorings het as die ander variëteite).

Dis net so lekker om julle weer te sien.

DD
Re: Dankie vir die pragtige rose, DD! :-) [boodskap #85726 is 'n antwoord op boodskap #85725] Sa, 18 Oktober 2003 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Met liefde gestuur, Katryn. Die Katryn roos wat heel bo gelê het,
> is nou in die Bloemfonetinse roosskou na jou vernoem. (Jy sal oplet
> dat dit meer dorings het as die ander variëteite).

Eina!
Nogsteeds so skerp soos altyd, DD. :-)
Re: Dankie vir die pragtige rose, DD! :-) [boodskap #85727 is 'n antwoord op boodskap #85726] Sa, 18 Oktober 2003 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Oct 2003 10:42:57 -0400, Katryn wrote:

> DD wrote:
>
>> Met liefde gestuur, Katryn. Die Katryn roos wat heel bo gelê het,
>> is nou in die Bloemfonetinse roosskou na jou vernoem. (Jy sal oplet
>> dat dit meer dorings het as die ander variëteite).
>
> Eina!
> Nogsteeds so skerp soos altyd, DD. :-)

Maar Katryn, as jy nie onder jou pragtige blare
sulke skerp dorings gehad het nie, was jy laaankal
gepluk in hierdie symste nuusgroep:-)

DD
Re: Dankie vir die pragtige rose, DD! :-) [boodskap #85728 is 'n antwoord op boodskap #85727] Sa, 18 Oktober 2003 15:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> Maar Katryn, as jy nie onder jou pragtige blare
> sulke skerp dorings gehad het nie, was jy laaankal
> gepluk in hierdie symste nuusgroep:-)

LOL! Jy is 'n smooth operator, DD - smooth! :-)))

Soos Sade sing:
"No need to ask he's smooth operator
Smooth operator, smooth operator (en nog so paar smooth operators net
vir effek jy weet) :-))
...
No place for beginners or sensitive hearts
Sentiment is left to chance
No place to be ending
But it's nowhere to start
...

:-)))
Re: Die kleur van rassisme? [boodskap #85737 is 'n antwoord op boodskap #85708] So, 19 Oktober 2003 04:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD - vertel my ietsie van woonstelpryse dar in Durban - strandfront - ek
verstaan dit het onlangs verdubbel ?

"DD" skryf in boodskap news:2ef0pv8jeo2k9upqk8kc4db6rug8rivnm2@4ax.com...
> On Fri, 17 Oct 2003 15:47:07 +0200, "Koot"
> wrote:
>
>> Oukei, dis 'n interessante hoek. Miskien het hulle gedink die hitte sal
>> afgedraai word as hulle die bron van die hiite verdag kan maak. Maar, soos
>> jy sê, ek weet nie of daar genoeg hitte bymekaar is om die saak deur te voer
>> nie.
>>
>> Dit bly 'n fassinerende skouspel.
>>
>
> Interessante manier waarop jy daarna kyk, Koot:-)
> Onthou wat het Jonas baie onlangs kwytgeraak?
> Kan nie sy presiese woorde onthou nie, maar dit
> het beteken dat pouse verby is en die drama
> nou die hoogtepunt nader. Hy het iets gesê soos:
> Nou vreet die ANC mekaar op. Sit, kyk en geniet dit.
> Of iets in dier voege:-) (Weet nou nog nie wie gaan
> vir die kaartjies betaal nie, Jonas:-))).
>
> Betreffende my skielike wegraak hier - ek was baie
> op die pad. Moes loodgieterswerk in Durb's laat doen,
> sowel as curtain rails (gordynspore?).
>
> Ek het in Durban een of twee keer via Google na die
> nuusgroep gekyk, want die server wat ek op my Notebook
> gebruik, ondersteun nie nuusgroepe nie.
>
> Toe ek een naweek (verlede naweek) in Roodepoort
> by 'n winkelgroep was, het ek een van die geselsers
> op die groep gevra om groete oor te dra en dit te
> verduidelik wat ek nou gesê het. In die pakkie was ook
> groete aan Jonas, 'n drukkie aan Annette, 'n stukkie panfluit
> musiek aan Koot, 'n knipoog aan Gloudina en 'n fokjou aan Ferdi.
> Aan Lorinda en Katryn was daar rose met soentjies
> gestuur. En die res van die name wat ek genoem het, kan
> ek nie onthou nie, ook nie die volgorde nie:-)))
>
> Moerfie het notas van alles gemaak wat ek gesê het, en as
> ek die argiewe deursoek, was hy nog nooit weer hier nie:-)
>
> DD
>
Re: Die kleur van rassisme? [boodskap #85746 is 'n antwoord op boodskap #85737] So, 19 Oktober 2003 14:40 Na vorige boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 Oct 2003 06:11:59 +0200, "Jonas" wrote:

> DD - vertel my ietsie van woonstelpryse dar in Durban - strandfront - ek
> verstaan dit het onlangs verdubbel ?
> "

Die probleem is erger, Jonas. Niemand wil verkoop nie.
Daar is werklik niks te koop op 'uShaka Island' nie.

By
http://www.wakefields.co.za/
sal jy nog aanbiedings te siene kry in areas
wat relatief naby is, maar selfs daar gaan die
pryse ook mettertyd styg,

Kliek by 'Areas' op 'Central Durban'
en by 'Suburb' op 'South Beach' wat
jou dan South & North Beaches sal wys
as jy dan op 'Find It' kliek.

Jy sal sien dat die kope by "Victoria Embankment'
byvoorbeeld vreeslik aanloklik lyk. En die uitsig (wat nie
oor die see is nie, maar oor die dokke, inderwaarheid
oor die seiljag klub ens. ) is werklik lieflik. Die pryse is
relatief laag. Hoekom? Omdat dit reg langs 'n snelweg
wat inkom vanaf die Noord en Suidkus geleë is. Mens
moet skree om jouself te hoor:-))) Sowat twee jaar gelede
was ek in een van daardie woonstelle, 115m wat bo-standaard
groot is vir 'n woonstel, en ons moes skree om mekaar te hoor.
Ek oordryf nie. So, loop maar lig as jy kyk na die ad's by
Victoria Embankment. Lieflike groot woonstelle, wat ek enige tyd sou
koop indien dit geleë was waar ek dit wou hê.

North Beach is ietwat verder van ons af, (by die Casino)
en gewoonlik 'n goeie koop. North Beach pryse is besig om
vinniger te styg as die van Umlhanga Rocks, wat die rykes
se tuiste is.

Lang antwoord op 'n kort vraag. Ek's orraait né:-)

DD
Vorige onderwerp: PRAAG ontmoet Mkhwanazi oor Pretorianaamsverandering
Volgende onderwerp: Poes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 16:19:06 MGT 2024