Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » PRAAG ontmoet Mkhwanazi oor Pretorianaamsverandering
PRAAG ontmoet Mkhwanazi oor Pretorianaamsverandering [boodskap #85698] Vr, 17 Oktober 2003 12:44 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
PRAAG het gister namens die inwoners van Pretoria en alle
belanghebbendes 'n lywige dokument met meer as 1 000 name van
elektroniese petisionarisse wat teen die naamsverandering gekant is,
aan mnr. Ata Mkhwanazi van die burgemeesterskantoor oorhandig. Tydens
die ontmoeting is die volgende aan mnr. Mkhwanazi oorgedra:

die inwoners van die historiese Pretoriagebied, asook die meerderheid
Afrikaners, is geheel en al gekant teen die beoogde naamsverandering;

dit gaan die huidige toestand van vervreemding onder Afrikaners
vererger;

dit gaan groot bedrae geld kos wat op ander sake soos veiligheid of
armoedeverligting bestee kon gewees het.

Beide mnr. Mkhwanazi en PRAAG het die gesprek, wat langer as twee ure
geduur het, van groot waarde gevind aangesien daar kennis geneem is
van mekaar se standpunte. PRAAG is verteenwoordig deur dr. Dan Roodt,
'n Afrikaanse skrywer en intellektueel, me. Lydia van Eeden, werknemer
van 'n parfuummaatskappy en mnr. Kobus Wolvaardt jnr., 'n
finalejaaringenieurstudent aan die Universiteit van Pretoria.

Mnr. Mkhwanazi het sy verbasing uitgespreek dat nòg die
opposisiepartye in die Pretoriase stadsraad, nòg ander Afrikaanse
organisasies tot dusver moeite gedoen het om die teenkanting teen die
naamsverandering uiteen te sit. Daarvoor het hy PRAAG bedank, en
beklemtoon dat 'n opvolggesprek noodsaaklik sou wees. Daar was 'n
wedersydse voorstel dat 'n openbare debat of konferensie oor die
naamsverandering gehou moet word.

In weerwil van die hoflike ontvangs en indringende gesprekvoering, is
dit vir PRAAG duidelik dat die naamsverandering nog geensins van die
baan is nie. Die standpunt van die stadsraad is dat alle inwoners van
die metropolitaanse gebied, ook dié buite Pretoria, inspraak moet hê
in die naamsverandering en die aanname is dat die meerderheid ten
gunste daarvan is. So 'n aanname is egter deur PRAAG betwis en daar is
voorgestel dat 'n referendum oor die naamsverandering gehou word
waaraan inwoners in die historiese Pretoriagebied behoort deel te
neem.

Die stadsraad gaan voort met wat genoem word 'n "konsultasieproses" om
inwoners van die groter Tshwanegebied wat tot in die Noordwesprovinsie
strek, in te lig oor die voorgenome naamsverandering en ook hul
menings in te win. Dit mag wees dat hierdie konsultasieproses geensins
op demokratiese beginsels berus nie, maar bloot bedoel is om die
wetlike vereistes sover dit naamsveranderings betref, na te kom.

Die algemene indruk van die PRAAG-verteenwoordigers is dat die aksies
wat tot dusver gevoer is, naamlik die optog na Kerkplein op 16
Augustus, asook die elektroniese petisie op www.praag.org en die
petisie op die Tukkie-kampus wat deur vierduisend studente onderteken
is, besig is om vrugte af te werp.

Dit moet egter beklemtoon word dat die stryd nog nie gewonne is nie.
Indien niks verder gedoen word nie, sal die naamsverandering
waarskynlik sonder slag of stoot deurgevoer word. Daarom is dit
allernoodsaaklik dat meer mense die elektroniese petisie op
www.praag.org moet teken en ook geldelik moet bydra om die kostes van
die aksie teen naamsverandering te dek. 16/09/2003 09:59
Re: PRAAG ontmoet Mkhwanazi oor Pretorianaamsverandering [boodskap #85745 is 'n antwoord op boodskap #85698] So, 19 Oktober 2003 13:41 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"paul de dilbeek" wrote

> PRAAG het gister namens die inwoners van Pretoria en alle
> belanghebbendes 'n lywige dokument met meer as 1 000 name van
> elektroniese petisionarisse wat teen die naamsverandering gekant is,
> aan mnr. Ata Mkhwanazi van die burgemeesterskantoor oorhandig. Tydens
> die ontmoeting is die volgende aan mnr. Mkhwanazi oorgedra:

Ek wonder of PRAAG ook besef dat hulle die volgende
argumente kan gebruik:
(1) As hulle Pretoria se naam verander, wat word dan van
die liedjie "We are marching to Pretoria." Dit sal totaal
niksseggend wees.
(2) Hier in Ottawa is daar 'n "Pretoria-bridge." Hoe
verduidelik ek die oorsprong daarvan as hulle
Pretoria se naam verander?
Wat is in alle geval verkeerd daaraan om die wyere munisipale
gebied van die stad wat nou Pretoria genoem word, iets anders
te laat heet, terwyl hulle die ou deel van Pretoria nog so noem
om dit te onderskei van die meer vergeleë dele. Dis tog
ongeveer wat in New York gebeur met die verskillende boroughs.

Gloudina
Vorige onderwerp: bezoen aan SA
Volgende onderwerp: Die kleur van rassisme?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 03:43:41 MGT 2024