Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » LUR 'red' boere
LUR 'red' boere [boodskap #85358] Do, 09 Oktober 2003 12:57 na volgende boodskap
paul de dilbeek[1]  is tans af-lyn  paul de dilbeek[1]
Boodskappe: 25
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Junior Lid
Polokwane (Pietersburg). - Die stasiebevelvoerder van die
polisiekantoor in Levubu gaan waarskynlik sy werk verloor omdat
misdaad en rassisme besig is om dié boeregemeenskap in die verre
noordooste van Limpopo te "vernietig".
Die besluit om supt. M.T. Rambau óf af te dank óf te herontplooi is
deur me. Dikaledi Magadzi, LUR vir veiligheid en sekuriteit, geneem ná
die moord op mnr. Piet de Jager (65) van die plaas Laatsgevonden sowat
tien dae gelede.

Magadzi het Dinsdag op 'n nuuskonferensie in die stad gesê sy was
"verleë en selfs geskok" toe sy uitvind dat misdaad in dié gemeenskap,
wat uit net meer as 150 gesinne bestaan, tussen Junie 2002 en Junie
2003 met 400% toegeneem het - terwyl 80 beamptes dié polisiekantoor
beman.

Sy het voorts gesê dit is "bitter jammer" dat De Jager vermoor is
voordat sy van die gebreke in die polisiekantoor bewus geword het.

'n Taakspan wat Rambau se beweerde swak bestuurstyl en bewerings van
rassisme, asook die onvermoë van amptenare in dié polisiekantoor gaan
ondersoek, is reeds aangewys.

Tugstappe word ook teen Rambau beoog.

"Hy moet vervang word. Dit is duidelik dat Rambau nie die polisie
onder sy bevel kan beheer nie. Die polisiekantoor moet ook herskik
word. Dit kan egter nie oornag gebeur nie."

Magadzi het gesê ná De Jager se dood het dit vir haar duidelik geword
dat rassisme en misdaad besig is om die boeregemeenskap van Levubu te
vernietig.

Wit boere word geteister deur misdadigers terwyl swart polisiemanne
hul klagtes ignoreer. Telefone word ná ure nie beantwoord nie omdat
Rambau glo vergeet om die lyne na die aanklagkantoor deur te skakel
wanneer hy huis toe gaan. Hy sluit glo sy kantoordeur.

"Dit is onaanvaarbaar. Ons kan nie toelaat dat die veiligheid van die
boeregemeenskap, wat in 'n groot mate sorg vir die streek se
ekonomiese voortbestaan, bedreig word nie," het Magadzi gesê.

Levubu se boerderybedrywighede verdien jaarliks minstens R500 miljoen
buitelandse valuta uit sy makadamia- en avokadobedrywe. Die
boerderygemeenskap het 10 000 werkers in diens.

Mnr. Herman de Jager, seun van De Jager, het gesê dit sal jammer wees
as net Rambau "opgeoffer word".

Hy het gesê terwyl hy die lewe van sy sterwende pa op Saterdag 27
September met mond-tot-mond-asemhaling probeer red het, het
polisiemanne om hom gestaan en hulle wou 'n verklaring afneem.

"Ek het voorgestel dat hulle solank die plaaspaaie toemaak sodat die
aanvallers nie kan vlug nie. Hulle het net omgedraai en weggestap.

"Ons het die afgelope drie jaar honderde klagtes, ook na die
areakommissaris, komm. M.J. Maepa, deurgestuur. Niks het nog daarvan
gekom nie."

Magadzi het gesê sy weet nie van dié klagtes nie.

Sy het intussen verneem Rambau is in die hospitaal opgeneem weens
stres.

"Ek is ook gestres. Dit kan nie so aangaan nie."

Magadzi het aanbeveel dat alle reserviste se name weer op lyste
geskryf word en dat die kommandostelsel weer aktief raak. Sy het reeds
'n reaksiemotor aan Levubu toegeken.

Beeld za
Re: LUR 'red' boere [boodskap #85371 is 'n antwoord op boodskap #85358] Do, 09 Oktober 2003 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Paul. Dit lyk nie goed nie. (Mens kon die insident verwar het met dit wat
in Zim aangaan.)
Maar 10 uit 10 vir die LUR. Ek is ook nie seker of haar optrede genoodsaak
was deur die feitelikhede rakende die aangeleentheid, en of sy uit haar eie
dinge geroer het nie. Kom ons hoop dat dit laasgenoemde was dit sal my hoop
gee.

Waar het jy die berig gekry Paul - is jy by Beeld ingeteken?

"paul de dilbeek" skryf in boodskap news:lqmaovs272q96nasa4n56uatq90i0o5bc1@4ax.com...
>
>
> Polokwane (Pietersburg). - Die stasiebevelvoerder van die
> polisiekantoor in Levubu gaan waarskynlik sy werk verloor omdat
> misdaad en rassisme besig is om dié boeregemeenskap in die verre
> noordooste van Limpopo te "vernietig".
> Die besluit om supt. M.T. Rambau óf af te dank óf te herontplooi is
> deur me. Dikaledi Magadzi, LUR vir veiligheid en sekuriteit, geneem n�
> die moord op mnr. Piet de Jager (65) van die plaas Laatsgevonden sowat
> tien dae gelede.
>
> Magadzi het Dinsdag op 'n nuuskonferensie in die stad gesê sy was
> "verleë en selfs geskok" toe sy uitvind dat misdaad in dié gemeenskap,
> wat uit net meer as 150 gesinne bestaan, tussen Junie 2002 en Junie
> 2003 met 400% toegeneem het - terwyl 80 beamptes dié polisiekantoor
> beman.
>
> Sy het voorts gesê dit is "bitter jammer" dat De Jager vermoor is
> voordat sy van die gebreke in die polisiekantoor bewus geword het.
>
> 'n Taakspan wat Rambau se beweerde swak bestuurstyl en bewerings van
> rassisme, asook die onvermoë van amptenare in dié polisiekantoor gaan
> ondersoek, is reeds aangewys.
>
> Tugstappe word ook teen Rambau beoog.
>
> "Hy moet vervang word. Dit is duidelik dat Rambau nie die polisie
> onder sy bevel kan beheer nie. Die polisiekantoor moet ook herskik
> word. Dit kan egter nie oornag gebeur nie."
>
> Magadzi het gesê ná De Jager se dood het dit vir haar duidelik geword
> dat rassisme en misdaad besig is om die boeregemeenskap van Levubu te
> vernietig.
>
> Wit boere word geteister deur misdadigers terwyl swart polisiemanne
> hul klagtes ignoreer. Telefone word ná ure nie beantwoord nie omdat
> Rambau glo vergeet om die lyne na die aanklagkantoor deur te skakel
> wanneer hy huis toe gaan. Hy sluit glo sy kantoordeur.
>
> "Dit is onaanvaarbaar. Ons kan nie toelaat dat die veiligheid van die
> boeregemeenskap, wat in 'n groot mate sorg vir die streek se
> ekonomiese voortbestaan, bedreig word nie," het Magadzi gesê.
>
> Levubu se boerderybedrywighede verdien jaarliks minstens R500 miljoen
> buitelandse valuta uit sy makadamia- en avokadobedrywe. Die
> boerderygemeenskap het 10 000 werkers in diens.
>
> Mnr. Herman de Jager, seun van De Jager, het gesê dit sal jammer wees
> as net Rambau "opgeoffer word".
>
> Hy het gesê terwyl hy die lewe van sy sterwende pa op Saterdag 27
> September met mond-tot-mond-asemhaling probeer red het, het
> polisiemanne om hom gestaan en hulle wou 'n verklaring afneem.
>
> "Ek het voorgestel dat hulle solank die plaaspaaie toemaak sodat die
> aanvallers nie kan vlug nie. Hulle het net omgedraai en weggestap.
>
> "Ons het die afgelope drie jaar honderde klagtes, ook na die
> areakommissaris, komm. M.J. Maepa, deurgestuur. Niks het nog daarvan
> gekom nie."
>
> Magadzi het gesê sy weet nie van dié klagtes nie.
>
> Sy het intussen verneem Rambau is in die hospitaal opgeneem weens
> stres.
>
> "Ek is ook gestres. Dit kan nie so aangaan nie."
>
> Magadzi het aanbeveel dat alle reserviste se name weer op lyste
> geskryf word en dat die kommandostelsel weer aktief raak. Sy het reeds
> 'n reaksiemotor aan Levubu toegeken.
>
> Beeld za
>
Re: LUR 'red' boere [boodskap #85375 is 'n antwoord op boodskap #85371] Do, 09 Oktober 2003 15:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas,ek het die middel om online beeld te lees
As jy dit wil weet sal ek jou dit vertel via jou E-pos,akkoord?

Paul

On Thu, 9 Oct 2003 17:33:37 +0200, "Jonas" wrote:

> Paul. Dit lyk nie goed nie. (Mens kon die insident verwar het met dit wat
> in Zim aangaan.)
> Maar 10 uit 10 vir die LUR. Ek is ook nie seker of haar optrede genoodsaak
> was deur die feitelikhede rakende die aangeleentheid, en of sy uit haar eie
> dinge geroer het nie. Kom ons hoop dat dit laasgenoemde was dit sal my hoop
> gee.
>
> Waar het jy die berig gekry Paul - is jy by Beeld ingeteken?
>
>
> "paul de dilbeek" wrote in message
> news:lqmaovs272q96nasa4n56uatq90i0o5bc1@4ax.com...


>> Polokwane (Pietersburg). - Die stasiebevelvoerder van die
>> polisiekantoor in Levubu gaan waarskynlik sy werk verloor omdat
>> misdaad en rassisme besig is om dié boeregemeenskap in die verre
>> noordooste van Limpopo te "vernietig".
>> Die besluit om supt. M.T. Rambau óf af te dank óf te herontplooi is
>> deur me. Dikaledi Magadzi, LUR vir veiligheid en sekuriteit, geneem ná
>> die moord op mnr. Piet de Jager (65) van die plaas Laatsgevonden sowat
>> tien dae gelede.

>> Magadzi het Dinsdag op 'n nuuskonferensie in die stad gesê sy was
>> "verleë en selfs geskok" toe sy uitvind dat misdaad in dié gemeenskap,
>> wat uit net meer as 150 gesinne bestaan, tussen Junie 2002 en Junie
>> 2003 met 400% toegeneem het - terwyl 80 beamptes dié polisiekantoor
>> beman.

>> Sy het voorts gesê dit is "bitter jammer" dat De Jager vermoor is
>> voordat sy van die gebreke in die polisiekantoor bewus geword het.

>> 'n Taakspan wat Rambau se beweerde swak bestuurstyl en bewerings van
>> rassisme, asook die onvermoë van amptenare in dié polisiekantoor gaan
>> ondersoek, is reeds aangewys.

>> Tugstappe word ook teen Rambau beoog.

>> "Hy moet vervang word. Dit is duidelik dat Rambau nie die polisie
>> onder sy bevel kan beheer nie. Die polisiekantoor moet ook herskik
>> word. Dit kan egter nie oornag gebeur nie."

>> Magadzi het gesê ná De Jager se dood het dit vir haar duidelik geword
>> dat rassisme en misdaad besig is om die boeregemeenskap van Levubu te
>> vernietig.

>> Wit boere word geteister deur misdadigers terwyl swart polisiemanne
>> hul klagtes ignoreer. Telefone word ná ure nie beantwoord nie omdat
>> Rambau glo vergeet om die lyne na die aanklagkantoor deur te skakel
>> wanneer hy huis toe gaan. Hy sluit glo sy kantoordeur.

>> "Dit is onaanvaarbaar. Ons kan nie toelaat dat die veiligheid van die
>> boeregemeenskap, wat in 'n groot mate sorg vir die streek se
>> ekonomiese voortbestaan, bedreig word nie," het Magadzi gesê.

>> Levubu se boerderybedrywighede verdien jaarliks minstens R500 miljoen
>> buitelandse valuta uit sy makadamia- en avokadobedrywe. Die
>> boerderygemeenskap het 10 000 werkers in diens.

>> Mnr. Herman de Jager, seun van De Jager, het gesê dit sal jammer wees
>> as net Rambau "opgeoffer word".

>> Hy het gesê terwyl hy die lewe van sy sterwende pa op Saterdag 27
>> September met mond-tot-mond-asemhaling probeer red het, het
>> polisiemanne om hom gestaan en hulle wou 'n verklaring afneem.

>> "Ek het voorgestel dat hulle solank die plaaspaaie toemaak sodat die
>> aanvallers nie kan vlug nie. Hulle het net omgedraai en weggestap.

>> "Ons het die afgelope drie jaar honderde klagtes, ook na die
>> areakommissaris, komm. M.J. Maepa, deurgestuur. Niks het nog daarvan
>> gekom nie."

>> Magadzi het gesê sy weet nie van dié klagtes nie.

>> Sy het intussen verneem Rambau is in die hospitaal opgeneem weens
>> stres.

>> "Ek is ook gestres. Dit kan nie so aangaan nie."

>> Magadzi het aanbeveel dat alle reserviste se name weer op lyste
>> geskryf word en dat die kommandostelsel weer aktief raak. Sy het reeds
>> 'n reaksiemotor aan Levubu toegeken.

>> Beeld za



>
Re: LUR 'red' boere [boodskap #85380 is 'n antwoord op boodskap #85375] Do, 09 Oktober 2003 17:59 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Akkoord

"paul de dilbeek" skryf in boodskap news:290bovorgb5s0uu5tiumpupitfks6tntal@4ax.com...
>
> Jonas,ek het die middel om online beeld te lees
> As jy dit wil weet sal ek jou dit vertel via jou E-pos,akkoord?
>
> Paul
>
> On Thu, 9 Oct 2003 17:33:37 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Paul. Dit lyk nie goed nie. (Mens kon die insident verwar het met dit wat
>> in Zim aangaan.)
>> Maar 10 uit 10 vir die LUR. Ek is ook nie seker of haar optrede genoodsaak
>> was deur die feitelikhede rakende die aangeleentheid, en of sy uit haar eie
>> dinge geroer het nie. Kom ons hoop dat dit laasgenoemde was dit sal my hoop
>> gee.
>>
>> Waar het jy die berig gekry Paul - is jy by Beeld ingeteken?
>>
>>
>> "paul de dilbeek" wrote in message
>> news:lqmaovs272q96nasa4n56uatq90i0o5bc1@4ax.com...
>
>
>>> Polokwane (Pietersburg). - Die stasiebevelvoerder van die
>>> polisiekantoor in Levubu gaan waarskynlik sy werk verloor omdat
>>> misdaad en rassisme besig is om dié boeregemeenskap in die verre
>>> noordooste van Limpopo te "vernietig".
>>> Die besluit om supt. M.T. Rambau óf af te dank óf te herontplooi is
>>> deur me. Dikaledi Magadzi, LUR vir veiligheid en sekuriteit, geneem n�
>>> die moord op mnr. Piet de Jager (65) van die plaas Laatsgevonden sowat
>>> tien dae gelede.
>
>>> Magadzi het Dinsdag op 'n nuuskonferensie in die stad gesê sy was
>>> "verleë en selfs geskok" toe sy uitvind dat misdaad in dié gemeenskap,
>>> wat uit net meer as 150 gesinne bestaan, tussen Junie 2002 en Junie
>>> 2003 met 400% toegeneem het - terwyl 80 beamptes dié polisiekantoor
>>> beman.
>
>>> Sy het voorts gesê dit is "bitter jammer" dat De Jager vermoor is
>>> voordat sy van die gebreke in die polisiekantoor bewus geword het.
>
>>> 'n Taakspan wat Rambau se beweerde swak bestuurstyl en bewerings van
>>> rassisme, asook die onvermoë van amptenare in dié polisiekantoor gaan
>>> ondersoek, is reeds aangewys.
>
>>> Tugstappe word ook teen Rambau beoog.
>
>>> "Hy moet vervang word. Dit is duidelik dat Rambau nie die polisie
>>> onder sy bevel kan beheer nie. Die polisiekantoor moet ook herskik
>>> word. Dit kan egter nie oornag gebeur nie."
>
>>> Magadzi het gesê ná De Jager se dood het dit vir haar duidelik geword
>>> dat rassisme en misdaad besig is om die boeregemeenskap van Levubu te
>>> vernietig.
>
>>> Wit boere word geteister deur misdadigers terwyl swart polisiemanne
>>> hul klagtes ignoreer. Telefone word ná ure nie beantwoord nie omdat
>>> Rambau glo vergeet om die lyne na die aanklagkantoor deur te skakel
>>> wanneer hy huis toe gaan. Hy sluit glo sy kantoordeur.
>
>>> "Dit is onaanvaarbaar. Ons kan nie toelaat dat die veiligheid van die
>>> boeregemeenskap, wat in 'n groot mate sorg vir die streek se
>>> ekonomiese voortbestaan, bedreig word nie," het Magadzi gesê.
>
>>> Levubu se boerderybedrywighede verdien jaarliks minstens R500 miljoen
>>> buitelandse valuta uit sy makadamia- en avokadobedrywe. Die
>>> boerderygemeenskap het 10 000 werkers in diens.
>
>>> Mnr. Herman de Jager, seun van De Jager, het gesê dit sal jammer wees
>>> as net Rambau "opgeoffer word".
>
>>> Hy het gesê terwyl hy die lewe van sy sterwende pa op Saterdag 27
>>> September met mond-tot-mond-asemhaling probeer red het, het
>>> polisiemanne om hom gestaan en hulle wou 'n verklaring afneem.
>
>>> "Ek het voorgestel dat hulle solank die plaaspaaie toemaak sodat die
>>> aanvallers nie kan vlug nie. Hulle het net omgedraai en weggestap.
>
>>> "Ons het die afgelope drie jaar honderde klagtes, ook na die
>>> areakommissaris, komm. M.J. Maepa, deurgestuur. Niks het nog daarvan
>>> gekom nie."
>
>>> Magadzi het gesê sy weet nie van dié klagtes nie.
>
>>> Sy het intussen verneem Rambau is in die hospitaal opgeneem weens
>>> stres.
>
>>> "Ek is ook gestres. Dit kan nie so aangaan nie."
>
>>> Magadzi het aanbeveel dat alle reserviste se name weer op lyste
>>> geskryf word en dat die kommandostelsel weer aktief raak. Sy het reeds
>>> 'n reaksiemotor aan Levubu toegeken.
>
>>> Beeld za
>
>
>
>>
>
Vorige onderwerp: List se plase
Volgende onderwerp: Re: Suggestion....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 18:04:28 MGT 2024