Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Weermag en pille (Beweer)
Re: Weermag en pille (Beweer) [boodskap #8527] Do, 13 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> Die weermag onder die vorige bestel?
>
> Uit Beeld.
>
> "Suid-Afrika se chemiese en biologiese program bestaan glo minstens
> sedert 1976.
> "Die dweld Mandrax is na bewering kort nadat die
> Soweto-opstande van 1976 begin het, op groot skaal op groot skaal
> onder swart leerlinge versprei om hulle weerstand af te breek en hulle
> "gedienstig" te maak.
> "Beeld verneem dat dit 'n projek van die ou Weermag se
> Militere Intelligensie (MI) was. Daar is gister voorts aan Beeld
> beweer dat die ou Veiligheidspolisie in die laat tagtigerjare 'n
> soortgelyke dwelmprojek gehad het waarin onder meer Mandrax teen
> politieke vyande gebruik is."
>

Let op na die woorde: bestaan glo, na bewering, voorts - - beweer, verneem

Hmm, so hoekom sukkel ek dan 'n bietjie om die storie te sluk? Ongelukkig gaan
die woorde verlore met die al riem telegramme wat oor die berig versprei sal
word. Volgende sal die nuusberig oor die radio dit as 'n feit berig.

Miskien is dit ook hoekom mense 'n probleem het met die TRC.
Ongesubstansieerde aanklagte word gemaak, maar nooit regtig bewys nie.

Cheers
Lou

PS: Kan Beeld nie bietjie iets aan hulle web blad doen nie, om elke dag
daardie Adobe Acrobat formaat leer af te laai is 'n pyn. Sien bv. die
Business Day, en Star se web blaaie.
Re: Weermag en pille (Beweer) [boodskap #8538 is 'n antwoord op boodskap #8527] Vr, 14 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 13 Feb 97 08:33:52, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

>'

Daai woorde word gewoonlik ingesit vir beskerming.
Op die mees basiese vlak (en die een is meer gekompliseerd) word
dit gebruik as jy in 'n hof verslag doen.
As jy skryf oor wat die aanklagte is en wat getuig is moet jy se na
bewering anders loop jy gevaar dat iemand jou sue dat jou kop zing
as dit op die einde blyk dit is nie gedoen nie.
.
Soos: OJ Simpson, the ex athlete who alegedly killed his wife".

Gewoonlik is daar egter ten minste gronde om so iets te skryf. Soos
byvoorbeeld dat die polisie sê hulle glo die ou het dit gedoen,
hulle het baie leads en getuienis en hulle gaan die man nou hof
toe vat.

Oor die dinge is ook al so twee weke gelede in die Sunday Times
verwys in 'n hoofberig.

Business Day, en Star se web blaaie.>>[/color]

Lou. Ek weet, ek weet...

Die mense met die mag en die beursies in die plek wil nie koop nie.
Jy is doodreg.
Dit moet - voel ek - elke dag op wees - volle koerant - in
html-formaat en net teks met foto's as 'n opsie waarop jy kies om
te kliek.
Vorige onderwerp: Weermag en pille
Volgende onderwerp: afrikaans as language in south africa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 11:21:12 MGT 2024