Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ou Lokasie, Windhoek
Ou Lokasie, Windhoek [boodskap #84999] Sa, 04 Oktober 2003 06:14 na volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het mos so 'n paar weke gelede vertel van Hannes Smith van die Windhoek
Observer wat 'n publieke waarskuwing van Sam Nujoma letterlik opgeneem het
en besluit om hom aan te vat? Nujoma het 'n boek geskryf saam met 'n
skaduskrywer oor sy lewe en basies oor hoe hy SWA bevry het van blanke
onderdrukking. Die hele spul het sy ontstaan gehad by die opstand in die
Ou Lokasie te Windhoek. Die Munisipaliteit het besluit die klomp
plakkershutte moet afgebreek moet word en die gebied skoongemaak word. In
ruil daarvoor is steenhuise gebou in die nuwe swart gebied, Katutura, en die
mense moet trek. Hulle wou nie en dan was daar nog die kwessie van
sjebiens ook. Die Munisipaliteit wou gehad het dat alle bier in die
biersaal verkoop moes word en dat die privaatverkope van gestookde en
gebroude drank stopgesit moes word.
Volgens Sam Nujoma se boek, was hyself daai nag in die Ou Lokasie en aan
die einde van die opstand en skietery, het blanke dokters geweier om van die
beseerde swartes te behandel. Nou reken Hannes Smith.....hy besit seker
die grootste privaat-argief in die land.....hy praat strooi en lieg die
geskiedenis reg. Hy het ou verslae en ou mense in die hande gekry en
geskrewe bewyse gepubliseer van dokters en verpleegsters wat daardie nag op
nooddiens was in al die hospitale om die beseerdes te help.
Wat egter baie interessant is, is dat gister 'n brief in 'n ander
koerant verskyn het van 'n onderwyser wat redelik aktief skryf in plaaslike
publikasies, dat hy as swart man wat in die apartheidsera grootgeword het en
nog nie eers gebore was tydens die opstand nie, dat hy veel eerder die
weergawe van Sam Nujoma wil glo, al mag dit nie histories perfek reg wees
nie, voel dit vir hom reg want hy kan nie glo dat blanke dokters enige
moeite vir swart mense sou doen nie.
Hiermee sê hy natuurlik dat dit vir hom aanvaarbaar is dat die
geskiedenis 'reg' geskryf word!
Re: Ou Lokasie, Windhoek [boodskap #85014 is 'n antwoord op boodskap #84999] Sa, 04 Oktober 2003 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Sandvlooi. Ek sal graag die reaksie op die "onderwyser" se skrywe wou
hoor. Geskiedenis herhaal ditself - ons is eenogig geleer van ons
geskiedenis, en wou/kon nie die ander kant raaksien nie - en nou is dit weer
dieselfde, net in reliëf.
Niks nuits onder die son nie.
Annette

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bllof9$v4v$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek het mos so 'n paar weke gelede vertel van Hannes Smith van die Windhoek
> Observer wat 'n publieke waarskuwing van Sam Nujoma letterlik opgeneem het
> en besluit om hom aan te vat? Nujoma het 'n boek geskryf saam met 'n
> skaduskrywer oor sy lewe en basies oor hoe hy SWA bevry het van blanke
> onderdrukking. Die hele spul het sy ontstaan gehad by die opstand in die
> Ou Lokasie te Windhoek. Die Munisipaliteit het besluit die klomp
> plakkershutte moet afgebreek moet word en die gebied skoongemaak word. In
> ruil daarvoor is steenhuise gebou in die nuwe swart gebied, Katutura, en die
> mense moet trek. Hulle wou nie en dan was daar nog die kwessie van
> sjebiens ook. Die Munisipaliteit wou gehad het dat alle bier in die
> biersaal verkoop moes word en dat die privaatverkope van gestookde en
> gebroude drank stopgesit moes word.
> Volgens Sam Nujoma se boek, was hyself daai nag in die Ou Lokasie en aan
> die einde van die opstand en skietery, het blanke dokters geweier om van die
> beseerde swartes te behandel. Nou reken Hannes Smith.....hy besit seker
> die grootste privaat-argief in die land.....hy praat strooi en lieg die
> geskiedenis reg. Hy het ou verslae en ou mense in die hande gekry en
> geskrewe bewyse gepubliseer van dokters en verpleegsters wat daardie nag op
> nooddiens was in al die hospitale om die beseerdes te help.
> Wat egter baie interessant is, is dat gister 'n brief in 'n ander
> koerant verskyn het van 'n onderwyser wat redelik aktief skryf in plaaslike
> publikasies, dat hy as swart man wat in die apartheidsera grootgeword het en
> nog nie eers gebore was tydens die opstand nie, dat hy veel eerder die
> weergawe van Sam Nujoma wil glo, al mag dit nie histories perfek reg wees
> nie, voel dit vir hom reg want hy kan nie glo dat blanke dokters enige
> moeite vir swart mense sou doen nie.
> Hiermee sê hy natuurlik dat dit vir hom aanvaarbaar is dat die
> geskiedenis 'reg' geskryf word!
>
Re: Ou Lokasie, Windhoek [boodskap #85036 is 'n antwoord op boodskap #85014] Sa, 04 Oktober 2003 17:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Eendag moet julle Suidwesters dit ernstig te oorweeg om 'n standbeeld vir
Hannes Smith op te rig. Hy is 'n voortrflike Namibiaan.

Persoonlik glo ek hy is een van die weinige joernaliste, suid van die
ewenaar wat waaragtig integriteit openbaar het - onder enige van die
regerings waaronder hy geleef en geskryf het.

Het hy al "sy boek" geskryf?

"Annette" skryf in boodskap news:bllt5m$b1c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dankie Sandvlooi. Ek sal graag die reaksie op die "onderwyser" se skrywe wou
> hoor. Geskiedenis herhaal ditself - ons is eenogig geleer van ons
> geskiedenis, en wou/kon nie die ander kant raaksien nie - en nou is dit weer
> dieselfde, net in reliëf.
> Niks nuits onder die son nie.
> Annette
>
>
> "Sandvlooi" wrote in message
> news:bllof9$v4v$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Ek het mos so 'n paar weke gelede vertel van Hannes Smith van die Windhoek
>> Observer wat 'n publieke waarskuwing van Sam Nujoma letterlik opgeneem het
>> en besluit om hom aan te vat? Nujoma het 'n boek geskryf saam met 'n
>> skaduskrywer oor sy lewe en basies oor hoe hy SWA bevry het van blanke
>> onderdrukking. Die hele spul het sy ontstaan gehad by die opstand in die
>> Ou Lokasie te Windhoek. Die Munisipaliteit het besluit die klomp
>> plakkershutte moet afgebreek moet word en die gebied skoongemaak word. In
>> ruil daarvoor is steenhuise gebou in die nuwe swart gebied, Katutura, en die
>> mense moet trek. Hulle wou nie en dan was daar nog die kwessie van
>> sjebiens ook. Die Munisipaliteit wou gehad het dat alle bier in die
>> biersaal verkoop moes word en dat die privaatverkope van gestookde en
>> gebroude drank stopgesit moes word.
>> Volgens Sam Nujoma se boek, was hyself daai nag in die Ou Lokasie en aan
>> die einde van die opstand en skietery, het blanke dokters geweier om van die
>> beseerde swartes te behandel. Nou reken Hannes Smith.....hy besit seker
>> die grootste privaat-argief in die land.....hy praat strooi en lieg die
>> geskiedenis reg. Hy het ou verslae en ou mense in die hande gekry en
>> geskrewe bewyse gepubliseer van dokters en verpleegsters wat daardie nag op
>> nooddiens was in al die hospitale om die beseerdes te help.
>> Wat egter baie interessant is, is dat gister 'n brief in 'n ander
>> koerant verskyn het van 'n onderwyser wat redelik aktief skryf in plaaslike
>> publikasies, dat hy as swart man wat in die apartheidsera grootgeword het en
>> nog nie eers gebore was tydens die opstand nie, dat hy veel eerder die
>> weergawe van Sam Nujoma wil glo, al mag dit nie histories perfek reg wees
>> nie, voel dit vir hom reg want hy kan nie glo dat blanke dokters enige
>> moeite vir swart mense sou doen nie.
>> Hiermee sê hy natuurlik dat dit vir hom aanvaarbaar is dat die
>> geskiedenis 'reg' geskryf word!
>>
>
Re: Ou Lokasie, Windhoek [boodskap #85086 is 'n antwoord op boodskap #85014] Ma, 06 Oktober 2003 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy is reg in die dat elke groep sy eie weergawe skryf. Hier is egter 'n
geval van een man wat in 'n boek homself vereer vir iets wat hy nie gedoen
het nie. Het hy net nog so 'n paar jaar gewag tot die getuienis almal oor
die muur is, dan sou dit ook heel goed geslaag het. Probleem is, daar het
reaksie gekom van dwarsoor die wêreld op die die Observer se artikel, onder
andere van die verpleegsters wat daardie aand op diens was in die swart
hospitaal en die wit hospitaal. Daar was 42 beseerdes en hulle almal is
bereid om beëdigde verklarings af te lê dat hulle wel op diens was en dat
alle slagoffers so goed as moontlik vir hul beserings behandel was. So,
dit lyk na die feite van die saak.
Smith het egter die skrywe van die onderwyser gepubliseer sodat in alle
regverdigheid alle kante van die ondersoek publiek raak. Jy sien, Hannes
Smith is 'n ou hand in ons land en nie veel dinge gebeur sonder dat hy weet
daarvan nie. Hy's al in die 70 en hy ry steeds oor die 2000km per week
agter stories aan.....teen om by die 200km/uur! Hyself was daai nag in die
Ou Lokasie agter die storie aan en hyself het gehelp om van die beseerdes in
ambulanse te laai....so hy wéét waarvan hy praat!
Die hele probleem met hierdie storie van wie het wat gedoen, is die
harde feit dat Swapo nooit die oorlog gewen het nie. Mense soos Nujoma wil
hulleself sien as die groot bevryders en eintlik het dit nie so gebeur nie.
Nou probeer hulle die geskiedenis reg skryf........

"Annette" skryf in boodskap news:bllt5m$b1c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dankie Sandvlooi. Ek sal graag die reaksie op die "onderwyser" se skrywe wou
> hoor. Geskiedenis herhaal ditself - ons is eenogig geleer van ons
> geskiedenis, en wou/kon nie die ander kant raaksien nie - en nou is dit weer
> dieselfde, net in reliëf.
> Niks nuits onder die son nie.
> Annette
>
>
> "Sandvlooi" wrote in message
> news:bllof9$v4v$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Ek het mos so 'n paar weke gelede vertel van Hannes Smith van die Windhoek
>> Observer wat 'n publieke waarskuwing van Sam Nujoma letterlik opgeneem het
>> en besluit om hom aan te vat? Nujoma het 'n boek geskryf saam met 'n
>> skaduskrywer oor sy lewe en basies oor hoe hy SWA bevry het van blanke
>> onderdrukking. Die hele spul het sy ontstaan gehad by die opstand in die
>> Ou Lokasie te Windhoek. Die Munisipaliteit het besluit die klomp
>> plakkershutte moet afgebreek moet word en die gebied skoongemaak word. In
>> ruil daarvoor is steenhuise gebou in die nuwe swart gebied, Katutura, en die
>> mense moet trek. Hulle wou nie en dan was daar nog die kwessie van
>> sjebiens ook. Die Munisipaliteit wou gehad het dat alle bier in die
>> biersaal verkoop moes word en dat die privaatverkope van gestookde en
>> gebroude drank stopgesit moes word.
>> Volgens Sam Nujoma se boek, was hyself daai nag in die Ou Lokasie en aan
>> die einde van die opstand en skietery, het blanke dokters geweier om van die
>> beseerde swartes te behandel. Nou reken Hannes Smith.....hy besit seker
>> die grootste privaat-argief in die land.....hy praat strooi en lieg die
>> geskiedenis reg. Hy het ou verslae en ou mense in die hande gekry en
>> geskrewe bewyse gepubliseer van dokters en verpleegsters wat daardie nag op
>> nooddiens was in al die hospitale om die beseerdes te help.
>> Wat egter baie interessant is, is dat gister 'n brief in 'n ander
>> koerant verskyn het van 'n onderwyser wat redelik aktief skryf in plaaslike
>> publikasies, dat hy as swart man wat in die apartheidsera grootgeword het en
>> nog nie eers gebore was tydens die opstand nie, dat hy veel eerder die
>> weergawe van Sam Nujoma wil glo, al mag dit nie histories perfek reg wees
>> nie, voel dit vir hom reg want hy kan nie glo dat blanke dokters enige
>> moeite vir swart mense sou doen nie.
>> Hiermee sê hy natuurlik dat dit vir hom aanvaarbaar is dat die
>> geskiedenis 'reg' geskryf word!
>>
>
Re: Ou Lokasie, Windhoek [boodskap #85089 is 'n antwoord op boodskap #85086] Ma, 06 Oktober 2003 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van eie weergawes gepraat - soms is albei kante se weergawes reg, as mens
net na albei kante met insig en begrip kyk.
Soos met gister se Antjie Krog storie.
Na die skreeusnaakse vertelling van die atletiek, is daar 'n meer sobere
stukkie.
Op die vraag hoekom daar nou deesdae omtrent 50% blankes op die pawiljoene
sit teenoor die enkeles 9 jaar gelede, en hoekom 80% van die wenners blankes
is, vertel 'n onderwyser dat luiheid 'n verskriklike ding is. Toentertyd wou
almal deelneem om die wittes te wen om 'n punt te bewys, maar nou is dit net
die enkeles is wat ambisieus is wat nog deelneem. Armoede en gebrek aan
afrigting speel ook 'n groot rol.
Die ander kant van die storie is dat die onderwysers by die oorwegend swart
skole baie meer kinders in hul klasse het, en dus minder tyd het om aan
buitemuurse aktiwiteite deel te neem. Afrigtingsgeriewe is ook skaars. Ouers
is minder betrokke en die kinders is minder gefokus en gedissiplineerd.

Ons het al 'n ver pad gekom, maar daar is nog 'n ver pad om af te lê....
--
Annette

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:blr1h6$1fls$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Jy is reg in die dat elke groep sy eie weergawe skryf. Hier is egter 'n
> geval van een man wat in 'n boek homself vereer vir iets wat hy nie gedoen
> het nie. Het hy net nog so 'n paar jaar gewag tot die getuienis almal oor
> die muur is, dan sou dit ook heel goed geslaag het. Probleem is, daar het
> reaksie gekom van dwarsoor die wêreld op die die Observer se artikel, onder
> andere van die verpleegsters wat daardie aand op diens was in die swart
> hospitaal en die wit hospitaal. Daar was 42 beseerdes en hulle almal is
> bereid om beëdigde verklarings af te lê dat hulle wel op diens was en dat
> alle slagoffers so goed as moontlik vir hul beserings behandel was. So,
> dit lyk na die feite van die saak.
> Smith het egter die skrywe van die onderwyser gepubliseer sodat in alle
> regverdigheid alle kante van die ondersoek publiek raak. Jy sien, Hannes
> Smith is 'n ou hand in ons land en nie veel dinge gebeur sonder dat hy weet
> daarvan nie. Hy's al in die 70 en hy ry steeds oor die 2000km per week
> agter stories aan.....teen om by die 200km/uur! Hyself was daai nag in die
> Ou Lokasie agter die storie aan en hyself het gehelp om van die beseerdes in
> ambulanse te laai....so hy wéét waarvan hy praat!
> Die hele probleem met hierdie storie van wie het wat gedoen, is die
> harde feit dat Swapo nooit die oorlog gewen het nie. Mense soos Nujoma wil
> hulleself sien as die groot bevryders en eintlik het dit nie so gebeur nie.
> Nou probeer hulle die geskiedenis reg skryf........
> "Annette" wrote in message
> news:bllt5m$b1c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dankie Sandvlooi. Ek sal graag die reaksie op die "onderwyser" se skrywe wou
>> hoor. Geskiedenis herhaal ditself - ons is eenogig geleer van ons
>> geskiedenis, en wou/kon nie die ander kant raaksien nie - en nou is dit weer
>> dieselfde, net in reliëf.
>> Niks nuits onder die son nie.
>> Annette
>>
>>
>> "Sandvlooi" wrote in message
>> news:bllof9$v4v$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>>> Ek het mos so 'n paar weke gelede vertel van Hannes Smith van die Windhoek
>>> Observer wat 'n publieke waarskuwing van Sam Nujoma letterlik opgeneem het
>>> en besluit om hom aan te vat? Nujoma het 'n boek geskryf saam met 'n
>>> skaduskrywer oor sy lewe en basies oor hoe hy SWA bevry het van blanke
>>> onderdrukking. Die hele spul het sy ontstaan gehad by die opstand in die
>>> Ou Lokasie te Windhoek. Die Munisipaliteit het besluit die klomp
>>> plakkershutte moet afgebreek moet word en die gebied skoongemaak word. In
>>> ruil daarvoor is steenhuise gebou in die nuwe swart gebied, Katutura, en die
>>> mense moet trek. Hulle wou nie en dan was daar nog die kwessie van
>>> sjebiens ook. Die Munisipaliteit wou gehad het dat alle bier in die
>>> biersaal verkoop moes word en dat die privaatverkope van gestookde en
>>> gebroude drank stopgesit moes word.
>>> Volgens Sam Nujoma se boek, was hyself daai nag in die Ou Lokasie en aan
>>> die einde van die opstand en skietery, het blanke dokters geweier om van die
>>> beseerde swartes te behandel. Nou reken Hannes Smith.....hy besit seker
>>> die grootste privaat-argief in die land.....hy praat strooi en lieg die
>>> geskiedenis reg. Hy het ou verslae en ou mense in die hande gekry en
>>> geskrewe bewyse gepubliseer van dokters en verpleegsters wat daardie nag op
>>> nooddiens was in al die hospitale om die beseerdes te help.
>>> Wat egter baie interessant is, is dat gister 'n brief in 'n ander
>>> koerant verskyn het van 'n onderwyser wat redelik aktief skryf in plaaslike
>>> publikasies, dat hy as swart man wat in die apartheidsera grootgeword het en
>>> nog nie eers gebore was tydens die opstand nie, dat hy veel eerder die
>>> weergawe van Sam Nujoma wil glo, al mag dit nie histories perfek reg wees
>>> nie, voel dit vir hom reg want hy kan nie glo dat blanke dokters enige
>>> moeite vir swart mense sou doen nie.
>>> Hiermee sê hy natuurlik dat dit vir hom aanvaarbaar is dat die
>>> geskiedenis 'reg' geskryf word!
>>>
>>
>
Re: Ou Lokasie, Windhoek [boodskap #85098 is 'n antwoord op boodskap #85089] Ma, 06 Oktober 2003 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja en 'n ander faktor is dat die onderwysers van vandag veel minder toegewyd
is.....en dis ook nie net die onderwysers nie. Die hele samelewing het so
'n 'ag, laat dinge maar gebeur soos dit moet'-houding deesdae. Dis ook
glad nie moeilik om te verstaan nie. In die staatsdiens, en dus ook die
skole oor die algemeen, voel die amptenary en onderwysers dat hulle op
geleende tyd is en nie so seker is dat hulle eendag sal rustig kan aftree
met sy pensioen nie. Deesdae se regerings het mos geen probleem daarmee om
die pensioenfondse te 'gebruik' nie. Dit lei tot negatiwiteit en dit moet
deursyfer tot op grondvlak ook.

"Annette" skryf in boodskap news:blr2pg$sg1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Van eie weergawes gepraat - soms is albei kante se weergawes reg, as mens
> net na albei kante met insig en begrip kyk.
> Soos met gister se Antjie Krog storie.
> Na die skreeusnaakse vertelling van die atletiek, is daar 'n meer sobere
> stukkie.
> Op die vraag hoekom daar nou deesdae omtrent 50% blankes op die pawiljoene
> sit teenoor die enkeles 9 jaar gelede, en hoekom 80% van die wenners blankes
> is, vertel 'n onderwyser dat luiheid 'n verskriklike ding is. Toentertyd wou
> almal deelneem om die wittes te wen om 'n punt te bewys, maar nou is dit net
> die enkeles is wat ambisieus is wat nog deelneem. Armoede en gebrek aan
> afrigting speel ook 'n groot rol.
> Die ander kant van die storie is dat die onderwysers by die oorwegend swart
> skole baie meer kinders in hul klasse het, en dus minder tyd het om aan
> buitemuurse aktiwiteite deel te neem. Afrigtingsgeriewe is ook skaars. Ouers
> is minder betrokke en die kinders is minder gefokus en gedissiplineerd.
>
> Ons het al 'n ver pad gekom, maar daar is nog 'n ver pad om af te lê....
> --
> Annette
> "Sandvlooi" wrote in message
> news:blr1h6$1fls$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Jy is reg in die dat elke groep sy eie weergawe skryf. Hier is egter 'n
>> geval van een man wat in 'n boek homself vereer vir iets wat hy nie gedoen
>> het nie. Het hy net nog so 'n paar jaar gewag tot die getuienis almal oor
>> die muur is, dan sou dit ook heel goed geslaag het. Probleem is, daar het
>> reaksie gekom van dwarsoor die wêreld op die die Observer se artikel, onder
>> andere van die verpleegsters wat daardie aand op diens was in die swart
>> hospitaal en die wit hospitaal. Daar was 42 beseerdes en hulle almal is
>> bereid om beëdigde verklarings af te lê dat hulle wel op diens was en dat
>> alle slagoffers so goed as moontlik vir hul beserings behandel was. So,
>> dit lyk na die feite van die saak.
>> Smith het egter die skrywe van die onderwyser gepubliseer sodat in alle
>> regverdigheid alle kante van die ondersoek publiek raak. Jy sien, Hannes
>> Smith is 'n ou hand in ons land en nie veel dinge gebeur sonder dat hy weet
>> daarvan nie. Hy's al in die 70 en hy ry steeds oor die 2000km per week
>> agter stories aan.....teen om by die 200km/uur! Hyself was daai nag in die
>> Ou Lokasie agter die storie aan en hyself het gehelp om van die beseerdes in
>> ambulanse te laai....so hy wéét waarvan hy praat!
>> Die hele probleem met hierdie storie van wie het wat gedoen, is die
>> harde feit dat Swapo nooit die oorlog gewen het nie. Mense soos Nujoma wil
>> hulleself sien as die groot bevryders en eintlik het dit nie so gebeur nie.
>> Nou probeer hulle die geskiedenis reg skryf........
>> "Annette" wrote in message
>> news:bllt5m$b1c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Dankie Sandvlooi. Ek sal graag die reaksie op die "onderwyser" se skrywe wou
>>> hoor. Geskiedenis herhaal ditself - ons is eenogig geleer van ons
>>> geskiedenis, en wou/kon nie die ander kant raaksien nie - en nou is dit weer
>>> dieselfde, net in reliëf.
>>> Niks nuits onder die son nie.
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Sandvlooi" wrote in message
>>> news:bllof9$v4v$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>>>> Ek het mos so 'n paar weke gelede vertel van Hannes Smith van die Windhoek
>>>> Observer wat 'n publieke waarskuwing van Sam Nujoma letterlik opgeneem het
>>>> en besluit om hom aan te vat? Nujoma het 'n boek geskryf saam met 'n
>>>> skaduskrywer oor sy lewe en basies oor hoe hy SWA bevry het van blanke
>>>> onderdrukking. Die hele spul het sy ontstaan gehad by die opstand in die
>>>> Ou Lokasie te Windhoek. Die Munisipaliteit het besluit die klomp
>>>> plakkershutte moet afgebreek moet word en die gebied skoongemaak word. In
>>>> ruil daarvoor is steenhuise gebou in die nuwe swart gebied, Katutura, en die
>>>> mense moet trek. Hulle wou nie en dan was daar nog die kwessie van
>>>> sjebiens ook. Die Munisipaliteit wou gehad het dat alle bier in die
>>>> biersaal verkoop moes word en dat die privaatverkope van gestookde en
>>>> gebroude drank stopgesit moes word.
>>>> Volgens Sam Nujoma se boek, was hyself daai nag in die Ou Lokasie en aan
>>>> die einde van die opstand en skietery, het blanke dokters geweier om van die
>>>> beseerde swartes te behandel. Nou reken Hannes Smith.....hy besit seker
>>>> die grootste privaat-argief in die land.....hy praat strooi en lieg die
>>>> geskiedenis reg. Hy het ou verslae en ou mense in die hande gekry en
>>>> geskrewe bewyse gepubliseer van dokters en verpleegsters wat daardie nag op
>>>> nooddiens was in al die hospitale om die beseerdes te help.
>>>> Wat egter baie interessant is, is dat gister 'n brief in 'n ander
>>>> koerant verskyn het van 'n onderwyser wat redelik aktief skryf in plaaslike
>>>> publikasies, dat hy as swart man wat in die apartheidsera grootgeword het en
>>>> nog nie eers gebore was tydens die opstand nie, dat hy veel eerder die
>>>> weergawe van Sam Nujoma wil glo, al mag dit nie histories perfek reg wees
>>>> nie, voel dit vir hom reg want hy kan nie glo dat blanke dokters enige
>>>> moeite vir swart mense sou doen nie.
>>>> Hiermee sê hy natuurlik dat dit vir hom aanvaarbaar is dat die
>>>> geskiedenis 'reg' geskryf word!
>>>>
>>>
>>
>
Re: Ou Lokasie, Windhoek [boodskap #85122 is 'n antwoord op boodskap #85086] Ma, 06 Oktober 2003 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sandvlooi" wrote
> Die hele probleem met hierdie storie van wie het wat gedoen, is die
> harde feit dat Swapo nooit die oorlog gewen het nie.
> Nou probeer hulle die geskiedenis reg skryf.

Ha,ha,ha, heeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee......... Ek lag my 'n
sandvlooi.

Penkop op 'n kameel.
Re: Ou Lokasie, Windhoek [boodskap #85124 is 'n antwoord op boodskap #85122] Ma, 06 Oktober 2003 14:01 Na vorige boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tipies die reaksie van iemand wat ten koste van ander 'n stront teorie
ondersteun.......die vlug van die lafaard!
"@rogers.com" wrote in message
news:apegb.41105$ko%.9165@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Sandvlooi" wrote
>> Die hele probleem met hierdie storie van wie het wat gedoen, is die
>> harde feit dat Swapo nooit die oorlog gewen het nie.
>> Nou probeer hulle die geskiedenis reg skryf.
>
> Ha,ha,ha, heeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee......... Ek lag my 'n
> sandvlooi.
>
> Penkop op 'n kameel.
>
Vorige onderwerp: A.I. over ZA 2002
Volgende onderwerp: Die worteltjie van alle kwaad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 19:51:11 MGT 2024