Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » nobelprijs Coetzee
nobelprijs Coetzee [boodskap #84839] Do, 02 Oktober 2003 11:47 na volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Proficiat

grt emmy
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84840 is 'n antwoord op boodskap #84839] Do, 02 Oktober 2003 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Emmy" wrote
> Proficiat

Ek het nog nie nuus gekyk nie. Beteken dit dat hy die
Nobelprys vir Letterkunde gekry het? Ek het geweet
hy is op die kortlys, en dat die uitslae vandag uitkom.

Onlangs was daar 'n artikel in Beeld oor 'n stuk
van Colin Bower, besturende direkteur van Juta in
Kaapstad, wat eersdaags sou verskyn, en waarin
Bower 'n "striemende aanval" maak op JM Coetzee.
( Dit sal of het al verskyn in scrutiny2.) Daarin
verklaar Bower dat Coetzee 'n poseur is en in wie
se werk daar geen teken te bespeur is van literêre
vakmanskap nie. Colin Bower sal seker vandag
in sy kos stik.

Gloudina
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84846 is 'n antwoord op boodskap #84839] Do, 02 Oktober 2003 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag Dankie Emmy, alhoewel dit nie my skuld is nie:)))

JM Coetzee is die wenner.

Ons laaste literêre Nobelpryswenner was Nadine Gordimer in 1984.

Annette

"Emmy" skryf in boodskap news:3f7c103e$0$448$1b62eedf@news.wanadoo.nl...
> Proficiat
>
> grt emmy
>
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84847 is 'n antwoord op boodskap #84840] Do, 02 Oktober 2003 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
Ja hy het die prys gekry vir letterkunde

Chris

@rogers.com wrote:

>
> "Emmy" wrote
>> Proficiat
>
> Ek het nog nie nuus gekyk nie. Beteken dit dat hy die
> Nobelprys vir Letterkunde gekry het? Ek het geweet
> hy is op die kortlys, en dat die uitslae vandag uitkom.
>
> Onlangs was daar 'n artikel in Beeld oor 'n stuk
> van Colin Bower, besturende direkteur van Juta in
> Kaapstad, wat eersdaags sou verskyn, en waarin
> Bower 'n "striemende aanval" maak op JM Coetzee.
> ( Dit sal of het al verskyn in scrutiny2.) Daarin
> verklaar Bower dat Coetzee 'n poseur is en in wie
> se werk daar geen teken te bespeur is van literêre
> vakmanskap nie. Colin Bower sal seker vandag
> in sy kos stik.
>
> Gloudina

--
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84852 is 'n antwoord op boodskap #84846] Do, 02 Oktober 2003 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoor nounet oor die radio dat die man so R8 miljoen ryker is.....kom ons
begin skrywe!

"Annette" skryf in boodskap news:blhdkg$5mv$4@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ag Dankie Emmy, alhoewel dit nie my skuld is nie:)))
>
> JM Coetzee is die wenner.
>
> Ons laaste literêre Nobelpryswenner was Nadine Gordimer in 1984.
>
> Annette
>
>
> "Emmy" wrote in message
> news:3f7c103e$0$448$1b62eedf@news.wanadoo.nl...
>> Proficiat
>>
>> grt emmy
>>
>
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84859 is 'n antwoord op boodskap #84846] Do, 02 Oktober 2003 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

> Ons laaste literêre Nobelpryswenner was Nadine Gordimer in 1984.

Hoe seker is jy van die 1984? Ek het vanoggend erens
gelees dit was in die vroeg negentigerjare.
In alle geval, die dag toe Nadine Gordimer die Nobel-
prys gewen het, toe het ek begin sê dit sal 'n skande
wees as JM Coetzee dit nie ook wen nie. Nadine
Gordimer mag goeie stories kwytraak, maar sy is
essensieel 'n slordige skrywer, en ek dink die prys
is aan haar toegeken om politieke redes. Coetzee
is net absoluut 'n woordtegnikus. Een van die min
skrywers wat so skryf dat ek soms net 'n sin wil
oor en oor lees omdat dit so goed is. Maar ek wil
dit bysê: die beste JM Coetzee is in sy vroegste
werk. Sy laaste klomp boeke dink ek het hy geskryf
om meer toeganklik vir die gewone leser te word,
omdat hy gevind het dat mense hom nie verstaan
het nie.

Gloudina
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84861 is 'n antwoord op boodskap #84852] Do, 02 Oktober 2003 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons skryf mos!! Ons moet leer om te skryf dat niemand kan verstaan wat ons
skryf nie, maar te skaam is om dit te erken, en dan ons werk aanskryf as
hoogs liter�r:)))
Dan moet jy ook vir jou 'n van kry wat uit 7 letters bestaan.

--
Annette

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:blhed8$dvt$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek hoor nounet oor die radio dat die man so R8 miljoen ryker is.....kom ons
> begin skrywe!
> "Annette" wrote in message
> news:blhdkg$5mv$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ag Dankie Emmy, alhoewel dit nie my skuld is nie:)))
>>
>> JM Coetzee is die wenner.
>>
>> Ons laaste literêre Nobelpryswenner was Nadine Gordimer in 1984.
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Emmy" wrote in message
>> news:3f7c103e$0$448$1b62eedf@news.wanadoo.nl...
>>> Proficiat
>>>
>>> grt emmy
>>>
>>
>
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84863 is 'n antwoord op boodskap #84840] Do, 02 Oktober 2003 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote

> Onlangs was daar 'n artikel in Beeld oor 'n stuk
> van Colin Bower, besturende direkteur van Juta in
> Kaapstad, wat eersdaags sou verskyn, en waarin
> Bower 'n "striemende aanval" maak op JM Coetzee.
> ( Dit sal of het al verskyn in scrutiny2.)

Beeld het na verskeie ander letterkundiges gegaan
om hulle opinie te hoor oor Bower se stuk. Hulle
het hom almal veroordeel as iemand met min diepte,
en was van opinie dat hierdie soort stuk geskryf word
uit spite omdat Coetzee onlangs na Australië ge-emigreer
het.

Gloudina
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84871 is 'n antwoord op boodskap #84859] Do, 02 Oktober 2003 16:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
skok  is tans af-lyn  skok
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
@rogers.com wrote:

> Hoe seker is jy van die 1984? Ek het vanoggend erens
> gelees dit was in die vroeg negentigerjare.
> In alle geval, die dag toe Nadine Gordimer die Nobel-
> prys gewen het, toe het ek begin sê dit sal 'n skande
> wees as JM Coetzee dit nie ook wen nie. Nadine
> Gordimer mag goeie stories kwytraak, maar sy is
> essensieel 'n slordige skrywer, en ek dink die prys
> is aan haar toegeken om politieke redes. Coetzee
> is net absoluut 'n woordtegnikus. Een van die min

'n Wat?

Samuel
--
Samuel Kock
Pretoria, South Africa
Bio: http://go.to/skock/bio.htm
Don't go surfing in South Dakota for a while.
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84879 is 'n antwoord op boodskap #84846] Do, 02 Oktober 2003 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette schreef op Thu, 2 Oct 2003 15:13:52 +0200 in de nieuwsgroep
soc.culture.south-africa.afrikaans

> Ons laaste literêre Nobelpryswenner was Nadine Gordimer in 1984.

1991.
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84880 is 'n antwoord op boodskap #84871] Do, 02 Oktober 2003 18:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"skok" wrote
Coetzee
>> is net absoluut 'n woordtegnikus. Een van die min

woordsmede

Gloudina
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #84892 is 'n antwoord op boodskap #84880] Do, 02 Oktober 2003 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
skok  is tans af-lyn  skok
Boodskappe: 13
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Junior Lid
@rogers.com wrote:
> "skok" wrote
> Coetzee
>>> is net absoluut 'n woordtegnikus. Een van die min
>
> woordsmede

Ek dag hy is 'n skrywer?

SS
--
Samuel Kock
Pretoria, South Africa
Bio: http://go.to/skock/bio.htm
Don't go surfing in South Dakota for a while.
Re: nobelprijs Coetzee [boodskap #85058 is 'n antwoord op boodskap #84846] So, 05 Oktober 2003 15:22 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

> JM Coetzee is die wenner.

Ek kyk vanoggend op Litnet wat daar oor JM Coetzee
gesê word in die SA pers nadat hy die Nobelprys gekry
het. Opmerklik is dit dat taamlik baie Afrikaner-kritici
aandui dat hy 'n "Afrikaanse skrywer is wat in Engels skryf".
Tot 'n mate het hulle 'n punt beet. Want in veral sy vroegste
werk is hy besig met stories wat afspeel op grensgebiede in
die agtiende eeu, en neem hy ons diep in die hinterland van SA
in, en daarmee diep in die kulturele hinterland van die
Afrikaner in. (Ek hou nog altyd vol dat sy heel beste twee
boeke sy heel eerste twee boeke is. Ek beveel dan ook
aan dat enigiemand wat nog nie vir JM Coetzee gelees
het nie, eerste daardie twee boeke lees: "Dusklands"
en "In the Heart of the Country." Tesame met "Boyhood."
Al drie die boeke is redelik kort.)
Ek lees toe ook weer JM Coetzee se biografie. Wat
mens opval, is dat hy in die begin van 1960 na Engeland
gaan en daar werk as 'n computer programmer! Daarna
studeer hy literatuur in die VSA en werk dan aan die
Universiteit van Buffalo. Die kanse is dus goed dat JM
Coetzee Toronto taamlik goed ken ( sy naaste groot stad)
en seker elke jaar die internasionaal-bekende Harbourfront
lesings bygewoon het. Hy begin in 1984 in Kaapstad
klasgee. Dis dus vir my opmerklik dat hy in die buiteland
gebly het juis in die jare wat hy "Dusklands" en "In the
Heart of the Country" geskryf het.

Gloudina
Vorige onderwerp: " staat " deur NIEL VAN TONDER
Volgende onderwerp: Woordoorsprong
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 22:53:40 MGT 2024