Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hollywood en die Blom Van Benoni
Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84798] Wo, 01 Oktober 2003 17:33 na volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Enigiemand al die remake van The Italian Job gesien?

Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word ) met haar deep south aksent
in een van die hoof rolle.

Asook, instede van Michael Caine, Mark Wahlberg as Charlie Croaker(Ek is
jammer - Roger Moore se linker wenkbrou het meer emosionele 'range' as die
mannetjie en Roger se aanplak snorre het meer charisma gehad).

Hollywood het 'n fantastiese film gevat en met die remake is die enigste
ding wat oorbly die mini's (dis nou die nuwe BMW ontwerpe model)

Ag tog.

Sug.

Nou ja - ten minste kan sy met trots sê sy het met Woody Allen, Kenneth
Branagh en Keanu Reeves(Roger se regter wenkbrou het meer... ) gewerk.

Nie sleg nie.

Kom ons hoop iemand gee Arnold Vosloo 'n rol waar hy toegelaat word om darem
te praat. (Mummy 3 miskien?)
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84805 is 'n antwoord op boodskap #84798] Wo, 01 Oktober 2003 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
MoerFie  is tans af-lyn  MoerFie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Volle Lid
Kan iemand my help, waar kan ek die original in die hande kry?

Dit was een van my gunsteling flieks van my kleintyd.

"Namaqua" skryf in boodskap news:blf34n$fa$1@titan.btinternet.com...
> Enigiemand al die remake van The Italian Job gesien?
>
> Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
> soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word ) met haar deep south aksent
> in een van die hoof rolle.
>
> Asook, instede van Michael Caine, Mark Wahlberg as Charlie Croaker(Ek is
> jammer - Roger Moore se linker wenkbrou het meer emosionele 'range' as die
> mannetjie en Roger se aanplak snorre het meer charisma gehad).
>
> Hollywood het 'n fantastiese film gevat en met die remake is die enigste
> ding wat oorbly die mini's (dis nou die nuwe BMW ontwerpe model)
>
> Ag tog.
>
> Sug.
>
> Nou ja - ten minste kan sy met trots sê sy het met Woody Allen, Kenneth
> Branagh en Keanu Reeves(Roger se regter wenkbrou het meer... ) gewerk.
>
> Nie sleg nie.
>
> Kom ons hoop iemand gee Arnold Vosloo 'n rol waar hy toegelaat word om darem
> te praat. (Mummy 3 miskien?)
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84806 is 'n antwoord op boodskap #84798] Wo, 01 Oktober 2003 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
The Italian Job het nog nie hier begin draai nie.

Annette

--

"Namaqua" skryf in boodskap news:blf34n$fa$1@titan.btinternet.com...
> Enigiemand al die remake van The Italian Job gesien?
>
> Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
> soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word ) met haar deep south aksent
> in een van die hoof rolle.
>
> Asook, instede van Michael Caine, Mark Wahlberg as Charlie Croaker(Ek is
> jammer - Roger Moore se linker wenkbrou het meer emosionele 'range' as die
> mannetjie en Roger se aanplak snorre het meer charisma gehad).
>
> Hollywood het 'n fantastiese film gevat en met die remake is die enigste
> ding wat oorbly die mini's (dis nou die nuwe BMW ontwerpe model)
>
> Ag tog.
>
> Sug.
>
> Nou ja - ten minste kan sy met trots sê sy het met Woody Allen, Kenneth
> Branagh en Keanu Reeves(Roger se regter wenkbrou het meer... ) gewerk.
>
> Nie sleg nie.
>
> Kom ons hoop iemand gee Arnold Vosloo 'n rol waar hy toegelaat word om darem
> te praat. (Mummy 3 miskien?)
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84808 is 'n antwoord op boodskap #84798] Wo, 01 Oktober 2003 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Namaqua" wrote

> Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
> soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word

Jy moet hulle vergewe, want hoe sal hulle nou weet
dat die regte uitspraak daarvan Trôn is, volgens ons
Afrikaners wat almal outoriteite is op die gebied van
Franse uitspraak. Hier in Kanata is daar 'n Theron-
straat, en almal spreek dit maar The-ron uit.

Minnehaha
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84809 is 'n antwoord op boodskap #84798] Wo, 01 Oktober 2003 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Namaqua" wrote

die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron

Charlize Theron mag nou hier en daar 'n bietjie
droogmaak, maar ek dink sy is 'n baie goeie
aktrise en dit lyk asof sy al hoe meer goeie rolle
gegee word deur mense wat kan kies. Iemand
het opgemerk dat sy die soort gesig het waarop
mens kan borduur. Dis asof dit effens blank is.
Haar soort mooiheid is baie eienaardig. Dit staar
jou nie in die gesig nie. In "Ciderhouse Rules"
is sy baie suksesvol, en ek het ook baie van haar
gehou in "The Legend of Baggar Vance." Ek dink
sy het die moontlikheid om 'n tweede Meryl Streep
te word.

Gloudina
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84812 is 'n antwoord op boodskap #84805] Wo, 01 Oktober 2003 23:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kon niks op SA shopping sites kry nie, maar as jy nie omgee om Pond te
betaal nie, kan jy dit op Amazon(www.amazon.co.uk) gaan bestel. As jy 'n
"zone restricted" DVD speler het moet jy maar by die UK site gaan bestel.
As jy 'n multizone dvd speler het kan jy op die Amazon.com site gaan bestel.
Sal jou $13.99 kos plus verpakking (so $1.50 - $10) die pakkie is lig genoeg
om doeane kostes vry te spring. As 'n ekstra maatreël kan jy vir die
maatjies van Amazon sê dis iemand se jaarsdag geskenk, dan draai hulle dit
vir jou in mooi pampiertjies toe en sal jy glad nie doeane betaal nie.

E

"MoerFie" skryf in boodskap news:blfmvk$hdd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan iemand my help, waar kan ek die original in die hande kry?
>
> Dit was een van my gunsteling flieks van my kleintyd.
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84813 is 'n antwoord op boodskap #84805] Do, 02 Oktober 2003 01:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Amazon.co.uk behoort dit te he op dvd - ek bestel gereeld dvd's deur hulle
en laat dit SA toe pos . SA dvd spelers het geen probleem met UK kodering
nie.

Die mini "chase" scene is net so puik soos enige ander nuwe Hollywood film -
en die cockney gangsters (selfs met die tong in die kies) is baie meer
geloofwaardig as die mockneys van Lock Stock of Snatch.

Om nie eers van Noel Coward se Mr Bridger te praat nie.

"We are the self preservation society ...."

"MoerFie" skryf in boodskap news:blfmvk$hdd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan iemand my help, waar kan ek die original in die hande kry?
>
> Dit was een van my gunsteling flieks van my kleintyd.
>
> "Namaqua" wrote in message
> news:blf34n$fa$1@titan.btinternet.com...
>> Enigiemand al die remake van The Italian Job gesien?
>>
>> Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea
> Ron
>> soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word ) met haar deep south
> aksent
>> in een van die hoof rolle.
>>
>> Asook, instede van Michael Caine, Mark Wahlberg as Charlie Croaker(Ek is
>> jammer - Roger Moore se linker wenkbrou het meer emosionele 'range' as die
>> mannetjie en Roger se aanplak snorre het meer charisma gehad).
>>
>> Hollywood het 'n fantastiese film gevat en met die remake is die enigste
>> ding wat oorbly die mini's (dis nou die nuwe BMW ontwerpe model)
>>
>> Ag tog.
>>
>> Sug.
>>
>> Nou ja - ten minste kan sy met trots sê sy het met Woody Allen, Kenneth
>> Branagh en Keanu Reeves(Roger se regter wenkbrou het meer... ) gewerk.
>>
>> Nie sleg nie.
>>
>> Kom ons hoop iemand gee Arnold Vosloo 'n rol waar hy toegelaat word om
> darem
>> te praat. (Mummy 3 miskien?)
>>
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84814 is 'n antwoord op boodskap #84798] Do, 02 Oktober 2003 01:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nei jong, ek het dit weer geniet, veral Charlie Croaker, en hierjy hoor, sy
het nie n deep south accent nie, wel n Kaliefornia (soos Arnold sou se)
aksent, bleddie goed vir iemand soos sy wat nog net n jaar of wat hier woon.
Ek woon al n laaaang ruk hier, en het nog nie my Kaapse aksent verloor nie.

-a-

"Namaqua" skryf in boodskap news:blf34n$fa$1@titan.btinternet.com...
> Enigiemand al die remake van The Italian Job gesien?
>
> Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
> soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word ) met haar deep south aksent
> in een van die hoof rolle.
>
> Asook, instede van Michael Caine, Mark Wahlberg as Charlie Croaker(Ek is
> jammer - Roger Moore se linker wenkbrou het meer emosionele 'range' as die
> mannetjie en Roger se aanplak snorre het meer charisma gehad).
>
> Hollywood het 'n fantastiese film gevat en met die remake is die enigste
> ding wat oorbly die mini's (dis nou die nuwe BMW ontwerpe model)
>
> Ag tog.
>
> Sug.
>
> Nou ja - ten minste kan sy met trots sê sy het met Woody Allen, Kenneth
> Branagh en Keanu Reeves(Roger se regter wenkbrou het meer... ) gewerk.
>
> Nie sleg nie.
>
> Kom ons hoop iemand gee Arnold Vosloo 'n rol waar hy toegelaat word om darem
> te praat. (Mummy 3 miskien?)
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84815 is 'n antwoord op boodskap #84808] Do, 02 Oktober 2003 01:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het geen probleem as die Yanks die van uitspreek soos hulle wil nie of
die feit dat ons in Afrikaans die naam nou eintlik mis uitspreek nie.

Dit is HAAR geaffekteerde uitspraak van Theron wat my so bietjie dwars in
die krop gesteek het.

"@rogers.com" wrote in message
news:DEFeb.811$HUO.523@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>
> "Namaqua" wrote
>
>> Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea
> Ron
>> soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word
>
> Jy moet hulle vergewe, want hoe sal hulle nou weet
> dat die regte uitspraak daarvan Trôn is, volgens ons
> Afrikaners wat almal outoriteite is op die gebied van
> Franse uitspraak. Hier in Kanata is daar 'n Theron-
> straat, en almal spreek dit maar The-ron uit.
>
> Minnehaha
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84816 is 'n antwoord op boodskap #84809] Do, 02 Oktober 2003 01:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag nee wat, sy is oulik en so, maar n bietjie so-so, nie n vreeslike sterk
persoonlikheid nie, nie naby Meryl se kaliber nie. Laasgenoemde se Sophie's
Choice, en The Deer Hunter was m.i. van haar beste, ek het nie veel van
Adaptation gehou nie, om verskeie redes.

"@rogers.com"
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84817 is 'n antwoord op boodskap #84815] Do, 02 Oktober 2003 01:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Namaqua" wrote

> Dit is HAAR geaffekteerde uitspraak van Theron wat my so bietjie dwars in
> die krop gesteek het.

Ek dink jy moet haar dit ook maar vergewe. As
mens lank genoeg met 'n snaakse van in ander
land bly, dan begin jy ook maar jou van uitspreek
soos die locals dit uitspreek, want jy is al so moeg
om oor en oor te verduidelik.

Gloudina
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84819 is 'n antwoord op boodskap #84815] Do, 02 Oktober 2003 04:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mbt haar uitspraak moet ek erken dat ek 'n uur of twee met yanks deurmekaar
is, kry my engels ook 'n bubblegum geur - dis natuurlik 'n lui en maklike
manier van praat.
Ek moet sê die SA-media is deesdae baie meer tegemoetkomend teenoor haar.
Ook - ek ken die Oos-Rand en persoonlik hou ek nogal duimvas vir die girl -
ek dink sy probeer.

"Namaqua" skryf in boodskap news:blfv3u$g2o$1@titan.btinternet.com...
> Ek het geen probleem as die Yanks die van uitspreek soos hulle wil nie of
> die feit dat ons in Afrikaans die naam nou eintlik mis uitspreek nie.
>
> Dit is HAAR geaffekteerde uitspraak van Theron wat my so bietjie dwars in
> die krop gesteek het.
>
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:DEFeb.811$HUO.523@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>>
>> "Namaqua" wrote
>>
>>> Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
>>> soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word
>>
>> Jy moet hulle vergewe, want hoe sal hulle nou weet
>> dat die regte uitspraak daarvan Trôn is, volgens ons
>> Afrikaners wat almal outoriteite is op die gebied van
>> Franse uitspraak. Hier in Kanata is daar 'n Theron-
>> straat, en almal spreek dit maar The-ron uit.
>>
>> Minnehaha
>>
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84821 is 'n antwoord op boodskap #84815] Do, 02 Oktober 2003 05:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou nie dat ek veel weet van films en sulke goete nie maar ek lees koerante
en ek het gelees dat Charlize spesiaal die Amerikaanse aksent moes aanleer
omdat jy nie maklik werk in Hollywood kry met 'n SA aksent nie.....nie as jy
net wil kroeks speel nie!

"Namaqua" skryf in boodskap news:blfv3u$g2o$1@titan.btinternet.com...
> Ek het geen probleem as die Yanks die van uitspreek soos hulle wil nie of
> die feit dat ons in Afrikaans die naam nou eintlik mis uitspreek nie.
>
> Dit is HAAR geaffekteerde uitspraak van Theron wat my so bietjie dwars in
> die krop gesteek het.
>
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:DEFeb.811$HUO.523@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>>
>> "Namaqua" wrote
>>
>>> Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
>>> soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word
>>
>> Jy moet hulle vergewe, want hoe sal hulle nou weet
>> dat die regte uitspraak daarvan Trôn is, volgens ons
>> Afrikaners wat almal outoriteite is op die gebied van
>> Franse uitspraak. Hier in Kanata is daar 'n Theron-
>> straat, en almal spreek dit maar The-ron uit.
>>
>> Minnehaha
>>
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84824 is 'n antwoord op boodskap #84821] Do, 02 Oktober 2003 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sy sal 'n dekselse mooi kroek wees:)))
Nietemin- ek lees dat sy 'n rol gekry het van 'n moordenares - en hulle dra
nie seksie rokkies in die tronk nie.

--
Annette

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:blge32$amu$2@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Nou nie dat ek veel weet van films en sulke goete nie maar ek lees koerante
> en ek het gelees dat Charlize spesiaal die Amerikaanse aksent moes aanleer
> omdat jy nie maklik werk in Hollywood kry met 'n SA aksent nie.....nie as jy
> net wil kroeks speel nie!
> "Namaqua" wrote in message
> news:blfv3u$g2o$1@titan.btinternet.com...
>> Ek het geen probleem as die Yanks die van uitspreek soos hulle wil nie of
>> die feit dat ons in Afrikaans die naam nou eintlik mis uitspreek nie.
>>
>> Dit is HAAR geaffekteerde uitspraak van Theron wat my so bietjie dwars in
>> die krop gesteek het.
>>
>>
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:DEFeb.811$HUO.523@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>>>
>>> "Namaqua" wrote
>>>
>>>> Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
>>>> soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word
>>>
>>> Jy moet hulle vergewe, want hoe sal hulle nou weet
>>> dat die regte uitspraak daarvan Trôn is, volgens ons
>>> Afrikaners wat almal outoriteite is op die gebied van
>>> Franse uitspraak. Hier in Kanata is daar 'n Theron-
>>> straat, en almal spreek dit maar The-ron uit.
>>>
>>> Minnehaha
>>>
>>
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84833 is 'n antwoord op boodskap #84824] Do, 02 Oktober 2003 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja en sy moes vet ook word vir die rol. Ek dink sy werk hard en verdien
haar sukses.

"Annette" skryf in boodskap news:blggdu$bg3$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sy sal 'n dekselse mooi kroek wees:)))
> Nietemin- ek lees dat sy 'n rol gekry het van 'n moordenares - en hulle dra
> nie seksie rokkies in die tronk nie.
>
> --
> Annette
> "Sandvlooi" wrote in message
> news:blge32$amu$2@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Nou nie dat ek veel weet van films en sulke goete nie maar ek lees koerante
>> en ek het gelees dat Charlize spesiaal die Amerikaanse aksent moes aanleer
>> omdat jy nie maklik werk in Hollywood kry met 'n SA aksent nie.....nie as jy
>> net wil kroeks speel nie!
>> "Namaqua" wrote in message
>> news:blfv3u$g2o$1@titan.btinternet.com...
>>> Ek het geen probleem as die Yanks die van uitspreek soos hulle wil nie of
>>> die feit dat ons in Afrikaans die naam nou eintlik mis uitspreek nie.
>>>
>>> Dit is HAAR geaffekteerde uitspraak van Theron wat my so bietjie dwars in
>>> die krop gesteek het.
>>>
>>>
>>> "@rogers.com" wrote in message
>>> news:DEFeb.811$HUO.523@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>>>>
>>>> "Namaqua" wrote
>>>>
>>>> > Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
>>>> > soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word
>>>>
>>>> Jy moet hulle vergewe, want hoe sal hulle nou weet
>>>> dat die regte uitspraak daarvan Trôn is, volgens ons
>>>> Afrikaners wat almal outoriteite is op die gebied van
>>>> Franse uitspraak. Hier in Kanata is daar 'n Theron-
>>>> straat, en almal spreek dit maar The-ron uit.
>>>>
>>>> Minnehaha
>>>>
>>>
>>
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84835 is 'n antwoord op boodskap #84817] Do, 02 Oktober 2003 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ek het ook die probleem... Maar dan omgekeerd. Ek het 'n ingelse van,
die Hollanders vra my daagliks wanneer ek gaan begin om my van in
Hollands te sê, maar ek kry dit nog nie reg nie...

Ek spel my van nou al toe oë met die Hollandse alfabet. Hulle gebruik
mos nie alfa bravo charly soos die res van die wêreld nie, hulle
gebruik Anton Bernard, Cornelis enz.

Max (Nie "mêx" nie, maar "mux" of in afr sommer MAKS)

"@rogers.com"
> "Namaqua" wrote
>
>> Dit is HAAR geaffekteerde uitspraak van Theron wat my so bietjie dwars in
>> die krop gesteek het.
>
> Ek dink jy moet haar dit ook maar vergewe. As
> mens lank genoeg met 'n snaakse van in ander
> land bly, dan begin jy ook maar jou van uitspreek
> soos die locals dit uitspreek, want jy is al so moeg
> om oor en oor te verduidelik.
>
> Gloudina
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84842 is 'n antwoord op boodskap #84819] Do, 02 Oktober 2003 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

moet ek erken dat ek 'n uur of twee met yanks deurmekaar
> is, kry my engels ook 'n bubblegum geur - dis natuurlik 'n lui en maklike
> manier van praat.

Ek kry altyd bietjie lag as daar sulke sweeping statements
gemaak word oor enigiets wat met die Amerikaners te
doen het. Van watter Amerikaanse aksent praat jy nou,
Jonas. Van die suide of van die noordooste (waar die
Yanks, Jantjies, bly) of die Midwest of van Kalifornië
se aksent. En dan binne die een streek, is daar weer so
baie afwykings. Binne New England is daar duidelik
'n verskil van hoe hulle in Maine praat en hoe hulle
byvoorbeeld in Connecticut praat. En as jy oor die
grens hier by ons gaan ( minder as 'n uur se ry van
Ottawa af) dan moet jy hulle darem met 'n duidelike
amper-Nederlandse aksent praat.

Gloudina
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84844 is 'n antwoord op boodskap #84835] Do, 02 Oktober 2003 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou weet ek van Holland Maks en C-max:)))
Annette

"Max" skryf in boodskap news:cc9ea8f.0310020117.5bbde8e2@posting.google.com...
> Ek het ook die probleem... Maar dan omgekeerd. Ek het 'n ingelse van,
> die Hollanders vra my daagliks wanneer ek gaan begin om my van in
> Hollands te sê, maar ek kry dit nog nie reg nie...
>
> Ek spel my van nou al toe oë met die Hollandse alfabet. Hulle gebruik
> mos nie alfa bravo charly soos die res van die wêreld nie, hulle
> gebruik Anton Bernard, Cornelis enz.
>
> Max (Nie "mêx" nie, maar "mux" of in afr sommer MAKS)
>
>
> "@rogers.com"
>> "Namaqua" wrote
>>
>>> Dit is HAAR geaffekteerde uitspraak van Theron wat my so bietjie dwars in
>>> die krop gesteek het.
>>
>> Ek dink jy moet haar dit ook maar vergewe. As
>> mens lank genoeg met 'n snaakse van in ander
>> land bly, dan begin jy ook maar jou van uitspreek
>> soos die locals dit uitspreek, want jy is al so moeg
>> om oor en oor te verduidelik.
>>
>> Gloudina
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84849 is 'n antwoord op boodskap #84842] Do, 02 Oktober 2003 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - die feit dat jy in Kanada bly gee jou nie patentereg op kennis oor
Noord Amerika nie.
Ek kan jou moontlik 'n paar dinge oor die VSA, sy geografie en sy mense
vertel.
Maar dit daar gelaat - kom ons sê die Suide - of moet ek die dorpie noem?
(Wanneer mens 'n onderwysagtergrond het, veral onder swartes, moet jy maar
daarteen waak om nie te pedantiues te raak nie...)

"@rogers.com" wrote in message
news:6iVeb.68726$3r1.45593@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Jonas" wrote
>
> moet ek erken dat ek 'n uur of twee met yanks deurmekaar
>> is, kry my engels ook 'n bubblegum geur - dis natuurlik 'n lui en maklike
>> manier van praat.
>
> Ek kry altyd bietjie lag as daar sulke sweeping statements
> gemaak word oor enigiets wat met die Amerikaners te
> doen het. Van watter Amerikaanse aksent praat jy nou,
> Jonas. Van die suide of van die noordooste (waar die
> Yanks, Jantjies, bly) of die Midwest of van Kalifornië
> se aksent. En dan binne die een streek, is daar weer so
> baie afwykings. Binne New England is daar duidelik
> 'n verskil van hoe hulle in Maine praat en hoe hulle
> byvoorbeeld in Connecticut praat. En as jy oor die
> grens hier by ons gaan ( minder as 'n uur se ry van
> Ottawa af) dan moet jy hulle darem met 'n duidelike
> amper-Nederlandse aksent praat.
>
> Gloudina
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84850 is 'n antwoord op boodskap #84849] Do, 02 Oktober 2003 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Ek kan jou moontlik 'n paar dinge oor die VSA, sy geografie en sy mense
> vertel.
> Maar dit daar gelaat - kom ons sê die Suide - of moet ek die dorpie noem?

So jy neem nou die suidelike VSA aksent as verteenwoordigend
van die Yanks. Moenie vir my laat lag nie.

Gloudina
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84855 is 'n antwoord op boodskap #84844] Do, 02 Oktober 2003 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek dog heeltyd klimax word met 'n k gespel... ;-)

"Annette"
> Nou weet ek van Holland Maks en C-max:)))
> Annette
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84857 is 'n antwoord op boodskap #84849] Do, 02 Oktober 2003 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote:

> Anti - die feit dat jy in Kanada bly gee jou nie patentereg op kennis oor
> Noord Amerika nie.

Nee, maar sy is die keer heeltemal reg.

> Ek kan jou moontlik 'n paar dinge oor die VSA, sy geografie en sy mense
> vertel.

Doen dit gerus. Ek is seker dit sal vir skreeusnaakse vermaak sorg.
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84864 is 'n antwoord op boodskap #84855] Do, 02 Oktober 2003 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Tussen ons klomp hier kan ons 'n Nobelprys wen:))
Kom ons skryf saam aan die boek oor Maks se Klimaks in C-Max:)))
--
Annette

"Max" skryf in boodskap news:3f7c3e08$0$58703$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Ek dog heeltyd klimax word met 'n k gespel... ;-)
>
> "Annette"
>> Nou weet ek van Holland Maks en C-max:)))
>> Annette
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84876 is 'n antwoord op boodskap #84850] Do, 02 Oktober 2003 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - die wêreldwyd word daar na Amerikaners, almal van hulle, as Yanks
verwys.
Miskien kan jy my meer vertel van dit wat julle by Bantoe Onderwys gedoen
het - dit sal my meer beindruk. En wat veroorsaak het dat jy nou die hand
byt wat jou eens gevoed het...

"@rogers.com" wrote in message
news:jRWeb.69732$3r1.30485@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Ek kan jou moontlik 'n paar dinge oor die VSA, sy geografie en sy mense
>> vertel.
>> Maar dit daar gelaat - kom ons sê die Suide - of moet ek die dorpie noem?
>
> So jy neem nou die suidelike VSA aksent as verteenwoordigend
> van die Yanks. Moenie vir my laat lag nie.
>
> Gloudina
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84877 is 'n antwoord op boodskap #84857] Do, 02 Oktober 2003 17:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - presies waaroor is sy reg?
Dink jy vir 'n enkel oomblik dat "julle" die enigste is wat weet van
streekverskille in die VSA? Help my. Weereens - sy en jy het nie patentereg
op kennis en insig nie - nie daar nie en nie hier nie. En dit is seker die
wat jou so pla.

"Katryn" skryf in boodskap news:vjfonvgin6g74qtoet0g06pp80f9rhddot@4ax.com...
> "Jonas" wrote:
>
>> Anti - die feit dat jy in Kanada bly gee jou nie patentereg op kennis oor
>> Noord Amerika nie.
>
> Nee, maar sy is die keer heeltemal reg.
>
>> Ek kan jou moontlik 'n paar dinge oor die VSA, sy geografie en sy mense
>> vertel.
>
> Doen dit gerus. Ek is seker dit sal vir skreeusnaakse vermaak sorg.
>
Jonas [boodskap #84878 is 'n antwoord op boodskap #84877] Do, 02 Oktober 2003 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote:

> Katryn - presies waaroor is sy reg?

O.a dat jy erg onnosel is. Dat jy geen BENUL het waarvan jy praat die
meeste van die tyd nie, en hierdie spesifieke geval waar jy na die
"yanks se bubblegum taal " verwys, is maar net een voorbeeld van jou
naiewe stoepitgeit.

> Dink jy vir 'n enkel oomblik dat "julle" die enigste is wat weet van
> streekverskille in die VSA? Help my.

Nog nooit gedink of gesê nie. Maggies, Namaqua wat in Engeland sit,
het dan al hier aanmerkings oor ons politiek ens. gemaak wat baie
akkuraat was. Maar daar is 'n REUSE verskil tussen mense soos Namaqua
en jy, Jonas. 'n REUSE verskil!

> Weereens - sy en jy het nie patentereg
> op kennis en insig nie - nie daar nie en nie hier nie. En dit is seker die
> wat jou so pla.

Nee, wat my eintlik erg pla is jou stoepitgeit en dat jy sooooo vol
van jousself is!
Re: Jonas [boodskap #84887 is 'n antwoord op boodskap #84878] Do, 02 Oktober 2003 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - jy behoort stupid te herken wanneer jy dit sien. Weereens, soos in
die geval van Gloudina reflekteer jy bloot jou eie onvermoe en onkunde op
ander mense. En die feit dat jy my as verhewe ervaar - dit is jou
persepsie - geniet dit.
Waar kom Namakwa in jou storie? Probeer maar konsekwent en rasioneel bly -
ek besef dis effens onmoontlik/moeilik. Maar probeer.

"Katryn" skryf in boodskap news:0hqonvgv5jggg8sou852i39hl57ua3s3sn@4ax.com...
> "Jonas" wrote:
>
>> Katryn - presies waaroor is sy reg?
>
> O.a dat jy erg onnosel is. Dat jy geen BENUL het waarvan jy praat die
> meeste van die tyd nie, en hierdie spesifieke geval waar jy na die
> "yanks se bubblegum taal " verwys, is maar net een voorbeeld van jou
> naiewe stoepitgeit.
>
>> Dink jy vir 'n enkel oomblik dat "julle" die enigste is wat weet van
>> streekverskille in die VSA? Help my.
>
> Nog nooit gedink of gesê nie. Maggies, Namaqua wat in Engeland sit,
> het dan al hier aanmerkings oor ons politiek ens. gemaak wat baie
> akkuraat was. Maar daar is 'n REUSE verskil tussen mense soos Namaqua
> en jy, Jonas. 'n REUSE verskil!
>
>> Weereens - sy en jy het nie patentereg
>> op kennis en insig nie - nie daar nie en nie hier nie. En dit is seker die
>> wat jou so pla.
>
> Nee, wat my eintlik erg pla is jou stoepitgeit en dat jy sooooo vol
> van jousself is!
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84950 is 'n antwoord op boodskap #84814] Vr, 03 Oktober 2003 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sy is al meer as 'n dekade in die VSA.

Ek is seker die voordeel van 'n paar honderd duisend dollar se "voice
coaching" die aksent enige plek geplaas kan word (behalwe as jou naam Arnold
S. is - aan die kêrel se aksent is daar nou eenvoudig niks te make nie)

.Hulle het Charelize ook eers "vaguely southern" probeer laat klink (Devils
Advocate)

Maar nou ja - ek het niks teen haar nie - dit was meer dat die movie vir my
'n groot teleurstelling was in vergelyking met die oorspronklik.

"Ellie" wrote in message
news:XcLeb.4868$f11.2854@newsread1.news.atl.earthlink.net...
> Nei jong, ek het dit weer geniet, veral Charlie Croaker, en hierjy hoor, sy
> het nie n deep south accent nie, wel n Kaliefornia (soos Arnold sou se)
> aksent, bleddie goed vir iemand soos sy wat nog net n jaar of wat hier woon.
> Ek woon al n laaaang ruk hier, en het nog nie my Kaapse aksent verloor nie.
>
> -a-
>
> "Namaqua" wrote in message
> news:blf34n$fa$1@titan.btinternet.com...
>> Enigiemand al die remake van The Italian Job gesien?
>>
>> Met die Blom van Benoni o.t.w Charlize Theron (of die geafekteerde Thea Ron
>> soos dit nou blykbaar skielik uitgespreek word ) met haar deep south aksent
>> in een van die hoof rolle.
>>
>> Asook, instede van Michael Caine, Mark Wahlberg as Charlie Croaker(Ek is
>> jammer - Roger Moore se linker wenkbrou het meer emosionele 'range' as die
>> mannetjie en Roger se aanplak snorre het meer charisma gehad).
>>
>> Hollywood het 'n fantastiese film gevat en met die remake is die enigste
>> ding wat oorbly die mini's (dis nou die nuwe BMW ontwerpe model)
>>
>> Ag tog.
>>
>> Sug.
>>
>> Nou ja - ten minste kan sy met trots sê sy het met Woody Allen, Kenneth
>> Branagh en Keanu Reeves(Roger se regter wenkbrou het meer... ) gewerk.
>>
>> Nie sleg nie.
>>
>> Kom ons hoop iemand gee Arnold Vosloo 'n rol waar hy toegelaat word om darem
>> te praat. (Mummy 3 miskien?)
>>
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84962 is 'n antwoord op boodskap #84950] Vr, 03 Oktober 2003 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Namaqua" wrote

> Ek is seker die voordeel van 'n paar honderd duisend dollar se "voice
> coaching" die aksent enige plek geplaas kan word

Ek dink dat die sukses van Charlize Theron in die filmwêreld tot
'n sekere mate te doen het met die feit dat sy maklik ander aksente
kan leer. ( Net soos haar amper blank gesig dit moontlik maak om
haar verskillende karakters op verskillende tye te laat speel.) Dis
dieselfde ding wat Meryl Streep kan doen. En mens wonder of
die feit dat Theron Afrikaanssprekend was en alle Engelse aksente
dus eintlik aangeleer moes word, nie iets te doen het met haar
handigheid met verskillende aksente nie. Sy het ook grootgeword
met 'n hele swetterjoel aksente om haar.

Tant Hessie, nog 'n blom van Benoni
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84982 is 'n antwoord op boodskap #84962] Vr, 03 Oktober 2003 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vertel ons van die "swetterjoel" aksente O Linguistieke Goeroe ....
"@rogers.com" wrote in message
news:gsgfb.6580$ko%.2679@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Namaqua" wrote
>
>> Ek is seker die voordeel van 'n paar honderd duisend dollar se "voice
>> coaching" die aksent enige plek geplaas kan word
>
> Ek dink dat die sukses van Charlize Theron in die filmwêreld tot
> 'n sekere mate te doen het met die feit dat sy maklik ander aksente
> kan leer. ( Net soos haar amper blank gesig dit moontlik maak om
> haar verskillende karakters op verskillende tye te laat speel.) Dis
> dieselfde ding wat Meryl Streep kan doen. En mens wonder of
> die feit dat Theron Afrikaanssprekend was en alle Engelse aksente
> dus eintlik aangeleer moes word, nie iets te doen het met haar
> handigheid met verskillende aksente nie. Sy het ook grootgeword
> met 'n hele swetterjoel aksente om haar.
>
> Tant Hessie, nog 'n blom van Benoni
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #84988 is 'n antwoord op boodskap #84982] Vr, 03 Oktober 2003 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Vertel ons van die "swetterjoel" aksente O Linguistieke Goeroe ....

O, troglodiete mummie, ek praat nou van 'n land met
elf tale, en daarbenewens, o ghoeroe oor UNISA, van
die menigte aksente binne dié elf tale, soos gespreek
veral in die strate van jy-weet-waar, naamlik Scheiding
Straat, Lunnon Straat, Johnston Straat en so aan en
so voorts.

Tant Hessie van Kilnerton.
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #85030 is 'n antwoord op boodskap #84876] Sa, 04 Oktober 2003 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas, al die jare nog maak (veral) die koerante in S.A. die blaps om na
alle Amerikaners as Yanks te verwys. Die Southerns gril natuurlik daarvoor
om Yanks genoem te word, want tegnies gesproke is Yanks almal wat in die
Noord Oostelike state woon. Sommige mense se dis almal wat Noord van die
Mason Dixon lyn woon, maar ek het goeie vriende wat in Chicago en Wisconsin
woon, en hulle se hulle is beslis nie Yanks nie.
Ek dink dit is debatteerbaar.

"Jonas" skryf in boodskap news:blhori$f5q$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Anti - die wêreldwyd word daar na Amerikaners, almal van hulle, as Yanks
> verwys.
> Miskien kan jy my meer vertel van dit wat julle by Bantoe Onderwys gedoen
> het - dit sal my meer beindruk. En wat veroorsaak het dat jy nou die hand
> byt wat jou eens gevoed het...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:jRWeb.69732$3r1.30485@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> "Jonas" wrote
>>
>>> Ek kan jou moontlik 'n paar dinge oor die VSA, sy geografie en sy mense
>>> vertel.
>>> Maar dit daar gelaat - kom ons sê die Suide - of moet ek die dorpie
> noem?
>>
>> So jy neem nou die suidelike VSA aksent as verteenwoordigend
>> van die Yanks. Moenie vir my laat lag nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #85031 is 'n antwoord op boodskap #84962] Sa, 04 Oktober 2003 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hessie, ek dink jy het n punt beet daar. My teorie van wiskunde, musiek en
taal staan nog steeds. Ek is severely challenged as dit by wiskunde kom,
maar is redelik musikaal, en leer taamlik maklik tale aan, dit het met die
oor doen natuurlik, en uit die aard van my werk kom ek in aanraking met
mense van oor die hele land, en dit is vir my altyd n uitdaging om, as
iemand my bel, eers te raai waarvandaan hulle kom deur te luister na hulle
aksent, voor hulle vir my se.

"@rogers.com" Ek dink dat die sukses van Charlize Theron in die
filmwêreld tot
> 'n sekere mate te doen het met die feit dat sy maklik ander aksente
> kan leer. ( Net soos haar amper blank gesig dit moontlik maak om
> haar verskillende karakters op verskillende tye te laat speel.) Dis
> dieselfde ding wat Meryl Streep kan doen. En mens wonder of
> die feit dat Theron Afrikaanssprekend was en alle Engelse aksente
> dus eintlik aangeleer moes word, nie iets te doen het met haar
> handigheid met verskillende aksente nie. Sy het ook grootgeword
> met 'n hele swetterjoel aksente om haar.
>
> Tant Hessie, nog 'n blom van Benoni
>
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #85033 is 'n antwoord op boodskap #85030] Sa, 04 Oktober 2003 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote

tegnies gesproke is Yanks almal wat in die
> Noord Oostelike state woon. Sommige mense se dis almal wat Noord van die
> Mason Dixon lyn woon, maar ek het goeie vriende wat in Chicago en Wisconsin
> woon, en hulle se hulle is beslis nie Yanks nie.
> Ek dink dit is debatteerbaar.

Ek wonder hoeveel die woord "Yankees" nog in die
VSA gebruik word, behalwe as iemand so nou en
dan die draak wil steek met die mense in New England
en Noordelike New York staat ensovoorts. En dan
sal dit ook heelwaarskynlik wees dat die mense wat dit
besig Southerners is wat derogatief van die mense in die
noordooste wil praat. Dis ironies dat die woord "Yanks"
nou so kwistig buite die VSA gebruik word vir alle
Amerikaners. Nog altyd derogatief.
As mens nou in ag neem dat die woord "Yankees"
afkom van die woord "Jantjie" en dat dit waar is dat
die Noordooste eers ongeveer bevolk was met Nederlands-
sprekende mense en regeer is deur Nederland, dan kan mens
amper die Amerikaanse Burgeroorlog sien as 'n oorlog
tussen die nederlandse noorde teen die suidelike britte vir
die sentrale mag aan die einde van die agtiende eeu. Dis
natuurlik 'n vreeslike veralgemening.

Tant Hessie Stuyvesant
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #85037 is 'n antwoord op boodskap #85033] Sa, 04 Oktober 2003 17:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Ek wonder hoeveel die woord "Yankees" nog in die
> VSA gebruik word,

Baie - en veral gedurende die baseball play-off seisoen, soos nou.

Danielle ('n Braves fan)
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #85042 is 'n antwoord op boodskap #85037] Sa, 04 Oktober 2003 23:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
O wee - praat ek nou alweer met legio soos met die @rogers spulletjie of is
dit nou 'n "handle" op "handle" op "handle"

Streepmuis, Katryn of Danielle?

Nmq

"Katryn" skryf in boodskap news:uc0unvgrdlue6m5pkc1rdltpgcsn03eotu@4ax.com...
> "@rogers.com" wrote:
>
>> Ek wonder hoeveel die woord "Yankees" nog in die
>> VSA gebruik word,
>
> Baie - en veral gedurende die baseball play-off seisoen, soos nou.
>
> Danielle ('n Braves fan)
>
HOHOH? [boodskap #85044 is 'n antwoord op boodskap #85042] So, 05 Oktober 2003 00:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Namaqua" wrote:

> O wee - praat ek nou alweer met legio soos met die @rogers spulletjie of is
> dit nou 'n "handle" op "handle" op "handle"
>
> Streepmuis, Katryn of Danielle?

Nope - jy praat nie nou met legio nie.
Wyk satan!! :-))
Danielle is my regte naam. Streepmuis was "gebore" tydens 'n episode
hier op die groep tussen my en DD (Dave Du Plessis et al), en Katryn
is maar net 'n lekker speelnaam want dit klink so tipies Afrikaans, of
nie? Op 'n stadium het ek my verbeel ek is Cathryn Janeway van Star
Trek, en toe het 'n vark (Wouter Plaasvark), my Katryn gedoop, en dit
het so gebly.
Sien?
:-)

Nou vertel vir my van Namaqua. Waar het dit vandaan gekom? Is jy 'n
Namakwalander?
Re: Hollywood en die Blom Van Benoni [boodskap #85048 is 'n antwoord op boodskap #84988] So, 05 Oktober 2003 03:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
UNISA - en vertel ons wat nou daar aangaan? Of is sussie te besig om die
skoonmakers te karwei om waar te neem?

"@rogers.com" wrote in message
news:WQlfb.6866$ko%.4284@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Jonas" wrote
>
>> Vertel ons van die "swetterjoel" aksente O Linguistieke Goeroe ....
>
> O, troglodiete mummie, ek praat nou van 'n land met
> elf tale, en daarbenewens, o ghoeroe oor UNISA, van
> die menigte aksente binne dié elf tale, soos gespreek
> veral in die strate van jy-weet-waar, naamlik Scheiding
> Straat, Lunnon Straat, Johnston Straat en so aan en
> so voorts.
>
> Tant Hessie van Kilnerton.
>
Re: HOHOH? [boodskap #85063 is 'n antwoord op boodskap #85044] So, 05 Oktober 2003 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Nou vertel vir my van Namaqua. Waar het dit vandaan gekom? Is jy 'n
> Namakwalander?

Nee - Stellenbosch grootgeword skool gegaan ens. Bolander dus.

Ek was in die gewoonte om uitruil studente op klein toere na oa. namakwaland
toe te vat - vandaar die bynaam - en die Duitse vrou.

Hoekom het jy jou verbeel jy is Janeway - voel jy verlore in die Delta
Quadrant? Voel jy 70 duisend ligjare van die huis af?

As jy drie name het en 1 mens is beteken dit dat jy deel is van die borg
collective? (En hoeveel mense in die NG gaan dink dit was nou 'n Marxistiese
verwysing?) is jy dan meer "three of one" soos "seven of nine"?

Namakwa - Jean-Luc se evil twin.

"Katryn" skryf in boodskap news:agpunv8e9rtodad8hq8svupfn7ee9qofr9@4ax.com...
> "Namaqua" wrote:
>
>> O wee - praat ek nou alweer met legio soos met die @rogers spulletjie of is
>> dit nou 'n "handle" op "handle" op "handle"
>>
>> Streepmuis, Katryn of Danielle?
>
> Nope - jy praat nie nou met legio nie.
> Wyk satan!! :-))
> Danielle is my regte naam. Streepmuis was "gebore" tydens 'n episode
> hier op die groep tussen my en DD (Dave Du Plessis et al), en Katryn
> is maar net 'n lekker speelnaam want dit klink so tipies Afrikaans, of
> nie? Op 'n stadium het ek my verbeel ek is Cathryn Janeway van Star
> Trek, en toe het 'n vark (Wouter Plaasvark), my Katryn gedoop, en dit
> het so gebly.
> Sien?
> :-)
>
> Nou vertel vir my van Namaqua. Waar het dit vandaan gekom? Is jy 'n
> Namakwalander?
Re: HOHOH? [boodskap #85076 is 'n antwoord op boodskap #85063] So, 05 Oktober 2003 21:22 Na vorige boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Namaqua" wrote:

> Hoekom het jy jou verbeel jy is Janeway - voel jy verlore in die Delta
> Quadrant? Voel jy 70 duisend ligjare van die huis af?

Jy's te slim vir jou skoene. Ek sê nou niks meer nie!!
:-))
Vorige onderwerp: Woordoorsprong
Volgende onderwerp: Wetenskaplike Bewys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:37:24 MGT 2024