Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Michael Caine
Michael Caine [boodskap #84605] So, 28 September 2003 11:36 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gisteraand het Parkinson op BBC 'n baie goeie onderhoud met Caine gehad -
een van die meer interessante karakters wat op die verhoog is. Moontlik is
daar 'n heruitsending - kyk gerus.
Re: Michael Caine [boodskap #84614 is 'n antwoord op boodskap #84605] So, 28 September 2003 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Gisteraand het Parkinson op BBC 'n baie goeie onderhoud met Caine gehad -
> een van die meer interessante karakters wat op die verhoog is.

Soos die geluk dit wil hê, het ek ook 'n dag of wat
gelede na 'n biografie van Caine op CNN gekyk. En
ek het weer per geluk afgekom op "The Ciderhouse
Rules" - 'n fliek wat ek grootliks bewonder, en waarin
Charlize Theron ook briljant speel. Caine speel daarin
die ou chloroform-verslaafde dokter. Ek is baie lief
vir hierdie fliek, bo en behalwe dat dit 'n baie goeie
fliek is. Want dit speel af in Maine, en vir jare, terwyl
ek in New Brunswick gebly het, was Maine natuurlik
net langs ons.( Ons het daardeur gery op pad na ons
naaste groot stad wat - surprise, surprise - Boston
was. En as ons na Ontario wou ry, het ons ook die
kortpad gekies deur sentraal Maine en noordelike
Vermont en dan noordwaarts in suidoostelike Quebec
in.) Dus moet julle my verskoon dat ek 'n traantjie
gestort het toe Toby Maguire aan die einde van die
fliek ook "goodnight, you princes of Maine, you
kings of New England" gesê het, net soos die ou
dokter voor hom. Want as daar nou 'n deel van
Noord-Amerika is wat ek regtig diep liefhet, dan
is dit New England. Dis daar waar jy die beste blare
in die herfs kan sien. Dis daar waar die White Mountains
en die Green Mountains (Vermont) is. Dis daar waar
Mount Washington is ( wat jy met jou kar kan opry,
tensy jy nou getroud is met my, want ek het net gesê
oor my dooie liggaam) en wat jy ook kan opgaan met
'n klein tand-treintjie van daardie soort wat hulle in
Switserland het, en wat ons toe uiteindelik gedoen het.
So hoe's daai nou vir van 'n punt afdwaal,
Ellie?

Gloudina
Re: Michael Caine [boodskap #84621 is 'n antwoord op boodskap #84605] So, 28 September 2003 18:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
MoerFie  is tans af-lyn  MoerFie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Volle Lid
Hy het nou nie juis 'n oortuigende F.W. de Klerk in daai moewie gespeel nie

"Jonas" skryf in boodskap news:bl6h4g$l1s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gisteraand het Parkinson op BBC 'n baie goeie onderhoud met Caine gehad -
> een van die meer interessante karakters wat op die verhoog is. Moontlik is
> daar 'n heruitsending - kyk gerus.
>
Re: Michael Caine [boodskap #84627 is 'n antwoord op boodskap #84621] Ma, 29 September 2003 02:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit nie gesien nie, want ek wou dit nie kyk nie - en, ek kyk nie juis
meer moewies nie.

"MoerFie" skryf in boodskap news:bl791r$54e$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hy het nou nie juis 'n oortuigende F.W. de Klerk in daai moewie gespeel nie
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bl6h4g$l1s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Gisteraand het Parkinson op BBC 'n baie goeie onderhoud met Caine gehad -
>> een van die meer interessante karakters wat op die verhoog is. Moontlik is
>> daar 'n heruitsending - kyk gerus.
>>
>
Re: Michael Caine [boodskap #84738 is 'n antwoord op boodskap #84605] Di, 30 September 2003 17:54 Na vorige boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
You only had to blow the bloody doors off!

Shorten the sleeves love - I am not a gorilla.

Hold on lads - I have an idea.

Finaal Jonas - iets waar oor ons kan saam stem.

Namaqua

"Jonas" skryf in boodskap news:bl6h4g$l1s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gisteraand het Parkinson op BBC 'n baie goeie onderhoud met Caine gehad -
> een van die meer interessante karakters wat op die verhoog is. Moontlik is
> daar 'n heruitsending - kyk gerus.
>
Vorige onderwerp: Nare skok
Volgende onderwerp: ??????????
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 23:40:58 MGT 2024