Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bristol Granta Afrikana
Bristol Granta Afrikana [boodskap #83229] Wo, 03 September 2003 00:13 na volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Massive Attack in Bristol
Te veel bier en
op die sidewalk is daar Granta
met prentjies van Suid Afrika
en skielik besef ek
ek haat die queen meer as PW
(PW was classic, nie a klassis nie)

Afrikana
wat eerlike dog godsdienstig is
wat stadig maar seker identiteit verloor

maar saam met die baba
word die drinkwater uitgegooi

soos PJ Nienhaber
en die ou in die vrystaat wie se kinners
sulke kort broeke dra
Ons almal praat afrikaans
maar ons is nie almal afrikaners nie
as a matter of fact
die laaste afrikaner is seker dood gebore
erns in die winter op die groot trek

Is ET nog in die tronk?
Wat het van Anton en Conrad geword?
Is Ryk Hatting al terug?

My kop is tog so seer
my vrou wil my galblaas laat uithaal
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83232 is 'n antwoord op boodskap #83229] Wo, 03 September 2003 01:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hello Reisiger, bly jy kon inloer :-))

"bliksim wit" skryf in boodskap news:pan.2003.09.03.00.13.17.998593@openauth.co.uk...
> Massive Attack in Bristol
> Te veel bier en
> op die sidewalk is daar Granta
> met prentjies van Suid Afrika
> en skielik besef ek
> ek haat die queen meer as PW
> (PW was classic, nie a klassis nie)
>
> Afrikana
> wat eerlike dog godsdienstig is
> wat stadig maar seker identiteit verloor
>
> maar saam met die baba
> word die drinkwater uitgegooi
>
> soos PJ Nienhaber
> en die ou in die vrystaat wie se kinners
> sulke kort broeke dra
> Ons almal praat afrikaans
> maar ons is nie almal afrikaners nie
> as a matter of fact
> die laaste afrikaner is seker dood gebore
> erns in die winter op die groot trek
>
> Is ET nog in die tronk?
> Wat het van Anton en Conrad geword?
> Is Ryk Hatting al terug?
>
> My kop is tog so seer
> my vrou wil my galblaas laat uithaal
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83234 is 'n antwoord op boodskap #83229] Wo, 03 September 2003 02:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

> soos PJ Nienhaber

Is PJ Nienaber se naam hier met opset
verkeerd gespel? En hoekom het jy
besluit om PJ Nienaber se naam in jou
digkuns te verewig? Die oninteressantste
een van die drie broers. Hoekom nie
liewer Gawie, wat later meer oor die
Koesan as oor Afrikaans geskryf het
nie. Of Stoffel, wie se eerste vrou deur
NP van Wyk Louw van hom afgevry
is.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83235 is 'n antwoord op boodskap #83234] Wo, 03 September 2003 03:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Oom Gawie het 'n storie vertel toe hy as student in Nederland studeer het.
Op 'n staptog het hulle by 'n restaurant gestop vir lafenis. Die plekkie se
naam was iets soos "het Grootte berg ..."
Oom Gawe sou die kelner gevra het - "waar is het grootte berg..." Die kelner
het gesê: "Mijn God, mijnheer, jy sit op het ..."
"@rogers.com" wrote in message
news:ifc5b.143050$_V.61534@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> bliksim wit wrote
>
>> soos PJ Nienhaber
>
> Is PJ Nienaber se naam hier met opset
> verkeerd gespel? En hoekom het jy
> besluit om PJ Nienaber se naam in jou
> digkuns te verewig? Die oninteressantste
> een van die drie broers. Hoekom nie
> liewer Gawie, wat later meer oor die
> Koesan as oor Afrikaans geskryf het
> nie. Of Stoffel, wie se eerste vrou deur
> NP van Wyk Louw van hom afgevry
> is.
>
> Penkop van die Derde Republiek
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83270 is 'n antwoord op boodskap #83235] Wo, 03 September 2003 23:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
:-))))

"Jonas" skryf in boodskap news:bj3n5o$li4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Oom Gawie het 'n storie vertel toe hy as student in Nederland studeer het.
> Op 'n staptog het hulle by 'n restaurant gestop vir lafenis. Die plekkie se
> naam was iets soos "het Grootte berg ..."
> Oom Gawe sou die kelner gevra het - "waar is het grootte berg..." Die kelner
> het gesê: "Mijn God, mijnheer, jy sit op het ..."
> "@rogers.com" wrote in message
> news:ifc5b.143050$_V.61534@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> bliksim wit wrote
>>
>>> soos PJ Nienhaber
>>
>> Is PJ Nienaber se naam hier met opset
>> verkeerd gespel? En hoekom het jy
>> besluit om PJ Nienaber se naam in jou
>> digkuns te verewig? Die oninteressantste
>> een van die drie broers. Hoekom nie
>> liewer Gawie, wat later meer oor die
>> Koesan as oor Afrikaans geskryf het
>> nie. Of Stoffel, wie se eerste vrou deur
>> NP van Wyk Louw van hom afgevry
>> is.
>>
>> Penkop van die Derde Republiek
>>
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83338 is 'n antwoord op boodskap #83229] Vr, 05 September 2003 00:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Bristol is 'n/DIE hawe stad. Die feit dat jy as "flotsam" daar opgepoel het
en dan jou oomblikkie daar gekry het -nou DIT is ironies.

Ons (diegene wat glo in 'n ons) definieer ons self, sedert toeka se dae, nie
oor wat ons is - soseer as wat ons NIE is nie.

Hendrik Bibaullt se uitroep "Ik ben een Afrikaander" kan ook geinterpreteer
word as 'n stelling dat hy nie homself Europees gevoel het nie.

'n Alternatiewe teorie beweer dat in Paarl destyds, soos in Stellenbosch in
die hede, dat sulke luide uitroepe gewoonlik vooraf gegaan is met die inname
van groot hoeveelhede Tassies vroeer in die aand. Slegs 'n teorie wat nie op
die stadium bevestig kan word nie, weens die feit dat alle betrokke partye
ontslape is.

In tussen, of sedert dien, kan ons nog nie saam stem oor wat en wie ons
is/wil wees nie. Afrikaner, afrikaan, afrikaans sprekende, Boer of daai
vreemde Botha-isme die wit AngloBoere nasie.

Hierdie onvermoe van die Afrikaaner om sigself te kan defineer is ironies
genoeg een van die Afrikaner se definieerende karaktertrekke.

Die ander groot karaktertrek is die onvermoe om saam te stem , of te wel
dwarstrekery - soos die opvolgende reaksies op die beriggies bewys.

Eddie von Maltitz; Ficksburg boer, Boer, Sotho spreker en meester in
Oosterse gevegskuns is die "vrystaat ou wie se kinners sulke kort broeke
dra". Sy seuns dra blykbaar die "moffie-broekies" sodat hulle beter kan
skop, in elk geval dis hoe hy ding vir Louis Theroux verduidelik het.

Eddie is deesdae klaarblyklik meer behep met die 300 vliegtuie per uur wat
bo oor sy plaas vlieg en die reen weg jaag met elektroniese middels!

Dit plaas dalk van sy vorige eskapades in konteks. Om nie te praat van die
druk wat al die vliegtuie bo sy plaas moet plaas op die arme lugverkeer
personeel nie.

"Stadig maar seker identiteit verloor"

Aanvegbare punt - die krisis van oorlewing - 'n plekkie in die son, die
stryd om voort te bestaan - daai ou eksistensieele krisis - is een van die
ander definieerende karaktertrekke wat ons sedert die dae voor die Trek saam
bind.

Die swart gevaar, die Engelse gevaar, die Rooi gevaar en terug by die swart
gevaar(werklik of persepsie), om nie eers te praat van die nuwe gevaar van
verswelging in die volsvreemde nie - die krisis was nog altyd dieselfde -
oorlewing van die ONS teen 'n oormag en gewisse uitwissing (werklik of
persepsie) wat ons almal saam in die selfde laer ingedwing het.

"Wat het van Anton en Conrad geword?" Kannemeyer is in die akademia - was
nog altyd sal tien teen een daar bly, die werklike vraag is wat het van Al
Debbo geword!

--Your culture will adapt to serve as ours.

--Prepare to be assimilated - resistance is futile.

En dan, snaaks genoeg, baklei hulle altyd terug nie waar nie?

Dit is noodwendig.

Dit is oorlewewing.

Es muss sein. Es muss sein.

BTW 'n penkop was 'n laaitie wie se taak dit was om die gesneuwelde vyande
se lyke te besteel nie waar nie?

"bliksim wit" skryf in boodskap news:pan.2003.09.03.00.13.17.998593@openauth.co.uk...
> Massive Attack in Bristol
> Te veel bier en
> op die sidewalk is daar Granta
> met prentjies van Suid Afrika
> en skielik besef ek
> ek haat die queen meer as PW
> (PW was classic, nie a klassis nie)
>
> Afrikana
> wat eerlike dog godsdienstig is
> wat stadig maar seker identiteit verloor
>
> maar saam met die baba
> word die drinkwater uitgegooi
>
> soos PJ Nienhaber
> en die ou in die vrystaat wie se kinners
> sulke kort broeke dra
> Ons almal praat afrikaans
> maar ons is nie almal afrikaners nie
> as a matter of fact
> die laaste afrikaner is seker dood gebore
> erns in die winter op die groot trek
>
> Is ET nog in die tronk?
> Wat het van Anton en Conrad geword?
> Is Ryk Hatting al terug?
>
> My kop is tog so seer
> my vrou wil my galblaas laat uithaal
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83340 is 'n antwoord op boodskap #83338] Vr, 05 September 2003 01:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote

> Hierdie onvermoe van die Afrikaaner om sigself te kan defineer is ironies
> genoeg een van die Afrikaner se definieerende karaktertrekke

Is die aanname "onvermoë van die Afrikaner om homself te kan definieer"
nie 'n foutiewe siening van die werklikheid nie? Is die fascistiese
voorwaarde
dat groepe hulself moet kan definieer, nie 'n dwingelandy waarin die
Afrikaner weier om gevang te word nie? Die onlangs afgelope periode
waar 'n sekere kliek die Afrikaner in 'n hokkie wou dryf en vereis dat
almal dieselfde dink en doen, het katastrofiese gevolge gehad. En dié
mense wat nou pessimisties die Afrikaner opgee as verlore, juis omdat
hy nie meer wil inpas in die prentjie wat die "Nasionaliste" geskep het
nie, kan maar hulle wonde sit en lek. Die wonde is hulle s'n, nie die
Afrikaner s'n nie.

Penkop 1
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83341 is 'n antwoord op boodskap #83338] Vr, 05 September 2003 01:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote

> Eddie von Maltitz; Ficksburg boer, Boer, Sotho spreker en meester in
> Oosterse gevegskuns is die "vrystaat ou wie se kinners sulke kort broeke
> dra". Sy seuns dra blykbaar die "moffie-broekies" sodat hulle beter kan
> skop, in elk geval dis hoe hy ding vir Louis Theroux verduidelik het.
>
> Eddie is deesdae klaarblyklik meer behep met die 300 vliegtuie per uur wat
> bo oor sy plaas vlieg en die reen weg jaag met elektroniese middels!

Ek is vreeslik geinteresseerd in wat jy hierbo sê.
Ek het 'n seun wat 'n paar jaar gelede getroud is
met 'n Suid-Afrikaanse meisie van Natal. Maar
haar oupa en ouma se van is Von Maltitz, en hulle
bly ook op Ficksburg. Kan Eddie van dieselfde
familie wees? Wie is Louis Theroux? Jy praat nie
miskien van die reisverhaalskrywer Paul Theroux
nie?

Gloudina
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83342 is 'n antwoord op boodskap #83338] Vr, 05 September 2003 01:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote
>
Kannemeyer is in die akademia - was
> nog altyd sal tien teen een daar bly

Ek het 'n gevoel Kannemeyer het onlangs afgetree,
en lei nou kultuurgroepe rond na interessante plekke
in Kaapland. Ek kan Kannemeyer nie vergeef nie.
Na die lekker juicy biografie van Opperman, het hy
een van Langenhoven geskryf wat in die laaste
analise so boring is dat ek dit nie kan regkry om dit
dwarsdeur te lees nie. As jy ooit 'n kans kan kry,
lees sy boek "Wat het geword van Peter Blum -
Die speurtog na die Steppenwolf." Peter Blum het
mos ook uitgewyk na Engeland en is daar dood.

Gloudina
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83343 is 'n antwoord op boodskap #83338] Vr, 05 September 2003 01:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote

> BTW 'n penkop was 'n laaitie wie se taak dit was om die gesneuwelde vyande
> se lyke te besteel nie waar nie?

Onder andere.

Penkop 1
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83350 is 'n antwoord op boodskap #83338] Vr, 05 September 2003 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 05 Sep 2003 00:41:39 +0000, Namaqua wrote:

> Bristol is 'n/DIE hawe stad. Die feit dat jy as "flotsam" daar opgepoel
> het en dan jou oomblikkie daar gekry het -nou DIT is ironies.
>
> Ons (diegene wat glo in 'n ons) definieer ons self, sedert toeka se dae,
> nie oor wat ons is - soseer as wat ons NIE is nie. endrik Bibaullt se uitroep "Ik ben een Afrikaander" kan ook geinterpreteer
> word as 'n stelling dat hy nie homself Europees gevoel het nie.
>
> 'n Alternatiewe teorie beweer dat in Paarl destyds, soos in Stellenbosch
> in die hede, dat sulke luide uitroepe gewoonlik vooraf gegaan is met die
> inname van groot hoeveelhede Tassies vroeer in die aand. Slegs 'n teorie
> wat nie op die stadium bevestig kan word nie, weens die feit dat alle
> betrokke partye ontslape is.
>
> In tussen, of sedert dien, kan ons nog nie saam stem oor wat en wie ons
> is/wil wees nie. Afrikaner, afrikaan, afrikaans sprekende, Boer of daai
> vreemde Botha-isme die wit AngloBoere nasie.
>
> Hierdie onvermoe van die Afrikaaner om sigself te kan defineer is
> ironies genoeg een van die Afrikaner se definieerende karaktertrekke.
>
> Die ander groot karaktertrek is die onvermoe om saam te stem , of te wel
> dwarstrekery - soos die opvolgende reaksies op die beriggies bewys.
>
> Eddie von Maltitz; Ficksburg boer, Boer, Sotho spreker en meester in
> Oosterse gevegskuns is die "vrystaat ou wie se kinners sulke kort broeke
> dra". Sy seuns dra blykbaar die "moffie-broekies" sodat hulle beter kan
> skop, in elk geval dis hoe hy ding vir Louis Theroux verduidelik het.
>
> Eddie is deesdae klaarblyklik meer behep met die 300 vliegtuie per uur
> wat bo oor sy plaas vlieg en die reen weg jaag met elektroniese middels!

Ja, Bristol is amazing. Na die jare van hawe besigheid doen het die stad
in die intellektuele revolusie gesneuwel en homself weer ge-herbore as a
toeriste wonder. Die argitektuur is werklik uniek met baie art deco geboue
en a hele paar Londense maatskappye het vir hulself a paar gebou/gekoop.

Die opspoel was tydelik vir a masiewe aanval konsert.

O, en daar is heuwel in die stad so jan kan ry en sien waar jy ry.

So, jy het ook Eddie se ekskapadis gesien. Ja, die man herdefinieer die
woord "Afrikaner". A wonderlike Ambasadeur vir die volk.

Die boere/boerse identiteits krisis! Dit is ongelooflik hoe baie keer die
frase:" Jy kan afrikaans praat, maar is nie a afrikaner nie!"
rondgeslinger word. Wie is die deurwag by die afrikaner klub?

Penkop B
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83356 is 'n antwoord op boodskap #83341] Vr, 05 September 2003 10:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Louis Theroux is Paul Theroux se seun.

Hy is 'n joernalis/skrywer/omroeper wat bekendheid verwerf het vir 'n
televisie reeks/boek genaamd "Louis' weird weekend" en when "Louis
visited..."

Louis basies gaan woon saam met 'n persoon vir 'n naweek en laat hulle dan
hulself wees.

Sy styl is baie simpatiek sonder om kant te kies - hy laat mense hulself
wees, al kom dit "warts and all" aan die anderkant uit. Meeste van sy gaste
(en hulle nooi hom uit) is redelik eksentriek.

http://news.bbc.co.uk/1/hi/entertainment/tv_and_radio/148889 0.stm

Eddie von Maltitz is die stigter van die BWB (boere weerstands beweging) en
was die kerel wat tydens die onderhandelings so tien jaar terug die
pantserwa deur die glas deure van die World Trade Center in Kempton Park
gejaag het.

Ek skat hy is in sy laat veertigs vroeg vyftigs maar dis al wat ek weet van
hom. En die feit dat hy homself in die kop raak geslaan het met een of ander
oosterse implement tydens 'n oosterse gevegskuns demonstrasie op Dali Thambo
se program.

"@rogers.com" wrote in message
news:ZQR5b.163004$_V.142971@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Namaqua wrote
>
>> Eddie von Maltitz; Ficksburg boer, Boer, Sotho spreker en meester in
>> Oosterse gevegskuns is die "vrystaat ou wie se kinners sulke kort broeke
>> dra". Sy seuns dra blykbaar die "moffie-broekies" sodat hulle beter kan
>> skop, in elk geval dis hoe hy ding vir Louis Theroux verduidelik het.
>>
>> Eddie is deesdae klaarblyklik meer behep met die 300 vliegtuie per uur wat
>> bo oor sy plaas vlieg en die reen weg jaag met elektroniese middels!
>
> Ek is vreeslik geinteresseerd in wat jy hierbo sê.
> Ek het 'n seun wat 'n paar jaar gelede getroud is
> met 'n Suid-Afrikaanse meisie van Natal. Maar
> haar oupa en ouma se van is Von Maltitz, en hulle
> bly ook op Ficksburg. Kan Eddie van dieselfde
> familie wees? Wie is Louis Theroux? Jy praat nie
> miskien van die reisverhaalskrywer Paul Theroux
> nie?
>
> Gloudina
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83357 is 'n antwoord op boodskap #83342] Vr, 05 September 2003 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Interesant maar nie DIE Kannemeyer nie.

Bliksem wit het geskryf "Wat het van Anton en Conrad geword?"

Dis nou Conrad Botes and Anton Kannemeyer of te wel BitterKomix. So toe ek
na Kannemeyer verwys het het ek 'n sekere verwysingsraamwerk aangeneem.

Verskoning ;-)

"@rogers.com" wrote in message
news:oZR5b.163099$_V.139888@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Namaqua wrote
>>
> Kannemeyer is in die akademia - was
>> nog altyd sal tien teen een daar bly
>
> Ek het 'n gevoel Kannemeyer het onlangs afgetree,
> en lei nou kultuurgroepe rond na interessante plekke
> in Kaapland. Ek kan Kannemeyer nie vergeef nie.
> Na die lekker juicy biografie van Opperman, het hy
> een van Langenhoven geskryf wat in die laaste
> analise so boring is dat ek dit nie kan regkry om dit
> dwarsdeur te lees nie. As jy ooit 'n kans kan kry,
> lees sy boek "Wat het geword van Peter Blum -
> Die speurtog na die Steppenwolf." Peter Blum het
> mos ook uitgewyk na Engeland en is daar dood.
>
> Gloudina
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83358 is 'n antwoord op boodskap #83340] Vr, 05 September 2003 10:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het ook gese "Ons (diegene wat glo in 'n ons) definieer ons self, sedert
toeka se dae, nie
oor wat ons is - soseer as wat ons NIE is nie."

"@rogers.com" wrote in message
news:uGR5b.162882$_V.22553@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> Namaqua wrote
>
>> Hierdie onvermoe van die Afrikaaner om sigself te kan defineer is ironies
>> genoeg een van die Afrikaner se definieerende karaktertrekke
>
> Is die aanname "onvermoë van die Afrikaner om homself te kan definieer"
> nie 'n foutiewe siening van die werklikheid nie? Is die fascistiese
> voorwaarde
> dat groepe hulself moet kan definieer, nie 'n dwingelandy waarin die
> Afrikaner weier om gevang te word nie? Die onlangs afgelope periode
> waar 'n sekere kliek die Afrikaner in 'n hokkie wou dryf en vereis dat
> almal dieselfde dink en doen, het katastrofiese gevolge gehad. En dié
> mense wat nou pessimisties die Afrikaner opgee as verlore, juis omdat
> hy nie meer wil inpas in die prentjie wat die "Nasionaliste" geskep het
> nie, kan maar hulle wonde sit en lek. Die wonde is hulle s'n, nie die
> Afrikaner s'n nie.
>
> Penkop 1
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83359 is 'n antwoord op boodskap #83350] Vr, 05 September 2003 10:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote >

Wie is die deurwag by die afrikaner klub?
>
> Penkop B

Goeie werk, Penkop B.

Penkop A
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83360 is 'n antwoord op boodskap #83342] Vr, 05 September 2003 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Peter Blum is 'n interesante punt oor die hele debat oor wat/wie is 'n
Afrikaner.

Die ou geforseerde criteria van Christelik, Nasionaal en Afrikaans kon nie
op hom as Joods Oostenrykse immigrant toegepas word nie.

Hy het die kultuur susksevol aangkleef en ryklik tot die kultuurskat
begedra.

Hy het ge-KIES om Afrikaner te wees - En tog het hy onwelkom gevoel - tot
die punt dat hy die land en die taal verlaat het.

"@rogers.com" wrote in message
news:oZR5b.163099$_V.139888@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Namaqua wrote
>>
> Kannemeyer is in die akademia - was
>> nog altyd sal tien teen een daar bly
>
> Ek het 'n gevoel Kannemeyer het onlangs afgetree,
> en lei nou kultuurgroepe rond na interessante plekke
> in Kaapland. Ek kan Kannemeyer nie vergeef nie.
> Na die lekker juicy biografie van Opperman, het hy
> een van Langenhoven geskryf wat in die laaste
> analise so boring is dat ek dit nie kan regkry om dit
> dwarsdeur te lees nie. As jy ooit 'n kans kan kry,
> lees sy boek "Wat het geword van Peter Blum -
> Die speurtog na die Steppenwolf." Peter Blum het
> mos ook uitgewyk na Engeland en is daar dood.
>
> Gloudina
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83361 is 'n antwoord op boodskap #83356] Vr, 05 September 2003 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote

> Eddie von Maltitz is die stigter van die BWB (boere weerstands beweging) en
> was die kerel wat tydens die onderhandelings so tien jaar terug die
> pantserwa deur die glas deure van die World Trade Center in Kempton Park
> gejaag het.

Wel, ek sal eenvoudig net 'n paar vragies moet vra wanneer
ek my skoondogter sien as hulle uit San Jose opkom vir
die Kanadese Thanksgiving. Ja, ek onthou daardie deure
van die World Trade Center, toe ons daar gaan luister het.

Gloudina
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83362 is 'n antwoord op boodskap #83229] Vr, 05 September 2003 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"ek haat die queen meer as PW"

Voel jy as 'n "Boetie in die volksvreemde" jouself nog vis nog vlees?

Is die Afrikaner identeits krisis nie eenvoudig die individu se krisis van
identiteit nie?

"bliksim wit" skryf in boodskap news:pan.2003.09.03.00.13.17.998593@openauth.co.uk...
> Massive Attack in Bristol
> Te veel bier en
> op die sidewalk is daar Granta
> met prentjies van Suid Afrika
> en skielik besef ek
> ek haat die queen meer as PW
> (PW was classic, nie a klassis nie)
>
> Afrikana
> wat eerlike dog godsdienstig is
> wat stadig maar seker identiteit verloor
>
> maar saam met die baba
> word die drinkwater uitgegooi
>
> soos PJ Nienhaber
> en die ou in die vrystaat wie se kinners
> sulke kort broeke dra
> Ons almal praat afrikaans
> maar ons is nie almal afrikaners nie
> as a matter of fact
> die laaste afrikaner is seker dood gebore
> erns in die winter op die groot trek
>
> Is ET nog in die tronk?
> Wat het van Anton en Conrad geword?
> Is Ryk Hatting al terug?
>
> My kop is tog so seer
> my vrou wil my galblaas laat uithaal
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83369 is 'n antwoord op boodskap #83360] Vr, 05 September 2003 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote
...
> Peter Blum is 'n interesante punt oor die hele debat oor wat/wie is 'n
> Afrikaner.
> Die ou geforseerde criteria van Christelik, Nasionaal en Afrikaans kon nie
> op hom as Joods Oostenrykse immigrant toegepas word nie.
> Hy het die kultuur susksevol aangkleef en ryklik tot die kultuurskat
> begedra.
> Hy het ge-KIES om Afrikaner te wees - En tog het hy onwelkom gevoel - tot
> die punt dat hy die land en die taal verlaat het.

Hy was veral verbitterd deur die feit dat sy aansoek om
Suid-Afrikaanse burgerskap nooit toegestaan is nie.
As mens Kannemeyer oor hom lees, kan mens alleen
maar aanneem dat hy deur die apartheidsregering met
suspisie bejeën was. Het hulle gedink hy was 'n
kommunis?

Gloudina
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83370 is 'n antwoord op boodskap #83362] Vr, 05 September 2003 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote

> "ek haat die queen meer as PW"
>
> Voel jy as 'n "Boetie in die volksvreemde" jouself nog vis nog vlees?
>
> Is die Afrikaner identeits krisis nie eenvoudig die individu se krisis van
> identiteit nie?

Ek dink Wit Bliksem het na die verkeerde land
ge-emigreer. Ek dink Engeland is bietjie te
provinsiaal. Daar is seker nog teveel van 'n
skeiding tussen die Engelse en mense wat
nie Engelse is nie. Dis iets wat jy nie so strak
hier in Kanada voel nie. Ek luister gereeld na
Engelse met Engelse aksente hier, en hulle
dra hulle Engelsheid saam met hulle - 'n
effense onsekerheid, 'n effense hooghartigheid,
'n sekere soort apartheid, wat mens nie by
ander immigrante vind nie. En ek neem aan dat
immigrante uit ander lande in Engeland dieselfde
gevoel kry dat hy nooit werklik 'n Engelsman
sal kan word nie. Hier in Kanada voel ek nie
so nie. Ek is, met my Afrikaansheid en al, ook
volledig Kanadees.

Gloudina
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83374 is 'n antwoord op boodskap #83370] Vr, 05 September 2003 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soos bliksem wit is ek self hier in Engeland en voel my self goed ingeburger
en aanvaar in die plaaslike gemeenskap.

Ek voel myself Brits nie Engels nie.

My bure is 'n mengelmoes van herkomste, meestal Engels en oud kolonies.
Britanje is deesdae net soveel 'n produk van immigrasie as wat die nuwe
wereld lande is.

Ek moet se ek ervaar die Engelse nie so nie - wel nie hier nie.

Ek het die beskryfde karaktertrekke al heelwat tee gekom , maar oorsee - dis
meer 'n "Brit abroad" sindroom.

Gloudina se tereg dat dit 'n produk van onsekerheid is.

Mense het ook vir my gese dat hulle Afrikaaners presies so ervaar - effens
onseker, efens hooghartig en met so titseltjie apartheid.

Wat dit bliksem wit aan gaan - ek dink nie soseer dat dit die land is waar
heen hy geimmigreer het as sy algemene gevoel van ontworteling nie.

"@rogers.com" wrote in message
news:1K%5b.383931$4UE.361094@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Namaqua wrote
>
>> "ek haat die queen meer as PW"
>>
>> Voel jy as 'n "Boetie in die volksvreemde" jouself nog vis nog vlees?
>>
>> Is die Afrikaner identeits krisis nie eenvoudig die individu se krisis van
>> identiteit nie?
>
> Ek dink Wit Bliksem het na die verkeerde land
> ge-emigreer. Ek dink Engeland is bietjie te
> provinsiaal. Daar is seker nog teveel van 'n
> skeiding tussen die Engelse en mense wat
> nie Engelse is nie. Dis iets wat jy nie so strak
> hier in Kanada voel nie. Ek luister gereeld na
> Engelse met Engelse aksente hier, en hulle
> dra hulle Engelsheid saam met hulle - 'n
> effense onsekerheid, 'n effense hooghartigheid,
> 'n sekere soort apartheid, wat mens nie by
> ander immigrante vind nie. En ek neem aan dat
> immigrante uit ander lande in Engeland dieselfde
> gevoel kry dat hy nooit werklik 'n Engelsman
> sal kan word nie. Hier in Kanada voel ek nie
> so nie. Ek is, met my Afrikaansheid en al, ook
> volledig Kanadees.
>
> Gloudina
>
die wit Anglo-Boere nasie [boodskap #83375 is 'n antwoord op boodskap #83338] Vr, 05 September 2003 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote
> In tussen, of sedert dien, kan ons nog nie saam stem oor wat en wie ons
> is/wil wees nie. Afrikaner, afrikaan, afrikaans sprekende, Boer of daai
> vreemde Botha-isme die wit AngloBoere nasie.

Is dit P.W. Botha wat hierdie frase geskep het?
Dit is omtrent op die kol. Daar is binne sogenaamde
Afrikaner-geledere 'n duidelike groep mense, wat
hulle juis die "Boerenasie" noem, maar wat duidelik
gebore is uit die Anglo-Boereoorlog, en wat, sonder
dat hulle dit merk, eintlik meer met die Engelse
gemeen het as die mense in die res van die land.

Gloudina
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #83594 is 'n antwoord op boodskap #83229] Di, 09 September 2003 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bliksim wit wrote

> en die ou in die vrystaat wie se kinners
> sulke kort broeke dra
> Ons almal praat afrikaans
> maar ons is nie almal afrikaners nie

As gevolg van hierdie vraag weet ek nou
dat ek een van dié ou se susters al hier
in Ottawa ontmoet het. Sy susterskind,
wat met my seun getroud is, vertel vir
my dat hy, toe hulle kinders was, altyd
vermaan het om hulle pap te eet, omdat
dit hulle sterk sal maak. Dié susterskind
se pa was 'n Engels-sprekende Suid-
Afrikaner en die kinders het Engels
grootgeword. Watter gesplete familie-
persoonlikhede kry jy onder die
Afrikaners. Ek kyk soms na my vier
kinders en dink so by myself, al is
hulle nou sulke Kanadese deur en deur,
daar vloei eintlik net suiwer Afrikaner-
bloed in hulle are.

Gloudina
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #84611 is 'n antwoord op boodskap #83594] So, 28 September 2003 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> bliksim wit wrote

As jy nog die nuusgroep lees, wat beteken
die "Granta" in die opskrif?

Gloudina
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #84622 is 'n antwoord op boodskap #84611] So, 28 September 2003 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:MYBdb.144459$Lnr1.85889@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
>> bliksim wit wrote
>
> As jy nog die nuusgroep lees, wat beteken
> die "Granta" in die opskrif?
>
> Gloudina
>

Die Granta is 'n takrivier van die rivier wat deur Cambridge vloei. Aan die
einde van die 19e eeu het 'n groep studente van daar 'n literere tydskrif
met die naam begin, wat toe gegroei en uitgebrei het.

Lorinda
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #84737 is 'n antwoord op boodskap #84611] Di, 30 September 2003 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Granta - letterkndige tydskrif

namaqua

"@rogers.com" wrote in message
news:MYBdb.144459$Lnr1.85889@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
>> bliksim wit wrote
>
> As jy nog die nuusgroep lees, wat beteken
> die "Granta" in die opskrif?
>
> Gloudina
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #84748 is 'n antwoord op boodskap #84622] Di, 30 September 2003 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote

> Die Granta is 'n takrivier van die rivier wat deur Cambridge vloei. Aan die
> einde van die 19e eeu het 'n groep studente van daar 'n literere tydskrif
> met die naam begin, wat toe gegroei en uitgebrei het.

Dankie vir die inligting. Dis mos die Cam wat deur
Cambridge vloei, nê? Wat is nou weer die een wat
deur Oxford vloei?

Gloudina
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #84749 is 'n antwoord op boodskap #84748] Di, 30 September 2003 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:zYkeb.52590$3r1.17128@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> Dankie vir die inligting. Dis mos die Cam wat deur
> Cambridge vloei, nê? Wat is nou weer die een wat
> deur Oxford vloei?
>
> Gloudina
>

Dis reg, dis die Cam wat deur Cambridge vloei. In Oxford is dit die Thames,
so mens kan van Londen na Oxford vaar as jy 'n boot liefhebber is.

Lorinda
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #84750 is 'n antwoord op boodskap #84749] Di, 30 September 2003 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het eens op 'n tyd punting gedoen op 'n rivier in Oxford...
Annette

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f79e031_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:zYkeb.52590$3r1.17128@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> Dankie vir die inligting. Dis mos die Cam wat deur
>> Cambridge vloei, nê? Wat is nou weer die een wat
>> deur Oxford vloei?
>>
>> Gloudina
>>
>
> Dis reg, dis die Cam wat deur Cambridge vloei. In Oxford is dit die Thames,
> so mens kan van Londen na Oxford vaar as jy 'n boot liefhebber is.
>
> Lorinda
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #84752 is 'n antwoord op boodskap #84749] Di, 30 September 2003 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ons nou nie die Aire vergeet wat deur deepest darkest yorkshire vloei
nie.

Ongelukkig is daar slegs 'n radio stasie na die Aire vernoem, Granta het sig
self 'n naam genoot gevind in 'n letterkundige tydskrif.

Wat ek liewer wil weet is van Bliksem Wit aka Penkop B is wat 'n
letterkunde tydskrif gemaak het in die 'gutter' in Bristol.

Lyk my 'n mens kry 'n meer wel beleese tipe boemelaar daar.

Soos Oscar Wilde gese het "we are all in the gutter, but some of us are
looking at the stars"?

Namaqua

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f79e031_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:zYkeb.52590$3r1.17128@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> Dankie vir die inligting. Dis mos die Cam wat deur
>> Cambridge vloei, nê? Wat is nou weer die een wat
>> deur Oxford vloei?
>>
>> Gloudina
>>
>
> Dis reg, dis die Cam wat deur Cambridge vloei. In Oxford is dit die Thames,
> so mens kan van Londen na Oxford vaar as jy 'n boot liefhebber is.
>
> Lorinda
>
Re: Bristol Granta Afrikana [boodskap #84755 is 'n antwoord op boodskap #84752] Wo, 01 Oktober 2003 01:43 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Namaqua" wrote

> Wat ek liewer wil weet is van Bliksem Wit aka Penkop B is wat 'n
> letterkunde tydskrif gemaak het in die 'gutter' in Bristol.

Wel, Penkop B het duidelik talente wat ontwikkel moet
word, die bliksem. Miskien moet hy weer vrae begin
vra. Een van sy vorige vrae het vir my 'n geraamte in die
aangetroude familiekas laat ontdek.

Tant Hessie van Codesa en Ficksburg
Vorige onderwerp: Andries se modem
Volgende onderwerp: Waar's al die penkoppe?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 22:05:08 MGT 2024