Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede)
Re: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede) [boodskap #8326] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 03 Feb 97 10:12:11, lo...@hotmail.com wrote:

gedigte saamgaan. Dis nou soos 'n klomp rekenaar nerds vir die ander mense in[/color]
> die hysbak klink. >>>

Werklik goeie gedigte is waarskynlik elegante koppelinge van beelde en
begrippe wat dinamies uit hulle tyd groei.

Daarom het hulle die klank van waarheid.
Soms gryp hulle - die gedigte - jou nog voor jy hulle ten volle
verstaan.

Ek dink soms dit is omdat hulle in die eerste plek die beelde en
begrippe aanbied wat die essensie van hulle tyd die beste weergee.
En dan omdat hulle hierdie begrippe en beelde in aangrypende
konstruksies koppel.

En dit is 'n veel fassetige ding.

Werklik goeie digters (Dylan Thomas was waarskynlik een) het 'n amper
instinktiewe kennis van die beelde van hulle tyd en 'n uitstekende
gevoel van hoe hulle inmekaar moet pas.

Dan kan jy 'n gedig kry waarvan die digter bloot se: "dit het mooi
geklink en reg gevoel, niks ernstigs nie".

Maar wat sy tyd beter reflekteer as wat hy of sy besef.

Dan het 'n mens die soort uitsprake waarvan jy praat Lou.
Dis wat ek dink.
Daar is waarskynlik 'n paar honderd teoriee soos die daarbuite waarvan
die meeste waarskynlik meer sin maak as myne.

Dink nou net: TS Eliot skryf iewers in The Waste Land (dink ek) van
"....the parched divisarate soil gapes at the vanity of toil..."
en ook : "And I will show you something different from either
Your shadow at morning striding behind you
Or your shadow at evening rising to meet you
I will show you fear in a handfull of dust"

Ek het albei een keer gehoor as illustrasie vir 'n uitstekende fliek
oor besoedeling. Dit het die droogte dele geillustreer.

Die tweede aanhaling is ook al gebruik as 'n soort poetiese alarm vir
kernkrag en kernbomme.

Nou: TS Eliot het die glad nie so bedoel nie. 'n Mens moet maar net
The Waste Land bekyk om dit te sien. Maar dit het uitstekend gepas
waar dit aangewend is.
Dit is beelde en begrippe wat waarheid van ons tyd dra en ons herken
dit. En dit pas in so baie gate om ons.

Dis vir my so half 'n omgekeerde situasie as wat ek hierbo so swak
probeer uitdruk het.

Oor die "divisarate" : Kon dit nerens vanaand in 'n woordeboek kry
nie. Kon dit ook nie vinnig opspoor in Waste Land nie, maar ek weet
dis Eliot. Kan dalk in die Four Quartets ook wees.
Ek is dus nie seker van die spelling nie. Sorry.
(Lekker woord in elk geval)
Re: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede) [boodskap #8327 is 'n antwoord op boodskap #8326] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede) [boodskap #8375 is 'n antwoord op boodskap #8326] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 05 Feb 97 16:38:07, lo...@hotmail.com wrote:

soos jy so lief is om te sê - die Internet is vry en ek kan post wat ek wil -[/color]
> wie het in elk geval gevrek en jou moderator van die nuusgroep gemaak?
>
> Gaan lees bietjie jou oorspronklike post - laas daai hele ou storie in matriek
> gehoor met dieselfde nuanses (hmm groot woord, meneer sal impressed wees) van
> jy's stupid en ek (dis nou meneer die onderwyser) is reg - en was toe net so
> beindruk soos nou. Toe moes ek egter shutup en hoop vir 'n goeie punt - nou
> kan ek sê presies wat ek dink en dis dat dit sommer 'n pot stront is.>>>

Lou'tjie,
Jy is dan die een wat op Gloudina se pos geantwoord het (op
jou eie) deur te se jy het 'n onderhoud gehoor waarin die digter gese
het hy het nie die goed bedoel wat die onderhoudvoerder in sy gedig
lees nie.
Toe se: OK Lou. Ek glo jou. Dis 'n baie interresante ding die.
Ek stem saam. Ek dink meer kere as nie lees mense goed in gedigte wat
die skrywer nie daarin "geplaas" het nie.
En ek se toe hoekom ek dink dit so is.
Toe piepie jy jou onderbroek nat.
Nou, ek se: Jy het dan die gesprek begin. Hoekom raas jy met
my as ek die gesprek verder vat?
(Dis soos daai grap van die ou sonder die "jack" en die ander
ou met die nagrok aan!)
En as jy dieselfde argument op skool gehoor het, dankie. Ek
het nooit. Dis maar wat ek vir myself uitgefigure het. En ek het nie
goed gedoen op skool nie.
En nou kom jy met die ding van ek dink ek is 'n moderator of
iets??!!
Waarvan praat jy?
Ek mag tog sekerlik vir jou antwoord as jy eerste 'n reaksie
pos, sonder dat die ding van vryheid van spraak ter sprake kom?!
In elk geval, ek is bly vir jou part dat jy na al die jare jou
onderwyser in die openbaar kon uitkak. Ons het dit sommer op skool
gedoen.
Re: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede) [boodskap #8376 is 'n antwoord op boodskap #8326] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:
>
>
> onleding van
>> gedigte saamgaan. Dis nou soos 'n klomp rekenaar nerds vir die ander mense in
>> die hysbak klink. >>>
>
> Werklik goeie gedigte is waarskynlik elegante koppelinge van beelde en
> begrippe wat dinamies uit hulle tyd groei.
>
> Daarom het hulle die klank van waarheid.
> Soms gryp hulle - die gedigte - jou nog voor jy hulle ten volle
> verstaan.



Dankie meneer. Ek verstaan meneer (NIE!). Sal die ou spulletjie net so in die
eksamen aanhaal.

Cheers
Lou
Re: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede) [boodskap #8377 is 'n antwoord op boodskap #8326] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 05 Feb 97 13:08:07, lo...@hotmail.com wrote:

eksamen aanhaal.[/color]
>
> Cheers
> Lou>>>

Lou, hoekom praat jy dan oor die goed as jy niks werklik daaroor wil
sê of bespreek nie?
Re: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede) [boodskap #8402 is 'n antwoord op boodskap #8326] Do, 06 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 06 Feb 97 08:43:14, lo...@hotmail.com wrote:

>>>> Ja, ja - maar in dieselfde trant as 'Wat jy dus eintlik wou gesê het was ...'
> en toe jou storie. Jy's vry om dit te doen en ek is vry om op jou kop te
> dinges daaroor as ek wil.>>>

Jy het dit daarin gelees. Ek het dit nie daarin gesit nie.
Illustreer dalk die punt.

>>

Onder meer, ja.
Re: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede) [boodskap #8403 is 'n antwoord op boodskap #8326] Do, 06 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:


> Lou'tjie,
> Jy is dan die een wat op Gloudina se pos geantwoord het (op
> jou eie) deur te se jy het 'n onderhoud gehoor waarin die digter gese
> het hy het nie die goed bedoel wat die onderhoudvoerder in sy gedig
> lees nie.

Hmm nie gesê 'die' bedoelende Gloudina se digter nie, maar '''n' digter - jy
weet sonder om nou spesifiek te gaan staan en raak oor wie die digter dan is.

> Toe se: OK Lou. Ek glo jou. Dis 'n baie interresante ding die.
> Ek stem saam. Ek dink meer kere as nie lees mense goed in gedigte wat
> die skrywer nie daarin "geplaas" het nie.
> En ek se toe hoekom ek dink dit so is.

Ja, ja - maar in dieselfde trant as 'Wat jy dus eintlik wou gesê het was ...'
en toe jou storie. Jy's vry om dit te doen en ek is vry om op jou kop te
dinges daaroor as ek wil.


> In elk geval, ek is bly vir jou part dat jy na al die jare jou
> onderwyser in die openbaar kon uitkak. Ons het dit sommer op skool
> gedoen.

Seker die wat jy so bietjie gesukkel het op skool ne? :)

Cheers
Lou
Vorige onderwerp: I love you - in African languages
Volgende onderwerp: Re: TAALNUUS 2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 16:59:54 MGT 2024