Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die gevaar
Re: Die gevaar [boodskap #8364] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
xfi...@xs4all.nl says...
>
> Something wicked this way comes en dis jy Leendert.
> Jy verdraai en vervals.
> Ek vir een sal jou pos nie meer lees nie, Ek hoop jou base lees dit wel en
> onthef jou direk van al jou take. Jy is deur en deur sleg.
> Xfiles.

Asseblief, Xfiles, moenie sulke dinge sê nie.
Ek is dankbaar dat Leendert op die nuusgroep is,
dankbaar vir die "argumente" tussen hom en Koos,
dankbaar dat Lou nou en dan inspring en vir ons
almal regwys. Uit so 'n oop soort gesprek vind ek
brokkies informasie oor wat in die huidige SA aan-
gaan, wat ek op geen ander manier kan kry nie. Dis
hierdie soort oop gesprekke wat ek dink in die jare
van apartheid nie gevoer is nie. Die enkele kere wat
ek in SA was gedurende die tyd, het my ongetwyfeld
diep Christelike Afrikaanse vriende weggeskram van
dinge met my te bespreek. Hulle was duidelik bang.
Iets wat my oortuig het dat SA 'n fascistiese staat ge-
word het. Iets wat ek dink SA op die oomblik nie is
nie. Of dit een gaan word, sal ons nog moet sien.
Ek is geinteresseerd in 'n gedagtewisseling oor
"ikone." Ook oor die "demonisering" of "reifikasie"
van ikone. Ons vat nou maar die voorbeeld van Biko.
Leendert sê self dat die persepsie van die man in die
straat oor wat met Biko gebeur het, een van die redes
was dat die ou bedeling ineengestort is. Biko het dus
ikoon geword. Nie net in SA nie. Deur die konserte
teen apartheid in London, deur Peter Gabriel se lied,
het daardie ikoon voete gekry. Dom, dom regering wat
die teelaarde geskep het vir so 'n ikoon om te ontstaan,
en dan voete te kry. Dis een van die dinge waaroor ek
die meeste skaam is. Nie die wreedheid van die ou
regering se beleide nie, maar hulle domheid. HULLE
DOMHEID. Ek probeer somtyds myself oortuig dat
hulle 'n bende Afrikaners en ver-regse koloniale
Engelse was, gemanipuleer deur die CIA. Maar niks
neem my woede weg teen hulle nie. Hulle het iets van
my gesteel: die goeie naam van die Afrikaner.
Leendert is natuurlik nie die eerste persoon wat die
ikoon Biko wou demoniseer, of de-reifeer nie. Erens het
ek gelees van 'n swart vrou wat 'n verhouding met hom
gehad het, en wat vertel het dat hy bietjie van 'n ladies-
man was. So selfs in die swart gemeenskap gaan die proses
aan. Dis 'n nuttige proses wat moet aangaan. Maar 'n mens
moet altyd, op amper wetenskaplike manier, kennis neem
van die kragwerking van die "ikoon", wat ook die werklik-
heid agter so 'n persoon is.

Gloudina Bouwer
Re: Die gevaar [boodskap #8366 is 'n antwoord op boodskap #8364] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
herman[2]  is tans af-lyn  herman[2]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
"xfiles" wrote:

> Something wicked this way comes en dis jy Leendert.
> Jy verdraai en vervals.
> Ek vir een sal jou pos nie meer lees nie, Ek hoop jou base lees dit wel en
> onthef jou direk van al jou take. Jy is deur en deur sleg.
> Xfiles.
sjoe, dis 'n erge comment. ongelukkig het ek die saak gemis waaroor
dit hier gaan. recap tog asb, ek is altyd in die bui vir 'n bietjie
konflik.
herman
Re: Die gevaar [boodskap #8367 is 'n antwoord op boodskap #8364] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Xfiles skryf:

> Something wicked this way comes en dis jy Leendert.
> Jy verdraai en vervals.
> Ek vir een sal jou pos nie meer lees nie, Ek hoop jou base lees dit wel en
> onthef jou direk van al jou take. Jy is deur en deur sleg.

Mense wonder dikwels hoe die 'orde' van die outyd dit reg gekry het om
mense saam te sleep. Een manier was om mense te dreig: as jy nie met my
akkoord gaan nie, sal ek by jou baas kwaad steek. 'n Ander manier was om
mense sleg te sê sonder enige bewys. Die gevolg is dat baie mense die raad
van die drie apies gevolg het: sien, spreek en hoor geen kwaad nie.

Werk dit anders in die 'nuwe orde' - sê my tog.

Beste wense
At de Lange
Re: Die gevaar [boodskap #8370 is 'n antwoord op boodskap #8364] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Something wicked this way comes en dis jy Leendert.
Jy verdraai en vervals.
Ek vir een sal jou pos nie meer lees nie, Ek hoop jou base lees dit wel en
onthef jou direk van al jou take. Jy is deur en deur sleg.
Xfiles.
Re: Die gevaar [boodskap #8373 is 'n antwoord op boodskap #8364] Wo, 05 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article "xfiles" writes:
> From: "xfiles"
> Subject: Re: Die gevaar
> Date: 5 Feb 1997 00:14:40 GMT

> Something wicked this way comes en dis jy Leendert.
> Jy verdraai en vervals.

Bewyse sou beter wees as beweringe. Ek hoop nie xfiles beskou die stelling
hierbo as 'n fenomenologiese uitspraak nie.

> Ek vir een sal jou pos nie meer lees nie, Ek hoop jou base lees dit wel en
> onthef jou direk van al jou take. Jy is deur en deur sleg.

Ja, soos mense (insluitende swart joernaliste) al meermale gesê het. In die
NSA bestaan vryheid van spraak slegs as 'n mens met die nuwe regering saamstem.

Maar hier het 'n mens natuurlik weer 'n voorbeeld van die wonderlike
tolerantie van die tolerante 'Ollanners.

'n Toleransie wat net hou vir solank 'n mens met hulle vooroordele saamstem.

> Xfiles.

Jy hoef my boodskappe nie te lees nie, xfiles. Dit is jou goeie reg.

Groete, Leendert
Re: Die gevaar [boodskap #8396 is 'n antwoord op boodskap #8364] Do, 06 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Feb 1997 18:09:06 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
<<< Erens het
> ek gelees van ‘n swart vrou wat ‘n verhouding met hom
> gehad het, en wat vertel het dat hy bietjie van ‘n ladies-
> man was. >>

Waarskynlik die, wat is sy nou? - visie-kanselier of iets van UCT,
Ramphele (hoe spel 'n mens dit nou weer?) vrou.
Sy was Biko se minnares.

Daar was 'n baie groot fight (of is steeds) in 'n deel van die swart
intellektuele/politieke gemeenskap oor Biko.
Azapo - die draers van die swart bewussyn-vaandel vandag - eis hom
op terwyl 'n ander ANC-faksie (onder meer sy gewese minares) se sy
idees lei nie tot Azapo nie en hulle kan hom nie eis nie. Hulle eis
hom dus op.

Ek het toevallig een keer met een van die ANC-mense gepraat wat
destyds saam met Biko in die swart studente-beweging was. Ek het
hom gevra waar Biko vandag sou wees as hy nog geleef het.
Die persoon het gese by die ANC.
Die onstandighede en die mate van vertroue tussen ons was so dat
ek reken dit was sy eerlike mening. Maar 'n Azapo-mens sou dit
natuurlik ook gese het.
Intussen het ek mense teegekom en leer ken soms wat Biko as die
grootste invloed op hulle lewens beskryf. Hulle was jonk in die
jare sewentig.
Hulle is vandag non racial, non sexist ANC mense.
Maar dan, ek ken nie juis Azapo-mense nie.
Dis jammer Rykie van Reenen wat destyds by Rapport gewerk het, is
nie op die net nie (sy bly in die Kaap). Sover ek weet het sy hom
ontmoet en 'n onderhoud met hom gedoen. Sy sou seker iets oor hom
kon se.
Donald Woods het hom natuurlik ook geken.
Re: Die gevaar [boodskap #8397 is 'n antwoord op boodskap #8364] Do, 06 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 06 Feb 97 08:37:02, lo...@hotmail.com wrote:
<<<>Ek wil julle nie regwys nie ek wil julle verkeerd bewys ;) >>

Maar jy is 'n Noord-Transvaalse rugby-ondersteuner. Wat anders kan
'n mens verwag.,.....
Re: Die gevaar [boodskap #8399 is 'n antwoord op boodskap #8364] Do, 06 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
Luister Koos,

Jy het my al vele kere in die verlede beledig en uitgekryt vir al wat laag en
gemeen is, maar hier trek ek die streep. Moet nooit, ooit weer vir my
beskuldig dat ek 'n Noord Transvaal ondersteuner is nie. Nie tensy jy bereid
is om my dit van aangesig tot aangesig te se^ nie!

Jy kan 'n man se karakter vir ewig skaad. Ek, 'n Noord Transvaler? Ek laat nie
eers die kleur ligblou in my klerekas toe nie (behalwe vir onderbroeke - die
kan ek nat piepie.). Ek sal eerder vir die WP (Keel skoonmaak) skreeu voordat
ek enig iets goeds van Noord Transvaal (GHKKKKK!!) se^. Selfs as die All
Blacks (Spoeg) teen Noord Transvaal (Gob) speel sal dit 'n Tos Up wees vir wie
ek sal ondersteun.

As jy ooit weer so iets se^ sal ek jou voor Louis Luyt sleep as 'n Murdoch
spioen, Suzie op jou spoor sit (en dan sal jy kak ou boetie), jou as
Transvaals Duiksak voorstel, as Trap Oefening vir Kobus Wiese, jou vermom as
Foefol Markgraaf en tussen die Ellispark se skare los vir Nartjie/Bierblik
gooi oefening.

Ek eis dat jy voor die nuusgroep om verskoning vra anders sak ek gerugte
versprei dat jy vir die Afrikaner as skaduskrywer optree. Dat jy sasby in
'drag' is. Dat jy gesien is by die laaste vergadering van 'Anties vir Jaap
of Eugene as President'. Dat jy nie tegnollogie kan spel nie.

Cheers
Lou

PS:

Ons is Wit ons is Rooi
Ons gaan die ander Looi

Die stupid Natal
Trap ons op die bal
Ons gaan die sogenaamde blou bulle
Laat smag na pyn pille
Die hele Norwich WP
sal plek soek om te piepie
Die spul van die Vrystaat
Sal ons skop onder hulle gaat

Die Bekers is ons sin
Maak ons net goed die donner in
Dis net vir Natal geleen
Hierdie jaar vat ons elkeen

Ok Ok dis nie Van Wyk Louw, DF Malherbe of Eugene Marais nie maar die ou spul
nuwelinge - Ingrid Jonker en andere - kan maar gaan slaap!
Re: Die gevaar [boodskap #8421 is 'n antwoord op boodskap #8364] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 07 Feb 97 09:29:42, lo...@hotmail.com wrote:
<<<>Jy het my al vele kere in die verlede beledig en uitgekryt vir al wat laag en
> gemeen is, ....>>>>

He, he....

Ek sal op 4 Junie op Loftus wees - al stem ek met jou saam oor die
Blou Koeie.
Want dan speel die SWD teen die koeie.
Die SWD is die here se eie span.

My twee dogtertjies vra my lank reeds ek moet hulle na 'n
rugby-wedstryd toe vat.
Ek gaan hulle saamvat.

Hulle gaan vir my lag, ek weet.
Re: Die gevaar [boodskap #8423 is 'n antwoord op boodskap #8364] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

>
> On Thu, 06 Feb 97 08:37:02, lo...@hotmail.com wrote:
>
>
>
>
>
> Maar jy is 'n Noord-Transvaalse rugby-ondersteuner. Wat anders kan
> 'n mens verwag.,.....

Luister Koos,

Jy het my al vele kere in die verlede beledig en uitgekryt vir al wat laag en
gemeen is, maar hier trek ek die streep. Moet nooit, ooit weer vir my
beskuldig dat ek 'n Noord Transvaal ondersteuner is nie. Nie tensy jy bereid
is om my dit van aangesig tot aangesig te sê nie!

Jy kan 'n man se karakter vir ewig skaad. Ek, 'n Noord Transvaler? Ek laat nie
eers die kleur ligblou in my klerekas toe nie (behalwe vir onderbroeke - die
kan ek nat piepie.). Ek sal eerder vir die WP (Keel skoonmaak) skreeu voordat
ek enig iets goeds van Noord Transvaal (GHKKKKK!!) sê. Selfs as die All
Blacks (Spoeg) teen Noord Transvaal (Gob) speel sal dit 'n Tos Up wees vir wie
ek sal ondersteun.

As jy ooit weer so iets sê sal ek jou voor Louis Luyt sleep as 'n Murdoch
spioen, Suzie op jou spoor sit (en dan sal jy kak ou boetie), jou as
Transvaals Duiksak voorstel, as Trap Oefening vir Kobus Wiese, jou vermom as
Foefol Markgraaf en tussen die Ellispark se skare los vir Nartjie/Bierblik
gooi oefening.

Ek eis dat jy voor die nuusgroep om verskoning vra anders sak ek gerugte
versprei dat jy vir die Afrikaner as skaduskrywer optree. Dat jy sasby in
'drag' is. Dat jy gesien is by die laaste vergadering van 'Anties vir Jaap
of Eugene as President'. Dat jy nie tegnollogie kan spel nie.

Cheers
Lou

PS:

Ons is Wit ons is Rooi
Ons gaan die ander Looi

Die stupid Natal
Trap ons op die bal
Ons gaan die sogenaamde blou bulle
Laat smag na pyn pille
Die hele Norwich WP
sal plek soek om te piepie
Die spul van die Vrystaat
Sal ons skop onder hulle gaat

Die Bekers is ons sin
Maak ons net goed die donner in
Dis net vir Natal geleen
Hierdie jaar vat ons elkeen

Ok Ok dis nie Van Wyk Louw, DF Malherbe of Eugene Marais nie maar die ou spul
nuwelinge - Ingrid Jonker en andere - kan maar gaan slaap!
Re: Die gevaar [boodskap #8458 is 'n antwoord op boodskap #8364] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Koos (Beeld ene) HET GESKRYF:
>
> Ek sal op 4 Junie op Loftus wees - al stem ek met jou saam oor die
> Blou Koeie.
> Want dan speel die SWD teen die koeie.
> Die SWD is die here se eie span.
>
Haai Koos, Jy wys 'n kant hier wat ek nog nie van jou gesien het in die
nuusgroep nie - ek het nie besef jy kan 'n martelaar vir 'n saak wees nie ;)

> My twee dogtertjies vra my lank reeds ek moet hulle na 'n
> rugby-wedstryd toe vat.
> Ek gaan hulle saamvat.
>
> Hulle gaan vir my lag, ek weet.
>
Hmmmm..... wat sal ek nou se. Miskien kan jy net saggies huil oor SWD wanneer
jy kyk - hulle lag dan dalk sagter.

-Gideon-
>
Re: Die gevaar [boodskap #8459 is 'n antwoord op boodskap #8364] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 05 Feb 1997 22:39:34 GMT, bab...@babbelry.com (herman) wrote:
<<>sjoe, dis 'n erge comment. ongelukkig het ek die saak gemis waaroor
> dit hier gaan. recap tog asb, ek is altyd in die bui vir 'n bietjie
> konflik.
> herman>>>

Leendert het gese daar is nie 'n verskil tussen Bhengu en Verwoerd wat
hulle beleide vir die onderwys betref nie.
Re: Die gevaar [boodskap #8460 is 'n antwoord op boodskap #8364] So, 09 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 09 Feb 97 06:01:54 GMT, gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl) wrote:
<<>Hmmmm..... wat sal ek nou se. Miskien kan jy net saggies huil oor SWD wanneer
> jy kyk - hulle lag dan dalk sagter.>>>

Dis onmoontlik om oor die SWD te huil.
Dis 'n heroise span....
Gevul met grootsheid...... (en bier na die game)
Re: Die gevaar [boodskap #8509 is 'n antwoord op boodskap #8364] Wo, 12 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
GJJ Korf  is tans af-lyn  GJJ Korf
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Biko wou het 'n AZANIE te bou graag...

Mandela het sy eie ANCIE en 'n regeering dat praat Anciaans...

Is dat wat hulle sê op fraans ook- die 'ANCiens Regime'???

(vir te koop- 'Anciaans Taalgids vir Toeriste')
Re: Die gevaar [boodskap #8531 is 'n antwoord op boodskap #8364] Do, 13 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
erh...@aol.com says...
>
> Biko wou het 'n AZANIE te bou graag...
>
> Mandela het sy eie ANCIE en 'n regeering dat praat Anciaans...
>
> Is dat wat hulle sê op fraans ook- die 'ANCiens Regime'???
>
>
> (vir te koop- 'Anciaans Taalgids vir Toeriste')

Kaere Paal-Eirik,
Maenge thank.
Dis 'n goeie grap! ANCien regime, maar
na die rewolusie!
Gloudina
Re: Die gevaar [boodskap #8546 is 'n antwoord op boodskap #8364] Vr, 14 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
GJJ Korf  is tans af-lyn  GJJ Korf
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
Beste Gloudina:

Praat je ook die ANCiaans taal?

Dis beter dan die Azaniaans!!

Maar Afrikaans is die best taal !

[Gedig: ANCiaanse Gedig [haiku]>

Rewolusie!
Kaos!
Vryheid!
Deur die oue uitgawe van
Sechaba, die sê
eerste ek veg,
dan ek 'produus',
endlike , ek leer....

Soos,
ek het nie ander 'veg' om te veg nie....
Soos,
ek kan nie 'produus' nie- [geen nywerheid]
en laaste,
ek het nie geleer nie- [geen skools]

van Apartheid na Domheid
Re: Die gevaar [boodskap #8595 is 'n antwoord op boodskap #8364] Wo, 19 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
erh...@aol.com says...
>
> Beste Gloudina:
>
> Praat je ook die ANCiaans taal?
>
> Dis beter dan die Azaniaans!!
>
> Maar Afrikaans is die best taal !
>
>
>
> [Gedig: ANCiaanse Gedig [haiku]>
>
>
> Rewolusie!
> Kaos!
> Vryheid!
> Deur die oue uitgawe van
> Sechaba, die sê
> eerste ek veg,
> dan ek 'produus',
> endlike , ek leer....
>
> Soos,
> ek het nie ander 'veg' om te veg nie....
> Soos,
> ek kan nie 'produus' nie- [geen nywerheid]
> en laaste,
> ek het nie geleer nie- [geen skools]
>
> van Apartheid na Domheid

Wat bedoel jy deur die woord "Sechaba"?
Gloudina
Vorige onderwerp: Re: KAKKIES IS TERUG
Volgende onderwerp: Brief vir Leendert, At en Reinier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 18:44:25 MGT 2024