Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Magersfontein" van DONALD RIEKERT
"Magersfontein" van DONALD RIEKERT [boodskap #8359] Wo, 05 Februarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
MAGERSFONTEIN
Donald Riekert

Die droë bossies waai
taai taai in gelid
vorentoe skep die wind
die lied van die doedelsak
druk aan na die rante
waar die donderweer
vuurslag slaan teen
die swart ysterklip
tog het dit nie gereën nie
maar die wind het gaan l^e

Ons ken 'n man en sy vrou. Haar Skotse oupa
en sy Afrikaanse oupa het teen mekaar geveg in
die Slag van Magersfontein ( 11 Desember 1899.)
In die bostaande gedig marsjeer die skimme van
daardie Skotse soldate in gelid, hoor ons die geluid
van hulle marsmusiek, die flitse van hul kanonne in
die blitsende donderweer.
Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: die veeldoelige gebruik van grondboontjie botter
Volgende onderwerp: Ontvang afrikaanse nuus daagliks: Nuuskommentaar Radio Pretoria
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 02:29:06 MGT 2024