Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Grens literatuur vir Penkop B
Grens literatuur vir Penkop B [boodskap #83535] Ma, 08 September 2003 18:01
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dit was egter veral belangrik vir my offisiere en onderofiere, die wat teen
hierdle tyd bewus was van my reputasie, dat ek so ver moontlik moes wegbly
van aartappels, gewere en Bedfords.

Hoekom Bedfords? Wel, sien, hulle wou ons mos almal drywerslisensies gee. En
dit was okay solank ons net die padtekens hoef te geswot het. Dit was ook
nog redelik okay om met 'n Bedford reguit in die pad af te ry. Parkeer was
effens moeiliker, maar ek het dit 'n paar keer nogal reggekry onder toesig.

Toe kom die dag dat ek vir my lisensietoets moet gaan, en 'n offisier sit
langs my en skryf alles neer wat ek doen. Dis is nou genoeg om mens erg te
ontsenu.

Eerstens het ek te vinnig gery. Ek het op twee wiele om elke draai gegaan,
en dit in 'n besige residensieele gebied. Aanvanklik het ek die offisier se
benoude uitroepe verkeerd geinterpreteer. Ek bet gedink hy skree vir my:
"Faster! Faster!" terwyl by eintlik besig was om die Allerhoogste aan te
roep (Vader! Vader!"). My finishing touch was toe ek eindelik besef hy
beveel my om stil te hou.

Hoekom moet ek stilhou?" het ek gevra, terwyl ek heeltemal my oë van die pad
afhaal om die mannetjie eers behoorlik onder oë te kry.

Ek gee nie om nie, demmit, hou net stil, God!" bet hy uitgeroep, terwyl hy
tegelyk my en die Allerhoogste aanspreek.

Met die kry ek toe natuurlik nog erger stage fright, en ek sien nie die boom
op die sypaadjie nie, toe ry ek met helfte die Bedford in die boom in, wel,
darem glad nie teen die stam vas nie (daar was geen skade nie), maar die
offisier se venster was oop aan sy kant (baie agtelosig van hom), en toe
klaar geparkeer het, is sy hele kop en skouers toe van die takke en blare.

Hy het my gedop. Ek was ook daardie dag bevoorreg om n hele klomp nuwe
vloekwoorde aan te leer."

Koos A Kombuis

Seks & Drug & boermusiek
Vorige onderwerp: Pretoria of tschwane
Volgende onderwerp: Re: Willem-Jan, Dorks, & the English
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 06:47:04 MGT 2024