Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Titseltjie grens literatuur vir Penkop B
Titseltjie grens literatuur vir Penkop B [boodskap #83523] Ma, 08 September 2003 16:16 na volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uitreksel:

"Dit was egter veral belangrik vir my offisiere en onderofiere, die wat teen
hierdle tyd bewus was van my reputasie, dat ek so ver moontlik moes wegbly
van aartappels, gewere en Bedfords.

Hoekom Bedfords? Wel, sien, hulle wou ons mos almal drywerslisensies gee. En
dit was okay solank ons net die padtekens hoef te geswot het. Dit was ook
nog redelik okay om met 'n Bedford reguit in die pad af te ry. Parkeer was
effens moeiliker, maar ek het dit 'n paar keer nogal reggekry onder toesig.

Toe kom die dag dat ek vir my lisensietoets moet gaan, en 'n offisier sit
langs my en skryf alles neer wat ek doen. Dis is nou genoeg om mens erg te
ontsenu.

Eerstens het ek te vinnig gery. Ek het op twee wiele om elke draai gegaan,
en dit in 'n besige residensieele gebied. Aanvanklik het ek die offisier se
benoude uitroepe verkeerd geinterpreteer. Ek bet gedink hy skree vir my:
"Faster! Faster!" terwyl by eintlik besig was om die Allerhoogste aan te
roep (Vader! Vader!"). My finishing touch was toe ek eindelik besef hy
beveel my om stil te hou.

Hoekom moet ek stilhou?" het ek gevra, terwyl ek heeltemal my oë van die pad
afhaal om die mannetjie eers behoorlik onder oë te kry.

Ek gee nie om nie, demmit, hou net stil, God!" het hy uitgeroep, terwyl hy
tegelyk my en die Allerhoogste aanspreek.

Met die kry ek toe natuurlik nog erger stage fright, en ek sien nie die boom
op die sypaadjie nie, toe ry ek met helfte die Bedford in die boom in, wel,
darem glad nie teen die stam vas nie (daar was geen skade nie), maar die
offisier se venster was oop aan sy kant (baie agtelosig van hom), en toe
klaar geparkeer het, is sy hele kop en skouers toe van die takke en blare.

Hy het my gedop. Ek was ook daardie dag bevoorreg om hele klomp nuwe
vloekwoorde aan te leer."

Koos A. Kombuis

Seks & Drugs & Boeremusiek - die memoires van 'n volksveraaier

Human en Rousseau 2000
Re: Titseltjie grens literatuur vir Penkop B [boodskap #83540 is 'n antwoord op boodskap #83523] Ma, 08 September 2003 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote

> Uitreksel:
> Seks & Drugs & Boeremusiek - die memoires van 'n volksveraaier

Ek sou verkies om jou eie herinneringe te lees-
van byvoorbeeld hoe jy by vliegtuie uitspring,
ensovoorts.

Penkop op wag
Re: Titseltjie grens literatuur vir Penkop B [boodskap #83664 is 'n antwoord op boodskap #83540] Do, 11 September 2003 00:05 Na vorige boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Beste Penkop op wag

Hoe bedoel jy nou uit viegtuie uitspring?

My grens ervaring het gewentel rondom helikopters.

(Dis ook die rede hoekom ek nou nog slegs kan vlieg in 'n toestand wat slegs
beskryf kan word as narkose)

Uitspring is in elk geval meer Grens Vegter as Grens literatuur.

Ek is seker die geagte lesers stel in elk geval nie belang in my memoires
nie. Daar voor kort ek nog baie meer lewens ervarings.

As Koos "Seks & Drugs & Boeremusiek" dan is Namaqua meer die afgewaterde "Vry &
Semi-Sweet & Hysbak musiek". Die offisieele weergawe in elk
geval.

Ek is seker die Rapport sou ander goed kon uitsnuffel, maar self
sal ek dit nou nie noem nie. ;-)

Namaqua by die werk se masjien.

So pas het Namaqua sy eie rekenaar opgegradeer - Dit werk nou glad nie, maar ten
minste is dit 'n nuwer nommer as die vorige weergawe.

On Mon, 08 Sep 2003 19:12:26 +0000, @rogers.com wrote:

>
> Namaqua wrote
>
>> Uitreksel:
>> Seks & Drugs & Boeremusiek - die memoires van 'n volksveraaier
>
> Ek sou verkies om jou eie herinneringe te lees-
> van byvoorbeeld hoe jy by vliegtuie uitspring,
> ensovoorts.
>
> Penkop op wag
Vorige onderwerp: Reg Verkeerd?
Volgende onderwerp: Dit was Max
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 13:21:39 MGT 2024