Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verward N op L soek raad van @rogers
Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83519] Ma, 08 September 2003 15:17 na volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil nou nie persoonlik raak nie maar ek wil myself aanmatig om 'n vragie
te vra.

Wie is die enigmatiese "@rogers"?

Hiermee bedoel ek nou nie wie - soos naam, nommer , "serial number", tuis
adres ens. nie, maar soms voel ek op sommige van die posts of ek met Legio
gesels.

Daar is:

Gloudina
Tant Hessie
Penkop A
Ruiter in die Nag
Penkop 1

Almal met dieselfde roepsein "@rogers".

Dit het ek nou baie interessant gevind al is dit so bietjie verwarend.

Is dit nou 'n familienaam, of is dit 'n geval van Afrikaanse identeits
krisies, persoonlike identiteits krisis, veelvoudige persoonlikhede of
suiwer die feit dat almal dieselfde rekenaar gebruik?

Soos ek gesê het, ek wil nie aanstoot gee nie, so as die ou vragie te
aanmatigend was sê dan met 'n geruste hart so.

Andersinds aangename kennis Mnr/Mev/Mej/Oom/Tannie X

Namaqua -

Wat lyk soos 'n wyse man op die bergspits, is dalk net 'n brandwag vir 'n
span bobbejane.
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83524 is 'n antwoord op boodskap #83519] Ma, 08 September 2003 16:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote

> Wat lyk soos 'n wyse man op die bergspits, is dalk net 'n brandwag vir 'n
> span bobbejane

En wat is verkeerd daaraan om 'n brandwag te
wees, al is dit net vir 'n klomp bobbejane?

Die Stellenbosse boys
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83525 is 'n antwoord op boodskap #83519] Ma, 08 September 2003 16:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua

maar soms voel ek op sommige van die posts of ek met Legio
> gesels

Jy is nie alleen nie. Net soos by Legio vaar die duiwels
gewoonlike in die apartheidsvarke in en dan hardloop
hulle oink oink met die helling af tot in die Dooie See.

Tant Hessie van Soutpan
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83526 is 'n antwoord op boodskap #83519] Ma, 08 September 2003 16:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua skryf in boodskap news:bji6ij$bmp$1@hercules.btinternet.com...
> Ek wil nou nie persoonlik raak nie maar ek wil myself aanmatig om 'n vragie
> te vra.
>
> Wie is die enigmatiese "@rogers"?
>
> Hiermee bedoel ek nou nie wie - soos naam, nommer , "serial number", tuis
> adres ens. nie, maar soms voel ek op sommige van die posts of ek met Legio
> gesels.
>
> Daar is:
>
> Gloudina
> Tant Hessie
> Penkop A
> Ruiter in die Nag
> Penkop 1
>
> Almal met dieselfde roepsein "@rogers".
>
> Dit het ek nou baie interessant gevind al is dit so bietjie verwarend.
>
> Is dit nou 'n familienaam, of is dit 'n geval van Afrikaanse identeits
> krisies, persoonlike identiteits krisis, veelvoudige persoonlikhede of
> suiwer die feit dat almal dieselfde rekenaar gebruik?
>
> Soos ek gesê het, ek wil nie aanstoot gee nie, so as die ou vragie te
> aanmatigend was sê dan met 'n geruste hart so.
>
> Andersinds aangename kennis Mnr/Mev/Mej/Oom/Tannie X
>
> Namaqua -
>
> Wat lyk soos 'n wyse man op die bergspits, is dalk net 'n brandwag vir 'n
> span bobbejane.
>
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83527 is 'n antwoord op boodskap #83519] Ma, 08 September 2003 17:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Namaqua wrote

> suiwer die feit dat almal dieselfde rekenaar gebruik?

Hulle gebruik almal dieselfde aansluiting by Rogers Network.
Hulle is genetwerk met mekaar.
Sê, is dit moontlik om twee internette te hê, of drie of vier?
En kan 'n internet vol word?

Tant Hessie van Wonderboom
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83529 is 'n antwoord op boodskap #83524] Ma, 08 September 2003 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Niks verkeerd met brandwag wees nie - dis net ietwat verwarend as jy 'n wyse
ou Omie verwag met al die antwoorde op lewens vrae en dan die brandwag te
kry wat slegs "Werda!" roep. (of "bogom" natuurlik - laat ons nou nie verval
in spesieïsme nie)

Maar dan om 'n wyse ou Omie te verwag is dalk insigself onredelik?

Stellenbosse boys - Meervoud, en wat maak julle Stellenbosse boys?

Namaqua
Paul Roos old boy, Oud Stellenbosch student en Voëltjiesdorp inwoner.
Stellenbosch gebore en getoë, en met Tassies goed verouder.

"@rogers.com" wrote in message
news:Nt27b.421118$4UE.96093@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Namaqua wrote
>
>> Wat lyk soos 'n wyse man op die bergspits, is dalk net 'n brandwag vir 'n
>> span bobbejane
>
> En wat is verkeerd daaraan om 'n brandwag te
> wees, al is dit net vir 'n klomp bobbejane?
>
> Die Stellenbosse boys
>
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83530 is 'n antwoord op boodskap #83527] Ma, 08 September 2003 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Een internet, meerdere instap punte.

En dis moontlik om jou eie roepsein "handle" te hê al kom 'n mense deur die
selfde aansluiting.

Die internet kan teoreties al sy nommer i.p. adresse vol maak - so ja dit
kan vol word.

"@rogers.com" wrote in message
news:gC27b.421152$4UE.137076@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Namaqua wrote
>
>> suiwer die feit dat almal dieselfde rekenaar gebruik?
>
> Hulle gebruik almal dieselfde aansluiting by Rogers Network.
> Hulle is genetwerk met mekaar.
> Sê, is dit moontlik om twee internette te hê, of drie of vier?
> En kan 'n internet vol word?
>
> Tant Hessie van Wonderboom
>
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83580 is 'n antwoord op boodskap #83519] Di, 09 September 2003 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy hoef nie verder te wonder nie - dis net 'n ou vrou van Kanada wat nie al
haar varkies in die hok het nie, en ook bietjie verveeld is.
Gloudina my liefling - dis tyd vir verandering. Drop nou jou pose en poësie
en praat bietjie op die normale mens se vlak. Dalk sal die sout van die
aarde soos Jan Varkboer en 'n paar ander pêre weer terugkeer na die groep
toe.
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83588 is 'n antwoord op boodskap #83580] Di, 09 September 2003 11:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Spencer wrote

> Gloudina my liefling - dis tyd vir verandering. Drop nou jou pose en poësie
> en praat bietjie op die normale mens se vlak. Dalk sal die sout van die
> aarde soos Jan Varkboer en 'n paar ander pêre weer terugkeer na die groep

Spencer, my liefling, ek ruil elke dag elf-en-dertig Jan
Varkboere vir een Wit Bliksem en een Namaqua, selfs
al praat ons hier, jou inkluis, nou net van twee mense.

Tant Hessie Einstein
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83590 is 'n antwoord op boodskap #83580] Di, 09 September 2003 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Spencer wrote

> Gloudina my liefling - dis tyd vir verandering. Drop nou jou pose en poësie
> en praat bietjie op die normale mens se vlak. Dalk sal die sout van die
> aarde soos Jan Varkboer en 'n paar ander pêre weer terugkeer na die groep

Spencer, my liefling, ek ruil elke dag elf-en-dertig Jan
Varkboere vir een Wit Bliksem en een Namaqua, selfs
al praat ons hier, jou inkluis, nou net van twee mense.

Tant Hessie Einstein
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83606 is 'n antwoord op boodskap #83590] Di, 09 September 2003 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 09 Sep 2003 11:33:16 +0000, @rogers.com wrote:

>
> Spencer wrote
>
>> Gloudina my liefling - dis tyd vir verandering. Drop nou jou pose en poësie
>> en praat bietjie op die normale mens se vlak. Dalk sal die sout van die
>> aarde soos Jan Varkboer en 'n paar ander pêre weer terugkeer na die groep
>
> Spencer, my liefling, ek ruil elke dag elf-en-dertig Jan
> Varkboere vir een Wit Bliksem en een Namaqua, selfs
> al praat ons hier, jou inkluis, nou net van twee mense.
>
> Tant Hessie Einstein

Hoor hoor, al moet ek dit self se (kapie op die e)!

Ek het nou al geleer as iemand praat van sout van die aarde dan moet jy
jou hoed begin soek en maak vir die deur.

B
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83633 is 'n antwoord op boodskap #83590] Wo, 10 September 2003 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy is 'n niksnut Tante en alles bou stadig maar seker op. Op 'n punt gaan
die bom bars. Watch out, ou vleis.
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83634 is 'n antwoord op boodskap #83633] Wo, 10 September 2003 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hou van jou Gloudina, al hou jy nie van my nie. Ek moet bely, ek het net
bietjie reaksie gesoek. Ek glo jy's 'n goeie mens en ek sal heelwaarskynlik
'n hengse gat voel as ek jou persoonlik moet ontmoet.
Re: Verward N op L soek raad van @rogers [boodskap #83643 is 'n antwoord op boodskap #83634] Wo, 10 September 2003 12:27 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Spencer wrote

> Ek hou van jou Gloudina, al hou jy nie van my nie. Ek moet bely, ek het net
> bietjie reaksie gesoek. Ek glo jy's 'n goeie mens en ek sal heelwaarskynlik
> 'n hengse gat voel as ek jou persoonlik moet ontmoet.

Jy sal nie 'n gat voel as jy my ontmoet nie.Dis
nou een gawe van Tant Hessie.

Tant Hessie van Putsonderwater
Vorige onderwerp: Gehoor van...
Volgende onderwerp: Re: Hopelijk wordt Mugabe doodgeschoten
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 09:25:46 MGT 2024