Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Groundhog Day in Noord-Amerika
Groundhog Day in Noord-Amerika [boodskap #8310] So, 02 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vandag is dit Groundhog Day in Noord-Amerika.
Die uitsprake van die ground hogs, beide in die VSA
en hier in Kanada, was voorbladnuus vanoggend.
Toe ek by die deur uitkyk, vanoggend, het ek die
skaduwees van die bome lank oor die wit ys op die
Ottawa-rivier gesien. Toe dink ek dit gaan nog lank
winter wees, as 'n mens die bome se skaduwees kan
sien. Maar ek was glo verkeerd. Die ground hogs kon
nie hulle skaduwees vanoggend sien nie, en dus gaan
dit 'n kort winter wees, volgens die ground hogs waar-
van die koerante en radio notisie neem.
Die idee agter Groundhog Day is glo die volgende:
as dit nog sonnig is, dus onder 'n hoogdrukstelsel wat
gewoonlik met intense koue gepaard gaan, dan sal die
ground hog sy skaduwee sien. Dus sal daar nog ten
minste ses weke winter wees. As die groundhog nie
sy skaduwee sien nie, omdat dit bewolk is, dus in 'n
laedrukstelsel, dan beteken dit dat die winter nie meer
te lank sal aanhou nie, want die ongestadige weer van
die lente is in aantog.
Onder naby Philadelphia is 'n plek waar 'n ground hog
genaamd Phil elke jaar geraadpleeg word.( Hulle verwarm
die gat waarin hy bly.) Hierdie jaar het hy glo uitgekom en
dan lees 'n man in 'n lang manel sy boodskap af : die lente
is nie meer ver nie.
Hier in Ontario het ons ons eie Wiarton Willie. Hy het
glo ook nie vanoggend sy skaduwee gesien nie. Dus gaan
dit ook hier 'n vroeë lente wees, volgens hom. Ongelukkig
het hy ook verlede jaar dieselfde gesê, en toe kry ons een
van die langste winters in baie dekades. Daar was mense wat
hom toe net wou skiet. (Ons Kanadese voel intens oor dinge,
veral die weer.)
'n Ground hog is 'n diertjie wat vir my altyd laat dink
aan die Suid-Afrikaanse dassie. Die ander naam daarvoor
is 'n "woodchuck." (" How much wood could a woodchuck
chuck, if a woodchuck could chuck wood" is wat hulle vir
jou by Immigrasie vra, voordat hulle jou in Kanada inlaat.
Jy hoef nie die antwoord te gee nie. Jou uitspraak van die
woorde moet net reg wees.)
'n Woodchuck is " a common rodent, Marmota Monax,
of northern and eastern North America, having a heavy-set,
short-legged body and grizzled brownish fur. Variant of
Cree "ocek", from proto-Algonquian "wecyeka", fisher."
(American Heritage Dictionary.)

Gloudina Bouwer
Re: Groundhog Day in Noord-Amerika [boodskap #8321 is 'n antwoord op boodskap #8310] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum (oos...@scientia.up.ac.za) wrote:
: In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
: > 'n Ground hog is 'n diertjie wat vir my altyd laat dink
: >aan die Suid-Afrikaanse dassie. Die ander naam daarvoor
: >is 'n "woodchuck." (" How much wood could a woodchuck
: >chuck, if a woodchuck could chuck wood" is wat hulle vir
: >jou by Immigrasie vra, voordat hulle jou in Kanada inlaat.
: >Jy hoef nie die antwoord te gee nie. Jou uitspraak van die
: >woorde moet net reg wees.)

'n Ander ou sê my die antwoord op die een is: "A woodchuck would chuck as
much wood as a woodchuck could if a woodchuck could chuck wood"
Re: Groundhog Day in Noord-Amerika [boodskap #8322 is 'n antwoord op boodskap #8310] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> 'n Ground hog is 'n diertjie wat vir my altyd laat dink
> aan die Suid-Afrikaanse dassie. Die ander naam daarvoor
> is 'n "woodchuck." (" How much wood could a woodchuck
> chuck, if a woodchuck could chuck wood" is wat hulle vir
> jou by Immigrasie vra, voordat hulle jou in Kanada inlaat.
> Jy hoef nie die antwoord te gee nie. Jou uitspraak van die
> woorde moet net reg wees.)

Uit die Kaap:

"What wood would Woodstock stock if Woodstock would stock wood?"

Hiervoor is daar 'n antwoord:

"Goodwood, of course!" :-)

Groete, Leendert
Re: Groundhog Day [boodskap #8347 is 'n antwoord op boodskap #8310] Di, 04 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek het die film Ground Hog Day gesien wat handel oor 'n innerlike
ontwikkeling van 'n man tydelik in 'n time loop.
vriendelike groet
Xfiles
Vorige onderwerp: Taalnuus uit Afrizania
Volgende onderwerp: leendert/onderwys.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 20:12:27 MGT 2024