Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Persig
Re: Persig [boodskap #83442] So, 07 September 2003 11:13 na volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 07 Sep 2003 12:13:09 +0100, Penkop B wrote:

> Blind alley though. If someone is ungrateful and you tell him he's
> ungrateful, okay, you've called him a name. You haven't solved
anything.

Jammer, dit was Pirsig.
Re: Persig [boodskap #83449 is 'n antwoord op boodskap #83442] So, 07 September 2003 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Penkop B wrote

> Blind alley though. If someone is ungrateful and you tell him he's
> ungrateful, okay, you've called him a name. You haven't solved anything.

Goeie Boeddhistiese denke. Jy het net negatiewe karma
opgewek, anyway.
Ek wil nou nie gaan soek nie. Waarna verwys hy?
Re: Persig [boodskap #83451 is 'n antwoord op boodskap #83442] So, 07 September 2003 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Penkop B wrote

> Jammer, dit was Pirsig.

Ja. Lees jy nou weer Zen and the Art of Motorcycle
Maintenance? Lees dit stukkies op 'n slag. Ek hou
vreeslik van die stukke reisbeskrywing tussenin.
Miskien omdat ons een slag na 'n moterkar-trip
na Kalifornië op pad terug ongeveer dieselfde
roete ooswaarts gevolg het as wat hy weswaarts
volg.
Pirsig het in werklike lewe ook 'n seun gehad.
Dié seun is in San Fransisco vermoor. Ek weet
nie waar hy nou bly nie. Maar vir 'n ruk was hy
in Engeland en het hy en sy tweede vrou 'n
nuwe kind gekry.

Gloudina van die Derde Republiek
Re: Persig [boodskap #83462 is 'n antwoord op boodskap #83442] So, 07 September 2003 16:25 Na vorige boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die ander dag gese ek is goed ingeburger maar ek moet erken dat jou
artikel oor Persig my herriner dat daar een ding is wat die wind en weer
hier in Yorkshire net eenvoudig nie toelaat nie.

Motorfiets ry. Spesifiek van Stellenbosch na Onrus toe, met stoppe gemaak
vir "smoke breaks" (cavalla 10's - die kakste sigaret op die mark, maar
goedkoop per slot van sake was dit studente dae).

Die pad was absoluut 'n droom vir motorfiets ry - kurwes, draaie,
"straights" en wat 'n uitsig.

Daar aangekom was dit tyd vir koffie en kak praat, oor dit, dat en die ander
ding, onder andere Persig en een keer op die strand was ons gelukkig genoeg
om 'n geselesie te kon aanknoop met Uys Krige - wys jou hoe lank terug dit
was.

En dan terug, met 'n stop in Gordons baai, by die een ingang van die
Steenbras dam - vir 'n uitsig wat; Tafelberg, die Kaapse Vlakte, Strand en
die hele Helderberg ingesluit het. Hier het die laaste wilde cavalla dan ook
gerook geraak.

Terug Stellenbosch toe vir 'n toasted ham en cheese by die Springbok kafee
en dan reguit Akker toe vir 'n bottel Tas en diep gesprekke, kak praat en
soms die drama "My beste vriend sit daar oorkant met my ex" en soortgelyke
dronk verdriet ;-).

"Penkop B" skryf in boodskap news:pan.2003.09.07.11.13.09.95508@openauth.co.uk...
> Blind alley though. If someone is ungrateful and you tell him he's
> ungrateful, okay, you've called him a name. You haven't solved anything.
Vorige onderwerp: Gert Vlok Nel email
Volgende onderwerp: Nuwe Naam?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 10:40:59 MGT 2024